Die Bybel Voorspel Atoom Oorlog pdf - Ecclesia

Die Bybel Voorspel Atoom Oorlog pdf - Ecclesia Die Bybel Voorspel Atoom Oorlog pdf - Ecclesia

ecclesia.co.za
from ecclesia.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Die Bybel VoorspelAtoom - Oorlog” Op Sondag, 7 Maart 1965 het Radio Suid-Afrika berig dat Amerikaanse vliegtuie gereed gestaan het om op kort kennisgewing op te styg om die ontploffing van die tweede Sjinese Atoombom waar te neem. Op Maandag 9 Mei 1966 het sy haar eerste Waterstofbom ontplof. Sy het reuse vliegvelde en vuurpyl lanseer installasies in Tibet, wat as die dak van die wêreld bekendstaan, gebou. Sy is vinnig besig om die hoogste reekse van die Himalaya gebergtes van Indië af te neem, aldus De Courcy in sy welbekende “Intelligence Digest”. Die doelwit is duidelik: Dit is om haar vuurpyle vanaf hierdie voordelige posisie tot op die uiterste eindes van die aarde af te skiet. Ons weet dat beide die Verenigde State van Amerika en Soviet Rusland alreeds sulke vuurpyle het wat vanaf die een einde van die aarde tot op die ander kan geskiet word. Het ‘n Amerikaanse vuurpyl nie onlangs die maan vol getref nie, en is ‘n ander een van haar nie juis nou nog op pad na Venus nie? Russiese vuurpyle het alreeds sovele satelliete in bane rondom die aarde geplaas. Ongeveer 3duisend jaar gelede het Salomo geskryf: Wysheid van Salomo 5:21-23; (Apokriewe Boek) 21 Die goed gemikte pyle van die bliksems sal trek, en soos uit ‘n goedgespanne boog van wolke tref hulle die doel. 22 Uit die steenslinger van sy grimmigheid sal die swaar haelstene gegooi word; die water van die see sal oor hulle breek, en die riviere sal met onstuimigheid saamvloei. 23 ‘n Magtige wind sal teen hulle opsteek en hulle uit mekaar ja soos ‘n orkaan; die wetteloosheid sal die aarde tot ‘n woesteny maak, en die misdadigheid sal die trone van die vorste omverwerp. Die krag van die Waterstofbom. In 1956 het Amerika naby die Bikini eilande ‘n waterstofbom in die see laat ontplof. Vir ure daarna het die see letterlik gekook. Die stoom en rook en stof het soos ‘n paddastoel vir 80,000 voet die lug ingeskiet. Die vuurbal alleen van die Waterstofbom ontploffing het ‘n deursnee van 4 myl, en op ‘n afstand van 40 myl het dit die helderheid van 500 sonne! Binne ‘n radius van 20 myl vanaf die ontploffing word alles wat leef totaal uitgewis, en die radioaktiewe as is dodelik vir nog baie myle verder afhangende van watter rigting die wind waai. Die geweldige hitte wat deur die vuurbal van die ontploffing afgegee word veroorsaak winde van orkaansterkte om in te stroom na die middelpunt van die ontploffing.

Die Bybel beskryf dit as volg:. Jeremia 25:32-33; 32 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en ‘n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. 33 En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees. Lees ook vers 31. 31 Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose – aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE. Esdras (Apokriewe) skryf as volg: 2 Esras 15:40-42; 40 En daar sal groot en magtige wolke, vol onstuimigheid, saam met die ster opkom sodat hulle oor die hele aarde en dié wat daarop woon, verskrikking sal bring; en ook sal hulle oor elke hoë en verhewe plek ‘n afgryslike ster uitgiet. 41 (Ook) vuur en hael, en vlieënde swaarde en baie water, totdat al die velde vol is, en alle riviere deur die water oorstroom word. 42 En hulle sal die stede afbreek, en die mure, en die berge en die heuwels, en die bome van die bosse en die gras van die weivelde, en hulle vrugte. Sien ook Jesaja 66:15, 16; Jeremia 30:23, 24. Die Apostel Paulus skryf: 1 Thessalonicense 5:2-3; 2 want julle self weet baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. 3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Hierdie vuurpyle trek vinniger as die spoed van klank, u sal hulle dus nie hoor kom nie. Hulle sal u tref voordat u hulle gehoor het - - - - - “skielike verderf!” Jesus het gesê: Matthéüs 24:37-39, 27-28; 37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook wees die koms van die Seun van die mens wees. 38 - - - - - - toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Die Bybel beskryf dit as volg:.

Jeremia 25:32-33;

32 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk,

en ‘n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

33 En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde

van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of

versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.

Lees ook vers 31.

31 Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE

het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose –

aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE.

Esdras (Apokriewe) skryf as volg:

2 Esras 15:40-42;

40 En daar sal groot en magtige wolke, vol onstuimigheid, saam met die ster

opkom sodat hulle oor die hele aarde en dié wat daarop woon,

verskrikking sal bring; en ook sal hulle oor elke hoë en verhewe plek ‘n

afgryslike ster uitgiet.

41 (Ook) vuur en hael, en vlieënde swaarde en baie water, totdat al die velde

vol is, en alle riviere deur die water oorstroom word.

42 En hulle sal die stede afbreek, en die mure, en die berge en die heuwels,

en die bome van die bosse en die gras van die weivelde, en hulle vrugte.

Sien ook Jesaja 66:15, 16; Jeremia 30:23, 24.

Die Apostel Paulus skryf:

1 Thessalonicense 5:2-3;

2 want julle self weet baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n

dief in die nag.

3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ‘n skielike

verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik

nie ontvlug nie.

Hierdie vuurpyle trek vinniger as die spoed van klank, u sal hulle dus nie hoor

kom nie. Hulle sal u tref voordat u hulle gehoor het - - - - - “skielike verderf!”

Jesus het gesê:

Matthéüs 24:37-39, 27-28;

37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook wees die koms van die

Seun van die mens wees.

38 - - - - - - toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee

het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,

39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer

het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!