everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Uitgewerkte voorbeeld 4: Eienskappe van water VRAAG Verduidelik waarom water lank neem om te verhit, maar die pot waarin die water verhit word vinnig warm. OPLOSSING Stap 1: Besluit watter eienskap word hier toegepas Ons word gevra waarom die water so lank neem om te verhit in vergelyking met die kastrol waarin ons dit verhit. Die eienskap van toepassing is die hoë spesifieke warmte van die water. Die ander eienskappe van water is nie hier van toepassing nie aangesien ons die kastrol en die water vergelyk en die kastrol nie van fase verander nie. Stap 2: Skryf die finale antwoord. Water het ‘n hoë spesifieke warmte terwyl die metaal waarvan die kastrol gemaak is nie so ‘n hoë spesifieke warmte het nie. Die metaal benodig minder energie om verhit te word en word daarom vinniger warm. Water benodig baie energie om van temperatuur te verander en neem daarom baie langer om verhit te word. Informele eksperiment: Die eienskappe van water Doel: Om die eienskappe van water te ondersoek. Apparaat: • water • ys • bekers • koolstoftetrachloried, olie, ammoniak, etanol • verskeie vaste stowwe (bv. natriumchloried, kaliumchloried, kaliumpermanganaat, jodium) Metode: 1. Skink ongeveer 100 ml water in ‘n glasbeker. 2. Plaas die beker op ‘n driebeenstaander en verhit dit oor ‘n bunsenbrander vir ongeveer een minuut. 3. Raak nou versigtig aan die kant van die beker ná die verhitting (maak seker om die glas net liggies aan te raak aangesien dit baie warm kan wees en jou kan brand). Toets nou die temperatuur van die water. Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte 191

4. Skryf neer wat gebeur wanneer jy ys in water plaas. 5. Plaas versigtig lae water en koolstoftetrachloried in ‘n proefbuis. Watter laag dryf bo? Probeer om eers die water in te skink en daarna die koolstoftetrachloried en dan andersom. Herhaal met olie, ammoniak en etanol. 6. Los die verskillende vaste stof verbindings op in water. Neem waar hoeveel van die vaste stof (indien enige) wel oplos. Resultate: Skryf jou resultate in die volgende tabel. Gevolgtrekking: Eienskap Waarneming Temperatuur Ys in water Koolstoftetrachloried en water Olie en water Etanol en water Oplosbaarheid Jy sal vind dat die glasbeker vinniger verhit as die water. Jy sal ook vind dat die water meer dig is as vloeistof as vaste stof. Water dryf op sommige vloeistowwe en ander vloeistowwe dryf op water. Water is ‘n goeie oplosmiddel vir polêre en ioniese verbindings. Aktiwiteit: Hoe mense die eienskappe van water gebruik het Doen ‘n bietjie navorsing oor: watersakke op motorvoertuie, kleipotte en waterkraffies en koelkaste of koelkamers “safe” om voedsel koud te hou. Vind uit watter groepe mense die voorafgenoemde dinge gebruik en hoe die eienskappe van water in elke geval van toepassing is. Oefening 4 – 3: Die eienskappe van water 1. Hope keer terug van die skool af op ‘n warm dag en skink vir haarself ‘n glas water. Sy voeg ysblokkies in die water en neem waar dat die blokkies op die water dryf. a) Watter eienskap van ysblokkies laat hulle toe om op water te dryf? b) Beskryf kortliks hoe die eienskap die oorlewing van akwatiese lewe gedurende die winter beskerm. 192 4.2. Die chemie van water

4. Skryf neer wat gebeur wanneer jy ys in water plaas.

5. Plaas versigtig lae water en koolstoftetrachloried in ‘n proefbuis. Watter laag dryf

bo? Probeer om eers die water in te skink en daarna die koolstoftetrachloried en

dan andersom. Herhaal met olie, ammoniak en etanol.

6. Los die verskillende vaste stof verbindings op in water. Neem waar hoeveel van

die vaste stof (indien enige) wel oplos.

Resultate:

Skryf jou resultate in die volgende tabel.

Gevolgtrekking:

Eienskap Waarneming

Temperatuur

Ys in water

Koolstoftetrachloried en water

Olie en water

Etanol en water

Oplosbaarheid

Jy sal vind dat die glasbeker vinniger verhit as die water. Jy sal ook vind dat die

water meer dig is as vloeistof as vaste stof. Water dryf op sommige vloeistowwe en

ander vloeistowwe dryf op water. Water is ‘n goeie oplosmiddel vir polêre en ioniese

verbindings.

Aktiwiteit: Hoe mense die eienskappe van water gebruik het

Doen ‘n bietjie navorsing oor: watersakke op motorvoertuie, kleipotte en waterkraffies

en koelkaste of koelkamers “safe” om voedsel koud te hou. Vind uit watter groepe

mense die voorafgenoemde dinge gebruik en hoe die eienskappe van water in elke

geval van toepassing is.

Oefening 4 – 3: Die eienskappe van water

1. Hope keer terug van die skool af op ‘n warm dag en skink vir haarself ‘n glas

water. Sy voeg ysblokkies in die water en neem waar dat die blokkies op die

water dryf.

a) Watter eienskap van ysblokkies laat hulle toe om op water te dryf?

b) Beskryf kortliks hoe die eienskap die oorlewing van akwatiese lewe gedurende

die winter beskerm.

192 4.2. Die chemie van water

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!