everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Geometriese Optika HOOFSTUK 5 5.1 Opsomming van eienskappe van lig 198 5.2 Ligstrale 198 5.3 Eienskappe van lig: hersiening 200 5.4 Die spoed van lig 206 5.5 Ligbreking (refraksie) 206 5.6 Snell se wet 215 5.7 Grenshoeke en totale interne weerkaatsing 225 5.8 Opsomming 233

5 Geometriese Optika Jou weerkaatsing in die spieël, ’n strooitjie in ’n glas water, teleskope, kommunikasies, soekligte en motorhoofligte. Al hierdie voorwerpe maak staat op die manier hoe lig van vlakke af weerkaats of breek in verskillende media. As lig nie só weerkaats en breek het nie, sou jy nie kon kyk hoe jy lyk in ’n spieël of oor lang afstande kommunikeer nie. Sleutel Wiskunde Konsepte • Vergelykings — Wiskunde, Graad 10, Vergelykings en ongelykhede • Trigonometrie — Wiskunde, Graad 10, Trigonometrie 5.1 Opsomming van eienskappe van lig ESE3W Verbeel jou jy is binnenshuis op ’n sonnige dag. ’n Straal sonlig deur ’n venster skyn op ’n deel van die vloer. Hoe sal jy daardie sonstraal teken? Dalk sal jy ’n reeks parallelle lyne teken wat die baan van die sonlig van die venster na die vloer aandui. Dit is nie heeltemal akkuraat nie - maak nie saak hoe lank jy kyk nie, jy sal nie afsonderlike lyne van lig in die sonstraal kry nie! Tog is daar ’n goeie manier om lig te teken en meetkundig te modelleer, soos ons in hierdie hoofstuk sal sien. Ons noem hierdie dun, denkbeeldige lyne ligstrale. Onthou dat lig soos ’n golf kan optree, en daarom kan jy aan ’n ligstraal dink as die baan van ’n punt op die kruin van ’n golf. Ons kan ligstrale gebruik om die gedrag van lig relatief tot spieëls, lense, teleskope, mikroskope en prismas voor te stel. Die studie van die interaksie van lig met materiale word optika genoem. As ons met ligstrale werk stel ons gewoonlik belang in die vorm van ’n materiaal en die hoeke waarteen ligstrale dit tref. Vanaf hierdie hoeke kan ons byvoorbeeld die afstand tussen ’n voorwerp en sy weerkaatsing bepaal. Ons noem hierdie metodes geometriese optika. 5.2 Ligstrale ESE3X In fisika gebruik ons die idee van ’n ligstraal om aan te dui in watter rigting lig beweeg. In geometriese optika stel ons ligstrale voor met reguit pyle om aan te toon hoe hoe 198 5.1. Opsomming van eienskappe van lig

Geometriese Optika

HOOFSTUK 5

5.1 Opsomming van eienskappe van lig 198

5.2 Ligstrale 198

5.3 Eienskappe van lig: hersiening 200

5.4 Die spoed van lig 206

5.5 Ligbreking (refraksie) 206

5.6 Snell se wet 215

5.7 Grenshoeke en totale interne weerkaatsing 225

5.8 Opsomming 233

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!