03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

van lig verander wanneer dit in die nuwe medium inbeweeg, die frekwensie van die

lig dieselfde bly.

DEFINISIE: Breking van lig

Breking van lig kom voor by die grens tussen twee mediums wanneer lig beweeg van

een medium na die ander en die lig se spoed verander maar sy frekwensie dieselfde

bly. As die ligstraal die grens tref teen enige hoek wat nie loodreg of parallel aan die

grens is nie, dan sal die lig van rigting verander en lyk asof dit ‘buig’.

Ligbreking word mooi gedemonstreer as jy met ’n hoek van bo af kyk na ’n strooitjie

in ’n glas water. Die strooitjie sal lyk asof dit gebuig is in die vloeistof. Dit is omdat

die ligstrale wat die strooitjie verlaat, van rigting verander wanneer dit die grens tussen

die vloeistof en die lug tref. Jou oë projekteer die ligstrale terug in reguitlyne na die

punt waarvandaan hulle sou gekom het as hulle nie van rigting verander het nie. Die

gevolg is dat dit vir jou lyk asof die punt van die strooitjie vlakker is in die vloeistof as

wat dit regtig is.

waarnemer

strooitjie

glas met water

Figuur 5.8: As gevolg van breking lyk ’n strooitjie in ’n glas water asof dit gebuig is wanneer ’n

waarnemer afkyk met ’n hoek bo die water se oppervlak.

Brekingsindeks ESE45

Die spoed van lig en daarom ook die graad van buiging van lig is afhanklik van die

brekingsindeks van die stof waardeur die lig beweeg. Die brekingsindeks (simbool n)

is die verhouding van die spoed van lig in vakuum tot die spoed van lig in die stof.

DEFINISIE: Brekingsindeks

Die brekingsindeks (simbool n) van ‘n stof is die verhouding van die spoed van lig in

vakuum tot die spoed van lig in die stof en gee ‘n aanduiding van hoe moeilik dit vir

lig is om deur die stof te beweeg.

waar

n = c

v

n = brekingsindeks (geen eenheid)

c = spoed van lig in ‘n vakuum (3,00 × 10 8 m·s −1 )

v = spoed van lig in die gegewe medium (m·s −1 )

Hoofstuk 5. Geometriese Optika

207

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!