everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Metode: 1. Plaas ongeveer 50 ml van elke stof wat gegee is in verskillende klein bekers of maatsilinders. 2. Let op die vorm van die meniskus (dit is die vlak van die vloeistof). Kyk wat gebeur teen die kante waar die vloeistof aan die glas raak. (Jy kan ’n paar druppels voedselkleursel in elke stof gooi om die meniskus duideliker te sien.) 3. Plaas nou ’n druppel van die stof op ’n klein stukkie glas. Let op die vorm van die druppel. Resultate: Water Olie Gliserien Naellakverwyderaar Brandspiritus Skryf jou resultate neer in die tabel hieronder. Jy hoef net ’n kwalitatiewe resultaat te gee (wat jy in die eksperiment sien). Stof Vorm van die meniskus Vorm van die druppel Water Olie Gliserien Naellakverwyderaar Brandspiritus Bespreking en gevolgtrekking: Die meniskus van al hierdie stowwe behoort konkaaf te wees (dus hoër aan die kante as in die middel). Dit is omdat die kragte wat die molekules binne-in die stof bymekaar hou swakker is as die aantrekking tussen die stof en die glas van die buis. Jy behoort op te let dat water, olie en gliserien neig om ’n druppel te vorm, terwyl naellakverwyderaar en brandspiritus dit nie doen nie. Sterk intermolekulêre kragte help om die stof bymekaar te hou, terwyl swakker kragte nie die molekules in die stof sterk kan vashou nie. Water het die sterkste intermolekulêre kragte (waterstofbindings) van al die stowwe wat gebruik is. Gliserien en brandspiritus het ook waterstofbindings, maar dit is effens swakker as die intermolekulêre kragte in water. Sonneblomolie is meerendeels niepolêr, maar het baie lang molekules wat bydra tot die hoër oppervlakspanning. Stowwe met sterker intermolekulêre kragte het oor die algemeen ’n groter oppervlakspanning as stowwe wat swakker intermolekulêre kragte het. Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte 179

Formele eksperiment: Die uitwerking van intermolekulêre kragte: Deel 3 Doel: Om oplosbaarheid en die verband tussen oplosbaarheid en intermolekulêre kragte te ondersoek. Apparaat: Jy sal die volgende items benodig vir die eksperiment: • Vaste stowwe: natriumchloried (tafelsout), jodium, kaliumpermanganaat • Oplossings: water, etanol, chloroform • 9 bekers of proefbuise • 3 A4 velle papier Metode: 1. Plaas ongeveer 20 ml van elke gegewe oplossing in verskillende bekers. Plaas hierdie stel op ’n papier gemerk “natriumchloried”. 2. Herhaal hierdie stap twee keer. Die tweede stel is vir kaliumpermanganaat (so jou papier is gemerk “kaliumpermanganaat”) en die derde stel is vir jodium (jou papier is gemerk “jodium”.) Jy behoort nou nege bekers in totaal te hê. 3. Voeg ongeveer 2 g natriumchloried in die eerste stel bekers. 4. Voeg ongeveer 2 g kaliumpermanganaat in die tweede stel bekers. 5. Voeg ongeveer 2 g jodium in die derde stel bekers. 6. Neem waar hoeveel van elke stof in die oplossing oplos. Resultate: Natrium chloried Kalium permanganaat Jodium Water Water Water Etanol Etanol Etanol Chloroform Chloroform Chloroform Skryf jou resultate in die tabel hieronder neer. As jy sien dat slegs ’n klein bietjie van die vaste stof oplos, dan skryf jy dat baie min vaste stof opgelos het. As al die vaste stof oplos dan skryf jy al die vaste stof los op. 180 4.1. Intermolekulêre en interatomiese kragte

Metode:

1. Plaas ongeveer 50 ml van elke stof wat gegee is in verskillende klein bekers of

maatsilinders.

2. Let op die vorm van die meniskus (dit is die vlak van die vloeistof). Kyk wat gebeur

teen die kante waar die vloeistof aan die glas raak. (Jy kan ’n paar druppels

voedselkleursel in elke stof gooi om die meniskus duideliker te sien.)

3. Plaas nou ’n druppel van die stof op ’n klein stukkie glas. Let op die vorm van

die druppel.

Resultate:

Water Olie Gliserien

Naellakverwyderaar Brandspiritus

Skryf jou resultate neer in die tabel hieronder. Jy hoef net ’n kwalitatiewe resultaat te

gee (wat jy in die eksperiment sien).

Stof Vorm van die meniskus Vorm van die druppel

Water

Olie

Gliserien

Naellakverwyderaar

Brandspiritus

Bespreking en gevolgtrekking:

Die meniskus van al hierdie stowwe behoort konkaaf te wees (dus hoër aan die kante

as in die middel). Dit is omdat die kragte wat die molekules binne-in die stof bymekaar

hou swakker is as die aantrekking tussen die stof en die glas van die buis.

Jy behoort op te let dat water, olie en gliserien neig om ’n druppel te vorm, terwyl

naellakverwyderaar en brandspiritus dit nie doen nie. Sterk intermolekulêre kragte

help om die stof bymekaar te hou, terwyl swakker kragte nie die molekules in die stof

sterk kan vashou nie.

Water het die sterkste intermolekulêre kragte (waterstofbindings) van al die stowwe

wat gebruik is. Gliserien en brandspiritus het ook waterstofbindings, maar dit is effens

swakker as die intermolekulêre kragte in water. Sonneblomolie is meerendeels niepolêr,

maar het baie lang molekules wat bydra tot die hoër oppervlakspanning.

Stowwe met sterker intermolekulêre kragte het oor die algemeen ’n groter oppervlakspanning

as stowwe wat swakker intermolekulêre kragte het.

Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte

179

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!