03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 26YM

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

Elektronegatiwiteit en verbindings ESE3F

Die elektronegatiwiteitsverskil tussen twee atome kan gebruik word om vas te stel watter

tipe binding tussen atome bestaan. Onderstaande tabel lys die benaderde waardes.

Hoewel hier waardes binne ’n spesifieke omvang beskryf word, kan die vorming van

bindings eerder as ’n spektrum van waardes beskryf word. Hierdie waardes moenie

binne vaste grense gesien word nie.

Nie-polêr Swak polêr

Sterk polêr Ionies

0 0,1 - 1 1,1 - 2 > 2,1

Nie-polêr Swak polêr Sterk polêr Ionies

Elektronegatiwiteitsverskil Tipe binding

0 Nie-polêr kovalent

0 - 1 Swak polêr kovalent

1,1 - 2 Sterk polêr kovalent

> 2,1 Ionies

Nie-polêre en polêre kovalente bindings ESE3G

Dit is belangrik om te kan vasstel of ’n molekule polêr of nie-polêr is aangesien die

polariteit van ’n molekule eienskappe soos oplosbaarheid, smeltpunte en kookpunte

beïnvloed.

Elektronegatiwiteit kan gebruik word om die verskil tussen twee tipes kovalente bindings

te verduidelik. Nie-polêre kovalente bindings kom voor tussen twee identiese

nie-metaalatome, soos H2, Cl2 en O2. Omdat die twee atome dieselfde elektronegatiwiteit

het, word die elektron in ‘n kovelente binding gelyk tussen die twee atome

gedeel. As twee verskillende nie-metaliese atome egter bind, sal die gedeelde elektronpaar

sterker deur die atoom met die hoër elektronegatiwiteit aangetrek word. Gevolglik

word ‘n polêr kovalente binding gevorm waarin een atoom ‘n effens negatiewe

lading en die ander atoom ‘n effens positiewe lading het. Hierdie effens positiewe of

effens negatiewe lading staan bekend as gedeeltelike lading.

Hierdie gedeeltelike ladings word voorgestel deur die gebruik van die simbole δ +

(effens positief) en δ− (effens negatief). Dus, in ‘n molekuul soos waterstofchloried

(HCl), is waterstof H δ+

en chloor is Cl δ−

Hoofstuk 3. Atomiese kombinasies

WENK

Let op dat metaalbindings

nie hier gegee is nie.

Metale het lae

elektronegatiwiteite, en

dus word die

valenselektrone nie sterk

na enige van die atome

aangetrek nie. In plaas

daarvan word die

valenselektrone losweg

deur al die atome in ‘n

metaliese netwerk gedeel.

WENK

Die simbool δ word

gelees as delta.

159

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!