everything maths and science - C2B2A
everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A
OPLOSSING Stap 1: Skryf neer wat jy weet aangaande smeltpunt en intermolekulêre kragte Hoe sterker die intermolekulêre kragte is hoe hoër is die smeltpunt. Indien ‘n stof sterk intermolekulêre kragte het, sal die stof gevolglik ook ‘n hoë smeltpunt hê. Stap 2: Skryf neer watter kragte in die twee gegewe verbindings voorkom Suurstof is nie-polêr en besit geïnduseerde dipoolkragte. Waterstofchloried is polêr en besit dipool-dipoolkragte Stap 3: Kombineer al die feite om die antwoord te verkry Ons weet dat sterker intermolekulêre kragte lei tot hoër smeltpunte. Ons weet ook dat suurstof swakker intermolekulêre kragte het as waterstofchloried (geïnduseerde dipool teenoor dipool-dipoolkragte). Daarom sal suurstof ‘n laer smeltpunt as waterstofchloried hê aangesien die suurstof swakker intermolekulêre kragte tussen die deeltjies het. Oefening 4 – 2: Tipes intermolekulêre kragte 1. Die volgende diagram word gegee H Cl H Cl a) Benoem die molekule en omkring dit op die diagram b) Benoem die intramolekulêre kragte (kovalente bindings) c) Benoem die intermolekulêre kragte 2. Die volgende molekule en oplossings word gegee HCl, CO2, I2, H2O, KI(aq), NH3, NaCl(aq), HF, MgCl2 in CCl4, NO, Ar, SiO2 Voltooi die tabel hieronder deur elke molekule langs die korrekte tipe intermolekulêre krag te plaas. Ioon-dipool Ioon-geïnduseerde dipool Dipool-dipool (geen waterstofbinding) Dipool-dipool (waterstofbinding) Geïnduseerde dipool Dipool-geïnduseerde dipool In watter een van die stowwe in die lys hierbo is die intermolekulêre krag die: a) sterkste b) swakste 3. Gebruik jou kennis van verskillende tipes intermolekulêre kragte om die volgende stellings te verklaar. Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte 187
FEIT Daar is ongeveer 55,5 mol water in 1 L. Dit is gelykstaande aan 3,34 × 10 25 molekule water. Dit is baie watermolekule. a) Die kookpunt van F2 is baie laer as die kookpunt van NH3 b) Water verdamp stadiger as koolstoftetracholried (CCl4). c) Natriumchloried is geneig om in metanol (CH3OH) op te los. 4. Tumi en Jason help hul vader om die badkamervloer te teël. Hul vader verduidelik aan hulle dat hulle klein openinge tussen die teëls moet ooplaat. Waarom benodig hulle die openinge? Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 26ZX 2. 26ZY 3a. 26ZZ 3b. 2722 3c. 2723 4. 2724 www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za 4.2 Die chemie van water ESE3R Sien video: 2725 op www.everythingscience.co.za Ons gaan nou kyk hoe intermolekulêre kragte van toepassing is op ‘n baie spesiale vloeistof. Hierdie afdeling toon aan hoe die kennis van intermolekulêre kragte op water toegepas kan word. Die mikropiese struktuur van water ESE3S Water tree op verskeie maniere baie anders op as ander vloeistowwe. Hierdie eienskappe van water is direk verwant aan die mikroskopiese struktuur van water en meer spesifiek tot die vorm van die molekule en die molekule se polêre aard, en die intermolekulêre kragte wat die molekule bymekaar hou. In die vorige hoofstuk het jy geleer van molekulêre vorm en polariteit. Water het twee waterstofatome gebind aan ‘n sentrale suurstofatoom. Die sentrale suurstofatoom het twee alleenpare elektrone. Dit veroorsaak dat water ‘n hoekige (gebuigde) struktuur het. Dit beteken ook dat water polêr is aangesien die twee waterstofatome nie parallel aan mekaar is nie en daarom nie die bindingspolariteit uitkanselleer nie (verwys terug na die vorige hoofstuk oor molekulêre vorm). Ons kan dit duidelik sien in die volgende figuur: Waterstof (δ+) Suurstof (δ−) Waterstof (δ+) Figuur 4.7: Die diagramme toon die struktuur van die watermolekule. Elke molekule is saamgestel uit twee waterstof atome verbind aan een suurstofatoom. 188 4.2. Die chemie van water H O H
- Page 150: 9. Bereken die gravitasiekrag tusse
- Page 153 and 154: 3 Atomiese kombinasies Ons bly in
- Page 155 and 156: Hierdie drie kragte werk gelyktydig
- Page 157 and 158: WENK ’n Lewis diagram gebruik kol
- Page 159 and 160: Die kruisies en kolletjies tussen d
- Page 161 and 162: WENK ‘n Alleenpaar kan gebruik wo
- Page 163 and 164: Oefening 3 - 4: Stel die volgende m
- Page 165 and 166: 5. Voltooi die volgende tabel: Verb
- Page 167 and 168: Figuur 3.8: Die algemene molekulêr
- Page 169 and 170: WENK Ons kan ook die vorm van ‘n
- Page 171 and 172: FEIT Die konsep van elektronegatiwi
- Page 173 and 174: WENK Om vas te stel of ’n molekul
- Page 175 and 176: Stap 4: Stel die polariteit van die
- Page 177 and 178: DEFINISIE: Bindingslengte Die afsta
- Page 179 and 180: c) ’n Maatstaf van ’n atoom se
- Page 182 and 183: Intermolekulêre kragte HOOFSTUK 4
- Page 184 and 185: Figuur 4.1: ’n Ander voorstelling
- Page 186 and 187: Hierdie kragte word aangetref in he
- Page 188 and 189: Onthou dat kovalente bindings ’n
- Page 190 and 191: O H H O H H O H H O H H O H H O H H
- Page 192 and 193: Metode: 1. Plaas ongeveer 50 ml van
- Page 194 and 195: Bespreking en gevolgtrekking: Stof
- Page 196 and 197: 3. Neem waar hoe hoog die water in
- Page 198 and 199: Aktiwiteit: Masjien- en motorolies
- Page 202 and 203: Watermolekule word bymekaar gehou d
- Page 204 and 205: Uitgewerkte voorbeeld 4: Eienskappe
- Page 206 and 207: 2. Watter eienskappe van water laat
- Page 208 and 209: Hidried Smeltpunt ( ◦C) HI −34
- Page 210 and 211: Geometriese Optika HOOFSTUK 5 5.1 O
- Page 212 and 213: lig versprei. Ligstrale is nie ’n
- Page 214 and 215: Weerkaatsing ESE42 As jy in ’n sp
- Page 216 and 217: invalstraal 60 ◦ 60 ◦ weerkaats
- Page 218 and 219: 11. ’n Ligstraal (byvoorbeeld van
- Page 220 and 221: van lig verander wanneer dit in die
- Page 222 and 223: Ons word die brekingsindeks n van g
- Page 224 and 225: invallende straal normaal θ1 water
- Page 226 and 227: Informele eksperiment: Ligvoortplan
- Page 228 and 229: Teken die gebreekte straal as: a) m
- Page 230 and 231: straalkissie glasblok A4 papier 3.
- Page 232 and 233: 5. Die doel van hierdie eksperiment
- Page 234 and 235: die wiele deur die lang gras te sto
- Page 236 and 237: Uitgewerkte voorbeeld 4: Gebruik Sn
- Page 238 and 239: Invalshoek Brekingshoek 0,0 ◦ 0,0
- Page 240 and 241: Elke media paar het hul eie unieke
- Page 242 and 243: Stap 3: Skryf die finale antwoord n
- Page 244 and 245: innekern omhulsel Figuur 5.17: Die
- Page 246 and 247: 5.8 Opsomming ESE4C Sien aanbieding
- Page 248: 5. Lig beweeg vanaf glas (n = 1,5)
OPLOSSING

Stap 1: Skryf neer wat jy weet aangaande smeltpunt en intermolekulêre kragte

Hoe sterker die intermolekulêre kragte is hoe hoër is die smeltpunt. Indien ‘n stof sterk

intermolekulêre kragte het, sal die stof gevolglik ook ‘n hoë smeltpunt hê.

Stap 2: Skryf neer watter kragte in die twee gegewe verbindings voorkom

Suurstof is nie-polêr en besit geïnduseerde dipoolkragte. Waterstofchloried is polêr en

besit dipool-dipoolkragte

Stap 3: Kombineer al die feite om die antwoord te verkry

Ons weet dat sterker intermolekulêre kragte lei tot hoër smeltpunte. Ons weet ook

dat suurstof swakker intermolekulêre kragte het as waterstofchloried (geïnduseerde dipool

teenoor dipool-dipoolkragte). Daarom sal suurstof ‘n laer smeltpunt as waterstofchloried

hê aangesien die suurstof swakker intermolekulêre kragte tussen die deeltjies

het.

Oefening 4 – 2: Tipes intermolekulêre kragte

1. Die volgende diagram word gegee

H Cl H Cl

a) Benoem die molekule en omkring dit op die diagram

b) Benoem die intramolekulêre kragte (kovalente bindings)

c) Benoem die intermolekulêre kragte

2. Die volgende molekule en oplossings word gegee

HCl, CO2, I2, H2O, KI(aq), NH3, NaCl(aq), HF, MgCl2 in CCl4, NO, Ar, SiO2

Voltooi die tabel hieronder deur elke molekule langs die korrekte tipe intermolekulêre

krag te plaas.

Ioon-dipool

Ioon-geïnduseerde dipool

Dipool-dipool (geen waterstofbinding)

Dipool-dipool (waterstofbinding)

Geïnduseerde dipool

Dipool-geïnduseerde dipool

In watter een van die stowwe in die lys hierbo is die intermolekulêre krag die:

a) sterkste b) swakste

3. Gebruik jou kennis van verskillende tipes intermolekulêre kragte om die volgende

stellings te verklaar.

Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte

187