03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

5. Voltooi die volgende tabel:

Verbinding CO2 CF4 HI C2H2

Lewis diagram

Totale aantal bindingspare

Totale aantal nie-bindende pare

Enkel-, dubbele, of drievoudige bindings

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1a. 26XS 1b. 26XT 1c. 26XV 1d. 26XW 1e. 26XX 1f. 26XY

2a. 26XZ 2b. 26Y2 2c. 26Y3 2d. 26Y4 2e. 26Y5 3. 26Y6

4. 26Y7 5. 26Y8

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

3.2 Molekulêre vorm ESE39

’n Begrip van molekulêre vorm (die vorm van ’n enkele molekule) is belangrik om

die wisselwerking tussen molekules te bepaal. Molekulêre vorm beïnvloed ook die

kookpunt en smeltpunt van stowwe. Indien alle molekules lineêr was, het lewe soos

ons dit ken nie bestaan nie. Baie eienskappe van ’n molekule word deur sy vorm

bepaal. Byvoorbeeld, as die watermolekule lineêr was, sou dit poolloos (sonder pole)

wees en sou water gevolglik oor geen van sy spesiale eienskappe beskik nie.

Valensieskilelektronpaarafstotingsteorie (VSEPA) ESE3B

Die vorm van ’n kovalente molekule kan voorspel word deur die valensieskilelektronpaarafstotingsteorie

(VSEPA) te gebruik. Die VSEPA-teorie sê eenvoudig dat valenselektronpare

in ’n molekule hulleself rondom die sentrale atoom (of atome) van die

molekule sal rangskik sodat die afstoting tussen hulle negatiewe ladings so klein as

moontlik is.

Met ander woorde, die valenselektronpare rangskik hulleself sodat hulle so ver uitmekaar

as moontlik kan wees.

DEFINISIE: Valensieskilelektronpaarafstotingsteorie

Die valensieskilelektronpaarafstotingsteorie (VSEPA) is ’n model wat in chemie gebruik

word om die vorm van individuele molekules te voorspel. VSEPA word op die minimisering

van die hoeveelheid elektronpaarafstoting (repulsie) om die betrokke sentrale

atoom baseer.

VSEPA-teorie word gebaseer op die idee dat die geometrie (vorm) van ’n molekule

hoofsaaklik deur die afstoting onder die elektronpare om die sentrale atoom bepaal

word. Die elektronpare kan bindend of nie-bindend (ook enkelpare genoem) wees.

Slegs die sentrale atoom se valenselektrone beïnvloed die molekulêre vorm op ’n betekenisvolle

manier.

152 3.2. Molekulêre vorm

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!