everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Die bepaling van molekulêre vorm ESE3C Om die vorm van ‘n kovalente molekuul te voorspel, volg die volgende stappe: 1. Teken die molekule deur van ‘n Lewis diagram gebruik te maak. Maak seker dat jy al die valenselektrone om die molekuul se sentrale atoom teken. 2. Tel die aantal elektronpare rondom die sentrale atoom. 3. Bepaal die basiese geometrie van die molekule deur gebruik te maak van die tabel hieronder. Byvoorbeeld, ’n molekule met twee elektronpare (en geen enkelpaar) rondom die sentrale atoom het ’n lineêre vorm en een met vier elektronpare (en geen enkel paar) rondom die sentrale atoom het ’n tetraëdriese vorm. Die tabel hieronder verskaf die mees algemene molekulêre vorms. In hierdie tabel gebruik ons A om die sentrale atoom te verteenwoordig, X verteenwoordig die aantal atome wat die sentrale atoom omring en E verteenwoordig die aantal enkelpare. Aantal bindende elektronpare Aantal enkelpare Geometrie Algemene formule 1 of 2 0 Lineêr AX of AX2 2 2 Gebuig of hoekig AX2E2 3 0 Trigonaal planêr AX3 3 1 Trigonaal piramidaal AX3E 4 0 Tetraëdriese AX4 5 0 Trigonaal bi-piramidaal AX5 6 0 Oktaëdries AX6 Tabel 3.1: Die effek van elektronpare bepaal die vorm van die molekules. Let wel dat in die algemene voorbeeld is A die sentrale atoom en X verteenwoordig die bindingsatome. Figuur 3.7: Die algemene molekulêre vorms. Hoofstuk 3. Atomiese kombinasies WENK ’n Sentrale atoom is ’n atoom waarom die ander atome rangskik. Dus in ’n water molekule, is die sentrale atoom suurstof. In ’n ammoniak molekule is die sentrale atoom stikstof. 153

Figuur 3.8: Die algemene molekulêre vorms in 3-D. In Figuur 3.8 stel die groen balle die enkelpare (E) voor, die wit balle (X) is die bindingsatome (terminale atome), en die rooi balle (A) is die sentrale atome. Van hierdie vorms word dié met geen enkelpare nie die ideale vorms genoem. Die vyf ideale vorms is: lineêr, trigonaal planêr, tetraëdries, trigonaal bipiramidaal, en oktaëdries. ’n Belangrike punt om te onthou aangaande molekulêre vorms is dat alle diatomiese (verbindings met twee atome) bindings linieêr is. So is H2, HCl en Cl2 almal linieêr. Sien simulasie: 26Y9 op www.everythingscience.co.za Uitgewerkte voorbeeld 6: Molekulêre vorm VRAAG Bepaal die vorm van die BeCl2 molekule. OPLOSSING Stap 1: Teken die molekule deur van ‘n Lewis diagram gebruik te maak Die sentrale atoom is berillium Cl •• Be •• •• ו •× •• Cl •• •• Stap 2: Tel die aantal elektronpare rondom die sentrale atoom Daar is twee elektronpare. Stap 3: Bepaal die basiese geometrie van die molekule Daar is drie elektronpare en geen alleenpare rondom die sentrale atoom nie. BeCl2 het die algemene vorm: AX2. Deur van hierdie inligting en Tabel 3.1 gebruik te maak, vind ons dat die molekulêre vorm in hierdie geval linieêr is. 154 3.2. Molekulêre vorm

Figuur 3.8: Die algemene molekulêre vorms in 3-D.

In Figuur 3.8 stel die groen balle die enkelpare (E) voor, die wit balle (X) is die bindingsatome

(terminale atome), en die rooi balle (A) is die sentrale atome.

Van hierdie vorms word dié met geen enkelpare nie die ideale vorms genoem. Die

vyf ideale vorms is: lineêr, trigonaal planêr, tetraëdries, trigonaal bipiramidaal, en

oktaëdries.

’n Belangrike punt om te onthou aangaande molekulêre vorms is dat alle diatomiese

(verbindings met twee atome) bindings linieêr is. So is H2, HCl en Cl2 almal linieêr.

Sien simulasie: 26Y9 op www.everythingscience.co.za

Uitgewerkte voorbeeld 6: Molekulêre vorm

VRAAG

Bepaal die vorm van die BeCl2 molekule.

OPLOSSING

Stap 1: Teken die molekule deur van ‘n Lewis diagram gebruik te maak

Die sentrale atoom is berillium

Cl

•• Be

ו

Cl •• ••

Stap 2: Tel die aantal elektronpare rondom die sentrale atoom

Daar is twee elektronpare.

Stap 3: Bepaal die basiese geometrie van die molekule

Daar is drie elektronpare en geen alleenpare rondom die sentrale atoom nie. BeCl2

het die algemene vorm: AX2. Deur van hierdie inligting en Tabel 3.1 gebruik te maak,

vind ons dat die molekulêre vorm in hierdie geval linieêr is.

154 3.2. Molekulêre vorm

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!