Seks, Kleredrag en die Bybel - CJBF

Seks, Kleredrag en die Bybel - CJBF Seks, Kleredrag en die Bybel - CJBF

03.05.2013 Views

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA NR. 147, Feb. 1980 Geregistreer by die poskantoor as nuusblad Seks, Kleredrag en die Bybel "Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie." "Die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam." "Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort." (I Korinthiërs 6: 12, 13 en 20)

Quo Vadis?

EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA

NR. 147, Feb. 1980 Geregistreer by die poskantoor as nuusblad

Seks, Kleredrag en die Bybel

"Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie."

"Die liggaam is nie vir hoerery nie,

maar vir die Here; en die Here

vir die liggaam."

"Verheerlik God dan in julle liggaam en

in julle gees wat aan God behoort."

(I Korinthiërs 6: 12, 13 en 20)

JULLE IS DUUR GEKOOP

'n Daad Van Aggressie.

Ek wil jou vra of jy nie 'n oomblik in jou gedagtes met my sal gaan nie.

Ons gaan na Jerusalem so ongeveer 2000 jaar gelede.

In die straat wat na Kopbeenheuwel lei, is daar 'n optog. Dit is nie 'n feestelike optog nie.

Rondom ons is daar vroue wat huil. Andere is aggressief-uitbundig. Hulle skreeu: Kruisig

Hom! Kruisig Hom! Vooraan loop 'n afdeling soldate. Tussen hulle 'n Man wat 'n sware

houtkruis dra. 'n Doringkroon sny skerp in sy kop in. Oor sy gesig het straaltjies bloed al

hard geword.

Die Man swig kort-kort onder die sware las van die kruis, totdat Hy later nie meer verder kan

nie. Iemand anders word beveel om die kruis verder te dra.

Kom ons stap verder met die optog saam.

Op die heuwel, genoem Kopbeen, kom die prosessie tot stilstand. Die Man met die

doringkroon word op die houtkruis vasgespyker. Sware hamerslae dryf die spykers een vir

een deur die hande en voete, deur vel en vleis en been, tot dit stewig heg in die hout.

Die kruis word staangemaak en ingeplant.

Kyk net na die Man se gesig. Dit is nie die gesig van 'n boosdoener nie. Hulle vertel my dat

die regter tydens die verhoor drie keer uitspraak gegee het: Hierdie Man is onskuldig!

Maar bang vir die skare het die regter die onskuldige Man tog laat kruisig.

Onskuldig hang Hy nou daar.

Kyk net die pyn en leed op Sy gesig!

Luister, die oproerige skare skreeu iets...!

Wat skreeu hulle?

"As Jy die Seun van God is, kom af van die kruis!"

Bewys jou goddelikheid!

Hy swyg. Hy word net al bleker vanweë die bloedverlies, terwyl die moordend-warm son op

sy koorsig-naakte liggaam neerskroei.

Dit is twaalfuur in die middag en skielik word dit donker. Nog helder oordag, en tog die

swartste nag.

"En toe die offerwerk verby was,

na Gods hoë ordening,

het die Heer Sy daad deurgrondend,

uitgeroep: ,Dit is volbring!'

En toe die hoof omlaag gebuig,

het Hy sterwend dit betuig."

'n Prys is Betaal!

Jy vra wat is die sin van die gebeure?

Hierdie gebeure is die prys wat God betaal om die mens van sy sondestraf te verlos. Die

mens se sonde roep om straf. Weet u dit? Jesus Christus, Seun van God, dra in ons plek die

straf.

Sy verskriklike lyde en sterwe is die koopsom wat betaal word vir ons redding. Glo dit!

Hy koop ons los van die straf in die hel. Die koopsom het 'n lewe gekos.

Die vryskeldingsbrief van die mens is deurkruis met die bloed van die Kruis. Oor ons

skuldbrief staan geskryf in Rooi met Bloed: Betaal! Betaal! Sy sondeskuld is betaal!

Wie het nou Eiendomsreg oor my?

Paulus sê in I Korinthiërs 6: 20 (lees dit):

"Weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie?"

Dat julle nie aan julleself behoort nie?

Maar aan Hom wat julle met sy liggaam en bloed vrygekoop en verlos het! Julle behoort nou

aan God!

Die koopsom was nie goedkoop nie en daarom mag ek ook nie goedkoop lewe nie.

Wat is boosheid, en wat is goedkoop?

Dit is boosheid en dit is goedkoop as ek hierdie vrygekoopte liggaam met sy aantreklikheid,

met sy grasie, met sy kurwes en soepelheid gebruik of misbruik tot verleiding en uitlokking.

Is dit reg om hierdie duurgekoopte eiendom van Christus, wat aan my vryheid gee, deel te

maak van seksuele losbandigheid?

Paulus sê: Iemand wat seksueel losbandig lewe vergryp hom aan sy eie liggaam!

Besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie?

Julle behoort nie aan julleself nie!

Julle is duur gekoop, en die prys is betaal, ('n dure prys die liggaam en bloed van

Jesus Christus!)

"Verheerlik God dan in julle liggaam en julle gees wat aan God behoort!"'(I Kor. 6: 20).

Weesgetrou aan jóú Eienaar.

Hy was ten spyte van lyding,

verguising,

en pyn

tot in die dood getrou aan jou!

Om jou te red!

Frik van Deventer.

DIE VERE MAAK DIE VOËL?

'N GESPREK OOR KLEREDRAG.

Ek wil graag met u oor kleredrag praat.

Ek val sommer met die deur in die huis, maak vier bewerings en bespreek dit kortliks.

Hier is hulle :

1. Ons kleredrag hang saam met klimaatstoestande — daarom is dit beskermend.

2. Ons kleredrag hang saam met ons lewensituasies — daarom is dit bypassend.

3. Ons kleredrag hang saam met ons seksuele lewe — daarom is dit bedekkend.

4. Ons kleredrag hang saam met ons innerlike — daarom is dit weerspieëlend.

1. Ons kleredrag hang saam met klimaatstoestande.

Hieroor kan ek baie kort wees, omdat ons sekerlik hier nie sal verskil nie. Dit is immers voordie-hand-liggend

dat ons in die somer ander klere as in die winter aantrek; saans anders as

bedags. In die winter beskerm ons klere ons liggaam teen die skerp koue, en in die somer

kan 'n hoed onmisbaar wees teen die skerp son.

Dit is duidelik: Ons hou voortdurend rekening met die klimaatsomstandighede.

2. Ons kleredrag hang saam met ons lewensituasies.

Ook hierdie feit spreek vanself. Ons hou rekening met die wisselende lewensituasies en pas

daarby aan. Ons gaan swem nie in 'n kerkpak nie en ons speel nie tennis met 'n reënjas nie.

Daar is ook geen beswaar daarteen as iemand hom/haar smaakvol en netjies klee nie. Ons

klere is immers ook 'n versiering.

Dit is natuurlik ook waar dat ek in elke lewensituasie deur middel van my klere my

persoonlikheid uitleef — ek kom netnou nog hierop terug. As ek gaan swem en my

baaikostuum is baie skraps, of ek besoek die opera met 'n deurskynende lae-hals rok, dan

ontstaan die vraag vanself: Waarom doen ek dit? Is dit voorbedag, of bloot impulsief?

Verraai dit dalk my innerlike motiewe?

3. Ons klere hang saam met ons seksuele lewe.

Dit is tog waar dat juis ons klere ons seksuele organe bedek - of ontbloot; of ook

aksentueer. Suggestiewe en deurskynende, nousluitende en ontblotende klere kan maklik

'n aanduiding wees dat die draer seksueel-uitdagend wil lewe, terwyl dit ook by die kyker

verkeerde begeertes kan wakkerroep.

Gewaagde klere kan 'n simptoom wees van 'n permissiewe instelling.

As u natuurlik geen probleme het met vrye seks voor en in die huwelik nie, dan sal

bogenoemde siening u natuurlik geensins aanspreek nie. Maar as morele beginsels soos

reinheid en kuisheid, getrouheid en ware liefde nog vir u betekenis het, dan sal u weet dat

kleredrag geen onverskillige saak is nie.

Meer nog, as u erken dat die mens van nature 'n sondige en gebroke wese is, iemand wat

voortdurend 'n groter geneigdheid tot die kwade as tot die goeie het, dan sal u weet watter

ruïnerende of remmende invloed klere op die mens kan uitoefen.

Dit bring my by die eintlike punt.

4. Ons kleredrag hang saam met ons innerlike.

Ek weet wat u argument gaan wees: "Dit gaan tog nie oor die klere nie, maar oor die hart;

nie oor wat die mens aantrek nie, maar oor wat hy doen."

In hierdie bewering sit natuurlik 'n groot waarheid. Net maar, dit is nie die volle waarheid nie.

Die ander kant van die saak is dat ons klere dikwels ons innerlike verraai. Ons klere praat 'n

taal. Dit is openbaring van ons verborge motiewe en van ons beoogde doelstellings.

Dit kan ook nie anders nie. Ons innerlike en uiterlike moet tog 'n eenheid vorm. As ons

innerlik vuil is, sal dit uiterlik tot openbaring kom. Omgekeerd sal ons uiterlike versiering 'n

refleksie wees van ons innerlike skoonheid. Anders is ons tog 'n gesplete persoonlikheid.

Ons klere is dus nie 'n onverskillige saak nie. Dit hang saam met ons hele bestaanswyse as

mense.

U moet my egter nie verkeerd verstaan nie. Ek probeer nie argumenteer dat die christelike

lewe 'n lewe van negativisme en wettisisme is nie, 'n lewe van raak nie, smaak nie en roer

nie aan nie. Allermins.

Die Christelike lewe is 'n vrye lewe, maar 'n nuwe vryheid, naamlik die vryheid wat God

skenk, en nie die vryheid wat die mens self verwerf nie. Ook ten opsigte van ons kleredrag is

ons vry, volkome vry, maar ons mag nie ons vryheid misbruik as 'n geleentheid om sonde te

doen nie, maar wel om mekaar in liefde te dien.

Die christelike lewe is 'n lewe volgens die model van Christus.

Dit is 'n lewe wat elkeen uitdaag en uitnooi. Dis 'n wonderlike, hoewel strydvolle lewe. Dis 'n

belofteryke lewe, omdat dit uitmond in 'n nuwe wêreld waar almal feesklere dra, omdat die

hele lewe dan een groot fees sal wees!

Ek nooi u graag uit om by hierdie nuwe lewe betrokke te raak.

Dr. Amie van Wyk.

KUISHEID: 'n stremmende gewoonte?

'n Beskuldiging: Die Christendom het die mens die foutiewe gewoonte van skaamte en

kuisheidsgevoel geleer!

Is skaamte, skaamtegevoel en kuisheid verkeerd?

Is dit 'n belemmering om ware lewensvreugde te kan geniet?

Dit word beweer.

Maar: Skaamte vir jou naam wat in oneer kan kom, was nog altyd 'n remmende invloed in

die lewe ten goede. Indien daar geen skaamte was nie, sou die mens hom min of weinig aan

sosiale konvensies, goeie gedrag, soberheid en beheerstheid gesteur het. Al glo jy aan geen

god nie, is daar baie dinge

wat jy doen,

hoe jy leef,

hoe jy optree,

wat daarop gemik is om jou goeie naam te beskerm.

Jy wil jou nie skaam nie!

Onderskeiding tussen Mens en Dier.

Skaamtegevoel het 'n remmende uitwerking op kleredrag. Dit is so! Skaamtegevoel wek

kuisheid.

Hierdie gesindheid verlê die klem van die uiterlike na die innerlike. Die innerlike het baie

waarde. Dit onderskei die mens van die dier. Buitendien, die innerlike waarde of karakter

waaraan gebou en geskaaf word, groei tot iets moois, iets aantrekliks, al het die ouderdom

jou liggaam al afgetakel.

Daarenteen loop die uiterlike, die fisiese, 'n afdraande pad.

Indien jy jou naam en jou lokkrag slegs op die fisiese bou, dan is jy baie gou sonder naam

en sonder lokkrag. Kyk maar net goed om jou heen!

Vriendskappe wat gebou word op fisiese lokkrag, d.w.s deur seksuele klemtoon, deur die

vertoon van fisiese bates, is gewoonlik hewig, fel, onstuimig, hartstogtelik, maar dit brand

gou uit. Dit is soos petrol op 'n vuur. Die vlamme gryp hoog die lug in, dit knetter en knars,

maar vinnig is die vuur uitgewoed.

Wat oor bly, is as.

Die gevolge is skade en verlies wat onvervangbaar is. Mens kan weer begin bou aan die

huis. Maar dit wat verbrand het, kan nie weer teruggekry word nie.

God het aan die mens skaamte gegee.

Skaamtegevoel is een van die onderskeidinge tussen mens en dier.

'n Ander onderskeiding is die driflewe. Die dier word beheers deur sy drif en drange. Die

mens nie, tensy hy dierlik word, en sonder verstand optree.

Ja, dan is die genot van die oomblik die belangrikste.

'n Mens met verstand dink verder.

Hy dink aan die toekoms.

Hy beplan vir môre.

Hy weeg die moontlikhede en bedink die gevolge.

Hy soek bestendige geluk en tevredenheid en lewensvolheid.

Die verstandige wéét die geluk en plesier van die oomblik wat gebou is op die fisiese, is 'n

kaartehuis. Dit stort gou inmekaar.

Die plesier van die oomblik is soos die lug in 'n ballon. As die ballon bars — en hy bars

maklik — is die lug weg en in jou hand het jy waardelose flardes gomlastiek.

Kleredrag openbaar jou innerlike.

Jou verstand is aantoonbaar in jou vermoë om somme te maak.

Jou wysheid is aantoonbaar in die wyse waarop jy geklee gaan.

Jou kleredrag spreek 'n baie duideliker taal as wat jy dink of besef.

Jou kleredrag toon jou hoë lewensideale of jou innerlike leegheid.

Jou kuise en behoorlike kleredrag vertel my van jou innerlike bates wat nie deur die erosie

van hoë lewensjare afgetakel kan word nie.

Jou kleredrag adverteer jou karaktertrekke.

Onbehoorlike kleding adverteer swak karaktertrekke en onbehoorlike verborge motiewe.

Wat jy fisies adverteer, waarborg belangstelling. Dan is dit nie jou karakter wat belangstelling

na jou getrek het nie, maar die oppervlakkige wat orals te kry is, en maklik te kry is.

Dit is nie 'n blywende belangstelling nie.

Jy word gebruik,

verbruik, uitgebuit

en weggegooi.

Wat jy oorhou, is die flardes van 'n ballon van kortstondige geluk.

Kleredrag beskerm.

As God die mens in 1 Timotheüs 2:9 beveel om hom te klee met behoorlike kleding, wil Hy

jou téén jouself en téén andere beskerm.

Hy dra jou belange op sy hart.

God wil aan jou ware geluk en lewenstevredenheid gee.

Hy wil jou mens-wees tot iets moois uitbou.

Luister na Hom as Hy jou roep!

Gryp Jesus Christus vas. Hy maak jou oë oop vir die gevaar waarmee jy speel, en wat jou

gruwelik kan verbrand en skend.

By Hom is wysheid te vind wat ware genot en lewensvreugde gee!

Frik van Deventer.

MISVERSTANDE WEGGERUIM

1. Waar of vals:

Die Bybel beskou die seksuele van laere orde.

Die seksuele is iets dierliks waarvan die mens homself moet bevry om beter mens te kan

wees.

Antwoord: Vals!

* Die Bybel leer inteendeel dat die seksuele verskille en seksuele aantrekkingskrag tussen

man en vrou deur God in die mens ingeskape is om te gebuik.

* In 'n Bybelboek soos Hooglied word hierdie liefdesdrang van 'n man na 'n vrou, en

omgekeerd, besing en bewierook.

* Die Bybel sien die eenwording van man en vrou as die hoogste uitdrukking van liefde

tussen man en vrou.

* Die seksuele begeerte na mekaar het God in die wese van die mens ingelê. Meer nog:

God gee die opdrag tot seksuele verkeer aan die mens.

* Dus seks is nie iets vuils nie. Deur verkeerde gebruik en misbruik maak die mens dit vuil

en lelik.

2. Waar of vals:

Die Bybel veroordeel alle buitehuwelikse onkuisheid!

Antwoord: Waar!

Die voorskrifte in die Bybel wys ondubbelsinnig daarop dat dit van 'n jongmeisie verwag

word om 'n maagd te bly tot op die dag van haar huwelik (Deut. 22: 20, 21 en 24: 1-4).

Alle ongetroude saamwonery en proefhuwelike word in sy wortel al belet.

En 'n man wat ontrou is aan sy vrou, word skerp veroordeel, byvoorbeeld Maleagi 2:14.

Reeds by die skepping van die mens blyk dit dat die eenwording van die vlees vir die

huwelik alléén bestem is;

in die huwelik alleen sinvol is;

in die huwelik alleen tot werklike geestelike en liggaamlike volheid kom.

Buitehuwelikse verkeer beleef werklike gevare wat die menswees aantas en vermink.

Iemand het gesê:

"Seks voor die huwelik laat die onderlinge aantrekkingskrag vir mekaar afstuur op net een

sáák, die liggaamlike, waardeur die geestelike aspekte van kameraadskap, soos

teerheid, meegevoel,

getrouheid, idealisme,

en romantiek

totaal vernietig word.

Seks het

tyd, begrip

respek, waardering,

harmonie, sekerheid,

en beskerming nodig

wat die huwelik alleen kan gee."

"Spanning, vrees,

Geheimhouding, onsekerheid,

Haastigheid, en skuldbesef

maak die seksuele sáámwees arm en verval uiteindelik tot

teleurstelling, verbittering,

sinisme, en walging"

Die gevaar dat die man die meisie kan verag, omdat sy toegegee het, is nie denkbeeldig en

vergesog nie. Dit gebeur! Dit is 'n feit dat 'n man dikwels 'n groot teësin ontwikkel in die

meisie op wie se liggaam hy verlief geraak het.

Wanneer die Bybel pleit vir kuisheid en reinheid, is dit ter wille van onsself. Dit beskerm

ons téén onsself.

Die praktyk bevestig die Bybel se kommer oor seksuele wanpraktyke. Die praktyk

bevestig dat seksuele vergrype op die ou end wrange en bittere vrugte dra. Dit mors jou

lewe op en jy word weggewerp as wrak op die rommelwerf van die wêreld.

Luister na die waarskuwing van die Spreukeboek:

"Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig, om jou te

bewaar van die slegte vrou, ... Begeer haar skoonheid nie in jou hart

nie, en laat sy jou nie vang niet haar ooglede nie; want vir 'n hoer

verval 'n mens tot 'n stuk brood, ... Kan iemand vuur in sy skoot dra

sonder dat sy klere verbrand?"

En: "Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy lewe wil verwoes, hy doen so

iets!" (Spreuke 6).

3. Waar of vals:

My sonde is te groot en te veel om deur God vergewe te kan word!

Antwoord: Vals!

God se genade en vergifnis is onbegrens. Jesus Christus se liefde kan alles bedek. Al wat

God vra, is: BEROU! en BEKERING!

En dan geld die woord van Christus vir elke sondaar, die woord wat Hy aan die ontugtige

vrou toegevoeg het:

"Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie."

Frik van Deventer.

GRYP NA DIE EWIGE LEWE

VIR OUES EN JONGES!

Jy dink nou dis 'n praatjie met ou mense en die sieklikes en dié wat amper dood is? En jy is

nog jonk. Jy dink nie oor die ewige lewe nie. Nie nóú al nie. Later miskien...

As jy jonk is, dink jy oor hierdie lewe en jy praat daaroor. En jy is verwonderd oor al die

geleenthede en kanse. Net om te gryp! O, die polsende werklikhede van hierdie lewe! Wie

dink nou oor die ... ewige lewe!

Nee, die ewige lewe lê so ver weg nog. Eers moet jy lewe. Groot dinge moet eers nog

gebeur. Sien, die ewige lewe is nog ver, bitter ver. Anderkant al hierdie dinge.

Laat ek vir jou sê: Die woorde "gryp na die ewige lewe" staan in die Bybel. Dit is woorde van

Paulus. Aan Timoteus. En Timoteus was maar nog sommer jonk. Bloedjonk. En aan hóm

skryf Paulus "gryp na die ewige lewe". Woorde, 'n bevel aan 'n jongman!

Dink daaroor. Jy sien self dit is nie 'n preek vir ou mense nie. Vir húlle ook, ja, maar ook vir

jou ... vir elkeen wat nog jonk is.

WAT IS DIE EWIGE LEWE?

Jy vra wat is die ewige lewe? Kom ons stel die vraag só: Wie is die ewige lewe? Hy is 'n

Persoon. Jesus Christus. Hy sê: "Ek is die Lewe". Jesus het ook gesê: "Wie in My glo hét

die ewige lewe."

Jy sien, in Christus het die ewige lewe reeds vir die gelowige aangebreek. Maar ek wil eerlik

wees met jou. Daar wag nog groot verrassings! Ons weet (nog) nie alles nie. Alles is nog nie

aan ons geopenbaar nie. Niemand kan werklik sê presies wat die ewige lewe alles inhou en

beteken nie. Kerkhervormer Calvyn sê: "Moet jou nie so besorg maak oor hoe en wat die

ewige lewe is nie. Sorg liewer dat jy die pad vind wat na die ewige lewe lei. Gryp na die

ewige lewe!"

Kerkvader Augustinus het so mooi geskryf oor die ewige lewe. Hy vra: Waarin bestaan die

ewige lewe? Die ewige lewe bestaan in die sê van "amen" 'n woordjie wat jy ook goed ken.

En weet jy wat beteken ,,amen"? Dit is vas en seker. Pragtig! Die ewige lewe is vas en

seker. Daar aangekom, sien ons die ewige lewe was geen droom, geen lugspieëling of

nagmerrie nie.

WAT IS "DOOD"?

En die dood dan? vra jy. Tussenin lê mos nog die dood. Wat is dit? 'n Lang donker tonnel?

Ja, baie sê die dood is 'n lang donker tonnel. Ook die misdadiger aan die kruis saam met

Jesus het só gedink. Maar Jesus sê vir hom: Dit is nie waar nie. Die dood is nie 'n lang,

donker tonnel nie. Nee, die dood is 'n drumpel. Jy stap net oor die drumpel, en dan is jy

tuis. Hoe naby is die ewige lewe nie! Net om te gryp! Die gelowige stap oor die drumpel

(dood) en hy is in die hemel. Tuis by sy hemelse Vader.

Jy wil nie nou al sterwe nie? Laat ek eerlik vir jou sê, baie min mense wil regtig nou al

sterwe. Hulle is bang om te vertrek. Van die bekende na die onbekende. Selfs by die kind

van God is dié vrees nie heeltemal oorwin nie. Tog het ek al dikwels bygestaan as 'n

gelowige sterwe. Dit is 'n wonderlike ervaring! Feitlik geen doodsvrees nie. Slegs maar

verlange om by God te wees in die ewige lewe. Eendag het 'n sterwende aan my gesê: "Vir

my is die dood 'n uitkoms. Ek sien uit na die ewige lewe. Maar ek dink aan my vrou en

kinders. Hulle gaan sukkel met die bietjie wat ek hulle nalaat." Vrou en kinders was sy

enigste kommer. Sy kommer was onnodig. God het gesorg. Vir ander is die dood ook 'n

uitkoms. Selfmoord. Oor die hele linie van die lewe het alles so skeefgeloop...

WAAR KRY EK DIE EWIGE LEWE?

Verlang jy nie ook na die ewige lewe nie? Deur daarna te verlang, is om dit reeds te besit.

Jy sien self die ewige lewe is naby so ontsettend naby. Net om te gryp. So naby as jou

Bybel. In hierdie lewe reeds. Dus nie eers anderkant die pensioen nie, of die goue bruilof

nie. Ook nie ná die dood nie.

Sê my, wanneer laas was jy kerk toe? Lanklaas? Jy ken seker die Twaalf Artikels? Elke

Sondag bely die gemeente sy geloof aan die hand hiervan. Onder andere: "ek glo aan die

ewige lewe." Gaan weer kerk toe. Sommer nog hierdie Sondag. Gaan luister na dié eeu-oue

belydenis. Meer nog: Gaan bely dit saam met die gemeente. Dit sal vir jou voel soos 'n

geweldige musiekstuk wat 'n magtige crescendo bereik in die seëvierende slotakkoord: DIE

EWIGE LEWE.

H.D.

Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus

20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk.,

Posbus 156, Potchefstroom 2520. Tel. 23831.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!