03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Watermolekule word bymekaar gehou deur waterstofbindings. Waterstofbindings is ‘n

baie sterker tipe intermolekulêre krag as die kragte wat in vele ander stowwe aangetref

word en dit beïnvloed die eienskappe van water.

intermolekulêre kragte

kovalente bindings

Figuur 4.8: Intermolekulêre en kovalente bindings (interatomiese kragte) in water. Let daarop

dat die diagram aan die linkerkant slegs die intermolekulêre kragte toon. Die kovalente bindings

(interatomiese kragte) kom voor tussen die onderskeie atome van die watermolekuul.

Die unieke eienskappe van water ESE3T

Ons gaan nou kyk na ‘n paar eienskappe van water.

1. Spesifieke warmte

DEFINISIE: Spesifieke warmte

Spesifieke warmte is die hoeveelheid warmte-energie wat nodig is om ‘n eenheidsmassa

van ‘n stof se temperatuur met een graad te verhoog.

Water het ‘n hoë spesifieke warmte, wat beteken dat die water baie energie

benodig voor sy temperatuur sal verander.

Jy het waarskynlik al die verskynsel gesien as jy water in ‘n pot op die stoof kook.

Die metaal van die kastrol verhit baie vinnig en jy kan jou vingers brand indien

jy daaraan raak, terwyl die water in die kastrol ‘n tydjie neem voordat die temperatuur

selfs effens begin toeneem. Hoe kan ons die verskynsel in terme van die

waterstofbinding verklaar? Onthou dat die verhoging van die temperatuur van

‘n stof beteken dat die deeltjies al vinniger sal beweeg. Voor die deeltjies egter

vinniger kan beweeg moet die intermolekulêre kragte tussen die deeltjies eers

ontwrig word. In die geval van water is hierdie kragte sterk waterstofbindings en

is daar ‘n groot hoeveelheid energie nodig om die bindings te breek voordat die

deeltjies uitmekaar kan beweeg.

2. Absorbsie van infrarooistraling

Water is in staat om infrarooistraling (warmte van die son) te absorbeer. As gevolg

van die verskynsel tree oseane en ander groot wateroppervlakke op om warmte

te berg, en kan dit optree om ’n gematigde klimaat vir die aarde te onderhou.

3. Smeltpunt en kookpunt

Die smeltpunt van water is 0 ◦ C en die kookpunt van water is 100 ◦ C (by standaarddruk

of 0,987 atm). Hierdie groot verskil tussen die smelt- en kookpunt is

baie belangrik aangesien dit beteken dat water as vloeistof kan bestaan oor ‘n

wye temperatuurgebied. (Hierdie temperatuurgebied is slegs groot in die wêreld

om ons, want as ons na die ruimte en die heelal kyk is die temperatuurgebied in

‘n baie nou band.)

H

Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte

H

O

H

O

H

O

H

H

FEIT

Dit is die hoë spesifieke

warmte van water en die

vermoë om

infrarooistraling te

absorbeer wat toelaat dat

water die aarde se klimaat

kan help reguleer. Dorpe

naby aan die see

ondervind gewoonlik

minder uiterste

temperature as

binnelandse dorpe as

gevolg van die oseane se

vermoë om warmte te

absorbeer.

FEIT

Wanneer die kookpunt

van water gemeet word

by seevlak (bv dorpe of

stede soos Kaapstad en

Durban), is dit dikwels

baie naby aan 100 ◦ C

aangesien die

atmosferiese druk op dié

plekke amper dieselfde as

die standaarddruk is.

Indien jy die kookpunt

van water in ‘n dorp by ‘n

hoër hoogte meet (bv

Johannesburg of Pretoria)

sal dit ‘n effens laer

kookpunt hê.

189

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!