03.05.2013 Views

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.3.5 Progressie

Progressie verwys na die proses van die ontwikkeling van meer gevorderde en ingewikkelde kennis

en vaardighede. Die vakverklaring vir Elektriese Tegnologie toon progressie van een graad tot die

volgende. Elke leeruitkoms word gevolg deur 'n uitdruklike verklaring van watter vlak van

verrigting vir die uitkoms per graad verwag word. Die inhoud en konteks van elke graad sal

progressie van eenvoudig tot ingewikkeld aantoon en sal duidelik word wanneer die leerprogram

ontwerp word.

2.3.6 Beweeglikheid en oordraaglikheid

Elektriese Tegnologie in graad 10-12 skakel met die bestaande vlakke van die AOO-baan en die

toetreevlakke van Elektriese Tegnologie tot, onder meer, Hoër Onderwys.

2.3.7 Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en maatskaplike geregtigheid

Die NKV is sensitief teenoor kwessies rakende diversiteit soos armoede, ongelykheid, ras, geslag,

taal, ouderdom, gestremdheid en ander faktore. Die vak Elektriese Tegnologie is deurtrek van

hierdie beginsels en praktyke en skakel met Leeruitkoms 1: Tegnologie, die samelewing en die

omgewing.

2.3.8 Waardering vir inheemse kennisstelsels

In Elektriese Tegnologie is die vakverklaring deurspek met inheemse kennisstelsels ten einde

erkenning te verleen aan die rykdom en erfenis van hierdie land en sy grondwet, en skakel met LU1

en AS4.

2.3.9 Geloofwaardigheid, gehalte en doeltreffendheid

Elektriese Tegnologie het ten doel om geloofwaardigheid, gehalte en doeltreffendheid te bereik

deur die navolging van 'n transformasionale agenda en deur die voorsiening van onderwys wat

vergelykbaar is met die gehalte, breedte en diepte van onderwys in ander lande.

2.4 PROFIEL VAN 'N ELEKTRIESE TEGNOLOGIE-LEERDER

Leerders wat graag 'n studie van elektriese beginsels en die gebruik daarvan in 'n verskeidenheid

situasies wil voortsit, word aangemoedig om 'n loopbaan in Elektriese Tegnologie te volg. Die

leerder wat tot Graad 10 toetree is afkomstig van Graad 9 na 'n studie van agt leerareas.

Afhangende van die plaaslike omstandighede, kan sommige leerders oor redelike gevorderde kennis

van die inhoud en kommunikasievaardighede van tegnologie beskik.

Die leerder wat hierdie vak kies, doen so om 'n verskeidenheid redes, naamlik om:

'n Loopbaan in 'n elektriese veld te volg;

Toepaslike en oordraagbare vaardighede te bekom;

Produktiwiteitsvlakke te verhoog;

'n Afgeronde opvoeding te voltooi; en

Toegepaste entrepreneursvaardighede te bekom.

Leerprogramriglyne Elektriese Tegnologie – Januarie 2008

10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!