03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

die vak en die vordering wat oor die drie grade heen moet plaasvind (sien afdeling 3.3.1). Dit sal

help met die afbakening van die inhoud vir elke graad. Hierna moet die onderwysers vir die vak wat

dieselfde graad onderrig, saamwerk en die inhoud en konteks wat in die vakraamwerk vir hulle

graad geïdentifiseer is, gebruik om 'n jaarlange werkskedule te ontwikkel. Die werkskedule moet

die volgorde aandui waarvolgens die inhoud en konteks vir die vak in daardie spesifieke graad

aangebied gaan word (sien afdeling 3.3.2). Laastens moet individuele onderwysers lesplanne

ontwerp deur die graadspesifieke werkskedule as vertrekpunt te gebruik. Die leerplanne moet leer-,

onderrig- en assesseringsaktiwiteite insluit wat die leeruitkomste en assesseringstandaarde

weerspieël wat in die vakverklarings uiteengesit is (sien afdeling 3.3.3). Leerprogramme moet

diversiteit in skole en klaskamers akkommodeer, maar moet die kerninhoud van die nasionale

kurrikulum weerspieël.

'n Uiteensetting van die proses wat by die ontwerp van 'n leerprogram betrokke is word op blasy 6

voorsien.

Ontwerp van 'n leerprogram

'n Gedetailleerde beskrywing van die proses wat by die ontwerp van 'n leerprogram betrokke is,

word in afdeling 3.3.1-3.3.3 van die leerprogramriglyne voorsien. Die eerste stap, die ontwikkeling

van 'n vakraamwerk, vereis nie 'n geskrewe dokument nie, maar onderwysers word ten sterkste

aangeraai om tyd met vakspesialiste deur te bring ten einde 'n diepgaande begrip te ontwikkel van

die vaardighede, kennis en waardes wat in die vakverklarings uiteengesit word. Die gehalte en

nougesetheid van hierdie oefening sal die gehalte van die onderrig en leer in die klaskamer bepaal.

Wanneer die vakraamwerk voltooi is, moet onderwysers werkskedules en lesplanne ontwikkel.

Voorbeelde van werkskedules en lesplanne word in die leerprogramriglyne voorsien. Onderwysers

word aangeraai om hierdie formate krities te oorweeg en hulle eie te ontwerp.

Ontwikkel 'n vakraamwerk (graad 10-12)

Beplanning vir die onderrig van vakke in graad 10-12 moet begin by 'n gedetailleerde ondersoek na

die omvang van die vak soos in die vakverklaring uiteengesit. Geen spesifieke formaat of

profielvorm word vir hierdie eerste fase van beplanning aanbeveel nie, maar die stappe wat

aanbeveel word, moet as 'n kontrolelys gebruik word.

Alhoewel geen voorgeskrewe dokument vir hierdie fase van beplanning vereis word nie, sal

heelskoolbeplanning (tydroosters, rekwisisies, onderwyserontwikkeling, klaskamertoewysing)

asook die ontwikkeling van graadspesifieke werkskedules voordeel trek uit kort dokumente wat die

volgende uiteensit:

• Omvang van die vak – die kennis, vaardighede en waardes; die inhoud; die kontekste of temas;

keuses, ens. wat in die drie grade vir elke vak gedek moet word

• 'n Driejaar-assesseringsplan vir die vak

• Die lys van LOOM wat vir die vak vereis word

Ontwikkel werkskedules

Dit is die tweede fase in die ontwerp van 'n leerprogram. In hierdie fase ontwikkel onderwysers

werkskedules vir elke graad. Die werkskedules word onderlê deur die beplanning wat vir die

vakraamwerk onderneem is. Die werkskedules moet omsigtig voorbereide dokumente wees wat

aandui watter onderrig en assessering in die 36-40 weke van die skooljaar gaan plaasvind.

Ontwikkel lesplanne

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!