03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

11. ’n Ligstraal (byvoorbeeld van ’n flits) is gewoonlik nie snags sigbaar soos dit deur

die lug beweeg nie. Toets dit. As jy egter die flits deur stof laat skyn is die straal

sigbaar. Verduidelik waarom dit gebeur.

12. As ’n flitsstraal dwarsoor ’n klaskamer geskyn word, sal slegs leerders in die

direkte lyn van die straal kan sien dat die flits besig is om te skyn. As die straal

egter ’n muur tref, sal die hele klas in staat wees om die kol te sien wat die straal

teen die muur maak. Verduidelik waarom dit gebeur.

13. ’n Wetenskaplike wat in ’n platspieël wat loodreg tot die vloer hang kyk, kan nie

haar voete sien nie, maar sy kan wel die soom van haar laboratoriumjas sien.

Teken ’n straaldiagram om te help om verduidelikings vir die antwoorde tot die

volgende vrae te gee:

a) Sal sy haar voete kan sien as sy van die spieël af wegstap?

b) Wat as sy nader aan die spieël beweeg?

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 272P 2. 272Q 3a. 272R 3b. 272S 3c. 272T 3d. 272V

3e. 272W 4. 272X 5. 272Y 6. 272Z 7. 2732 8. 2733

9. 2734 10. 2735 11. 2736 12. 2737 13. 2738

Absorbsie

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

Behalwe dat dit weerkaats word, kan lig ook geabsorbeer word. Onthou van graad 10

dat sigbare lig ’n omvang van golflengtes in die elektromagnetiese spektrum dek. Die

kleure wat ons met ons oë sien stem ooreen met liggolwe met verskillende golflengtes

of frekwensies.

Stel jou voor dat jy met ‘n flits of ‘n ander bron van witlig op ‘n stukkie wit papier

skyn. Die lig word van die papier af weerkaarts na jou oë toe en jy sien die kleur van

die papier is wit. Indien ons nou dieselfde lig gebruik en die lig op ‘n rooi appel laat

skyn, bemerk ons dat die kleur van die appel rooi is. Dit beteken die oppervlak van die

appel weerkaats slegs rooi lig na ons oë toe. Al die ander golflengtes van die invallende

wit lig word deur die skil van die appel geabsorbeer. As jy aan die appel raak, sal dit

warm voel, omdat dit energie absorbeer (opneem) van al die lig wat dit gabsorbeer het.

As gevolg van absorpsie en weerkaatsing kan ons kleure van verskillende voorwerpe

waarneem. Wit voorwerpe weerkaats alle of meeste golflengtes van lig wat daarop

inval, terwyl gekleurde voorwerpe bepaalde golflengtes van lig weerkaats en die res

absorbeer. Swart voorwerpe absorbeer al die lig wat daarop val. Dis waarom die dra

van ‘n wit t-hemp buite in die son koeler is as die dra van ‘n swart t-hemp, aangesien

wit t-hemde al die lig weerkaarts wat daarop val, terwyl ‘n swart t-hemp dit absorbeer

en warm word.

Hoofstuk 5. Geometriese Optika

205

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!