03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

3 Atomiese kombinasies

Ons bly in ‘n wêreld wat uit ‘n baie groot aantal ingewikkelde verbindings bestaan.

Oral rondom ons sien ons die gevolge van chemiese binding, vanaf die stoel waarop jy

sit, tot die boek wat jy vashou, tot die lug wat jy inasem. Dink jou in hoe dit sou wees

as al die elemente in die periodieke tabel nie bindings gevorm het nie, maar eerder op

hulle eie gebly het. Ons wêreld sou baie vervelig gewees het, met slegs bietjie meer

as ‘n 100 elemente om te gebruik.

Gestel jy verf ’n prentjie waarin jy die kleure rondom jou wil aandui. Die enigste verf

tot jou beskikking is rooi groen, geel, blou, wit en swart. Jy is tog ook daartoe in staat

om pienk, pers, oranje en baie ander kleure te skep deur hierdie verwe te meng. Op

dieselfde manier kan elemente beskou word as die natuur se verfpalet. Die elemente

kan op verskillende maniere kombineer om nuwe verbindings te vorm en die wêreld

om jou te skep.

In Graad 10 het ons chemiese bindings begin

ondersoek. In hierdie hoofstuk sal ons chemiese

bindings verder bestudeer en verklaar

hoekom chemiese bindings voorkom. Ons verduidelik

drie tipes binding, naamlik kovalente

bindings, ioniese bindings en metaalbindings.

In die hoofstuk fokus ons hoofsaaklik op kovalente

bindings en die molekules wat as gevolg

van kovalente bindings vorm.

NOTA:

In hierdie hoofstuk verwys die term molekule na ’n kovalente molekulêre struktuur.

Dit is ’n kovalente verbinding wat as ’n enkele eenheid bestaan en reageer.

3.1 Chemiese binding ESE34

Waarom verbind atome ESE35

Aan die begin van hierdie gedeelte is dit belangrik

om te onthou dat ons die model van verbindings,

wat gebaseer is op die model van ’n atoom, bespreek.

Uit die besprekings oor atome (in Graad

10) sal jy onthou dat ’n model ’n voorstelling van

die werklikheid is. Volgens die model van ’n atoom

wat jy in Graad 10 geleer het, bestaan die atoom

uit ’n sentrale kern wat deur elektrone, gerangskik

in vaste energievlakke, omring word. ’n Energievlak

word soms ook ’n skil genoem. Binne elke energievlak

beweeg elektrone in orbitale met verskillende

vorms. Die elektrone in die buitenste energievlakke

van die atoom word die valenselektrone genoem.

Dié model van ’n atoom is handig wanneer jy probeer

verstaan hoe die verskillende tipes verbindings

tussen atome plaasvind.

140 3.1. Chemiese binding

Figuur 3.1:

Die elektronrangskikking in ’n

fluooratoom. Die elektrone

(klein swaart ingekleurde sirkeltjies

op die binneste kring) is die

kernelektrone en die elektrone

(klein swart oningekleurde sirkeltjies

op die buitenste kring) is

die valenselektrone.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!