03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4 Intermolekulêre kragte

Oral om ons sien ons materie in verskillende fases. Die lug wat ons inasem is ’n

gas, die water wat jy drink is ’n vloeistof en die stoel waarop jy sit is ’n vaste stof. In

hierdie hoofstuk beskou ons een van die redes waarom materie as vaste stowwe en

vloeistowwe bestaan.

In die vorige hoofstuk het ons die verskillende kragte wat tussen atome (interatomiese

kragte) voorkom, bespreek. Wanneer atome aan mekaar verbind word vorm dit molekules.

Die molekules word bymekaar gehou deur kragte wat bekend staan as intermolekulêre

kragte.

Intermolekulêre kragte laat ons toe om te bepaal watter stowwe geredelik in mekaar sal

oplos en wat die smelt- en kookpunte van stowwe moet wees. Sonder intermolekulêre

kragte wat molekules bymekaar hou sou ons nie kon bestaan nie.

Let op dat ons die term molekule in die res

van hierdie hoofstuk sal gebruik, aangesien

ons kovalente bindings beskou wat nie as

reuse netwerkstrukture bestaan nie. (Onthou

van graad 10 dat daar drie tipe bindings

bestaan: metaalbinding, ioniese binding

en kovalente binding.) Partykeer word

daar verwys na die term eenvoudige molekule.

Dit is ’n kovalente molekulêre struktuur.

NOTA:

Interatomiese (tussen atome) kragte staan ook bekend as intramolekulêre (binne-in die

molekule) kragte. Dink aan internasionaal wat tussen nasies beteken.

4.1 Intermolekulêre en interatomiese kragte ESE3M

DEFINISIE: Intermolekulêre kragte

Intermolekulêre kragte is kragte wat tussen molekules uitgeoefen word.

Jy sal uit die vorige hoofstuk kan onthou dat molekules as óf polêr of nie-polêr geklassifiseer

word. ’n Polêre molekule is een waar daar ’n verskil in elektronegatiwiteit

tussen die atome in die molekule voorkom, in so ’n mate dat die gedeelde elektronpaar

meer dikwels nader aan die atoom beweeg wat die elektronpaar sterker aantrek.

Dit veroorsaak dat die een kant van die molekule ietwat positief gelaai is (δ + ), en die

ander kant van die molekule ietwat negatief (δ − ). Die molekule is dan ’n dipool.

’n Dipoolmolekule is ’n molekule wat twee (di) pole

het. Die een kant van die molekule is effens positief

terwyl die ander kant effens negatief is. In realiteit

lyk molekules egter nie heeltemal so nie. Dit lyk

meer soos die beelde in Figuur 4.1.

170 4.1. Intermolekulêre en interatomiese kragte

δ + δ −

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!