03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1.1.3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

Die Nasionale Senior Sertifikaat: ‘n Kwalifikasie op vlak 4 van die Nasionale

Kwalifikasieraamwerk (NKR) voorsien die vereistes vir die bevordering aan die einde van graad 10

en 11 en die uitreiking van die Nasionale Senior Sertifikaat aan die einde van graad 12. Hierdie

dokument vervang twee van die oorspronklike Nasionale Kurrikulumverklaring-dokumente: die

Oorsig en die Kwalifikasie- en Assesseringsbeleidsraamwerk.

1.1.4 VAKASSESSERINGSRIGLYNE

Die Vakassesseringsriglyne sit die minimum interne of skoolgebaseerde assesseringsvereistes vir

elke vak asook die eksterne assesseringsvereistes uiteen. Daarbenewens is die Nasionale Protokol

vir Rekordering en Rapportering (Grade R-12) (‘n addendum tot die beleid, Die Nasionale Senior

Sertifikaat) ontwikkel om die rekorderings- en rapporteringsprosedure vir Graad R tot 12 te

standaariseer. Hierdie protokol word beleid vanaf 1 Januarie 2007.

1.2 BEKENDSTELLING VAN DIE LEERPROGRAMRIGLYNE

1.2.1 DOEL EN INHOUD VAN DIE LEERPROGRAMRIGLYNE

Die leerprogramriglyne het ten doel om die onderwysers en die skole in hul beplanning vir die

bekendstelling van die Nasionale Kurrikulumverklarings by te staan. Die leerprogramriglyne moet

tesame met die Nasionale Senior Sertifikaat-beleid en die vakverklarings gelees word.

Afdeling 2 van die leerprogramriglyne maak voorstelle oor hoe onderrig van 'n spesifieke vak deur

die beginsels wat die Nasionale Kurrikulumverklaring onderskryf, onderlê kan word.

Afdeling 3 maak voorstelle oor hoe skole en onderwysers dalk vir die bekendstelling van die

Nasionale Kurrikulumverklaring kan beplan. Alhoewel dit voorstelle is, moedig die Departement

van Onderwys omsigtige beplanning aan ten einde te verseker dat die doelstellings van

hoëvlakvaardighede en hoëvlakkennis, soos vervat in die Nasionale Kurrikulumverklaring, behaal

word.

Die leerprogramriglyne bevat nie afdelings oor assessering nie. Die assesseringsvereistes vir elke

vak sal in die vakassesseringsriglyne voorsien word wat op 1 Januarie 2007 van krag word.

1.2.2 WAT IS 'N LEERPROGRAM?

Inleiding

'n Leerprogram help onderwysers om vir opeenvolgende leer, onderrig en assessering in graad

10-12 te beplan sodat alle leeruitkomste in 'n vak op 'n progressiewe en geïntegreerde wyse bereik

word. Die volgende drie fases van beplanning word aanbeveel:

Fase 1 – ontwikkel 'n Vakraamwerk vir graad 10-12

Fase 2 – ontwikkel 'n Werkskedule vir elke graad

Fase 3 – ontwikkel Lesplanne

Daar word aanbeveel dat die onderwysers van 'n vak by 'n skool of 'n kluster skole eers 'n breë

vakoorsig (vakraamwerk) vir die drie grade saamstel ten einde 'n begrip te vorm van die inhoud van

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!