everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

punt in kilogram (kg) en d is die afstand tussen die twee punte in meter (m). Vir enige groot voorwerp (nie puntmassas nie) gebruik ons die afstand vanaf die middel van die voorwerp(e) om die berekeninge te doen. Dit is baie belangrik wanneer ons met baie groot liggame soos planete te doen het. Die afstand van die middelpunt van die planeet na sy oppervlak verskil dikwels baie. Onthou die aantrekkingskrag moet met behulp van ‘n vektor beskryf word. Ons gebruik Newton se Universele gravitasiewet om die grootte van kragte te bepaal en analiseer dan die probleem om die rigting van die krag te bepaal. Neem byvoorbeeld ‘n man met ‘n massa van 80 kg wat 10 m van ‘n vrou met ‘n massa van 65 kg staan. Die aantrekkende gravitasiekrag tussen hulle is F = G m1m2 d 2 = 6,67 × 10 -11 (80)(65) (10) 2 = 3,47 × 10 -9 N Indien die man en die vrou na ‘n posisie 1 m uitmekaar beweeg, is die krag F = G m1m2 d 2 = 6,67 × 10 -11 (80)(65) (1) 2 = 3,47 × 10 -7 N Soos jy kan sien, is hierdie kragte baie klein. Oorweeg nou die gravitasiekrag tussen die Aarde en die Maan. Die massa van die Aarde is 5,98 × 10 24 kg, die massa van die Maan is 7,35 × 10 22 kg die Aarde en die Maan is 3,8 × 10 8 m uitmekaar. Die gravitasiekrag tussen die Aarde en die Maan is : F = G m1m2 d 2 = 6,67 × 10 -11 (5,98 × 1024 )(7,35 × 1022 ) (0,38 × 109 ) 2 = 2,03 × 10 20 N Uit hierdie voorbeeld kan jy sien dat die kragte baie groot is. Hierdie twee voorbeelde demonstreer dat hoe groter die massas is, hoe groter is die kragte tussen hulle. Die 1/d 2 faktor toon aan dat die afstand tussen liggame ook ‘n rol speel. Hoe nader die liggame aan mekaar is, hoe groter is die gravitasiekrag tussen hulle. Ons ondervind die grootste gravitasiekrag van die Aarde op die oppervlakte aangesien dit die naaste is wat ons aan die Aarde kan kom, maar in die buitenste ruimte sou ons skaars die gravitasiekrag van die Aarde kon ervaar. Onthou F = m a , dit beteken elke voorwerp op Aarde voel dieselfde gravitasieversnelling. Dit beteken dat as jy ’n pen of ’n boek van dieselfde hoogte af laat val, sal beide die voorwerpe dieselefde tyd neem om die grond te bereik. Ons kan dit moontlik aantoon deur Newton se tweede wet en die vergelyking vir die gravitasiekrag toe te pas. Die krag tussen die Aarde (met ’n massa MAarde) en ’n voorwerp met massa mv is: F = GmvMEarth d 2 Hoofstuk 2. Newton se wette 113

en die versnelling van ‘n voorwerp met massa mv (in terme van die krag wat daarop inwerk) is av = F mv Ons gebruik die vergelykings en vind dat: av = G MAarde d 2 Aarde Aangesien dit nie afhantklik is van die massa van die voorwerp mo nie, hang die versnelling van ‘n liggaam (a.g.v. die Aarde se gravitasiekrag) nie af van die massa van die liggaam nie. Alle voorwerpe sal dus dieselfde gravitasieversnelling ondervind. Die krag op verskillende liggame sal verskillend wees maar die versnelling dieselfde. Omdat hierdie verstelling wat deur gravitasie veroorsaak word op alle voorwerpe dieselfde is, benoem ons dit verskillend. In plaas daarvan om a te gebruik, gebruik ons gEarth wat ons die gravitasieversnelling noem, en wat ‘n waarde van ongeveer 9,8 m·s −2 het. Die feit dat die gravitasieversnelling onafhanklik is van die massa van die voorwerp is waar vir enige planeet en nie net die Aarde nie. Elke planeet se gravitasieversnelling verskil egter. Oefening 2 – 7: 1. Wanneer die planeet Jupiter op sy naaste aan die Aarde is, is dit 6,28 × 10 8 km weg. Indien Jupiter ‘n massa van 1,9 × 10 27 kg het, wat is die grootte van die gravitasiekrag tussen Jupiter en die Aarde? 2. Wanneer die planeet Jupiter op sy verste weg van die Aarde is, is dit 9,28 × 10 8 km weg. Indien Jupiter se massa 1,9 × 10 27 kg is, wat is die grootte van die gravitasiekrag tussen Jupiter en die Aarde? 3. Op watter afstand weg van die Aarde moet ‘n satelliet met ‘n massa van 80 kg wees om ‘n krag van 1000 N te ondervind? Hoe ver van Jupiter moet dieselfde wees om dieselfde krag te ondervind? 4. Die radius van Jupiter is 71,5×10 3 km en die radius van die maan is 1,7×10 3 km. As die maan ’n massa van 7,35 × 10 22 kg het, bepaal die gravitasieversnelling op Jupiter en op die maan. 5. Astrologie, NIE astronomie nie, maak ‘n groot ophef van die posisie van die planete wanneer iemand gebore word. Die enigste bekende krag wat ‘n planeet uitoefen op die Aarde is gravitasie. Bereken: a) die gravitasiekrag uitgeoefen op ‘n 4,20 kg baba deur ‘n 100 kg pa 0,200 m weg, by geboorte. b) die krag op die baba asgewolg van Jupiter as dit die naaste afstand van die Aarde is, so wat 6,29 × 1011 m. c) Hoe vergelyk die krag wat Jupiter op die baba uitoefen met die krag wat deur die baba se pa op hom uitgeoefen word? 6. Die bestaan van die dwergplaneet Pluto is voorgestel vanuit die voorkoms van onreëlmatighede in die planeet Neptunus se wentelbaan. Pluto is ontdek baie naby sy voorgestelde posisie. Dit blyk nou egter dat die ontdekking vrugteloos 114 2.4. Kragte tussen massas

punt in kilogram (kg) en d is die afstand tussen die twee punte in meter (m). Vir enige

groot voorwerp (nie puntmassas nie) gebruik ons die afstand vanaf die middel van

die voorwerp(e) om die berekeninge te doen. Dit is baie belangrik wanneer ons met

baie groot liggame soos planete te doen het. Die afstand van die middelpunt van die

planeet na sy oppervlak verskil dikwels baie. Onthou die aantrekkingskrag moet met

behulp van ‘n vektor beskryf word. Ons gebruik Newton se Universele gravitasiewet

om die grootte van kragte te bepaal en analiseer dan die probleem om die rigting van

die krag te bepaal.

Neem byvoorbeeld ‘n man met ‘n massa van 80 kg wat 10 m van ‘n vrou met ‘n massa

van 65 kg staan. Die aantrekkende gravitasiekrag tussen hulle is

F = G m1m2

d 2

= 6,67 × 10 -11 (80)(65)

(10) 2

= 3,47 × 10 -9 N

Indien die man en die vrou na ‘n posisie 1 m uitmekaar beweeg, is die krag

F = G m1m2

d 2

= 6,67 × 10 -11 (80)(65)

(1) 2

= 3,47 × 10 -7 N

Soos jy kan sien, is hierdie kragte baie klein.

Oorweeg nou die gravitasiekrag tussen die Aarde en die Maan. Die massa van die

Aarde is 5,98 × 10 24 kg, die massa van die Maan is 7,35 × 10 22 kg die Aarde en die

Maan is 3,8 × 10 8 m uitmekaar. Die gravitasiekrag tussen die Aarde en die Maan is :

F = G m1m2

d 2

= 6,67 × 10 -11 (5,98 × 1024 )(7,35 × 1022 )

(0,38 × 109 ) 2

= 2,03 × 10 20 N

Uit hierdie voorbeeld kan jy sien dat die kragte baie groot is.

Hierdie twee voorbeelde demonstreer dat hoe groter die massas is, hoe groter is die

kragte tussen hulle. Die 1/d 2 faktor toon aan dat die afstand tussen liggame ook ‘n rol

speel. Hoe nader die liggame aan mekaar is, hoe groter is die gravitasiekrag tussen

hulle. Ons ondervind die grootste gravitasiekrag van die Aarde op die oppervlakte

aangesien dit die naaste is wat ons aan die Aarde kan kom, maar in die buitenste

ruimte sou ons skaars die gravitasiekrag van die Aarde kon ervaar.

Onthou F = m a , dit beteken elke voorwerp op Aarde voel dieselfde gravitasieversnelling.

Dit beteken dat as jy ’n pen of ’n boek van dieselfde hoogte af laat val, sal beide

die voorwerpe dieselefde tyd neem om die grond te bereik. Ons kan dit moontlik

aantoon deur Newton se tweede wet en die vergelyking vir die gravitasiekrag toe te

pas. Die krag tussen die Aarde (met ’n massa MAarde) en ’n voorwerp met massa mv

is: F = GmvMEarth

d 2

Hoofstuk 2. Newton se wette

113

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!