03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Maak die Leeruitkomste en assesseringstandaarde duidelik

Die vraag van belang vir Elektriese Tegnologie is: Watter leeruitkomste moet die leerders aan die

einde van graad 12 bemeester en watter assesseringstandaarde behoort hulle to behaal om aan te dui

dat hulle op pad is om die uitkomste te bemeester?

Alle leer-, onderrig- en assesseringsgeleenthede moet ontwikkel word deur te begin by wat leerders

behoort te weet, doen en produseer aan die einde van graad 12. Die leeruitkomste en

assesseringstandaarde wat leerders moet bemeester teen die einde van graad 12 word in die

vakverklaring vir Elektriese Tegnologie gespesifiseer.

Bestudeer die konseptuele vordering oor die drie grade heen

Bestudeer die assesseringstandaarde vir Elektriese Tegnologie oor die drie grade heen. Vordering

moet duidelik oor die baan heen blyk.

Identifiseer die inhoud wat onderrig moet word

Analiseer die assesseringstandaarde om die vaardighede, kennis en waardes te identifiseer wat in

elke graad behandel moet word. Oorweeg ook die inhoud en konteks waarbinne hulle onderrig gaan

word.

Identifiseer driejaarplan van assessering

Gebruik die Vakassesseringsriglyne as gids vir die driejaar-assesseringsplan. Oorweeg die vorm

van assessering wat die geskikste is vir elk van die leeruitkomste en assesseringstandaarde en maak

'n lys vir die drie grade. Dit verseker dat assessering 'n integrale deel bly van die leer- en

onderrigproses in Elektriese Tegnologie en dat daardie leerders aan 'n reeks assesseringsaktiwiteite

deelneem.

Identifiseer moontlike LOOM (hulpbronne)

Oorweeg watter LOOM die geskikste sal wees vir die leer, onderrig en assessering van elke

leeruitkoms in die drie grade deur die assesseringstandaarde te gebruik as riglyn.

3.3.2 Ontwikkel 'n werkskedule vir Elektriese Tegnologie

Dit is die tweede fase in die ontwerp van 'n leerprogram. In hierdie fase ontwikkel onderwysers

werkskedules vir elke graad. Die werkskedule word onderlê deur die beplanning wat vir die

vakraamwerk onderneem is. Die werkskedule moet 'n omsigtig voorbereide dokument wees wat die

onderrig en assessering weerspieël wat in die 40 weke van die skooljaar onderneem gaan word.

Verwys na Bylae B vir voorbeelde van die Werkskedules vir Graad 10, 11 en 12.

Die volgende stappe bied riglyne oor hoe om die ontwikkeling van 'n werkskedule per graad vir

Elektriese Tegnologie te benader:

Verpak die inhoud

Bestudeer die leeruitkomste en assesseringstandaarde wat vir die spesifieke graad in Elektriese

Tegnologie voorgeskryf is en groepeer hulle na gelang van natuurlike en geloofwaardige skakels.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!