03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.6 MANIERE WAAROP LEERUITKOMSTE IN ELEKTRIESE TEGNOLOGIE BEREIK

KAN WORD

Die Nasionale Kurrikulumverklaring moedig aktiewe leer, probleemoplossing, laterale denke,

kritiese nabetragting en besluitneming asook groep- en onafhanklike werk aan.

Dit is belangrik om daarop te let dat die leeruitkomste vir Elektriese Tegnologie dieselfde is vir alle

grade. Elke LU het sy eie aantal AS'e; hierdie AS'e verleen detail aan die inhoud en konteks en

toepassing van sodanige inhoud. Die AS'e beskryf maniere waarop die LU's bereik kan word. Hulle

is op so 'n wyse geformuleer dat daar vordering in die ontwikkeling van vaardighede, prosesse,

konsepte, inhoud, kennis, waardes en gesindhede binne asook oor grade heen is. Leerders se

prestasie in die leeruitkomste word gemeet teen assesseringstandaarde. Elke graad bou voort op die

bevoegdhede wat in die vorige grade ontwikkel is.

Moontlike maniere om die bogenoemde te bereik, sluit in:

2.6.1 Integrasie van leeruitkomste

Die vier leeruitkomste is geïntegreer en word nie in enige spesifieke volgorde aangebied nie. Hulle

moet nie as opeenvolgend beskou word nie aangesien elkeen die ander ondersteun en rugsteun.

Hierdie benadering ondersteun en verbreed leerders se geleenthede om vaardighede te verwerf,

kennis te bekom en gesindhede en waardes oor die kurrikulum heen te ontwikkel.

2.6.2 Bloom se taksonomiebenadering

Die LU's is op 'n manier gespesifiseer wat die breë konteks spesifiseer waarbinne die inhoud

aangespreek moet word. Konteks in hierdie verband verwys na kognitiewe konteks. Voorbeelde

sluit in kennis, begrip, toepassing, ontleding en evaluering. Dit is almal kontekste wat in die vier

LU's gespesifiseer is om met inhoud te handel. AS'e gee meer detail; Bloom se taksonomie help die

opvoeder en die leerder om die kompleksiteit van AS'e te verstaan.

Die volgende woorde word algemeen gebruik om die vlakke van kompleksiteit te verduidelik:

Kennis – memoriseer en herroep inligting: rangskik, definieer, merk, lys, skets, en herhaal volgorde,

selekteer, herken, benoem, noem, identifiseer.

Begrip (insig) – vertolk inligting in jou eie woorde: beskryf, dui aan, herhaal, hersien, som op,

klassifiseer, voorspel, en onderskei.

Toepassing – pas kennis toe op nuwe situasies: pas toe, bereken, teken, verduidelik, identifiseer,

illustreer, berei voor, bedryf, beoefen, los op, skets, gebruik, wys, pas aan, klassifiseer, produseer,

gebruik en skets.

Ontleed – breek kennis af in dele en toon verwantskap tussen dele: ontleed, kategoriseer, vergelyk,

onderskei, bespreek, ondersoek, inspekteer, toets, klassifiseer, doen opname, onderskei, selekteer.

Sintese – bring dele van kennis bymekaar om 'n geheel te vorm; bou verwantskappe vir nuwe

situasies: rangskik, stel saam, formuleer, organiseer, beplan, voeg saam, konstrueer, skep,

ontwikkel, produseer en ontwerp.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!