03.05.2013 Views

Hoërskool Hans Moore GEDRAGSKODE

Hoërskool Hans Moore GEDRAGSKODE

Hoërskool Hans Moore GEDRAGSKODE

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoërskool Hans Moore

GEDRAGSKODE

Inleiding:

Die gedragskode van Hoërskool Hans Moore is gebaseer op die Grondwet van die Republiek van

Suid-Afrika, asook die Suid Afrikaanse Skolewet van 1996.

Hieruit word aanvaar dat elke burger oor dieselfde basiese regte beskik.

Om dit egter moontlik te maak vir al die leerlinge om onderrig te word, is dit nodig om bepaalde

reëlings te tref, sodat goeie orde by die skool gehandhaaf kan word.

Die gedragskode is so saamgestel om te verseker dat alle leerlinge, sowel as personeel, die

geleentheid gebied word om te onderrig en onderrig te ontvang.

1. Algemene Skoolorganisasie:

• Die skool open dwarsdeur die jaar om 07:40.

Leerlinge tree elke oggend in die vierkant aan, waar met skriflesing en gebed

geopen word. Afkondigings in verband met aktiwiteite sal dan gedoen word.

• Die skool sluit dwarsdeur die jaar om 14:00 behalwe op Vrydae. dan sluit die skool

om 13:30 en met eksamens / spesiale byeenkomste.

• Leerlinge wat om wettige redes van die skool afwesig is, moet onmiddellik by hulle

terugkeer ‘n brief van die ouers of ‘n mediese sertifikaat aan die klasvoog

oorhandig.

1.1 Indien leerlinge gedurende skooltyd mediese afsprake moet nakom, moet die

leerling die oggend ‘n brief met die nodige besonderhede by die voogonderwyser

indien.

• Ouers moet die kind dan self kom haal, nadat die nodige verlofvorm deur

die aangewese personeellid / adjunkhoof goedgekeur is.

• Geen verlofvorm sal sonder die nodige aansoek van die ouers uitgereik

word nie, behalwe in die geval van ‘n noodgeval.

• Indien die ouer nie die kind self kan kom haal nie, moet daar nodige

reëlings met adjunkhoofde getref word.

• Geen laatkommery sal toegelaat word nie.

• Wanneer die klok lui, moet leerlinge reeds in die vierkant wees.

• Indien ‘n leerling om een of ander geldige rede laat kom, moet hy eers by

die ontvangskantoor aanmeld vir ‘n afspraak met die

Gradehoof/Adjunkhoof wat die saak sal hanteer.

• Alle tasse word in die oggend op die vierkant geplaas.

1.2 Verlore goedere wat opgetel word, moet asseblief by die algemene kantoor

ingelewer word.

1.3 Indien ‘n leerling gedurende skoolure beseer raak of siek word, moet dit

onmiddellik by die algemene kantoor aangemeld word. Leerlinge mag slegs

siekekamer toe gaan met ‘n verlofbriefie van die personeellid in wie se klaskamer

hy/sy moes gewees het.

1.4 Graad 8 leerlinge moet alle funksies wat deur die skool aangebied word bywoon.

Hulle is dan ook verplig om aan een kultuur en een sportaktiwiteit per jaar deel te

neem.

2. Klaswisseling:

2.1 Aan die einde van ‘n periode moet die leerlinge op bevel van die onderwyser hulle

boeke inpak en wag vir toestemming om te staan en te stap.

2

2.2 Binne vier minute nadat die klok gelui het, moet leerlinge reeds in die volgende

klaskamer wees.

2.3 Die oomblik as die klok na pouse lui, moet leerlinge onmiddellik na hulle klaskamer

beweeg.

2.4 Wanneer die hoof of adjunkhoof tydens die periode die klaskamer binnekom,

moet die leerlinge opstaan en wag vir toestemming om weer te gaan sit.

3. Klaskamerpraktyk:

3.1 Wanneer leerlinge die klaskamer binnestap, geskied dit ordelik!

3.2 Boeke word dadelik uitgehaal en tasse word op die vloer neergesit.

3.3 Leerlinge moet wag dat die onderwyser hulle groet voordat hulle kan gaan sit.

3.4 Klaskamers moet ten alle tye netjies gehou word. Voogklasse werk ‘n diensrooster

uit vir die instandhouding van die klas.

3.5 Daar mag nie op banke, mure, vensters of verwarmers gekrap of geskryf word nie.

3.6 Geen etery sal in die klas geduld word nie.

3.7 Geen leerling mag tydens ‘n periode buite ‘n klaskamer wees nie.

3.8 Gedurende pouse mag niemand in die klaskamer, op stoepe of in die saal wees

sonder toesig van ‘n personeellid nie.

3.9 Geen leerder mag tydens klastyd by die lapas wees, sonder die toesig van ’n

personeellid nie.

4. Fietsloods en Motors:

4.1 Gedurende skooltyd mag niemand by die fietsloods wees nie, behalwe met spesiale

toestemming en die nodige verlofbrief.

4.2 Fietse en motorfietse moet binne die fietsloods gebêre word.

Geen verantwoordelikheid sal aanvaar word vir die beskadiging van

fietse/motorfietse nie.

4.3 Die VRL is in beheer.

4.4 Slegs leerlinge met geldige rybewyse word toegelaat om motorfietse en/of

motors in die motorpark te parkeer.

4.5 Leerlinge word nie toegelaat om hul motors op die skoolterrein te parkeer

sonder toestemming nie.

4.6 Geen passassiers word in motors of op motorfietse op die skoolterrein

toegelaat nie.

4.7 Geen leerling mag met ‘n fiets of ‘n skaatsplank tussen die geboue of op die

netbalbane ry nie.

5. Pouse :

5.1 Tydens pouse mag geen dogter op die B-veld wees nie.

5.2 Alle leerlinge moet te alle tye 10m vanaf alle heinings en hekke wees.

5.3 Geen leerling mag tydens pouse op die volgende plekke wees nie, nl. A en C

rugbyvelde, stoepe, fietsloods/motorpark en agter die werkswinkels.

6. Handboeke:

6.1 Alle handboeke moet van ‘n stewige oortreksel voorsien word en met groot sorg

hanteer word. Bruinpapier en plastiek word aanbeveel.

6.2 Handboeke mag onder geen omstandighede dubbel gevou word nie.

6.3 Indien ‘n handboek verlore raak of beskadig word, moet die leerlinge dit self

vervang.

7. Afwesighede:

7.1 Leerlinge mag nie sonder toestemming afwesig wees van ‘n klas, vir ‘n gedeelte van

die dag of vir ‘n volle skooldag nie.

7.2 Indien ‘n leerling wel afwesig is, moet ‘n brief die volgende dag ingehandig word

waarin sy/haar ouers ‘n verduideliking/rede verskaf.

3

7.3 Afwesighede tydens toetse en eksamens kan alleenlik aanvaar word, indien ‘n

doktersertifikaat ingehandig word.

7.4 Waar ander redes geld, moet ouers asseblief vooraf met die Hoof in verbinding

tree indien moontlik, [bv. begrafnisse, ens.]

8. Afknouery:

8.1 Afknouery word onder GEEN omstandighede toegelaat nie, veral nie seniors wat

juniors fisies of geestelik afknou nie.

8.2 Bakleiery word ook nie toegelaat nie. Daar is ander erkende maniere om ‘n geskil

of probleem op te los.

9. VRL:

9.1 Dit is die taak van die VRL om te help om die goeie orde en vloei van die skoollewe

te handhaaf.

9.2 Indien die gesag van die VRL ondermyn word, sal die aangeleentheid deur die

dagbestuur van die leerlingraad hanteer word.

9.3 Opdragte van die VRL moet onmiddellik uitgevoer word.

10. Kleedkamers:

10.1 Die sleutelwoord ten opsigte van die kleedkamer is netheid.

10.2 Kleedkamers is NIE ‘n kuierplek voor skool of tydens pouses nie.

10.3 Geen leerling mag tydens klaswisseling in die kleedkamers wees nie.

11. Alkohol:

11.1 ‘n Leerling mag nie alkohol op die skoolterrein of by enige skoolbyeenkoms, al is

die byeenkoms nie op die skoolterrein nie, gebruik nie.

11.2 ‘n Leerling mag nie alkohol gebruik terwyl hulle in skooldrag geklee is nie.

11.3 Alkohol sal gekonfiskeer word indien dit op die skoolterrein of tydens

byeenkomste in leerlinge se besit of êrens anders gevind word.

11.4 ‘n Leerling onder die invloed van drank sal nie op die skoolterrein of tydens ‘n

skoolbyeenkoms toegelaat word nie.

12. Dwelms en ander narkotiese middels:

12.1 Bogenoemde is totaal verbode en dieselfde reëls as by rook en drank sal toegepas

word.

12.2 Gebruikers wat onder die skool se aandag kom sal volgens ‘n ooreengekome

verpligte protokol in samewerking met SANRA; SANAB en ander erkende

instansies hanteer word.

13. Rook:

Rook word glad nie op die terrein of in skooldrag toegelaat nie.

Indien ‘n leerling rook, is die prosedure as volg:

By ‘n eerste geleentheid word die ouers geskakel om hulle te verwittig van die

probleem.

By ‘n tweede geleentheid aanvaar die skool dat die leerling die skoolreëls

onaanvaarbaar vind en hierdie leerling sal dan die skool moet verlaat.

14. Skooldrag:

Seuns:

* Blou streep das wat elke dag gedra moet word.

* Blou skoolhemp + das.

* Hemp netjies ingesteek.

* Skoolskoene: geen moderne skoene.

* Grys of blou skool kouse.

* Oortrektrui vir seuns.

* Grys langbroek (Geen nousluitende pype) of grys kortbroek.

* Gordel

- grys, swart of donkerblou [navy]

- gespe mag nie groter as die breedte van die gordel wees nie.

* Skooltrui.

* Skoolbaadjie is verpligtend.

Meisies:

Somerdrag vanaf 1 September en wintersdrag vanaf 1 Mei.

Somersdrag:

* Blou streep das wat elke dag gedra moet word.

* Blou romp - romp mag nie korter as 5 vingers bo die knie wees nie.

* Blou hemp.

* Wit skoolsokkies 2 keer omgevou.

* Skooltrui.

* Oortrektrui – verpligtend.

* Skoolbaadjie is verpligtend.

Wintersdrag:

* Sykouse – Donkerblou Cameo kouse [navy].

* Langbroek – grys.

* Oortrektrui – verpligtend.

* Skooltrui.

* Skoolbaadjie is verpligtend.

GEEN ROOI WINDBREKER WORD TYDENS SKOOLURE GEDRA NIE.

* Buitesport Baadjies :

- Slegs formele baadjies met ‘n das is toelaatbaar op Vrydae.

15. Formele Drag :

Formele drag word deur die Leerlingraad en die Vitae Academia komitees gedra op

Maandae en tydens enige formele funksie.

* Navy potloodromp (mag nie meer as 4 vingers bo die knie wees nie)

* Blou hofskoene met vleeskleurige sykouse.

* Grys langbroek (geen kortbroeke).

* Wit hemp.

* Navy blou das.

* Blou oortrektrui.

* Baadjie.

16. Erekleuredrag:

By die toekenning van erekleure is die leerling daarop geregtig om die volgende te dra.

* Skoolklere.

* Skoolbaadjie met gallon.

16. Matriekdrag :

Word elke dag gedra slegs deur graad 12 leerders:

* Navy potloodromp (mag nie meer as 4 vingers bo die knie wees nie)

* Blou hofskoene met vleeskleurige sykouse.

* Grys langbroek (geen kortbroeke).

* Blou skoolhemp.

* Graad 12 das (beskikbaar by skool).

* Onderbaadjie / Rooi oortrektrui.

4

* Baadjie.

17. Sportdrag:

Seuns:

- Atletiekdrag soos voorgeskryf

Meisies:

- Atletiekdrag soos voorgeskryf

- Informele drag soos deur skool voorsien is, is toelaatbaar indien ‘n

dogter as toeskouer byeenkomste bywoon.

18. Juwele:

Geen tongringe & oogringe & neusringe, ens. nie.

Leerlinge mag geen ringe, armbande of hangertjies dra nie.

[dit word gekonfiskeer en gebêre tot die einde van die jaar]

SLEGS kettinkies met mediese voorskrifte sal toegelaat word.

Dogters wat gaatjies in die ore het, mag een dun goue of silwer ringetjie met ‘n

maksimum deursnit van 1,5 cm in elke oor dra, of ‘n knoppie met ‘n maksimum

deursnit van 5mm in elke oor. Slegs EEN knoppie per oor word toegelaat en slegs

goue of silwer knoppies word toegelaat - GEEN - goue knoppies met ‘n

gekleurde juweeltjie binne in nie.

19. Hare:

Seuns:

Hare sal ten alle tye netjies en kort wees en mag nie aan die ore raak nie.

Geen “modesnit” en lang kuiwe is aanvaarbaar nie.

Geen “walle” word toegelaat nie.

Kuif moet een vingerbreedte bo die wenkbrou wees.

Geen kunsmatige middels mag aan die hare gesmeer word nie.

Wangbaarde mag nie laer as die middel van die oorgat gedra word nie en moet kort

gesny wees.

Seuns se baarde moet ten alle tye geskeer wees.

Hare mag geensins gekleur of gebleik word nie.

Meisies:

Kapsels moet netjies vasgemaak wees in ‘n poniestert, vlegsel of ‘n ballerina bolla.

Langer hare wat aan die onderkant van die hempskraag raak, moet vasgemaak wees.

Die hare moet natuurlik wees, geen moderne haarstyle word toegelaat nie.

Geen kleurstowwe sal toegelaat word nie (die ouers sal dadelik gekontak word om die

dogter te kom haal en haar hare weer na hul oorspronlike kleur te verander).

Geen kunsmatige haarstyle soos gekroesde hare of hare wat deur spuitmiddels of gel

in posisie gehou word, is aanvaarbaar nie.

Haartoebehore : Slegs bruin, swart of navyblou toebehore is toelaatbaar. Geen

steentjies of blomme word toegelaat nie.

20. Naels:

Naels moet nie oor die vingerpunte steek nie.

Kleurlose, deurskynende naellak word toegelaat.

Gr. 11 + 12 dogters se naels mag 2-3mm oor die vingerpunte wees.

“French Manicure” is toelaatbaar mits die naels nie oor die vingerpunte steek nie.

21. Grimering:

Geen grimering sal toegelaat word nie.

5

6

Dit sluit die volgende in: Mascara, Oogomlyner, Oogskadu en Lipglans/Lipbevogtiger

met ‘n kleur daarin.

22. Tatoeërmerke :

Alle vorme van liggaamskuns moet ten alle tye bedek wees ook tydens

sportgeleenthede

23. Algemeen:

* Administratiewe kantore en die Personeelkamer is VERBODE terrein vir leerlinge -

rapporteer by Ontvangs.

* Vandalisme word as ‘n baie ernstige oortreding beskou.

* Ons is trots op ons terrein - papiere en blikke moet asseblief in ‘n asblik gegooi

word.

* Moet asseblief nie blomme, struike en bome beskadig nie.

* Leerlinge mag onder geen omstandighede met die brandslange of die elektriese

skakelborde peuter nie.

* Wanneer leerlinge na skool na enige openbare plek gaan en hulle is nog in hul

skooldrag geklee, moet hulle aan dieselfde netheidsvereistes as by die skool

beantwoord. Dit geld ook wanneer skoolgroepe in die aand uitgaan en in skooldrag

geklee is.

* ‘n Skoolbaadjie met Das is VERPLIGTEND met formele uitstappies na maatskappye,

opvoerings, ens.

* Van leerlinge word verwag om ten alle tye die welvoeglikheidsreëls ten opsigte van

seun/dogter houdings te handhaaf. Solank leerlinge in skooldrag geklee is, sal geen

hand-om-die-lyf of hand-aan-hand-wandelinge toegelaat word nie.

* Geen openbare liefkosery op die skoolterrein, tydens skoolure of skoolfunksies word

toegelaat nie.

Benewens bogenoemde is die volgende ook totaal ontoelaatbaar:

Weerspannigheid en opstandigheid teen die Hoof en Personeel.

Laatkommery en afwesigheid sonder verlof.

Dra of in besit wees van vuurwapens, messe of enige gevaarlike voorwerpe.

Politieke bedrywighede, intimidasie, protes optogte en stakings.

Disrespek teenoor Nasionale Simbole en die skool se Gedragskode & Erekode.

Enige vorm van vandalisme.

Rommelstrooiing.

Seksuele wangedrag, molestering en teistering.

Enige vorm van pornografie.

Satanistiese of okkultiese bedrywighede of tekens.

Vloekery en kru –of onwelvoeglike taalgebruik.

Slagspreuke, plakkers of aantekeninge op skooltasse.

Bedrog, omkopery, diefstal.

Aanranding en bakleiery.

Dobbel en lotery.

Handeldryf.

Geen leerling mag ‘n selfoon gedurende skooltyd gebruik nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!