03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

c) Bereken die grootte van die krag wat deur die kabel uitgeoefen word terwyl

die hysbak tot rus gebring word.

[SC 2003/11 HG1]

30. ’n Drywingskrag van 800 N werk in op ’n motor met massa 600 kg.

a) Bereken die motor se versnelling.

b) Bereken die motor se spoed na 20 s.

c) Bereken die nuwe versnelling indien ’n wrywingskrag van 50 N op die

motor begin inwerk na 20 s.

d) Bereken die spoed van die motor na nog 20 s (m.a.w. ’n totaal van 40 s na

die begin).

31. ’n Stilstaande blok met massa 3 kg is bo-op ’n vlak wat ’n hoek van 35 ◦ met die

horisontaal vorm.

35 ◦

3kg

a) Teken ’n kragtediagram (nie volgens skaal nie). Sluit die gewig van die blok,

sowel as die komponente van die gewig wat loodreg op, en parallel is met,

die skuinsvlak, in.

b) Bepaal die waardes van die gewig se loodregte en parallele komponente.

32. ’n Krat op ’n skuinsvlak

Olifante word vanaf die Kruger Nasionale Park na die Oos-Kaap verskuif. Hulle

word in kratte gelaai wat teen ’n laaibrug (’n skuinsvlak) opgetrek word oor wrywinglose

rollers.

Die diagram toon ’n krat wat op ’n skuinsvlak stil gehou word deur ’n tou wat

parallel aan die skuinsvlak is. Die spanning in die tou is 5000 N.

Olifante

15 ◦

5000 N

a) Verduidelik hoe ’n mens die volgende kan aflei: “Die kragte wat op die krat

inwerk is in ewewig.”

b) Teken ’n benoemde kragtediagram van die kragte wat op die olifant inwerk.

(Beskou die hyskraan en olifant as een voorwerp en stel hulle met ’n kolletjie

voor. Wys ook die toepaslike hoeke tussen die kragte.)

c) Die krat het ’n massa van 800 kg. Bereken die massa van die olifant.

d) Die krat word nou teen ’n konstante spoed teen die skuinsvlak opgetrek.

Hoe beïnvloed die optrek van die krat teen ’n konstante spoed teen die

skuinsvlak die kragte wat op die hyskraan en die olifant inwerk? Regverdig

jou antwoord deur enige wet of beginsel te noem wat op hierdie situasie

van toepassing is.

132 2.5. Opsomming

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!