03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vir die bespreking kies ons die rigting opwaarts as positief.

Posisie 1:

Die 500 kg hysbak staan stil by die tweede verdieping van ‘n hoë gebou.

Die hysbak versnel nie. Daar moet spanning T van die kabel op die hysbak inwerk en

daar moet ‘n krag as gevolg van gravitasie, Fg, op die hysbak wees. Daar is geen ander

kragte teenwoordig nie en ons kan ‘n vrye kragtediagram teken.

Tkabel

Ons pas Newton se tweede wet toe op die vertikale rigting

Fg

FR = mhysbaka (ons gebruik tekens om rigting aan te dui)

T − Fg = mhysbak(0) T = Fg

Die kragte is gelyk maar in teenoorgestelde rigtings.

Posisie 2:

Die hysbak beweeg opwaarts teen ‘n versnelling van 1 m·s −2 .

Die hysbak versnel, dit beteken dat daar ‘n opwaartse resulterende krag in die rigting

van beweging is. Dit beteken dat die krag wat opwaarts inwerk nou groter is as die

gravitasiekrag Fg (afwaarts). Ons kan die volgende berekening doen om die grootte

van die T toegepaste krag deur die kabel te bereken. (Onthou, ons het opwaarts as

positief gekies.)

Ons pas Newton se tweede wet toe op die vertikale rigting

FR = mhysbaka (ons gebruik tekens om rigting aan te dui)

T − Fg = mhysbak(1) T = Fg + mhysbak(1) Die antwoord is sinvol aangesien ons ‘n groter opwaartse krag nodig het om die effek

van gravitasie uit te kanselleer en steeds ‘n resulterende opwaartse krag te hê.

Posisie 3:

Die hysbak beweeg teen ‘n konstante snelheid.

Wanneer die hysbak teen ‘n konstante snelheid beweeg is die versnelling nul.

FR = mhysbaka (ons gebruik tekens om rigting aan te dui)

T − Fg = mhysbak(0) T = Fg

Hoofstuk 2. Newton se wette

97

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!