03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFDELING 1

INLEIDING

BEKENDSTELLING VAN DIE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING

1.1.1 AGTERGROND

In 1995 het die Suid-Afrikaanse regering met die proses begin om 'n nuwe kurrikulum vir die

skoolstelsel te ontwikkel. Hiervoor het twee imperatiewe gegeld. Eerstens het die mate van

verandering in die wêreld, die groei en ontwikkeling van kennis en tegnologie en die vereistes van

die 21ste eeu genoodsaak dat leerders aan verskillende en hoër vlakke van vaardighede en kennis

blootgestel word as wat deur bestaande Suid-Afrikaanse kurrikula vereis is. Die kurrikula vir skole

het daarom hersiening vereis ten einde nuwe waardes en beginsels te weerspieël, veral dié wat in

die Grondwet van Suid-Afrika vervat is.

Die eerste weergawe van die nuwe kurrikulum vir die Algemene Onderwysband, bekend as

Kurrikulum 2005, is in die Grondslagfase in 1997 bekend gestel. Alhoewel die kurrikulum heelwat

lof verdien het, het onderwysers se kommer tot die hersiening van die Kurrikulum in 1999

aanleiding gegee. Die hersiening van Kurrikulum 2005 stel die grondslag daar vir die ontwikkeling

van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring vir Algemene Onderwys en Opleiding (Graad R-

9) en die Nasionale Kurrikulum Verklaring vir Graad 10-12.

1.1.2 DIE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING

Die Nasionale Kurrikulumverklaring bestaan uit 29 vakke. Vakspesialiste van die provinsiale

onderwysdepartemente en Departement van Onderwys het die vakverklarings ontwikkel waaruit die

Nasionale Kurrikulumverklaring bestaan. Die vakverklarings is in 2001 in konsepweergawe

gepubliseer vir kommentaar en daarna hersien om kommentaar wat ontvang is in berekening te

bring. In 2002 is 24 vakverklarings en 'n oorsigdokument as beleid by wyse van die Staatskoerant

verklaar. In 2004 is vyf vakke by die Nasionale Kurrikulumverklaring gevoeg. Die Nasionale

Kurrikulumverklaring bestaan nou uit die vakverklarings vir die volgende vakke:

Tale – 11 amptelike tale (elkeen het as drie vakke getel om voorsiening te maak vir drie vlakke:

Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Tweede Addisionele Taal); 13 nie-amptelike tale

Wiskunde; Wiskundige Geletterdheid; Fisiese wetenskappe; Lewenswetenskappe;

Rekenaartoepassingstegnologie; Inligtingstegnologie.

Rekeningkunde; Besigheidstudies; Ekonomie.

Geografie; Geskiedenis; Lewensoriëntering; Religiestudies

Verbruikerstudies; Gasvryheidstudies; Toerisme

Dramatiese Kunste; Dansstudies; Ontwerp; Musiek; Visuele Kunste

Landbouwetenskappe; Landboubestuurspraktyke en Landboutegnologie

Siviele Tegnologie; Meganiese Tegnologie; Elektriese Tegnologie; Ingenieursgrafika en

-ontwerp.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!