everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Stap 2: Rangskik die elektrone in die O2 molekule sodat die buitenste energievlak in elke atoom vol is Die O2 molekule word hieronder getoon. Let op die twee elektronpare tussen die twee suurstofatome (in blou beklemtoon). Omdat die twee kovalente bindings tussen dieselfde twee atome is, is hierdie ’n dubbele binding. ×× ×× O O ×× •• •• •• of O O Elke suurstofatoom gebruik sy twee ongepaarde elektrone om twee bindings te vorm. Dit vorm ’n dubbele kovalente binding (wat deur ’n dubbellyn tussen die twee suurstofatome aangedui word). Uitgewerkte voorbeeld 5: Lewis diagramme: Molekule met meervoudige bindings VRAAG ×× ×× Stel waterstofsianied (HCN) met behulp van ‘n Lewis diagram voor. OPLOSSING Stap 1: Bepaal die hoeveelheid valenselektrone vir elke atoom, na gelang van die atoom se elektronkonfigurasie Die elektronkonfigurasie van waterstof is 1s 1 , die elektronkonfigurasie van stikstof is [He]2s 2 2p 3 en vir koolstof is dit [He]2s 2 2p 2 . Waterstof het 1 valenselektron, koolstof het 4 valenselektrone en stikstof het 5 valenselektrone. H • C × × × × Stap 2: Rangskik die elektrone in die HCN molekule sodat die buitenste energievlak in elke atoom vol is Die HCN molekule word hieronder getoon. Let op die drie elektronpare (in rooi beklemtoon) tussen die stikstof- en die koolstofatoom. Omdat hierdie drie kovalente bindings tussen dieselfde twee atome is, is dit ’n drievoudige binding. H C ו ××× ••• N • • •• N • • • •• •• of H C N • • Soos ons pas gesien het, deel koolstof een elektron met waterstof en drie met stikstof. Stikstof hou sy elektronpaar en deel sy drie ongepaarde elektrone met koolstof. Hoofstuk 3. Atomiese kombinasies 149

Oefening 3 – 4: Stel die volgende molekule met behulp van Lewis diagramme voor: 1. asetileen (C2H2) 2. formaldehied (CH2O) Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 26XP 2. 26XQ www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za Geval 4: Koördinaatkovalente of datiefkovalente bindings DEFINISIE: Datiefkovalente binding Hierdie tipe binding is ’n beskrywing van kovalente binding wat tussen twee atome voorkom, waarin beide gedeelde elektrone in die binding van dieselfde atoom afkomstig is. ’n Datiefkovalente binding staan ook as ’n koördinaatkovalente binding bekend. Ons het vroeër gesê dat ’n atoom met ’n elektronpaar normaalweg nie die paar sal deel om ’n binding te vorm nie. Nou sal ons egter sien hoe ’n elektronpaar deur atome gebruik kan word om ’n kovalente binding te vorm. Een voorbeeld van ’n molekule wat ’n datiefkovalente binding bevat, is die ammoniumioon (NH + 4 ) wat in die figuur hieronder getoon word. Die waterstofioon H+ bevat geen elektrone nie, dus is al die elektrone in die binding wat tussen hierdie ioon en die stikstofatoom vorm van die stikstof afkomstig. •• H N ו H ו ו H + [H] + •• H N ו H Let op dat die waterstofioon gelaai is en dat hierdie lading op die ammoniumioon aangedui word met vierkanthakies en ’n plusteken buite die vierkanthakies. Ons kan dit ook só aandui: H N Let op dat ons nie ’n lyn vir die datiefkovalente binding gebruik nie. Nog ’n voorbeeld hiervan is die hidroniumioon (H3O + ). Om op te som wat ons geleer het: 150 3.1. Chemiese binding H •• H H + ו H ו H +

Oefening 3 – 4:

Stel die volgende molekule met behulp van Lewis diagramme voor:

1. asetileen (C2H2) 2. formaldehied (CH2O)

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 26XP 2. 26XQ

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

Geval 4: Koördinaatkovalente of datiefkovalente bindings

DEFINISIE: Datiefkovalente binding

Hierdie tipe binding is ’n beskrywing van kovalente binding wat tussen twee atome

voorkom, waarin beide gedeelde elektrone in die binding van dieselfde atoom afkomstig

is.

’n Datiefkovalente binding staan ook as ’n koördinaatkovalente binding bekend. Ons

het vroeër gesê dat ’n atoom met ’n elektronpaar normaalweg nie die paar sal deel om

’n binding te vorm nie. Nou sal ons egter sien hoe ’n elektronpaar deur atome gebruik

kan word om ’n kovalente binding te vorm.

Een voorbeeld van ’n molekule wat ’n datiefkovalente binding bevat, is die ammoniumioon

(NH + 4 ) wat in die figuur hieronder getoon word. Die waterstofioon H+ bevat

geen elektrone nie, dus is al die elektrone in die binding wat tussen hierdie ioon en

die stikstofatoom vorm van die stikstof afkomstig.

H N

ו

H

ו

ו

H + [H] +

H N

ו

H

Let op dat die waterstofioon gelaai is en dat hierdie lading op die ammoniumioon

aangedui word met vierkanthakies en ’n plusteken buite die vierkanthakies.

Ons kan dit ook só aandui:

H N

Let op dat ons nie ’n lyn vir die datiefkovalente binding gebruik nie.

Nog ’n voorbeeld hiervan is die hidroniumioon (H3O + ).

Om op te som wat ons geleer het:

150 3.1. Chemiese binding

H

H

H

ו

H

ו

H

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!