03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DEFINISIE: Bindingslengte

Die afstand tussen die kerne van twee naburige atome wanneer hulle bind.

DEFINISIE: Bindingsenergie

Die hoeveelheid energie wat by ‘n sisteem gevoeg moet word om die binding wat

gevorm het te breek.

Dit is belangrik om te onthou dat bindingslengte tussen twee atome wat met mekaar

gebind is, gemeet word. Die volgende diagramme wys die bindingslengte vir CO

en vir CO2. Die grys sirkel verteenwoordig koolstof en die wit sirkel verteenwoordig

suurstof.

O

C

bindingslengte

Figuur 3.10:

Die bindingslengte

van koolstofmonoksied

(CO).

Y

O C O

X

Figuur 3.11:

Die bindingslengte vir elke C − O-binding in

koolstofdioksied (CO2) word deur X aangedui.

Y is nie die bindingslengte nie.

‘n Derde eienskap van bindings is die bindingsterkte. Bindingsterkte beteken hoe

sterk een atoom aangetrek en vasgehou word deur die ander. Die sterkte van ‘n binding

hang af van die bindingslengte, die grootte van die gebinde atome en die aantal

bindings tussen die atome. In die algemeen:

• hoe korter die bindingslengte, hoe sterker is binding.

• hoe kleiner die betrokke atome is, hoe sterker is die binding.

• hoe meer bindings daar tussen dieselfde stome is, hoe sterker die binding.

3.5 Opsomming ESE3K

Sien aanbieding: 26YR op www.everythingscience.co.za

• ’n Chemiese binding is die fisiese proses wat veroorsaak dat atome mekaar aantrek

en in nuwe verbindings gebind word.

• Edelgasse het ’n volle valensiesskil. Atome bind om hulle buitenste valensiesskil

te probeer vul.

• Daar is drie kragte wat tussen atome werk: aantrekkingskragte tussen die positiewe

kern van een atoom en die negatiewe elektrone van ’n ander; afstotingskragte

tussen elektrone met die gelyke lading en afstoting tussen kerne met die

gelyke lading.

• Die energie van ‘n sisteem van twee atome is by ‘n minimum wanneer die

aantrekkings- en afstotingskragte gebalanseer is.

• Lewis diagramme is een manier om molekulêre strukture voor te stel. In ‘n Lewis

diagram word kolle en kruisies gebruik om valenselektrone om die sentrale

atoom voor te stel.

164 3.5. Opsomming

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!