03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die volgende punte is in die vroeëre besprekings oor elektrone en energievlakke gemaak:

• Elektrone probeer altyd om in die laagste energievlak te wees

• Die edelgasse het gevulde valenselektron orbitale. Neon het, byvoorbeeld, die

volgende elektronkonfigurasie 1s 2 2s 2 2p 6 . Die tweede energievlak, die buitenste

of valensvlak, is gevul.

• Atome verbind met mekaar om ’n edelgas elektronkonfigurasie te bekom.

• Atome met ’n gevulde valenselektronorbitaal is minder reaktief.

Energie en binding ESE36

Daar is twee moontlikhede wat ons in gedagte moet hou wanneer atome nader aan

mekaar beweeg. Eerstens kan twee atome nader aan mekaar beweeg en ’n verbinding

vorm. Tweedens kan dit gebeur dat atome nader aan mekaar beweeg en nie ’n verbinding

vorm nie. Ter verduideliking van die eerste moontlikheid gebruik ons waterstof

as voorbeeld en vir die tweede moontlikheid gebruik ons helium as ’n voorbeeld.

Geval 1: ’n Verbinding vorm

Begin deur jou te verbeel dat twee waterstof atome nader aan mekaar beweeg. Soos

wat hulle nader kom werk drie kragte gelyktydig op die atome in. Hierdie kragte word

hieronder verduidelik:

1. Afstotende krag tussen die elektrone van die atome, aangesien gelyksoortige

ladings mekaar afstoot.

Figuur 3.2: Afstoting tussen elektrone

2. Aantrekkingskragte tussen die kern van een atoom en die elektrone van ’n ander.

Figuur 3.3: Aantrekking tussen elektrone en protone

3. Afstotende krag tussen twee positief-gelaaide kerne

Figuur 3.4: Afstoting tussen protone

Hoofstuk 3. Atomiese kombinasies

WENK

’n Model gebruik dit wat

in die wêreld rondom ons

waargeneem word om

sekere voorspellings te

maak ook dit wat ons nie

kan sien nie.

141

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!