03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

FASE 2

Werkskedule

FASE 3

Lesplan

Diversiteit moet op die volgende terreine geakkommodeer word:

• Leerstyle: verskaf opsionele aktiwiteite/verskillende maniere om dieselfde aktiwiteit te

doen.

• Tempo van leer: maak voorsiening vir stadiger en vinniger leerders deur opsionele

bykomende aktiwiteite, leeswerk of navorsing asook veelvoudige

assesseringsgeleenthede te voorsien.

• Verskille in vlakke van bereiking: voorsien opsionele bykomende aktiwiteite,

uitdagings en materiale wat vir hierdie verskille tussen leerders voorsiening maak.

• Geslagsdiversiteit: verseker dat onderwysers nie onopsetlik diskriminasie op grond van

geslag teen seuns of meisies in die klaskamer toelaat of daartoe bydra nie..

• Kulturele diversiteit: erken, vier en wees sensitief teenoor diversiteit wanneer die

inhoud gekies word aan die hand waarvan LU's en AS'e verwant aan kultuur behandel

sal word.

Hiervoor word voorsiening in die lesplan gemaak in die vorm van UITGEBREIDE

GELEENTHEDE. Verryking word vir begaafde leerders voorsien en remediëring of ander

verwante geleenthede vir leerders wat bykomende ondersteuning nodig het. Dit is nie nodig om

'n aktiwiteit te ontwikkel om voorsiening te maak vir elke vorm van diversiteit wat in die

klaskamer kan voorkom nie – onderwysers kan dalk vind dat dit moontlik is om met behulp

van doeltreffende beplanning vir diversiteit in een aktiwiteit voorsiening te maak.

3.2.9 Leer- en onderrigmetodologie

FASE 1

vakraamwerk

FASE 2

Werkskedule

FASE 3

Lesplan

Dit is nie nodig om onderrigmetodes vir enigeen van hierdie fases aan te teken nie.

Daar word hiervoor voorsiening gemaak in die ONDERRIGMETODE van die lesplan. Dit

bied 'n aanduiding van hoe onderrig en leer in elke aktiwiteit sal plaasvind – d.w.s. hoe elke

aktiwiteit in die klaskamer aangebied sal word.

3.3 ONTWERP VAN 'N LEERPROGRAM

'n Volledige beskrywing van die proses wat by die ontwerp van 'n leerprogram vir Elektriese

Tegnologie betrokke is, word in hierdie afdeling voorsien (sien afdelings 3.3.1-3.3.3). Die proses

wat hier aangebied word, is 'n voorstel van hoe die ontwerp van 'n leerprogram benader kan word.

3.3.1 Ontwikkel 'n vakraamwerk (graad 10-12) vir Elektriese Tegnologie

Beplanning vir die onderrig van Elektriese Tegnologie in graad 10 tot 12 moet begin met 'n

gedetailleerde ondersoek na die omvang van die vak soos dit in die vakverklaring uiteengesit is.

Geen spesifieke formaat of profielvorm word vir hierdie eerste fase van beplanning aanbeveel nie,

maar die vyf stappe hierna moet as kontrolelys gebruik word.

Alhoewel geen voorgeskrewe dokument vir hierdie fase van beplanning vereis word nie, sal

heelskoolbeplanning (tydroosters, rekwisisies, onderwyserontwikkeling, klaskamertoewysing)

asook die ontwikkeling van graadspesifieke werkskedules baat vind by kort dokumente waarin die

volgende uiteengesit word:

Omvang van die vak – die kennis, vaardighede en waardes; die inhoud; die kontekste of temas;

keuses ens. wat in die drie grade gedek moet word;

'n Driejaar-assesseringsplan; en

Die lys van LOOM wat vereis word.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!