03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Weerkaatsing ESE42

As jy in ’n spieël kyk en glimlag,

sien jy jou eie gesig terug

glimlag na jou toe. Dit word

veroorsaak deur die weerkaatsing

van ligstrale deur die

spieël. Weerkaatsing vind

plaas wanner ’n inkomende

ligstraal vanaf ’n oppervlak teruggekaats

word.

Figuur 5.2: ’n Landskapsweerkaatsing vanaf ’n stil

meer.

Om die weerkaatsing van lig te beskryf sal ons die volgende terminologie gebruik. Die

inkomende ligstraal word die invalstraal genoem. Die ligstraal wat weg vanaf die vlak

beweeg, is die weerkaatste straal. Die belangrikste eienskap van hierdie strale is hulle

hoeke met betrekking tot die weerkaatsende vlak. Hierdie hoeke word gemeet met

betrekking tot die normaal van die vlak. Die normaal is die denkbeeldige lyn loodreg

op die vlak. Die invalshoek, θi, word gemeet tussen die invalstraal en normaal van

die vlak. Die weerkaatsingshoek, θr, word gemeet tussen die weerkaatste straal en die

normaal van die vlak. Dit is aangetoon in Figuur 5.3.

invalstraal

normaal

θ i θr

weerkaatse straal

vlak

Figuur 5.3: Die invals- en weerkaatsingshoeke word gemeet met betrekking tot die normaal op

die oppervlak.

Wanneer ‘n ligstraal weerkaats word lê die weerkaatste straal en die invalstraal in dieselfde

vlak. Hierdie vlak word die invalsvlak genoem en word in Figuur 5.4 aangetoon.

Hoofstuk 5. Geometriese Optika

201

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!