03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AFDELING 3

ONTWERP VAN 'N LEERPROGRAM VIR ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

3.1 INLEIDING

'n Leerprogram is 'n instrument wat onderwysers in staat stel om vir opvolgende leer, onderrig en

assessering oor graad 10 tot 12 heen te beplan sodat al vier leeruitkomste in Elektriese Tegnologie

op 'n progressiewe wyse behaal word. Daar word aanbeveel dat die Elektriese Tegnologieonderwysers

by 'n skool eers 'n Elektriese Tegnologie-oorsig (d.w.s. vakraamwerk) vir die baan

daarstel ten einde die vak in konteks te plaas en by 'n begrip uit te kom van die vordering wat oor

die grade heen in die baan moet plaasvind (sien afdeling 3.3.1). Dit sal hulle help om die inhoud vir

elke graad af te baken. Hierna moet Elektriese Tegnologie-onderwysers wat dieselfde graad

onderrig saamwerk en die inhoud en konteks gebruik wat in die vakraamwerk vir hulle graad

geïdentifiseer is om 'n werkskedule te ontwikkel waarin hulle die volgorde aandui waarvolgens die

inhoud en konteks vir Elektriese Tegnologie in daardie spesifieke graad aangebied sal word (sien

afdeling 3.3.2). Laastens moet die individuele Elektriese Tegnologie-onderwysers lesplanne

ontwerp deur die graadspesifieke werkskedule as vertrekpunt te gebruik. Die lesplanne moet leer-,

onderrig- en assesseringsaktiwiteite insluit (sien afdeling 3.3.3).

'n Oorsig van die proses wat by die ontwerp van 'n leerprogram vir Elektriese Tegnologie betrokke

is, word in die diagram hieronder verskaf:

FASE 1:

Vakraamwerk vir Elektriese Tegnologie Graad 10-12

FASE 2:

Werkskedule vir Elektriese Tegnologie

per GRAAD

FASE 3:

Lesplanne vir Elektriese Tegnologie

per ONDERWYSER

Die proses wat in die ontwikkeling van 'n leerprogram gevolg moet word, is nie 'n netjies verpakte

opeenvolging van genommerde stappe wat mekaar in 'n spesifieke volgorde volg nie. Onderwysers

kan dalk vind dat hulle ten tye van die proses vorentoe en agtertoe beweeg namate hulle beplan en

krities nadink oor besluite wat geneem is alvorens hulle met die volgende besluit in die proses

voortgaan. Die proses is dus nie streng liniêr nie en is reflektief van aard. Om hierdie rede is die

stappe wat in hierdie afdeling voorsien word 'n gids en behoort dit as 'n finale kontrolelys in die

beplanningsproses gebruik te word.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!