everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Hierdie kragte word aangetref in hemoglobien (die molekule wat suurstof in die liggaam ronddra). Hemoglobien het Fe 2+ ione. Suurstof (O2) word deur hierdie ione aangetrek deur ioon-geïnduseerde-dipool kragte. 3. Dipool-dipoolkragte Wanneer een dipoolmolekule in kontak met ’n ander dipoolmolekule kom, sal die positiewe pool van die een molekule aangetrek word deur die negatiewe pool van die ander molekule en die molekules word so bymekaar gehou (Figuur 4.3). Voorbeelde van materiale / stowwe wat deur dipool-dipool kragte bymekaar gehou word is HCl, SO2 en CH3Cl. δ + δ − δ + δ − Figuur 4.3: Twee dipoolmolekules word bymekaar gehou deur ’n aantrekkingskrag tussen die teenoorgesteld gelaaide pole. Een spesiale geval van hierdie tipe binding is waterstofbinding. 4. Geïnduseerde dipoolkragte Ons weet dat, hoewel koolstofdioksied ’n nie-polêre molekule is, dit steeds gevries kan word (net soos alle ander nie-polêre stowwe gevries kan word). Dit dui daarop dat daar ’n ander tipe aantrekkingskrag in hierdie tipe molekules moet wees (molekules kan slegs vaste stowwe of vloeistowwe word indien daar ’n tipe aantrekkingskrag is wat hulle aantrek). Hierdie krag word geïnduseerde dipoolkragte genoem. In nie-polêre molekules word die elektronlading eweredig versprei, maar dit is moontlik dat daar op ’n spesifieke tydstip ’n oneweredige verspreiding mag wees (onthou dat elektrone altyd binne hulle orbitale beweeg). Die molekule het ’n tydelike dipool. Met ander woorde, elke kant van die molekule het ’n klein positiewe of negatiewe lading. Wanneer dit gebeur sal molekules wat langs mekaar beweeg mekaar effens aantrek. Die kragte word in halogene aangetref (bv. F2 en I2) en in ander nie-polêre molekules soos koolstofdioksied en koolstoftetrachloried. Alle kovalente molekules het geïnduseerde dipoolkragte. Vir nie-polêre molekules is hierdie kragte die enigste intermolekulêre kragte teenwoordig. Vir polêr kovalente molekules word dipool-dipool kragte ook aangetref saam met die geïnduseerde dipoolkragte. 5. Dipool-geïnduseerde dipoolkragte Hierdie tipe kragte kom voor wanneer ’n molekule met ’n dipool ’n dipool in ’n nie-polêre molekule induseer. Dit is soortgelyk aan ’n ioon-geïnduseerde dipoolkragte. ’n Voorbeeld van hierdie tipe krag is chloroform (CHCl3) in koolstoftetrachloried (CCl4) Die volgende voorstelling dui die verskillende tipes intermolekulêre kragte en die tipe verbindings wat tot hierdie kragte aanleiding gee, aan. Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte FEIT Hierdie intermolekulêre kragte word soms ook “London kragte” of “dispersie” kragte genoem. WENK Wanneer edelgasse kondenseer, is die intermolekulêre kragte wat die vloeistof bymekaar hou, geïnduseerde dipool kragte. 173

WENK Moenie waterstofbindings met ware chemiese bindings verwar nie. Waterstofbinding is ’n voorbeeld van ’n geval waar ’n wetenskaplike iets vernoem het omdat hy een ding geglo het wat eintlik nie waar is nie. In die geval van waterstofbinding het die sterkte van die aantrekkingskrag van waterstofbindings wetenskaplikes mislei sodat daar geglo is dat dit inderdaad ’n chemiese binding was, terwyl dit eintlik net ’n intermolekulêre krag is. Polêr kovalent Dipool-dipoolkragte Polêr kovalent Ioon-dipoolkragte Dipool-geïnduseerde dipoolkragte Ione Nie-polêr kovalent Nie-polêr kovalent Geïnduseerde dipoolkragte Ioon-geïnduseerde dipoolkragte Figuur 4.4: Die tipe intermolekulêre kragte. Die omraming stel die verskillende tipes verbindings voor terwyl die lyne die tipe kragte voorstel. Die laaste drie kragte (dipool-dipoolkragte, dipool-geïnduseerde dipoolkragte en geïnduseerde dipoolkragte) word soms gesamentlik Van der Waals kragte genoem. Ons beskou nou spesiale gevalle van dipool-dipoolkragte in besonder. Waterstofbindings Soos wat die naam te kenne gee het hierdie tipe intermolekulêre krag iets te doen met ’n waterstofatoom. Wanneer ’n molekule ’n waterstofatoom bevat wat kovalent aan ’n ander atoom, met ’n hoë elektronegatiwiteit, verbind is, (O, N of F) kan hierdie tipe intermolekulêre krag voorkom. Watermolekules word byvoorbeeld met waterstofbinding tussen die waterstof van die een molekule en die suurstof van die ander molekule (Figure 4.5) bymekaar gehou. Waterstofbinding is relatief sterk intermolekulêre kragte wat sterker is as ander dipooldipoolkragte. Dit is belangrik om op te let dat waterstofbindings swakker is as die kovalente en ioniese bindings wat tussen atome bestaan. waterstofbindings atoombindings Figuur 4.5: Twee voorstellings wat waterstofbindings tussen twee watermolekules voorstel: ruimte-opvullingsmodel en die strukturele formule. Die verskil tussen intermolekulêre en interatomiese kragte ESE3P Dit is belangrik om te besef dat daar ’n verskil tussen tipes interaksies is wat binne ’n molekule kan plaasvind en dié wat tussen verskillende molekules kan plaasvind. In die vorige hoofstuk is daar op die interaksie tussen atome gefokus. Dit staan bekend as interatomiese kragte of chemiese bindings. Kovalente molekules is ook in fyner besonderhede bespreek. 174 4.1. Intermolekulêre en interatomiese kragte H H O H O H O H H

Hierdie kragte word aangetref in hemoglobien (die molekule wat suurstof in die

liggaam ronddra). Hemoglobien het Fe 2+ ione. Suurstof (O2) word deur hierdie

ione aangetrek deur ioon-geïnduseerde-dipool kragte.

3. Dipool-dipoolkragte

Wanneer een dipoolmolekule in kontak met ’n ander dipoolmolekule kom, sal

die positiewe pool van die een molekule aangetrek word deur die negatiewe

pool van die ander molekule en die molekules word so bymekaar gehou (Figuur

4.3). Voorbeelde van materiale / stowwe wat deur dipool-dipool kragte

bymekaar gehou word is HCl, SO2 en CH3Cl.

δ + δ − δ + δ −

Figuur 4.3: Twee dipoolmolekules word bymekaar gehou deur ’n aantrekkingskrag

tussen die teenoorgesteld gelaaide pole.

Een spesiale geval van hierdie tipe binding is waterstofbinding.

4. Geïnduseerde dipoolkragte

Ons weet dat, hoewel koolstofdioksied ’n nie-polêre molekule is, dit steeds gevries

kan word (net soos alle ander nie-polêre stowwe gevries kan word). Dit

dui daarop dat daar ’n ander tipe aantrekkingskrag in hierdie tipe molekules

moet wees (molekules kan slegs vaste stowwe of vloeistowwe word indien daar

’n tipe aantrekkingskrag is wat hulle aantrek). Hierdie krag word geïnduseerde

dipoolkragte genoem.

In nie-polêre molekules word die elektronlading eweredig versprei, maar dit is

moontlik dat daar op ’n spesifieke tydstip ’n oneweredige verspreiding mag wees

(onthou dat elektrone altyd binne hulle orbitale beweeg). Die molekule het ’n

tydelike dipool. Met ander woorde, elke kant van die molekule het ’n klein positiewe

of negatiewe lading. Wanneer dit gebeur sal molekules wat langs mekaar

beweeg mekaar effens aantrek. Die kragte word in halogene aangetref (bv. F2 en

I2) en in ander nie-polêre molekules soos koolstofdioksied en koolstoftetrachloried.

Alle kovalente molekules het geïnduseerde dipoolkragte. Vir nie-polêre molekules

is hierdie kragte die enigste intermolekulêre kragte teenwoordig. Vir

polêr kovalente molekules word dipool-dipool kragte ook aangetref saam met

die geïnduseerde dipoolkragte.

5. Dipool-geïnduseerde dipoolkragte

Hierdie tipe kragte kom voor wanneer ’n molekule met ’n dipool ’n dipool in

’n nie-polêre molekule induseer. Dit is soortgelyk aan ’n ioon-geïnduseerde

dipoolkragte. ’n Voorbeeld van hierdie tipe krag is chloroform (CHCl3) in koolstoftetrachloried

(CCl4)

Die volgende voorstelling dui die verskillende tipes intermolekulêre kragte en die tipe

verbindings wat tot hierdie kragte aanleiding gee, aan.

Hoofstuk 4. Intermolekulêre kragte

FEIT

Hierdie intermolekulêre

kragte word soms ook

“London kragte” of

“dispersie” kragte

genoem.

WENK

Wanneer edelgasse

kondenseer, is die

intermolekulêre kragte

wat die vloeistof

bymekaar hou,

geïnduseerde dipool

kragte.

173

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!