2.6 MANIERE WAAROP LEERUITKOMSTE IN ELEKTRIESE TEGNOLOGIE BEREIK KAN WORD Die Nasionale Kurrikulumverklaring moedig aktiewe leer, probleemoplossing, laterale denke, kritiese nabetragting en besluitneming asook groep- en onafhanklike werk aan. Dit is belangrik om daarop te let dat die leeruitkomste vir Elektriese Tegnologie dieselfde is vir alle grade. Elke LU het sy eie aantal AS'e; hierdie AS'e verleen detail aan die inhoud en konteks en toepassing van sodanige inhoud. Die AS'e beskryf maniere waarop die LU's bereik kan word. Hulle is op so 'n wyse geformuleer dat daar vordering in die ontwikkeling van vaardighede, prosesse, konsepte, inhoud, kennis, waardes en gesindhede binne asook oor grade heen is. Leerders se prestasie in die leeruitkomste word gemeet teen assesseringstandaarde. Elke graad bou voort op die bevoegdhede wat in die vorige grade ontwikkel is. Moontlike maniere om die bogenoemde te bereik, sluit in: 2.6.1 Integrasie van leeruitkomste Die vier leeruitkomste is geïntegreer en word nie in enige spesifieke volgorde aangebied nie. Hulle moet nie as opeenvolgend beskou word nie aangesien elkeen die ander ondersteun en rugsteun. Hierdie benadering ondersteun en verbreed leerders se geleenthede om vaardighede te verwerf, kennis te bekom en gesindhede en waardes oor die kurrikulum heen te ontwikkel. 2.6.2 Bloom se taksonomiebenadering Die LU's is op 'n manier gespesifiseer wat die breë konteks spesifiseer waarbinne die inhoud aangespreek moet word. Konteks in hierdie verband verwys na kognitiewe konteks. Voorbeelde sluit in kennis, begrip, toepassing, ontleding en evaluering. Dit is almal kontekste wat in die vier LU's gespesifiseer is om met inhoud te handel. AS'e gee meer detail; Bloom se taksonomie help die opvoeder en die leerder om die kompleksiteit van AS'e te verstaan. Die volgende woorde word algemeen gebruik om die vlakke van kompleksiteit te verduidelik: Kennis – memoriseer en herroep inligting: rangskik, definieer, merk, lys, skets, en herhaal volgorde, selekteer, herken, benoem, noem, identifiseer. Begrip (insig) – vertolk inligting in jou eie woorde: beskryf, dui aan, herhaal, hersien, som op, klassifiseer, voorspel, en onderskei. Toepassing – pas kennis toe op nuwe situasies: pas toe, bereken, teken, verduidelik, identifiseer, illustreer, berei voor, bedryf, beoefen, los op, skets, gebruik, wys, pas aan, klassifiseer, produseer, gebruik en skets. Ontleed – breek kennis af in dele en toon verwantskap tussen dele: ontleed, kategoriseer, vergelyk, onderskei, bespreek, ondersoek, inspekteer, toets, klassifiseer, doen opname, onderskei, selekteer. Sintese – bring dele van kennis bymekaar om 'n geheel te vorm; bou verwantskappe vir nuwe situasies: rangskik, stel saam, formuleer, organiseer, beplan, voeg saam, konstrueer, skep, ontwikkel, produseer en ontwerp. Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008 14
Evalueer – beoordeel op grond van kriteria: waardeer, assesseer, lewer kommentaar op, ontleed krities, evalueer, maak gevolgtrekking, ondersoek, beoordeel, voorspel, vergelyk, bepunt, bring in verband, som op, beveel aan, kritiseer, ondersteun. 2.6.3 Hulpbronmateriaal Handboeke, hoewel belangrik vir die onderrig van Elektriese Tegnologie, moet nie as die enigste bron van inhoud beskou word nie. Alle beskikbare toepaslike bronne soos koerante, gebruikershandleidings, tydskrifte, akademiesetydskrifartikels, radio en televisie, ander elektroniese media en Internettuistes moet by die inhoud ingewerk word. Leerders moet aangemoedig word om hulle eie inisiatief te gebruik. Projekgebaseerde leer, samewerkende leer en groepwerk moet aangemoedig word. Inhoud behoort op so 'n wyse gekies te word dat dit die ontwikkeling van kreatiwiteit, kritiese denke, navorsingsvaardighede, leesvaardigheid en vertolkingsvaardighede aanmoedig. Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008 15