everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

DEFINISIE: Newton se derde bewegingswet Indien liggaam A ‘n krag op liggaam B uitoefen, sal liggaam B ‘n krag met dieselfde grootte op liggaam A uitoefen maar in die teenoorgestelde rigting. Sien video: 26TC op www.everythingscience.co.za Hierdie aksie-reaksiepare het verskeie eienskappe: • dieselfde tipe krag werk in op beide voorwerpe, • die kragte het dieselfde grootte maar is in teenoorgestelde rigtings, en • die kragte word op verskillende voorwerpe toegepas. Newton se aksie-reaksiepare kan oral waargeneem word waar voorwerpe op mekaar inwerk. Die volgende uitgewerkte voorbeelde toon dit aan. Uitgewerkte voorbeeld 18: Newton se derde wet - sitplekgordel VRAAG Dineo sit op die passasierssitplek van ‘n motor, met sy sitplekgordel aan. Die motor kom skielik tot stilstand en hy beweeg vorentoe (Newton se eerste bewegingswet - hy sal teen ‘n konstante snelheid bly voortbeweeg) tot die sitplekgrodel hom stop. Teken ‘n benoemde kragtediagram van die situasie en identifiseer die twee aksie-reaksiepare. OPLOSSING Stap 1: Teken ’n kragdiagram Begin deur ’n tekening te maak. Maak die tekening groot genoeg want jy gaan pyltjies gebruik om kragte aan te dui en volledig byskrifte byvoeg. Die tekening moet akkuraat wees, maar nie kunstig nie! Maak gebruik van stokmannetjies as jy moet. Stap 2: Benoem die diagram Neem een kragte paar op ‘n slag en benoem dit volledig. Indien jy nie genoeg plek op die skets het nie, kan jy gebruik maak van ‘n sleutel op die kant van die skets. Hoofstuk 2. Newton se wette 105

F2 F4 F3 F1 F1: Die krag van Dineo op die sitplekgordel F2: Die krag van die sitplekgordel op Dineo F3: Die krag van Dineo op die sitplek (afwaarts) F4: Die krag van die sitplek op Dineo (opwaarts) Uitgewerkte voorbeeld 19: Newton se derde wet: kragte in ’n hysbak VRAAG Tammy beweeg van die grondvloer na die vyfde vloer in die hotel met behulp van ‘n hysbak wat teen ‘n konstante snelheid beweeg. Watter EEN van die volgende stellings is WAAR aangaande die grootte van die krag wat die vloer op Tammy se voete uitoefen? Gebruik Newton se derde bewegingswet vir jou antwoord. 1. Dit is groter as die grootte van Tammy se gewig. 2. Dit is in grootte gelyk aan die krag wat Tammy se voete op die vloer van die hysbak uitoefen. 3. Dit is gelyk aan dit wat dit in ‘n stilstaande hysbak sou wees. 4. Dit is groter as wat dit in ‘n stilstaande hysbak sou wees. OPLOSSING Stap 1: Analiseer die situasie Dit is Newton se derde wet en nie Newton se tweede wet nie. Ons moet fokus op die aksie-reaksiepare en nie op die beweging van die hysbak nie. Die volgende diagram toon die aksie-reaksiepaar wat teennoordig is wanneer ’n persoon op ’n skaal in ’n hysbak staan. lift F2 F1 F4 F3 F1: krag van voete op hysbak (afwaarts) F2: krag van hysbak op voete (opwaarts) F3: krag van gravitasie op persoon (afwaarts) F4: krag van persoon op hysbak (opwaarts) Figuur 2.9: Newton se aksie-reaksiepare in ’n hysbak In die vraag word stellings gemaak aangaande die krag van die vloer (hysbak) op Tammy se voete. Hierdie krag kom ooreen met F2 in ons diagram. Die reaksiekrag 106 2.3. Newton se wette

DEFINISIE: Newton se derde bewegingswet

Indien liggaam A ‘n krag op liggaam B uitoefen, sal liggaam B ‘n krag met dieselfde

grootte op liggaam A uitoefen maar in die teenoorgestelde rigting.

Sien video: 26TC op www.everythingscience.co.za

Hierdie aksie-reaksiepare het verskeie eienskappe:

• dieselfde tipe krag werk in op beide voorwerpe,

• die kragte het dieselfde grootte maar is in teenoorgestelde rigtings, en

• die kragte word op verskillende voorwerpe toegepas.

Newton se aksie-reaksiepare kan oral waargeneem word waar voorwerpe op mekaar

inwerk. Die volgende uitgewerkte voorbeelde toon dit aan.

Uitgewerkte voorbeeld 18: Newton se derde wet - sitplekgordel

VRAAG

Dineo sit op die passasierssitplek van ‘n motor, met sy sitplekgordel aan. Die motor

kom skielik tot stilstand en hy beweeg vorentoe (Newton se eerste bewegingswet - hy

sal teen ‘n konstante snelheid bly voortbeweeg) tot die sitplekgrodel hom stop. Teken

‘n benoemde kragtediagram van die situasie en identifiseer die twee aksie-reaksiepare.

OPLOSSING

Stap 1: Teken ’n kragdiagram

Begin deur ’n tekening te maak. Maak die tekening groot genoeg want jy gaan pyltjies

gebruik om kragte aan te dui en volledig byskrifte byvoeg. Die tekening moet akkuraat

wees, maar nie kunstig nie! Maak gebruik van stokmannetjies as jy moet.

Stap 2: Benoem die diagram

Neem een kragte paar op ‘n slag en benoem dit volledig. Indien jy nie genoeg plek

op die skets het nie, kan jy gebruik maak van ‘n sleutel op die kant van die skets.

Hoofstuk 2. Newton se wette

105

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!