03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Intermolekulêre kragte beïnvloed die eienskappe van verbindings.

• Stowwe met groter molekule het sterker intermolekulêre kragte as stowwe met

kleiner molekule.

• Viskositeit is die weerstand wat ‘n vloeistof teen vloei bied. Stowwe wat ‘n hoë

viskositeit het, het groter molekule en sterker intermolekulêre kragte as stowwe

met kleiner molekule.

• Digtheid is ‘n aanduiding van die massa in ‘n volume eenheid van die stof. Vaste

stowwe het sterk intermolekulêre kragte en daarom ook meer molekule (massa)

per eenheidsvolume.

• Stowwe met swak intermolekulêre kragte sal laer kook- en smeltpunte hê terwyl

die stowwe met sterk intermolekulêre kragte hoë kook- en smeltpunte sal hê.

• Termiese uitsetting is die uitsetting van ‘n vloeistof wanneer dit verhit word.

• Termiese geleiding is ‘n aanduiding van hoe goed die materiaal warmte gelei.

• Water het sterk waterstofbindings wat die molekule bymekaar hou. Dit is hierdie

intermolekulêre kragte wat aan water sy unieke eienskappe gee.

• Water het die volgende eienskappe: hoë spesifieke warmte, absorpsie van infrarooistraling,

‘n wye temperatuurgebied waarin dit as vloeistof voorkom, ‘n hoë

verdampingswarmte, kleiner digtheid as vaste stof.

• Spesifieke warmte is die hoeveelheid warmte-energie wat nodig is om ‘n eenheidsmassa

van ‘n stof se temperatuur met een graad te verhoog.

• Verdampingswarmte is die energie wat nodig is om ‘n gegewe hoeveelheid van

‘n stof in ‘n gas om te skakel.

Oefening 4 – 4:

1. Gee een woord of term vir elkeen van die volgende beskrywings:

a) Die aantrekkingskrag wat tussen molekule bestaan.

b) ‘n Molekule wat ‘n ongebalanseerde verspreiding van lading het.

c) Die hoeveelheid warmte-energie wat nodig is om die temperatuur van ‘n

eenheidsmassa van ‘n stof se temperatuur met een graad te verhoog.

2. Verwys na die onderstaande lys van stowwe:

HCl, Cl2, H2O, NH3, N2, HF

Kies die korrekte stelling uit die onderstaande lys:

a) NH3 is ‘n nie-polêre molekuul.

b) Die smeltpunt van NH3 sal hoër wees as die van Cl2.

c) Ioon-dipoolkragte bestaan tussen die molekule van HF.

d) N2 kom normaalweg as vloeistof voor by kamertemperatuur.

3. Die volgende tabel toon die smeltpunte van verskillende hidriede:

194 4.3. Opsomming

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!