03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Waarnemingsgebaseerde assessering vereis dat die leerder se prestasie geassesseer word terwyl

die leerder inderwaarheid die taak in die klaskamer uitvoer, aangesien daar geen tasbare produk vir

die onderwyser is om te assesseer nadat die taak voltooi is nie. Nie alle waarnemings hoef te

kulmineer in 'n formeel gerekordeerde assessering van leerderprestasie nie. Prestasiegebaseerde

assessering maak staat op die beskikbaarheid van ‘n produk as beweys van leerderprestasie en kan

geasssesseer word deur die onderwyser na afhandeling van die proses. Toetsgebaseerde assessering

is ingestem op die assessering van die aanbieding en toepassing van kennis.

FASE 1

Vakraamwerk

FASE 2

Werkskedule

FASE 3

Lesplan

Ontwikkel ‘n driejaar-assesseringsplan deur gebruik te maak van die Vakassesseringsriglyn vir

Elektriese Tegnologie. Dit behoort te verseker dat ‘n verskeidenheid assesseringsvorme gebruik is

wat toepaslik is op die vak en progressie oor die drie grade.

Gebruik die Vakassesseringsriglyne vir Elektriese Tegnologie om die graadspesifieke

assesseringsplan te ontwikkel. Die vorm van assessering wat gekies word moet die bereiking van

die spesifieke LU's en AS'e in die groepering fasiliteer.

Dui meer klaskamerspesifieke assesseringstrategieë aan deur melding te maak van die metodes,

vorme en instrumente wat gebruik sal word om leerders se prestasie in elke afsonderlike aktiwiteit

te assesseer.

WENK: Nie alle aktiwiteite hoef geassesseer te word nie—sommiges mag slegs inleidend van

aard wees of verryking ten doel hê. Die keuse van assesseringstrategie word bepaal deur die LU's

en AS'e wat vir 'n spesifieke lesplan saam gegroepeer is. Die assesseringstrategie wat gekies

word, moet die bereiking van daardie spesifieke LU's en AS'e in die klaskamer fasiliteer.

3.2.8 Inklusiwiteit en diversiteit

Ten opsigte van beplanningsaktiwiteite kan die volgende stappe gedoen word om diversiteit in die

klaskamer doeltreffend te hanteer wanneer Elektriese Tegnologie-aktiwiteite beplan word:

Oorweeg individuele vorige ervarings, leerstyle en voorkeure.

Ontwikkel vrae en aktiwiteite wat op verskillende vlakke van vermoë gerig is.

Maak voorsiening vir 'n verskeidenheid deelnemingsvlakke soos individueel, in pare en

aktiwiteite in klein groepe.

Aanvaar dat die individuele metode van waarde is.

Assesseer leerders op grond van individuele vordering.

FASE 1

Vakraamwerk

Onderwysers moet sensitief wees oor inklusiwiteit en diversiteit wanneer hul inhoud, onderrig

styl en vorms van assessering en LOOM (hulpbronne) identifiseer. Diversiteit moet op die

volgende terreine geakkommodeer word:

• Leerstyle: verskaf opsionele aktiwiteite/verskillende maniere om dieselfde aktiwiteit te

doen.

• Tempo van leer: maak voorsiening vir stadiger en vinniger leerders deur opsionele

bykomende aktiwiteite, leeswerk of navorsing asook veelvoudige

assesseringsgeleenthede te voorsien.

• Verskille in prestasievlakke: voorsien opsionele bykomende aktiwiteite, uitdagings en

materiale wat vir hierdie verskille tussen leerders voorsiening maak.

• Geslagsdiversiteit: verseker dat onderwysers nie onbewustelik diskrimineer op grond

van geslag teen seuns of meisies in die klaskamer nie.

• Kulturele diversiteit: erken, vier en wees sensitief teenoor diversiteit wanneer die

inhoud gekies word aan die hand van en AS'e en LOOM.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!