03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

3.2 KWESSIES WAT AANDAG MOET GENIET WANNEER 'N LEERPROGRAM

ONTWERP WORD

Die kwessies wat aandag moet geniet in die ontwikkeling van 'n leerprogram vir Elektriese

Tegnologie word in 'n tabelformaat weergegee ten einde die implikasies van elke kwessie in elk van

die drie fases van die ontwikkeling van 'n leerprogram aan te dui:

Fase 1 – Vakraamwerk

Fase 2 – Werkskedule

Fase 3 – Lesplan

3.2.1 Beleid en beginsels

FASE 1

Vakraamwerk

FASE 2

Werkskedule

FASE 3

Lesplan

3.2.2 Inhoud

Die onderskeie beleid wat 'n impak op kurrikulumimplementering het moet deurgaans in

berekening gebring word.

NKV:

• Beginsels: Verwys na afdeling 2.3. om te sien hoe Elektriese Tegnologie die toepassing van

die nege beginsels van die NKV ondersteun.

• Kritieke uitkomste en ontwikkelingsuitkomste: Verwys na afdeling 2.5. om te sien hoe

Elektriese Tegnologie die toepassing van kritieke en ontwikkelingsuitkomste ondersteun.

Ander Beleid en Wetgewing:

• Witskrif 6, Taal in Onderwysbeleid, Godsdiens en Onderwysbeleid, MIV/Vigs – die

voorafgaande hou implikasies in vir LOOM en onderwysmetodes in Elektriese

Tegnologie.

• Witskrif 7 gee 'n aanduiding van die gebruik van rekenaars in die klaskamer en het dus

implikasies vir die toepassings van LOOM en onderrigmetodes in Elektriese

Tegnologie.

In die NKV Graad 10 -12 beteken inhoud die kombinasie van kennis, vaardighede en waardes.

FASE 1

Vakraamwerk

FASE 2

Werkskedule

FASE 3

Lesplan

3.2.3 Integrasie

Die inhoud word voorsien deur die AS’e. Hulle gee ‘n aanduiding van die kennis, vaardighede en

waardes (KVW's) wat in elk van die drie grade bestudeer moet word. Die vakraamwerk gee die

inhoud vir die drie jaar (d.i graad 10, 11 en 12)

Die werkskedule gee die inhoud vir een jaar. Hier val die klem op graadspesifieke KVW's wat

deur die NKV verlang word.

Die lesplanne dit die inhoud uiteen wat in elke samehangende reeks leer-, onderrig- en

assesseringsaktiwiteite gedek moet word. Elke lesplan kan een of meer weke duur.

Integrasie behels die groepering van Assesseringstandaarde volgens hul natuurlike en outentieke

skakeling.

FASE 1

Vakraamwerk

FASE 2

Werkskedule

FASE 3

Lesplan

In hierdie fase kan integrasie in breë terme ten tye van besprekings oorweeg word. Alle graad 10tot

12- onderwysers moet integrasie van die AS’e oorweeg binne en oor grade heen.

Die integrasie en opeenvolging van AS'e word onderneem in die werkskedule om te verseker dat

al die AS’e vir ‘n spesifieke graad in die 40 week-kontaktydperk gedek word.

Dieselfde groeperings van LU's en AS'e wat vanaf die werkskedule afgelei is moet gebruik word

om ‘n reeks samehangende leer-, onderrrig- en assesseringsaktiwiteite te ontwerp vir elke lesplan.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!