03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bespreking en gevolgtrekking:

Stof Water Chloroform Etanol

Natriumchloried

Kaliumpermanganaat

Jodium

Jy sal vind dat die natriumchloried en kaliumpermanganaat (ten minste ’n klein bietjie)

oplos in al die stowwe. Die jodium het glad nie opgelos nie. Die drie oplosmiddels

(water, chloroform en etanol) is almal polêr en het dipool-dipoolkragte. Natriumchloried

en kaliumpermanganaat is beide ioniese stowwe, terwyl jodium nie-polêr is.

Stowwe sal oplos in oplosmiddels wat soortgelyke intermolekulêre kragte het of in oplosmiddels

waar die ioniese bindings deur die vorming van ioon-dipoolkragte ontwrig

kan word.

Formele eksperiment: Die uitwerking van intermolekulêre kragte: Deel 4

Doel:

Om kookpunt en die verband tussen kookpunt en intermolekulêre kragte te ondersoek.

Apparaat:

Jy sal die volgende items benodig vir die eksperiment:

• Water, kookolie (sonneblomolie), gliserien, naellakverwyderaar, brandspiritus

• Proefbuise en ’n beker

• Warm plaat

Metode:

WAARSKUWING!

Brandspiritus en naellakverwyderaar is hoogs vlambaar. Dit sal maklik brand as dit

naby ’n oop vlam gelaat word. Om hierdie rede moet dit in ’n waterbad verhit word.

Hierdie eksperiment moet in ’n goed geventileerde vertrek gedoen word.

1. Plaas ongeveer 20 ml van elke gegewe stof in verskillende proefbuise.

2. Maak die beker halfvol water en plaas dit op die warm plaat.

3. Plaas die proefbuise binne-in die beker.

Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte

181

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!