03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Elektriese Tegnologie as 'n genotvolle en bevredigende lewenservaring te praktiseer;

Die maatskaplike bydrae van Elektroniese Tegnologie te verstaan met verwysing na ekonomiese

groei, ondernemerskap en volhoubaarheid;

Te verstaan dat Elektriese Tegnologie dalk 'n werktuig vir maatskaplike verandering kan wees

deur die lewensgehalte te verbeter en oplossings daar te stel wat 'n respons op individuele en

gemeenskapsbehoeftes is;

Die kulturele erfenis te bevestig deur 'n fokus op inheemse kennis;

'n Bewustheid van loopbaangeleenthede in die elektriese bedryf te ontwikkel; en

Die leerder se skeppende potensiaal te ontwikkel.

2.3 WAT IS DIE VERWANTSKAP TUSSEN ELEKTRIESE TEGNOLOGIE EN DIE

BEGINSELS VAN DIE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING?

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) onderlê die NKV en

voorsien 'n grondslag vir kurrikulumtransformasie en –ontwikkeling in Suid-Afrika. Die Nasionale

Kurrikulumverklaring Graad 10-12 (Algemeen) lê die grondslag vir die bereiking van hierdie

doelwitte deur leeruitkomste en assesseringstandaarde te bepaal en die sleutelbeginsels en -waardes

uit te spel wat die kurrikulum onderlê.

Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad 10-12 (Algemeen) is op die volgende beginsels

gegrond:

2.3.1 Maatskaplike transformasie

Die Grondwet van Suid-Afrika vorm 'n grondslag vir maatskaplike transformasie in 'n postapartheidsamelewing

en skakel met Leeruitkoms 1: Tegnologie, die samelewing en die omgewing

2.3.2 Uitkomsgebaseerde Onderwys

Elektriese Tegnologie maak gebruik van leeruitkomste en assesseringstandaarde om te beskryf wat

'n leerder in staat moet wees om te weet en te kan demonstreer, d.w.s. die vaardighede, kennis en

waardes wat die gevolg is van leer. Elektriese Tegnologie moedig leerders aan om ondersoek- en

probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel wat die praktiese toepassing van kennis in tegnologie

ondersteun en wat 'n hoë en aktiewe vlak van leer, onderrig en assessering behels.

2.3.3 Hoëvlakkennis en hoëvlakvaardighede

Elektriese Tegnologie is daarop gemik om hoëvlakkennis en -vaardighede by leerders te ontwikkel.

Dit stel hoë verwagtinge daar van wat alle Suid-Afrikaanse leerders kan bereik.

2.3.4 Integrasie en toegepaste vaardigheid

Die integrasie van kennis, vaardighede, waardes en gesindhede binne en oor vakke en

praktykterreine heen is uiters noodsaaklik om toegepaste vaardigheid in Elektriese Tegnologie te

bereik soos in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) gedefinieer en aangedui in die

aangehegte werkskedule.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!