everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Geval 2: ’n Verbinding word nie gevorm nie As ons nou na helium kyk kan ons sien dat elke heliumatoom ‘n gevulde buitenste energievlak het. Deur na Figuur 3.6 te kyk vind ons dat die energieminimum vir twee heliumatome baie naby aan nul is. Dit beteken dat die twee atome naby aan mekaar kan kom, en van mekaar af weg kan beweeg, sonder dat hulle ooit aan mekaar vassit. Energie + X Afstand tussen atoomkerne − Figuur 3.6: Grafiek wat die energieverandering toon wat plaasvind wanneer twee heliumatome nader na mekaar toe beweeg. In die geval van helium is die minimum energie by punt X nie laag genoeg dat twee atome bymekaar bly nie en hulle beweeg weer weg van mekaar af. Dit is waarom, wanneer die Lewis diagram vir helium geteken word, slegs een helium atoom geteken word. Daar is geen verbinding nie. Ons sien ook dat helium reeds ’n volledig gevulde buitenste energievlak het en geen verbinding vorm nie. He • • Sien simulasie: 26XB op www.everythingscience.co.za Valenselektrone en Lewis diagramme ESE37 Noudat ons meer van verbindings verstaan is dit nodig om weer Lewis diagramme te hersien waarvan jy in Graad 10 geleer het. Die kennis oor waarom atome verbind en die kennis oor hoe om Lewis diagramme te teken gee vir jou die gereedskap wat jy nodig het om te voorspel watter atome met mekaar sal verbind en watter vorm die molekule wat ontstaan sal hê. In Graad 10 het ons geleer hoe om die elektroniese struktuur vir enige element te skryf. Vir die teken van Lewis diagramme is die metode waarmee jy vertroud moet wees die spektroskopiese notasie. Die konfigurasie van chloor in spektroskopiese notasie is byvoorbeeld: 1s 2 2s 2 2p 5 . Of, as ons die gekondenseerde vorm gebruik: [He]2s 2 2p 5 . Die gekondenseerde spektroskopiese notasie wys jou vinnig hoe die valenselektrone van die element gerangskik is. Hoofstuk 3. Atomiese kombinasies 143

WENK ’n Lewis diagram gebruik kolle of kruisies om die valenselektrone van verskillende atome voor te stel. Die chemiese simbool van die element word gebruik om die kern en die kernelektrone van die atoom voor te stel. WENK Jy kan die ongepaarde elektrone enige plek (bo, onder, links of regs) plaas. Die presiese volgorde maak nie in ‘n Lewis diagram saak nie. Deur die aantal valenselektrone te gebruik kan die Lewis diagram vir enige element maklik geteken word. In Graad 10 het jy geleer hoe om Lewis diagramme te teken. Ons sal hierdie begrippe hier hersien sodat ons dit kan gebruik in die bespreking van verbindings. Lewis diagramme vir elemente in periode 2 word hieronder aangedui. Element Groep nommer Valenselektrone Spektroskopiese Lewis- di- notasie agram Litium 1 1 [He]2s1 Berillium 2 2 [He]2s 2 Boor 13 3 [He]2s 2 2p 1 Koolstof 14 4 [He]2s 2 2p 2 Stikstof 15 5 [He]2s 2 2p 3 Suurstof 16 6 [He]2s 2 2p 4 Fluoor 17 7 [He]2s 2 2p 5 Neon 18 8 [He]2s 2 2p 6 Oefening 3 – 1: Lewis diagramme Gee die spektroskopiese notasie en teken die Lewis diagramme vir: 1. magnesium 2. natrium 3. chloor 4. aluminium 5. argon Li • Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 26XC 2. 26XD 3. 26XF 4. 26XG 5. 26XH Be • • B • • • • • •• • • C • • N • • O •• •• • F •• • •• •• •• •• Ne •• www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za Kovalente bindings en die vorming van verbindings ESE38 Kovalente bindings gaan oor die deel van elektrone in ’n chemiese verbinding. Die buite orbitale van atome oorvleuel sodat die ongepaarde elektrone in elk van die bindingsatome gedeel kan word. Die oorvleueling van orbitale lei daartoe dat die buitenste elektronvlakke van al die bindingsatome gevul word. Die gedeelde elektrone 144 3.1. Chemiese binding ••

Geval 2: ’n Verbinding word nie gevorm nie

As ons nou na helium kyk kan ons sien dat elke heliumatoom ‘n gevulde buitenste

energievlak het. Deur na Figuur 3.6 te kyk vind ons dat die energieminimum vir twee

heliumatome baie naby aan nul is. Dit beteken dat die twee atome naby aan mekaar

kan kom, en van mekaar af weg kan beweeg, sonder dat hulle ooit aan mekaar vassit.

Energie

X

Afstand tussen

atoomkerne

Figuur 3.6: Grafiek wat die energieverandering toon wat plaasvind wanneer twee heliumatome

nader na mekaar toe beweeg.

In die geval van helium is die minimum energie by punt X nie laag genoeg dat twee

atome bymekaar bly nie en hulle beweeg weer weg van mekaar af. Dit is waarom,

wanneer die Lewis diagram vir helium geteken word, slegs een helium atoom geteken

word. Daar is geen verbinding nie.

Ons sien ook dat helium reeds ’n volledig gevulde buitenste energievlak het en geen

verbinding vorm nie.

He • •

Sien simulasie: 26XB op www.everythingscience.co.za

Valenselektrone en Lewis diagramme ESE37

Noudat ons meer van verbindings verstaan is dit nodig om weer Lewis diagramme te

hersien waarvan jy in Graad 10 geleer het. Die kennis oor waarom atome verbind

en die kennis oor hoe om Lewis diagramme te teken gee vir jou die gereedskap wat

jy nodig het om te voorspel watter atome met mekaar sal verbind en watter vorm die

molekule wat ontstaan sal hê.

In Graad 10 het ons geleer hoe om die elektroniese struktuur vir enige element te skryf.

Vir die teken van Lewis diagramme is die metode waarmee jy vertroud moet wees die

spektroskopiese notasie. Die konfigurasie van chloor in spektroskopiese notasie is

byvoorbeeld: 1s 2 2s 2 2p 5 . Of, as ons die gekondenseerde vorm gebruik: [He]2s 2 2p 5 .

Die gekondenseerde spektroskopiese notasie wys jou vinnig hoe die valenselektrone

van die element gerangskik is.

Hoofstuk 3. Atomiese kombinasies

143

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!