everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

• Verander die posisie van die atome sodat die bindende pare verder weg is van die enkelpare. • Hoe het die vorm van die molekule verander? • Teken ‘n eenvoudige diagram om die vorm van die molekule te wys. Dit maak nie saak as dit nie 100% akkuraat is nie. Hierdie oefening is net om julle te help om die 3-dimensionele vorms van molekule te visualiseer. (Sien Figuur 3.8 vir hulp). Help die modelle jou om ’n beter prentjie te vorm van hoe die molekules lyk? Probeer om nog modelle te bou vir ander molekules waaraan jy kan dink. Oefening 3 – 6: Molekulêre vorms Bepaal die vorm van die volgende molekules. 1. BeCl2 2. F2 3. PCl5 4. SF6 5. CO2 6. CH4 7. H2O 8. COH2 Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 26YB 2. 26YC 3. 26YD 4. 26YF 5. 26YG 6. 26YH 7. 26YJ 8. 26YK www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za 3.3 Elektronegatiwiteit ESE3D Sover het ons gekyk na kovalente molekules. Maar hoe weet ons hulle is kovalent? Die antwoord kom van elektronegatiwiteit. Elke element (behalwe die edelgasse) het ’n eletronegatiewe waarde. Elektronegatiwiteit is ‘n maatstaf van hoe sterk ‘n atoom ‘n gedeelde elektronpaar na hom toe aantrek. Die tabel hieronder toon die elektronegatiwiteite van sommige van die elemente. Vir ‘n volledige lys van elektronegatiwiteite sien die periodieke tabel voor in hierdie boek. Op hierdie periodieke tabel word die elektronegatiwiteite in die boonste regterkantste hoek gegee. Moenie hierdie waardes verwar met die ander getalle wat vir die elemente gewys word nie. Elektronegatiwiteite sal altyd tussen 0 en 4 lê vir enige element. As jy ‘n getal groter as 4 gebruik, dan gebruik jy nie elektronegatiwiteit nie. Hoofstuk 3. Atomiese kombinasies WENK Die elektronegatiwiteits waardes kan effens verskil afhangend van watter bron jy gebruik maak. 157

FEIT Die konsep van elektronegatiwiteit is bekendgestel deur Linus Pauling in 1932 en dit is baie behulpsaam om die aard van bindings tussen atome en molekules te verduidelik. Vir hierdie uitvinding het Pauling die Nobel prys vir Chemie in 1954 gewen. Hy het ook die Nobel Vredesprys in 1962 gewen vir sy veldtog teen bo-grondse kernkrag toetsing. Element Elektronegatiwiteit Element Elektronegatiwiteit Waterstof (H) 2,1 Litium (Li) 1,0 Berillium (Be) 1,5 Boor (B) 2,0 Koolstof (C) 2,5 Stikstof (N) 3,0 Suurstof (O) 3,5 Fluoor (F) 4,0 Natrium (Na) 0,9 Magnesium (Mg) 1,2 Aluminium (Al) 1,5 Silikon (Si) 1,8 Fosfor (P) 2,1 Swael (S) 2,5 Chloor (Cl) 3,0 Kalium (K) 0,8 Kalsium (Ca) 1,0 Broom (Br) 2,8 Tabel 3.2: Tabel van elektronegatiwiteit vir uitgesoekte elemente DEFINISIE: Elektronegatiwiteit Elektronegatiwiteit is ’n chemiese eienskap wat die krag vermoë ’n atoom bindingselektrone aantrek beskryf. Hoe groter die elektronegatiwiteit van ’n atoom van ’n element, hoe sterker is die vermoë om elektrone aan te trek. Byvoorbeeld, in ’n waterstofbromied (HBr) molekule is die elektronegatiwiteit van broom 2,8 en die van waterstof 2,1. Die hoër elektronegatiwiteit van broom dui daarop dat die gedeelde elektrone langer nader aan die broomatoom sal weeg. Broom sal ’n effense negatiewe lading hê en waterstof ’n effense positiewe lading. In ’n molekule soos waterstof (H2) waar die elektronegatiwiteit van die atome in die molekule dieselfde is, sal beide die atome ’n neutrale lading hê. Uitgewerkte voorbeeld 9: Bereken elektronegatiwiteitsverskille VRAAG Bereken die elektronegatiwiteitsverskil tussen waterstof en suurstof. OPLOSSING Stap 1: Lees die elektronegatiwiteit van elke element van die periodieke tabel af Vanaf die periodieke tabel vind ons dat waterstof ‘n elektronegatiwiteit van 2,1 het en suurstof ‘n elektronegatiwiteit van 3,5. Stap 2: Bereken die elektronegatiwiteitsverskil 3,5 − 2,1 = 1,4 Oefening 3 – 7: 1. Bereken die elektronegatiwiteitsverskil tussen: BeenC,HenC,LienF,AlenNa,CenO. 158 3.3. Elektronegatiwiteit

FEIT

Die konsep van

elektronegatiwiteit is

bekendgestel deur Linus

Pauling in 1932 en dit is

baie behulpsaam om die

aard van bindings tussen

atome en molekules te

verduidelik. Vir hierdie

uitvinding het Pauling die

Nobel prys vir Chemie in

1954 gewen. Hy het ook

die Nobel Vredesprys in

1962 gewen vir sy

veldtog teen bo-grondse

kernkrag toetsing.

Element Elektronegatiwiteit Element Elektronegatiwiteit

Waterstof (H) 2,1 Litium (Li) 1,0

Berillium (Be) 1,5 Boor (B) 2,0

Koolstof (C) 2,5 Stikstof (N) 3,0

Suurstof (O) 3,5 Fluoor (F) 4,0

Natrium (Na) 0,9 Magnesium (Mg) 1,2

Aluminium (Al) 1,5 Silikon (Si) 1,8

Fosfor (P) 2,1 Swael (S) 2,5

Chloor (Cl) 3,0 Kalium (K) 0,8

Kalsium (Ca) 1,0 Broom (Br) 2,8

Tabel 3.2: Tabel van elektronegatiwiteit vir uitgesoekte elemente

DEFINISIE: Elektronegatiwiteit

Elektronegatiwiteit is ’n chemiese eienskap wat die krag vermoë ’n atoom bindingselektrone

aantrek beskryf.

Hoe groter die elektronegatiwiteit van ’n atoom van ’n element, hoe sterker is die

vermoë om elektrone aan te trek. Byvoorbeeld, in ’n waterstofbromied (HBr) molekule

is die elektronegatiwiteit van broom 2,8 en die van waterstof 2,1. Die hoër

elektronegatiwiteit van broom dui daarop dat die gedeelde elektrone langer nader aan

die broomatoom sal weeg. Broom sal ’n effense negatiewe lading hê en waterstof ’n

effense positiewe lading. In ’n molekule soos waterstof (H2) waar die elektronegatiwiteit

van die atome in die molekule dieselfde is, sal beide die atome ’n neutrale lading

hê.

Uitgewerkte voorbeeld 9: Bereken elektronegatiwiteitsverskille

VRAAG

Bereken die elektronegatiwiteitsverskil tussen waterstof en suurstof.

OPLOSSING

Stap 1: Lees die elektronegatiwiteit van elke element van die periodieke tabel af

Vanaf die periodieke tabel vind ons dat waterstof ‘n elektronegatiwiteit van 2,1 het en

suurstof ‘n elektronegatiwiteit van 3,5.

Stap 2: Bereken die elektronegatiwiteitsverskil

3,5 − 2,1 = 1,4

Oefening 3 – 7:

1. Bereken die elektronegatiwiteitsverskil tussen:

BeenC,HenC,LienF,AlenNa,CenO.

158 3.3. Elektronegatiwiteit

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!