03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AFDELING 2

BEKENDSTELLING VAN ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

2.1 WAT IS ELEKTRIESE TEGNOLOGIE?

Elektriese Tegnologie fokus op 'n begrip en die toepassing van elektriese en elektroniese beginsels

en die tegnologiese prosesse inherent tot die lewering van produkte, dienste en stelsels ten einde

lewensgehalte te verbeter.

Elektriese Tegnologie sluit krag-, digitale en logiese stelsels in die elektriese en elektroniese

kennisterreine in. Die volgende LU's word deur die VOO-NKV gestel:

Leeruitkoms 1: Tegnologie, die samelewing en die omgewing

Die leerder is in staat om 'n bewustheid van en begrip vir die onderlinge verband tussen tegnologie,

die samelewing en die omgewing te demonstreer.

Leeruitkoms 2: Tegnologiese proses

Die leerder is in staat om die tegnologiese proses te verstaan en dit toe te pas.

Leeruitkoms 3: Kennis en begrip

Die leerder is in staat om 'n begrip vir die konsepte en beginsels verwant aan Elektriese Tegnologie

te demonstreer.

Leeruitkoms 4: Toepassing van kennis

Die leerder is in staat om die beginsels en praktyke verwant aan Elektriese Tegnologie toe te pas.

2.2 WAT IS DIE DOEL VAN ELEKTRIESE TEGNOLOGIE?

Elektriese Tegnologie het ten doel om leerders met die kennis, vaardighede, waardes en gesindhede

toe te rus wat hulle in staat sal stel om deel te neem aan en sukses te behaal in 'n ekonomies

verwikkelde gemeenskap. Die vak het ook ten doel om produktiwiteit, maatskaplike regverdigheid

en omgewingsvolhoubaarheid te bevorder. Hierdie leerders sal dus die geleentheid gegun word om:

Die beginsels van Elektriese Tegnologie te begryp;

Elektriese Tegnologiese vaardighede te ontwikkel;

Praktiese vaardighede en verskillende maniere van redeneer te ontwikkel;

As effektiewe lede van 'n span te werk;

'n Sin van selfdissipline te ontwikkel deur klem te lê op die behoefte aan doeltreffende

tydbestuur in die nakoming van keerdatums wat 'n noodsaaklike deel van 'n professionele

praktyk uitmaak;

Toepaslike inligting uit bronne te versamel, te ontleed, te organiseer en krities te evalueer en om

dit op Elektriese Tegnologieteorie en -praktyk toe te pas;

Elektriese Tegnologie as 'n navorsing- en ontwikkelingsgebaseerde proses te waardeer wat van

die leerder vereis om elektriese en elektroniese stelsels te ondersoek;

Toepaslike aanbieding- en kommunikasievaardighede te ontwikkel ten einde Elektriese

Tegnologie-konsepte doeltreffend oor te dra;

Elektriese en elektroniese vaardighede en kennis met werklike situasies in verband te bring deur

'n geïntegreerde benadering tussen teorie en praktyk te verseker;

Te waardeer hoe stelsels en produkte verband hou met ekonomiese, omgewings-, maatskaplike

en politieke, historiese en kulturele kontekste;

Elektriese Tegnologie te waardeer as 'n integrale deel van die gemaakte wêreld;

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!