03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

sou jy waargeneem het dat die molekule met swakker intermolekulêre kragte ‘n laer

kookpunt as die molekule met sterker intermolekulêre kragte tussen die deeltjies gehad

het.

Nog ‘n punt om op te let is dat kovalente netwerkstrukture (hersien Graad 10 werk

waar kovalente verbindings groot netwerk of kristalstrukture vorm soos in diamant)

‘n hoë smelt- en kookpunt sal hê as gevolg van die feit dat sommige bindings (bv.

sterk kragte tussen atome) moet breek voor die stof kan smelt. Kovalente molekulêre

verbindings (bv water, suiker) het dikwels laer smelt- en kookpunte as gevolg van die

teenwoordigheid van swakker intermolekulêre kragte wat die molekule bymekaar hou.

Termiese uitsetting

Soos ‘n stof verhit word begin die molekule meer heftig beweeg (die kinetiese energie

van die deeltjies verhoog). Dit veroorsaak dat die vloeistof uitsit tydens verhitting. Jy

kan dit waarneem in ‘n termometer. Soos die alkohol (of kwik) verhit word, sit dit uit

en styg dit in die buis.

Om voorsiening vir uitsetting te maak moet jy openinge tussen die teëls in ‘n teëlvloer

laat. Dit is ook die rede waarom hoogspanningslyne uitsit en bruê gapings het vir

uitsetting.

Termiese geleidingsvermoë

Verskillende materiale gelei warmte verskillend. Die volgende aktiwiteit sal dit uitlig.

Ondersoek: Termiese geleidingsvermoë

Neem ‘n lang dun grafietstafie en ‘n lang dun koperstafie (of ander metaal). Smelt ‘n

stukkie was op die een punt van elkeen van die stafies vas. Druk ‘n tandestokkie in

die wasbolletjie terwyl dit nog sag is.

Hang nou die grafiet- en koperstafies aan ‘n tafel of stoel met behulp van ‘n stukkie tou

en verhit die grafiet en koperstafies aan die punt waar die was nie vasgesmelt is nie.

Neem waar watter tandestokkie eerste afval. Probeer verklaar waarom dit gebeur.

Warmte word deur die stof gelei vanaf die punt wat verhit word na die ander punt.

Dit is die rede waarom die bodem van ‘n pot eerste warm word op ‘n stoofplaat. In

metale is daar vry, gedelokaliseerde elektrone wat kan help om die warmte-energie

deur die metaal te versprei. In kovalente molekulêre verbindings is daar geen vry

gedelokaliseerde elektrone nie en warmte beweeg nie so maklik deur die materiaal

nie.

Uitgewerkte voorbeeld 3: Om intermolekulêre kragte te kan verstaan

VRAAG

Verduidelik waarom die smeltpunt van suurstof (O2) baie laer is as die smeltpunt van

waterstofchloried (HCl).

186 4.1. Intermolekulêre en interatomiese kragte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!