HERBOU JOU LEWE

HERBOU JOU LEWE HERBOU JOU LEWE

ALS -SELGROEPE

Kwartaal 1, 2012

HERBOU JOU LEWE

Handleiding 1

Bladsy | 1

INHOUDSOPGAWE

Les Tema Bladsy

1 Les 1 – Vol van myself 4 – 8

2 Les 2 – Vormgodsdiens vs. ‘n Persoonlike verhouding 9 – 13

3 Les 3 – Die belangrikheid van stiltetyd 13 – 17

4 Les 4 – Die Skrif gee vir ons gesag 17 – 22

5 Les 5 – Gebed as ‘n vertrekpunt 22 – 27

6 Les 6 – Geesvervulde lewe 27 -31

7 Les 7 – Gawes van die Gees 32 – 36

8 Les 8 – Wees soos Jesus 37 - 41

Bladsy | 2

BYBELSTUDIE VIR

SELGROEPE

Kwartaal 1 van 2012 - Herbou jou lewe

Baie welkom by die sel van 2012!

As ons as ‘n gemeente ernstig is om

Suid-Afrika geestelik te herbou, moet ons

begin deur ons eie lewens te herbou en terug te draai na God toe!

Wat behels dit om my lewe te herbou? Is ek selfvoldaan? Hoe bou ek ‘n

verhouding met God? Watter geestelike dissiplines moet ek in my lewe

inbou? Hoe werk die leiding van die Heilige Gees? Hoe kan ek meer soos

Jesus wees? Dit is die vrae waaroor ons in die eerste kwartaal van 2012 by

die selgroepe gaan gesels.

Gryp die geleentheid aan om ‘n hersteller van mure te word en sodoende

jou ware, unieke identiteit in Christus te ontdek.

Die selstudies volg op mekaar, daarom moedig ons jou aan om, indien jy

een week nie die selbyeenkoms kan bywoon nie, die studie in jou eie

Bybelstudietyd te voltooi.

En ons nooi jou: gesels gerus saam! Twee koppe dink beter as een, en tien

dink nog die beste!

Bladsy | 3

STUDIE 1

VOL VAN MYSELF

1. Wat beteken dit om vol van jouself te wees?

2. Wat veroorsaak hoogmoed?

3. Definieer die volgende in die praktyk:

Hoogmoed

Nederigheid

4. Wat leer die Bybel oor hoogmoed en nederigheid?

2 Kronieke 26:15-21

Matteus 23:5-12

Daniël 4:27-37

1 Petrus 5:5-7

5. Wat is die gevolge van hoogmoed?

Jakobus 4:6

6. Hoe oorwin ‘n mens hoogmoed?

ANTWOORDE

1. Wat beteken dit om vol van jouself te wees?

Iemand wat vol van homself is, is hoogmoedig en ag hom hoër as

ander. Hy sien neer op ander wat minder bevoorreg, begaafd of

geleerd is. So ‘n persoon is nie nederig of afhanklik nie en maak staat

op sy eie krag, geld en vermoëns. In so ‘n persoon se lewe is daar nie

eintlik plek vir die Heilige Gees en sy werking nie.

Bladsy | 4

2. Wat veroorsaak hoogmoed?

Hoogmoed is dikwels die reaksie op ‘n minderwaardigheidsgevoel en

verwerping. Mense probeer ‘n leuen van die duiwel as onwaar bewys.

Hulle voel in hulleself minder as ander mense en reageer dan

aanstellerig en op ‘n wyse waarop hulle hulself bo ander verhef. God

het die mens gemaak om in afhanklikheid voor God in liefde te lewe

en om God te loof en te dien. Tog het die mens ‘n vrye wil om te kan

kies. In die engelryk het die hoof van die engele besluit om nie meer

vir God die eer te bring nie, maar om self geëer en aanbid te word. So

het die mens ook in die paradys opgehou om vir God lief te hê en te

aanbid en begin om soos God te wil wees. Hierdie versoeking, om

soos God te wil wees, het gemaak dat hulle in die sondeval beland

het. Selfs vandag nog kom Satan om ons aan te moedig om, in plaas

van te buig en te dien, om self eerder geëer te word. Hoogmoed het

gemaak dat sonde in hierdie wêreld ingekom het en het ook

veroorsaak dat daar ‘n val in die engelryk was. Satan kom nog steeds

met leuens om ons te verlei om in hoogmoed en trots te reageer en te

lewe. Die gees van hierdie wêreld moedig hoogmoed aan, en mense

probeer om met mekaar te kompeteer en nie af te steek by ander nie.

Snobisme maak dat ‘n mens jou gedurigdeur vergelyk en probeer om

beter as ‘n ander te klink en te vertoon. Die sondige gees van hierdie

wêreld trek ons met al sy blink aanloklikhede om eerder onsself bo

ander te verhef, as om ander om ons te dien. Ons sondige aard wil

eerder gedien en geëer word as om homself te verloën, te verneder,

op te offer en ander te verhoog.

3. Definieer die volgende in die praktyk:

Hoogmoed

Hoogmoed word sigbaar as mense hulself beter as ander beskou en

te goed ag vir sekere “minderwaardige werk” en take. Hoogmoed

maak dat ‘n mens gedurigdeur probeer spog en behep is om te praat

oor jou besittings, jou prestasies en al die duur vakansies en dinge in

jou lewe. Hoogmoed word ook sigbaar in die manier wat mense

aantrek en vertoon. Hulle besittings gee ook dikwels die beeld wat in

hulle hart is, weer. Wêreldse dinge is baie belangrik en die opinie van

ander moet dikwels gekoop word. Mense vind hulle waarde en

dikwels ook hulle sekuriteit in aardse blink en vertoon. Hoogmoed

Bladsy | 5

maak ook dat ‘n mens gedurigdeur oor groot dinge praat, vol van

jouself is en mense om jou gedurigdeur wil beïndruk. Hoogmoed is

ook sigbaar in die kerk waar mense op subtiele maniere spog en

hulleself beter as ander ag. Mense kan deur hulle geestelike

ervaringe, of belewenisse, met ander so daaroor praat dat hulle hulself

verhef.

Nederigheid

Nederigheid word sigbaar waar iemand niks van homself dink nie en

bereid is om nederige take en liefdesdiens teenoor ander te verrig. So

‘n persoon meet sy lewe nie aan wêreldse standaarde nie, maar met

dit wat geestelik van waarde is en in die ewigheid gewig sal dra. Dit is

wat vir ‘n nederige persoon tel. Nederigheid maak ook dat jy ‘n ander

persoon wil verhef, wil help, vorentoe en op die voorgrond wil stoot.

Nederigheid maak dat ‘n mens ‘n ander hoër as homself ag. ‘n

Nederige mens soek nie die erkenning, eer en applous van mense

nie, maar wil vir God gehoorsaam en Hom alleen behaag en tevrede

stel. ‘n Nederige mens gee nie om, om sogenaamde donkiewerk te

doen nie. Jesus demonstreer nederigheid deur die bediende se werk

te doen en sy dissipels se voete te was.

4. Wat leer die Bybel oor hoogmoed en nederigheid?

2 Kronieke 26:15-21

Koning Ussia se sukses, sy wonderlike uitvindsels en suksesvolle

oorlogstuig, het gemaak dat hy groot roem verwerf het. Mense het oor

hom begin praat en hy is as ‘n magtige man beskou. Hy het egter

vergeet dat dit God was wat vir hom die wysheid, insig en sukses

gegee het. Gevolglik het hy vol van homself geword en was dit “die

begin van sy einde.” Sy magsposisie en sukses het na sy kop toe

gegaan en in sy hoogmoed het hy hom teen God verhef. Hy het nie

voor God se opdragte gebuig en die heiligheid van die offers geëer

nie. Hy het homself aangematig om in die Heiligdom in te gaan en

wierookoffers te bring. Dit was egter slegs vir die priesters toegelaat.

God het sy arrogansie in ‘n oomblik vernietig deur melaatsheid op sy

gesig te laat uitbreek. Skielik was hy van sy hoë posisie verlaag tot ‘n

plek van afsondering, waar hy tot met sy dood in melaatsheid

afgesonderd was. Hy het die paleis en sy koninklike troon verloor en

in ‘n oomblik niks geword. Hierdie deel leer ons ook dat ons, ons nooit

voor God mag verhef en toelaat dat ons sukses na ons koppe toe

gaan nie. Ons moet altyd onthou dat ons niks is nie en as klein

Bladsy | 6

mensies in ‘n oomblik tot niet kan gaan. Wat ons is en bereik het, is

slegs God se genade.

Matteus 23:5-12

Jesus se grootste vyande was die Fariseërs en Skrifgeleerdes wat

hulleself in hoogmoed bo ander verhef het. Hulle het gelewe om

mense met hulle godsdienstigheid te beïndruk. Die gebedsband om

hulle koppe was breed en die tossels aan hulle klere groot. Hulle het

altyd in die ereplekke heel voor posisie ingeneem en daarop

aangedring dat mense hulle op hulle eretitels aanspreek. Jesus leer

ons dat daar by Hom ‘n omgekeerde orde is. Mense wat hulleself

groot maak in die oë van ander, is eintlik niks in God se oë nie. As ‘n

mens groot by God wil wees dan moet jy bereid wees om jouself te

verneder en ander te dien. As iemand hoogmoedig is, sal God hom

verneder. Iemand wat homself voor God en mense verneder sal God

verhoog.

Daniël 4:27-37

Koning Nebukadnesar het homself ook verhef en in sy grootpratery

homself bo God gestel. God het vir hom gewys dat hy as mens niks is

nie en in ‘n oomblik tot niet sal gaan en niks het om oor te roem nie.

Koning Nebukadnesar was so vol trots en hoogmoed oor die groot

stad Babel, omdat hy geglo het dat dit deur sy groot mag tot ‘n

koningstad van eer en roem verhef is. Terwyl hy nog besig was om

groot te praat oor sy posisie en prestasies, het God hom in ‘n oomblik

tot niks verneder. Hy is uit die menslike samelewing uitgestoot en het

tussen die wilde diere gaan leef en gras soos ‘n bees geëet. Hy het

soos ‘n dier geword en is deur mense vermy. Toe hy egter tot

bekering kom en erken het dat God groot bo almal is, dat daar net een

ware Koning is, dat dit wat Nebukadnesar bereik het, slegs gekom het

omdat God dit vir hom uit genade gegee het, het daar ‘n keerpunt

gekom. Toe Nebukadnesar hom voor God verootmoedig, het hy weer

tot sy sinne gekom en sy verstand teruggekry, nadat hy voor God

gebuig en aan die enigste ware God eer toegebring het. Vandat

Nebukadnesar in nederigheid voor God begin leef het en aan God al

die eer gegee het, was God hom genadig gewees, en het Hy hom sy

koninklike waardigheid teruggegee, hom in sy koningskap herstel en

meer mag, selfs as tevore, gegee. Dit leer ons om in nederigheid en

in afhanklikheid voor God te lewe.

1 Petrus 5:5-7

Hierdie gedeelte leer ons hoe belangrik onderdanigheid en

nederigheid voor God is. Ons moet onsself nie bo ander verhef nie,

Bladsy | 7

maar in nederigheid mekaar dien. Iemand wat homself in nederigheid

voor God en mense diensbaar stel, sal God op die regte tyd verhoog.

Iemand wat hom egter self aanstel en hoogmoedig ag, sal teen God te

staan kom. Vir nederiges is daar genade by God en vir hoogmoediges

is daar slegs verwerping en die oordeel. Daar moet weer in die kerk

ootmoedige diensbaarheid kom en ‘n gewilligheid om mekaar te help

en vir mekaar op te offer.

5. Wat is die gevolge van hoogmoed?

Hoogmoed maak dat ‘n mens jou eie ek op die troon plaas en dat jy

jou eintlik teen God verset. Jy weerstaan die Gees en in plaas van,

om te dien en God te eer, trek jy al die aandag op jouself en begin jy

doen, nie wat God wil hê nie, maar wat jyself wil hê. Hoogmoed is

eintlik ‘n verwerping van God en dit bring die oordeel van God oor ‘n

mens. Hoogmoed maak ook dat ‘n mens die seën en versorging van

God gaan ontbeer. Hoogmoed in die hemelryk het gemaak dat Satan

en sy volgelinge uitgewerp is. Hoogmoed in die paradys om soos God

te wil wees, het gemaak dat die mens uit die paradys, uitgewerp is en

allerhande swaar en ellende oor die mens gekom het. Hoogmoed

maak dat ‘n mens God se seën en God se wil vir jou lewe misloop.

Hoogmoed en trots is ook die manier hoe Satan ons verlei om van

God se pad af weg te dwaal. Hoogmoed maak ook dat ‘n mens onder

die genade van God uit, beweeg.

6. Hoe oorwin ‘n mens hoogmoed?

Dit word oorwin as ‘n mens bely dat hoogmoed sonde is. As ‘n mens

met trots en hoogmoed wil breek moet ‘n mens ook ‘n keuse maak

teen jou eie ek, sodat Christus alles in jou lewe kan word. Daarom

moet jy bereid wees om jouself te verneder en in liefde, gehoorsaam

te word, om ander te dien en ander se belange op die hart te dra. Dit

gaan ook beteken dat ‘n mens op die pad van heiligmaking elke dag

opnuut moet kies, om jou ou natuur te kruisig en teen jouself te kies.

Solank as wat die Gees van God ‘n mens se lewe beheers sal die

vrugte van nederigheid, liefde en diensbaarheid in jou lewe wees.

Ons moet ook bid dat die Heilige Gees ons sensitief sal maak om

dadelik bewus te raak, as trots of hoogmoed êrens in ons lewens

begin insluip. Ons mag nooit vol van onsself word nie. Ons moet

minder word, sodat God meer kan word.

Bladsy | 8

STUDIE 2

VORMGODSDIENS VS. ‘N PERSOONLIKE

VERHOUDING

1. Wat is die verskil tussen iemand met vormgodsdiens en iemand

wat ‘n persoonlike verhouding met God het?

2. Hoe het Jesus bogenoemde verskil verduidelik in:

Matteus 7:21-23

Markus 7:1-8

3. Hoekom beland mense in vormgodsdiens?

4. Watter belofte het Jesus vir sy volgelinge gegee wat bang was

omdat hulle alleen, en sonder Hom gaan agterbly?

Johannes 14:16-20

5. Wat behels die opdrag in 2 Korintiërs 13:5?

6. Wie almal leef in ‘n vader-kind-verhouding met God?

Johannes 1:12

7. Hoe benader jy ‘n persoon wat jy uit vormgodsdiens wil help tot

‘n persoonlike verhouding met God?

8. Vir huisgodsdiens en gevorderde studie

Johannes 3:1-21 Jesus help ‘n man met vormgodsdiens

Jesaja 29:13-15 Godsdiens uit die mens

Openbaring 3:14-22 Verwerplike godsdiens

Eksodus 33:7-11 Moses se verhouding met God

Maleagi 1:6-10 Jou dankoffer is die toets

Bladsy | 9

ANTWOORDE

1. Wat is die verskil tussen iemand met vormgodsdiens en iemand wat

‘n persoonlike verhouding met God het?

Vormgodsdiens bestaan uit godsdienstige dade wat ‘n mens doen, omdat

jy so opgevoed, geleer en grootgemaak is, of omdat jy dit doen uit vrees,

of om God daardeur te probeer behaag en jou gewete te stil. So het die

Farisieërs byvoorbeeld uiterlik op die gebedstye godsdienstige klere

gedra, vroom gebede opgesê, getrou op die Sabbatdag die sinagoge

besoek en wetties hulle presiese tiende met basuingeklank gegee. So is

daar vandag ook mense wat bloot uit tradisie, en op ‘n wettiese wyse

godsdienstige dinge doen, gebede opsê, kerk toe gaan en sekere

godsdienstige gebruike handhaaf.

Om ‘n persoonlike verhouding met God te hê beteken dat ‘n mens ‘n

keuse vir Christus teen jouself gemaak het, gesterf het in jou eie wil en

jou aan die beheer van God deur sy Heilige Gees oorgegee het. Daarom

leef die Gees van God in jou, Hy praat met jou en wil jou lei om binne

God se volmaakte wil te lewe. As jy Bybel lees, luister jy na wat God vir

jou sê en as jy bid, laat jy sy Heilige Gees toe om deur jou te bid. Die

rede waarom jy kerk toe gaan, is omdat jy vir God liefhet en by Hom wil

wees en ‘n ontmoeting met God soek.

2. Hoe het Jesus bogenoemde verskil verduidelik? in:

Matteus 7:21-23

Jesus verduidelik dat vormgodsdiens uit uiterlike woorde en ‘n

godsdienstige voorgee bestaan. Mense kan leer om “Here, Here” te sê,

maar dit sal hulle nie in die hemel bring nie. Dit help ook nie ‘n mens

gaan kerk toe, en gebruik die Naam van Jesus om wonderlike dinge te

doen en voor te gee nie, terwyl jy nie ‘n persoonlike verhouding met God

het nie. Die belangrike vraag is of die Here jou ken, dat jy persoonlik aan

Hom behoort en sy kind is. As ‘n mens aan die Here oorgegee is, sal sy

Gees jou lei, sodat jy elke oomblik die wil van die Vader sal doen. Jesus

verduidelik dat iemand met vormgodsdiens nooit in die Hemel sal kom

nie, al het hy mense op aarde met sy godsdienstigheid beïndruk.

Bladsy | 10

Markus 7:1-8

Die Farisieërs en Skrifgeleerders het die Bybel bestudeer, dit geken en

uiterlik streng daarvolgens gelewe. Hulle het egter allerhande tradisies

en oorgelewerde gebruike deel begin maak van hulle godsdiens, terwyl

dit nie in die Ou Testament voorgekom het nie. Hulle het geglo dat as ‘n

heiden aan ‘n stoel of ‘n beker sou raak, word dit onrein. Raak jy dan

ook daaraan dan was jy ook onrein. Daarom is daar ‘n was met waterseremonie

gewees om jou uiterlik van sonde te reinig. Dit was nie ‘n

opdrag van God, of ‘n opregte godsdiens wat uit ‘n mens se hart kom nie,

maar bloot uiterlike, vroom rituele. Jesus het hom nie aan hierdie

uiterlike reinheidswette gesteur nie: Hy het ‘n melaatse aangeraak

(Mark. 1:41), saam met onrein heidene geëet (Mark. 2:16) en selfs aan ‘n

lyk geraak (Mark. 5:41). Jesus ken hulle harte en sien die onreinheid in

hulle binneste raak en daarom oordeel Hy dat hulle skynheilig is. Hulle

dien Hom met hulle mond, maar hulle hart is ver van God af.

3. Hoekom beland mense in vormgodsdiens?

Mense beland in vormgodsdiens omdat hulle opgroei in ‘n huis waar hulle

geleer en gedwing word om godsdienstige dade te doen, sonder dat hulle

die teenwoordigheid van Christus beleef en sy liefde en die werking van

sy Gees in hulle lewens ervaar. Baie mense is godsdienstig, bloot ter

wille van aansien en erkenning by mense. Om godsdienstig te wees,

maak jou in sekere kringe aanvaarbaar. Sommige mense is godsdienstig

uit vrees vir straf en vir die oordeel van God. Die eintlike rede vir

vormgodsdiens is, dat mense nooit ‘n ware ontmoeting met Christus

gehad het en hulle godsdiens nie in die Skrif en die werking van die

Heilige Gees gefundeer is nie.

4. Watter belofte het Jesus vir sy volgelinge gegee wat bang was

omdat hulle alleen, en sonder Hom gaan agterbly?

Johannes 14:16-20

Jesus het aan sy dissipels verduidelik dat al sien hulle Hom binnekort nie

meer nie, Hy nog steeds by hulle gaan wees, omdat Hy deur die Heilige

Gees in sy kinders gaan woon. Daarom bestaan ware godsdiens uit ‘n

lewe onder die beheer van die Heilige Gees. Die Gees van die Waarheid

woon in ons, bly by ons elke oomblik en lei ons binne God se volmaakte

Bladsy | 11

wil. Daarom bestaan ware godsdiens uit ‘n intieme en persoonlike

verhouding met God. Hierdie is ‘n lewende verhouding, omdat God

waarlik leef, Jesus uit die dood opgestaan het en deur sy Heilige Gees in

elke wedergebore kind woon.

5. Wat behels die opdrag in 2 Korintiërs 13:5?

Daar bestaan ‘n moontlikheid dat mense kan dink dat hulle Christene is,

maar dat hulle nie God se toets gaan deurstaan nie. Mense dink dat

hulle gelowiges is, maar God verwerp hulle geloof omdat dit nie eg is nie.

Dit is waarom ons opgeroep word om onsself eerlik op die proef te stel,

en te ondersoek of Christus werklik in ons woon en ‘n realiteit in ons lewe

is. Daar is baie mense wat dink dat hulle gelowiges is en dat hulle

verhouding met God reg is, terwyl dit nie by God die waarheid is nie.

6. Wie leef almal in ‘n Vader-kind-verhouding met God?

Johannes 1:12

‘n Mens word nie ‘n kind van God bloot deur Bybel te lees, te bid of kerk

toe te gaan nie. ‘n Mens word ook nie ‘n gelowige omdat jy sekere

godsdienstige rituele nagekom het nie. Die besnydenis het in die Ou

Testament nie iemand ‘n ware kind van God gemaak nie, en so kan die

doop dit ook nie in die Nuwe Testament doen nie. Die geheim is of ons

regtig glo dat Jesus Christus vir ons sonde aan die kruis gesterf het. Dit

beteken dat ons weet dat ons sonde het, dit erken, daarmee wil breek, dit

aan Jesus Christus bely en Hom vra om ons sonde weg te neem. Jesus

alleen kan sonde wat ons teen God gedoen het wegneem, want Hy sit

aan die regterhand van die Vader en het aan die kruis vir ons sonde

betaal. As ons regtig glo dat Jesus sonde kan en wil wegneem, dan

maak ons ons lewe vir Hom oop, en neem ons Hom aan om in ons lewe

in te kom, en ons van binne te verander. As ons Jesus Christus

aangeneem het, dan het Hy in ons hart kom woon en ons van alle sonde

gereinig. As ons Jesus aangeneem het, leef Hy elke oomblik deur sy

Heilige Gees in ons en sal Hy ons lei om die wil van die Vader te doen,

en gehoorsame kinders van die Vader te wees.

Bladsy | 12

7. Hoe benader jy ‘n persoon, wat jy uit vormgodsdiens wil help tot ‘n

persoonlike verhouding met God?

Begin om vir daardie persoon te bid, sodat die Heilige Gees in sy hart

kan werk en hom van sonde oortuig en die skille van sy geestelike oë sal

afval. Hierna is dit belangrik om nader aan daardie persoon te kom en in

liefde uit te reik, om so in ‘n persoonlike verhouding naby aan sy hart te

kom. As hierdie persoon jou leer ken en vertrou, sal hy, of sy, oop wees

om te luister wat jy sê. Skep ‘n geleentheid om hierdie persoon in God

se teenwoordigheid te laat kom deur hom byvoorbeeld uit te nooi na ‘n

spesiale erediens, of geestelike byeenkoms, waarby jy in ‘n persoonlike

gesprek kan aansluit. Kom naby hierdie persoon se hart deur te getuig

en te vertel wat die Here in jou lewe gedoen het, en wat die Here in jou

lewe openbaar en verander het.

STUDIE 3

DIE BELANGRIKHEID VAN STILTETYD

1. Wat is stiltetyd?

2. Waarom moet ons stil word by God?

Genesis 3:8-9

Matteus 11:28

Johannes 15:5

3. Hoekom word ons lewens so maklik deur ons sondige en

selfsugtige ou natuur beheer.

4. Hoekom hou alle Christene nie stiltetyd nie?

Wat leer die volgende tekste oor die redes vir versuim om

stiltetyd te hou?

Lukas 10:38-42

Matteus 5:3

Matteus 16:24

Markus 4:18-19

5. Hoe hou ‘n mens prakties stiltetyd?

Bladsy | 13

1. Wat is stiltetyd?

Matteus 14:23

ANTWOORDE

Jesus was baie besig en het ‘n veeleisende bediening gehad. Tog was

Hy jaloers oor die belangrikste afspraak en dit was om alleen saam met

sy Vader te wees. Omdat hierdie stiltetyd by sy Vader so belangrik was,

het Hy die mense weggestuur en met groot moeite teen die berg

uitgeklim na ‘n plek waar hy alleen in afsondering kon wees. Hier was

hy nie gejaagd nie, maar was rustig in die teenwoordigheid van sy

Vader. Stiltetyd is om van alles en almal weg te breek, te midde van ‘n

besige skedule, om dan alleen met God te verkeer. Hier in die

teenwoordigheid van God, word ons aangeraak, versterk en met krag

toegerus. Hier hoor ons God se stem en word die geroep van die wêreld

en sonde al dowwer. Stiltetyd word vir elke dag beplan, geskeduleer en

as ‘n prioriteit ingerig. Behalwe dat dit ‘n prioriteit vir elke dag is, sal daar

ook sekere tye in ‘n mens se lewe wees waar jy jou vir ‘n langer tydperk

by God afsonder.

2. Waarom moet ons stil word by God?

Genesis 3:8-9

God het die mens geskape om in ‘n verhouding en in die nouste

gemeenskap met Hom te lewe. As ons van God af wegdwaal, dring sy

liefde Hom om ons steeds te bly opsoek en na ons te roep. God se

begeerte is om by sy kinders te wees en met ons te praat. God wil ook

nie hê dat sonde ons van Hom moet skei nie, en daarom wil Hy dit

heeltemal wegneem.

Matteus 11:28

Omdat God sy kinders liefhet dra Hy ons op die hart. Hy ken ons swaar

en ons seer en wil ons bekommernisse op Hom neem. Daarom nooi Hy

ons uit en roep Hy na ons om ons laste na Hom toe te bring. Ons moet

by God stil word, dat Hy vir ons kan wys waar die klippe in ons gemoed

lê, sodat ons dit dan vir Hom kan gee om weg te neem. In ‘n gejaagde

spanningsvolle wêreld wil Hy ons na Hom toe roep om ons gemoed te

Bladsy | 14

vernuwe en vir ons rus en vrede te gee. God wil nie hê ons moet

swaarkry of kruppel loop nie. Daarom roep Hy ons om na Hom toe te

kom, sodat Hy in ons binnekamer vir ons kan verkwik, vernuwe,

heelmaak en herstel.

Johannes 15:5

Ons moet by God stil word, dat Hy ons verhouding met Hom kan verinnig

en ons nader aan Hom kan bring. As ons stil word, voed Hy ons

geestelik en gee Hy dat ons soos ‘n wingerdstok word wat aan die stam

vasklou en baie vrug dra. As ons stil word en naby aan God kom, sal

ons sy stem duidelik hoor en sal ons weet wat sy opdragte is, wat hy wil

hê ons moet doen en wat Hy deur ons wil bereik.

3. Hoekom word ons lewens so maklik deur ons sondige en

selfsugtige ou natuur beheer

Ons gebrek aan selfdissipline maak dat ons nie voor God stil word nie

(Matteus 16:24). In ons samelewing is dit dade en prestasie wat tel en

word stilte en afsondering as onproduktief en tydmors beskou. Nog ‘n

rede hoekom mense nie voor God stil word nie is, omdat hulle vanweë ‘n

skuldige gewete van Hom af wegvlug. As daar sonde in ‘n mens se lewe

is, loop jy dikwels draaie om God en kruip jy vir Hom tussen die bome se

blare weg.

4. Hoekom hou alle Christene nie stiltetyd nie?

Omdat hulle nie die waarde en belangrikheid daarvan verstaan nie. Die

sigbare dinge is dikwels al wat tel en is ons so besig dat ons nie tyd vir

stilte het nie. Ons lewe ook in ‘n wêreld waar daar soveel geraas van die

TV, radio, rekenaar, telefone, verkeer ensovoorts kom, dat dit vir ons

moeilik is om stil te word en te luister. Ons weet ook nie hoe om

stiltetyd te hou nie en sodra ons stil raak, dink ons aan allerhande dinge

wat ons aandag van God af wegtrek. Miskien is ons liefde vir die Here

so flou dat ons nie bereid is om vir Hom op te offer nie, dat ons

verhouding met Hom so swak is dat ons nie kan hoor dat Hy ons graag

eenkant wil hê nie.

Wat leer die volgende tekste oor die redes vir versuim om stiltetyd

te hou?

Bladsy | 15

Lukas 10:38-42

Martha was so bekommerd oor hierdie wêreldse dinge, dat sy ‘n kosbare

geleentheid laat verbygaan het om by Jesus se voete te sit en na sy

Woorde te luister. Ons raak dikwels so besig met die dinge van die

wêreld, dat ons vergeet om by Jesus stil te word. Ons is so besig om

mense tevrede te stel, te beïndruk en allerhande pligte na te kom, dat

ons nie meer tyd het om by Jesus uit te kom nie.

Matteus 5:3

Soms gaan dit in hierdie wêreld so goed met ons, dat ons nie meer van

God afhanklik is nie. Ons kan alles self doen en met ons geld kan ons

alles regstel. Ons is so slim dat ons nie meer vir God nodig het nie. Die

Bybel leer egter dat, as ons ontdek hoe afhanklik ons van God is, sal ons

die seën van God ervaar. As ons geestelike oë oopgaan, sal ons sien

dat ons niks van ewige waarde sonder God kan doen nie.

Matteus 16:24

Die groot rede waarom ons versuim om stiltetyd te hou, is omdat ons

lewe onder die beheer van ons selfsugtige ou natuur is. Ons wil nie in

ons eie wil en begeertes sterf nie. Ons wil nie onsself dissiplineer en

doen wat God van ons vra nie. Ons kies nie die beste dinge wat ewige-

en geestelike waarde het nie.

Markus 4:18-19

Die geestelike dinge kwyn in ons lewe wanneer die sorge van die lewe,

die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande dinge ons

lewe begin oorheers. Ons is meer oor die dinge van hierdie wêreld

bekommerd, as oor ons eie geestelike groei en om in die krag van God

vrug te dra.

5. Hoe hou ‘n mens prakties stiltetyd?

Kry vir jou ‘n binnekamer waar jy die deur agter jou kan toemaak. Dit is

belangrik om elke dag op ‘n vaste tyd stilte te hou, sodat dit deel van jou

daaglikse roetine word. Sorg dat dit ‘n tyd is wanneer jy nie gejaagd en

ook nie moeg is nie. Soms kan ‘n mens ook prakties ‘n tydjie oor

middagete of teetyd afsonder, waar jy alleen met God kan wees. Enige

Bladsy | 16

tyd is vir God geskik. Wees egter ook sensitief as God jou op ‘n

ongewone tyd eenkant wil hê. Soms toets God ons liefde en vra Hy

opofferinge van ons. Begin jou stiltetyd deur op God te fokus en jou

lewe volkome aan die beheer en leiding van die Heilige Gees oor te gee.

Laat die Gees jou lei en wees stiptelik gehoorsaam, dan sal jy op die

regte tyd bid, luister, sing, musiek luister, stilwees, wag op die Here of

hardop, of sag bid. Soms moet ‘n mens skrywe en ‘n gebedsjoernaal

gebruik. Dit is ook belangrik om met groot verwagting en geloof na God

toe te kom en te weet dat, ongeag hoe jy voel, Hy daar is. Ons moet

weet dat dit God se begeerte is om by ons te wees en as ons ons

afsonder en tot Hom nader, sal Hy tot ons nader. Daarom moet ons ook

met geloof na Hom toe kom en weet dat Hy ons hoor en by ons is. Ons

moet ook met ‘n groot erns en toewyding, stiltetyd hou. Ons moet ons

inspan en met ‘n intensiteit tot God roep. Maak die Woord ‘n belangrike

deel van jou stiltetyd. Daar kan tye van voorbidding, sondebelydenis, lof,

aanbidding, danksegging, stilte, wag op die Here en antwoord uit God se

Woord wees. Wees sensitief vir God se leiding, omdat daar nooit ‘n

geykte riglyn is nie en die Gees ‘n mens telkens anders kan lei om op

een van hierdie aspekte te fokus.

STUDIE 4

DIE SKRIF GEE VIR ONS GESAG

1. Bespreek die stelling: “Die kultuur en mense van ons dag

ontneem die Skrif van sy gesag”.

2. Noem voorbeelde van hoe die Skrif in ons dag afgewater word.

3. Hoekom is dit belangrik dat die Woord van God steeds die

fondament van ons lewens/gemeente moet bly?

4. Waarom is die Woord as fondament ononderhandelbaar en mag

ons nie toegee nie?

2 Timoteus 3:12-14 en 4:1-5

1 Petrus 1:10-16

Psalm 1:1-6

Bladsy | 17

5. Wat kan ons doen om die Skrif beter te leer ken in:

Ons persoonlike lewe?

Ons selgroep

6. Waarteen moet ‘n mens waak as jy na die Bybel luister en dit

bestudeer?

Nehemia 10:28-29

Skep geleentheid vir die volgende:

Maak as selgroep ‘n verbintenis met God om sy Woord stiptelik te

gehoorsaam.

Gee vir elkeen ‘n geleentheid om met die groep iets oor hulle

persoonlike Bybelstudie te deel. (Hoe? Waar? Wanneer? Wat?)

7. Vir huisgodsdiens en gevorderde studie

Psalm 119:101-106 Die seën van Bybelstudie

Psalm 94:12-23 Die beste raad

Johannes 14:5-11 Jesus is die Woord

Matteus 22:23-33 Die gesag van die Woord

Matteus 4:1-11 Jesus staan op die Woord

ANTWOORDE

1. Bespreek die stelling: “Die kultuur en mense van ons dag ontneem

die Skrif van sy gesag.”

Ons leef in ‘n tyd waar die gesag van die Skrif nie meer eerbiedig word

nie. Die mens en sy sieninge is die middelpunt. God se gesag is nie

meer bo alles nie. Mense se opinies en sieninge word bo alles verhef.

Dit maak nie saak wat die Woord sê nie, alle mense se gelowe is reg.

Ons mag nie aanstoot gee en iemand se opinie teëgaan, of hom

ongelukkig maak nie. Daarom word die Skrif en gebed tot die Drie-enige

God al meer en meer uit ons samelewing uitgeskuif. Alle godsdienstige

boeke is op dieselfde vlak en al die paaie lei uiteindelik na God in die

hemel. Daarom lees mense in ons dag ook nie meer die Bybel nie en

Bladsy | 18

word die Skrif nie ernstig bestudeer, opgevat en gehoorsaam nie.

Daarom besluit die mens self wat reg en verkeerd is, en word eintlik

soos sy eie god. As die Bybel sê dat iets sonde is en dit die mens nie

pas nie, sal die mens met slim argumente en redenasies dit regverdig en

aanvaarbaar maak. Die feit dat ons ’n sekulêre staatsbestel het maak

ook dat die gesag van die staat, deur sommige, bo God en die Bybelse

gesag gestel word. Dit het ook ’n gewilde en ’n geldmaak-aksie geword

om boeke te skryf en uitsprake te maak wat die gesag van die Woord

ondermyn.

2. Noem voorbeelde van hoe die Skrif in ons dag afgewater word.

Teoloë in die nuwe hervorming betwyfel die opstanding van Jesus en sy

maagdelike geboorte. Wonderwerke word weggeredeneer en die bonatuurlike

word herinterpreteer. Geskrifte soos die Da Vinci Code en die

Judas Evangelie, val die gesag en die waarheid van die Bybel aan.

Bybelse opdragte word nie meer ernstig opgeneem nie. So byvoorbeeld

is daar selfs mense in die kerk wat nie hulle lig wil laat skyn, maar eerder

onder 'n maatemmer wil wegkruip. Getuienis, diens, uitreik en

sendingwerk is nie meer in ons dag vir ons van belang nie. Sonde wat

duidelik in die Bybel voorkom word afgekraak en aanvaarbaar gemaak.

So byvoorbeeld word die waarhede oor saambly, seks voor die huwelik,

homoseksualiteit, egskeiding, eerlikheid, bedrog, ens. nie meer ernstig

opgeneem nie.

3. Hoekom is dit belangrik dat die Woord van God steeds die

fondament van ons gemeente moet bly?

’n Gemeente kan hom nie die gemeente van Christus noem, as Christus

nie die Here en Hoof in die praktyk is nie. Daarom is dit wat God in sy

Woord aan ons as die waarheid geopenbaar het, die enigste en finale

waarheid. Ons kan nie sê dat Hy ons Here is en dan doen ons nie wat

Hy vir ons in die Woord sê nie. ’n Gemeente sal slegs groei as die Gees

ruimte het om te werk. Die Gees werk net in ooreenstemming met die

waarhede van God se Woord. As ons God se Woord verlaat, is daar

van God geen gesag en krag wat meer werk nie. As ons nie die Woord

van God gehoorsaam volg nie, kan ons nie geestelike leef of groei nie

(Matt. 4:4). Iemand wat God se Woord minag en verwerp, is eintlik besig

om vir God self te verwerp. As ons nie voor God se Woord buig nie, dan

Bladsy | 19

uig ons voor afgode en voor ons eie ek. Die oomblik wat ’n mens op

jou eie denke en planne begin steun, gaan jy dwaal en gaan ’n

gemeente ontspoor en sy effektiwiteit verloor. God werk kragtens sy

Woord. Sonder sy Woord sal daar geestelike agteruitgang en 'n

doodsheid intree. Ons moet onthou dat Satan die vader van die leuen

is, en ons sal wil mislei. Solank as ons egter aan die waarhede van God

se Woord vashou, sal die Satan ons nie kan mislei nie.

4. Waarom is die Woord as fondament ononderhandelbaar en mag

ons nie toegee nie?

2 Timoteus 3:12-14 en 4:1-5

Die Bybel waarsku dat daar in ons dag slim mense sal kom wat mense

met dwalinge sal wil mislei. God se Woord is die waarheid en sal die

dwaalleraars uitwys en ontmasker. Die mense van ons dag sal die

gesonde leer nie meer verdra nie, maar eerder hulle eie begeertes wil

navolg, en leermeesters kry wat net sê wat hulle graag wil hoor. Die

Bybel sal egter vir ons die riglyn wees om vir ons te wys waar gedwaal

word en waar eie opinies geld. Ons moet weet dat die Skrif deur die

werking van die Heilige Gees geskrywe is, en dat die Woord van God,

goddelik geïnspireer is. Daarom is dit vir ons die waarheid wat vir ons

die dwaling, die sonde en die regte lewenswyse gaan aantoon. Ons

moet onthou dat Christus weer gaan kom om te oordeel en dat die

maatstaf waarmee Hy gaan oordeel, nie die opinies van mense gaan

wees nie, maar die waarheid van sy Woord.

1 Petrus 1:10-16

Die Bybel is nie maar net mense se woorde nie. Dit is die Gees van God

wat in mense gewerk en die waarhede aangaande Christus geopenbaar

het. Daarom moet ons nugter en wakker bly, sodat ons nie mislei of deur

die wederkoms van Christus onverhoeds gevang word nie. Ons moenie

lewe soos onsself dink, die mense sê, of soos ons vroeër gelewe het nie.

Ons moet lewe soos wat God vir ons in sy Woord wys. Die Woord is

daarom vir ons die fondament en die riglyn om te wys wat reg, verkeerd

en sondig is. Die Bybel leer ons om van sonde weg te vlug en heilig

soos Jesus, wat ons in die Skrif leer ken het, te lewe.

Bladsy | 20

Psalm 1:1-6

Daar is baie goddelose raadgewers wat mense mislei en van die regte

pad af wegtrek. God se Woord is die enigste rigsnoer wat ons sal help,

om in hierdie bose wêreld, steeds die regte pad te stap en die regte

besluite te neem. Daarom moet ons tyd maak vir die Woord van die

Here en dit dag en nag oordink. Dit moet ons hele lewe rig en lei, dan sal

ons in alles voorspoedig wees.

5. Wat kan ons doen om die Skrif beter te leer ken in:

Ons persoonlike lewe?

Kry ’n vaste tyd waar jy elke dag die Woord kan lees en bestudeer. Hou

streng by hierdie tyd en dissiplineer jouself om alles wat jou aandag

aftrek, uit die pad te kry. Kry vir jou ’n joernaalboek en teken aan wat jy

glo God deur sy Woord vir jou leer en sê. Bid die waarhede van God se

Woord terug na Hom toe en staan op die waarhede van die Skrif. Berei

vir elke omgeegroepbyeenkoms voor en doen moeite om die gedeeltes

vir gevorderde studie te bestudeer. Hou gereeld huisgodsdiens en lees

ook as gesin saam uit die Woord. Kry ’n leesprogram wat jou dissiplineer

om die Bybel van voor tot agter op ’n bepaalde manier deur te lees.

Gebruik jou rekenaar en selfoon as hulpmiddels om die Skrif beter te leer

ken. Doen saam met ’n ander persoon Bybelstudie. Lees geestelike

boeke wat jou meer oor die Skrif kan leer. Kry ander vertalings en

kommentare wat vir jou help om die Skrif beter te verstaan.

Ons selgroep?

Maak seker dat elke bespreking en argument op dit wat die Woord sê

gefundeer is. Moedig lede aan om goed voorbereid te kom en om elke

keer vanuit die Skrif te reageer. Help mekaar deur by elke byeenkoms

navraag te doen oor elkeen se persoonlike Bybelstudie. Gee ook kans

vir mense om te getuig wat hulle geleer, of gehoor het in hulle stiltetyd.

Betrek die Voog, Herder of ’n Leraar om sekere Bybelkwessies uit te

klaar.

Bladsy | 21

6. Waarteen moet ‘’n mens waak as jy na die Bybel luister en dit

bestudeer?

Nehemia 10:28-29

Die gevaar is dat ons die Skrif kan ken, maar nie doen wat daarin staan

nie. Ons moet voortdurend vir God sê dat ons sal doen wat Hy van ons

vra. As ons die Bybel bestudeer moet ons oop wees om te hoor watter

opdragte God vir ons gee. Ons moenie net hoorders van die Woord

wees nie, maar daders word en God se gebooie stiptelik gehoorsaam.

Ons moet buig voor die gesag van die Woord.

STUDIE 5

GEBED AS ‘N VERTREKPUNT

1. Hoekom is gebed een van die fondamente van ‘n gemeente?

2. Wat leer die volgende Skrifgedeeltes hieroor?

Lukas 11:1, 9-13

Handelinge 4:31

Jakobus 4:2-3

Jakobus 5:16-18

Handelinge 12:5-7

3. Hoekom het gebed so min plek in sommige lidmate se lewens?

4. Watter verband is daar tussen gebed en die bereiking van ons

visie; om God en mens liewer te hê?

5. Wat kan ons doen om intersessie vir verlore mense, meer tot sy

reg te laat kom in:

Ons persoonlike lewe?

Ons selgroep?

Skep geleentheid vir die volgende...

Verdeel in kleiner groepies. Doen by name, intersessie vir groei

van verlore mense, asook dié wat reeds dissipels is.

Bladsy | 22

6. Vir huisgodsdiens en gevorderde studie

Daniël 3:16-30 Die krag van gebed

Johannes 16:23-27 Gewaarborgde gebedsverhoring

1 Samuel 1:9-19 Onvrugbaarheid genees

Handelinge 9:36-43 ‘n Wonderwerk

Jeremia 29:10-14 Voorwaarde vir verhoring

ANTWOORDE

1. Hoekom is gebed een van die fondamente van ‘n gemeente?

As Christus die Hoof van die gemeente is, dan wil Hy as Leier sy

gedagtes, strategie en opdragte aan ons, as sy volgelinge, deurgee.

Hierdie kommunikasie vind plaas wanneer ons in gebed met God

verkeer. Tydens gebed, as ons stil word, praat God met ons en

antwoord ons Hom met ons gebede.

Wanneer ons tot God bid kom ons in sy teenwoordigheid waar Hy ons

met krag, insig, wysheid en duidelikheid oor sy opdragte, toerus. Deur

gebed bely ons ook ons afhanklikheid en vra ons dat God sal werk en in

sy almag, wonderwerkend in ons bestaan sal ingryp. In gebed praat ons

met die onsigbare God wat in die geestesryk hoër en magtige skuiwe

doen, wat ons dan in die sigbare ryk, as gebedsverhoring waarneem.

Geen blywende verandering sal sonder gebed kom nie. Gebed is die

geheim van ‘n gemeente wat groei en ‘n dinamiese verskil in die wêreld

maak. As ons tot God bid, kom God se magtige arm in beweging en

verander dinge hier op aarde. Nie deur krag, eie wysheid of mag nie,

maar net deur die kragtige werking van God, kom blywende verandering.

Gemeentes wat nie bid nie, ervaar dat hulle arm bly en nie enige groei

en vooruitgang beleef nie. Waar daar gebid word, gebeur daar

wonderwerke, want God is ‘n hoorder van gebed.

2. Wat leer die volgende Skrifgedeeltes hieroor?

Lukas 11:1, 9-13

Bladsy | 23

Gebed moet die fondament van ‘n gemeente wees, want gebed was die

kern van Jesus se lewe hier op aarde. Hy is vir ons ‘n voorbeeld van ‘n

bidder wat dag en nag gebid het en niks sonder gebed gedoen het nie.

Hy het sy dissipels geleer hoe om te bid en hulle aangemoedig om

getrou te bid. Dit was juis omdat die dissipels vir Jesus gesien bid het,

dat hulle vir Hom gevra het om ook vir hulle te leer hoe om te bid. Ons

gaan geestelik armoedig wees en in baie opsigte gebrek ly, as ons nie

bid nie. As ons egter bid, belowe God dat Hy ons hoor en sal Hy vir ons

gee wat ons vra. Sonder gebed kan ons niks regkry nie. As ons bid sal

God vir ons gee, ons help om te kry wat ons soek, en vir ons ‘n nuwe

deur oopmaak. Sonder gebed sal ons gebrek ly en agter toe deure, ‘n

nuttelose, kragtelose en betekenislose lewe lei. God wil hê sy kinders

moet met Hom praat, en as hulle in gebed na Hom toe kom, sal Hy vir

hulle die Heilige Gees gee en kragtig ín en déúr hulle werk.

Handelinge 4:31

Gebed was ook die fondament van die eerste Christelike gemeente. In

die geestesstryd was daar slegs oorwinning wanneer daar gebid is. Met

die vervolging is die leiers gevange geneem, maar deur die gemeente se

intersessie het die tronkdeure oopgegaan en is die kerk se leiers bevry,

sodat hulle kon voortgaan om die Woord te verkondig. As die eerste

Christene hulle vrymoedigheid, hulle geloof en hulle krag om te getuig

verloor het, het hulle saamgebid en het God die plek geskud en hulle

toegerus om weer vrymoedig in die wêreld as sy getuies uit te gaan.

Jakobus 4:2-3

Gebed is die fondament van ‘n gemeente omdat God se beloftes aan ons

gebede vasgemaak is. As ons bid, sal Hy hoor en sal Hy gee wat ons

vra. Ons het nie, omdat ons nie bid nie. As ons gebede nie verhoor

word nie, is dit nie omdat God weier om te gee nie, maar omdat ons met

verkeerde gesindhede, motiewe en met selfsugtige begeertes bid.

Jakobus 5:16-18

Gebed is die fondament van ‘n gemeente, want sonder gebed is die kerk

kragteloos in hierdie wêreld. As ons egter gelowig bid, sal God siekes

gesond maak en sondes vergewe. Mense se lewens sal verander en

hulle sal van die breë na die smal weg oorgaan, omdat daar vir hulle

Bladsy | 24

gebid is. Gebed het ‘n kragtige uitwerking. Elia is vir ons ‘n voorbeeld

daarvan, toe hy ernstig gebid het dat dit nie moes reën nie, was daar vir

3 jaar en 6 maande droogte gewees. Toe hy daarna weer bid, het God

reën en voorspoed gegee. Ons kan nie sonder gebed lewe nie. God kan

alles doen en by Hom is alles moontlik, maar ons het nie, as ons nie bid

nie. As ons egter bid, sal God wondere laat geskied.

Handelinge 12:5-7

Gebed is die fondament van ‘n gemeente, want deur gebed kan elke

probleem en krisis oorkom word. Petrus was in die tronk en Herodes sou

sekerlik ook vir hom, soos vir Johannes die Doper wou onthoof. Die

gemeente het egter ernstig saamgebid en God het ‘n wonderwerk

gedoen deur ‘n engel te stuur wat die kettings van sy hande losgemaak

het, en hom veilig tussen die soldate, wat binne en buite sy sel was, uit te

lei. As kerk kan ons nie die stryd teen die bose in ons eie krag oorwin

nie. Deur gebed breek God grendels, maak Hy nuwe deure oop en bevry

Hy ons van die bose. God is ‘n lewende God wat gebede verhoor en

beantwoord.

3. Hoekom het gebed so min plek in sommige lidmate se lewens?

Mense is vandag te besig met wêreldse dinge. Die wêreld slurp ons tyd

so op en maak dat ons, deur ‘n dolle gejaag, aan die einde van die dag

so moeg is dat ons nêrens meer tyd kry om te bid nie. ‘n Ander rede is

dat sonde ons, ons vrymoedigheid ontneem en maak dat ons soos die

verlore seun, vir die vader begin wegkruip. Sonde bring skeiding tussen

ons en God en vertroebel ons verhouding met God. Gebed vra

dissipline en dit kos harde werk en ‘n bereidheid om op te offer en nee

vir ‘n klomp goed te sê, om ons by God af te sonder. Baie mense dink

dat net die sigbare dinge rêrig tel en dat gebed nie belangrik is nie. Baie

lidmate bid ongeveer 5-10 min per dag en is nie bereid om by die

gebedswag, waar daar ‘n uur vir God afgesonder moet word, betrokke te

raak nie. Baie mense dink dat gebed net ‘n vra van ‘n klompie behoeftes

is, en vergeet die belangrikheid van lofprysing, danksegging, stilword,

luister, intersessie, sondebelydenis en om die Woord te bid. Met ander

woorde hulle bid nie, omdat hulle nie weet hoe om te bid nie. Mense leef

ook so selfgesentreerd dat hulle alles in hulle eie krag probeer aanpak

en nie besef dat gebed die magtige arm van God in beweging kan bring

Bladsy | 25

nie. Mense is ongelowig en glo nie dat gebed veel verskil kan maak nie.

Mense is ook nie Geesvervuld nie en daarom ervaar hulle nie die leiding

van God se Gees wat hulle help om te bid nie. Die Heilige Gees gee vir

ons oorwinningskrag oor ons ou natuur en ons luiheid, en help ons om te

bid, en ook om reg en effektief volgens God se wil te bid. Iemand wat uit

sy ou natuur ‘n vleeslike lewe leef, sal nie bid nie.

4. Watter verband is daar tussen gebed en die bereiking van ons visie:

Om God en mens liewer te hê?

Dit is deur gebed dat ons lewe al meer gaan verander om soos Jesus te

word. As ons bid sal God deur sy Gees ons op ‘n pad van heiligmaking

lei, en vir ons oorwinning oor sonde gee. Deur gebed sal God ook vir

ons ‘n hart gee wat omgee vir mense wat nog nie saam oppad is hemel

toe nie. God sal ons gebede verhoor en in mense se harte werk om vir

hulle ‘n honger en dors na die Ewigheid te gee. As ons vir mense bid,

sal God hulle oor ons pad stuur en ons die woorde en krag gee om hulle

te help om ook op die regte pad te begin stap. As ons bid sal God, deur

sy Gees in ons eie harte en ook in ander mense buite die kerk, se

lewens begin werk.

5. Wat kan ons doen om intersessie vir verlore mense meer tot sy reg

te laat kom? in:

Ons persoonlike lewe?

Begin deur jou selfsug te bely en te erken dat jou gebede meestal net om

jouself draai. Vra die Here om jou oë oop te maak vir mense rondom jou

en ook vir hulle behoeftes. Vra dat die Here jou sal wys vir wie jy

spesifiek moet begin intree. Bid vir hierdie persoon en kyk of God nie vir

jou geleenthede wil gee om ook met die betrokke persoon te praat en

hom na Christus te lei nie. Maak ook ‘n lysie van behoeftes buite jouself

en begin bid vir mense, vir aksies van die kerk, vir Pinkster, vir

bedieninge, uitreike en ander geleenthede om by die wêreld met die

liefde van Christus betrokke te raak. Bid ook vir ‘n spesifieke volk en vir

die redding van daardie land. Begin en maak in jou joernaalboek‘n lysie

van sake vir voorbidding. Bly gedissiplineerd om gereeld daarvoor te bly

bid.

Bladsy | 26

Ons selgroep?

Kry iemand wat ‘n passie vir gebed het en gewillig is om leiding in die

omgeegroep met betrekking tot die gebedstyd in die groep te neem. Laat

hierdie persoon elke keer goed voorberei en die gebedsfaset hanteer.

Hou ‘n gebedsboek in stand waarin sake vir voorbidding neergeskrywe

word, totdat die gebedsverhoring ook aangeteken kan word. Maak

gebedstweelinge of –drielinge wat deur die week saam vir ‘n spesifieke

saak kan bid. Herinner mekaar per e-pos of per SMS om vir sekere sake

te bid. Gee vir elkeen in die groep kans om sy behoefte te noem en bid

dan volhardend vir elkeen se probleem, totdat daar ‘n antwoord kom.

Doen ook voorbidding vir julle projek of uitreik waarby julle betrokke is.

Doen ook by name voorbidding vir mense na wie julle besig is om uit te

reik.

STUDIE 6

’N GEESVERVULDE LEWE

1. Watter veranderinge bring die Heilige Gees in ‘n Christen se

lewe?

Galasiërs 5:22-23

2. Wat het in die dissipels se lewens verander na die uitstorting van

die Heilige Gees?

Handelinge 2:1-18

3. Hoe kan ons meer plek maak vir die Heilige Gees in:

Ons persoonlike lewe?

Die selgroep?

Die eredienste?

Ons werk?

My bediening?

My stiltetyd?

4. Wat leer Galasiërs 5:16-18 vir ons oor die lewe van ‘n Christen?

Bladsy | 27

5. Hoe kan ‘n mens weet of jy vervul is met die Heilige Gees?

6. Skep geleentheid vir die volgende...

Gee tyd om te bid vir ‘n nuwe beheer deur die Heilige Gees in

ons lewe en in ons gemeente.

Bid as groep vir elkeen wat ‘n begeerte het om volkome onder

beheer van die Heilige Gees te lewe.

7. Vir huisgodsdiens en verdere studie

Johannes 7:37-39 Die Heilige Gees gee lewe

1 Korintiërs 12:1-11 Die Gees rus ons met gawes toe

Handelinge 9:26-31 Die Gees versterk die kerk

Johannes 16:5-15 Die Gees is ons Voorspraak

Efesiërs 1:11-14 Die Gees maak ons God se eiendom

ANTWOORDE

1. Watter veranderinge bring die Heilige Gees in ‘n Christen se lewe?

Die Heilige Gees bring nuwe lewe en werk die wedergeboorte in ‘n

mens. Hierdie nuwe mens lewe soos Christus en doen die wil van die

Vader. Die Gees maak dat ‘n mens al meer soos Jesus lyk en lewe. Die

vrug van die Heilige Gees kom al meer in jou lewe na vore (Gal. 5:22-

23). Die wedergebore mens is vol liefde, blydskap, vrede, geduld,

lankmoedigheid, nederigheid, ens. Die Heilige Gees gee ‘n mens ook

krag om sonde te oorwin en nie meer ‘n slaaf van die sonde te wees nie.

Die Heilige Gees kom lei ‘n mens ook om binne God se volmaakte wil te

lewe en die regte keuses te maak. Die Heilige Gees maak ‘n mens ook

meer dapper en vrymoedig om te getuig. ‘n Skaam mens begin

spraaksaam raak en begin om in die krag van die Heilige Gees vir ander

van Jesus te vertel. Die Heilige Gees rus mense toe met die gawes van

God, sodat hulle met groot krag en vrug getuig. As God se Gees deur

iemand werk vind daar wonders en tekens plaas.

Bladsy | 28

2. Verandering in die dissipels se lewe (Hand. 2:1-18)

Na die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag het die dissipels

se lewens verander. God se wind het begin waai en daar het ‘n

geestelike beroering en beweging in hulle lewe gekom, sodat hulle nou

met vrymoedigheid die toe deure oopgemaak het en in die strate

uitgestap het, as getuies vir Christus. Daar was ‘n nuwe vlam en vuur in

hulle lewe, wat deur die Heilige Gees aangesteek is. Die Gees het deur

hulle getuig en met groot opgewondenheid en krag, mense tot bekering

gelei. Hulle het selfs in onbekende tale gepraat oor die groot dinge wat

God gedoen het. Dit het nie meer saak gemaak as mense hulle gespot

het en as dronk bestempel het. Selfs Petrus was nie meer bang vir die

Jode wat vir Jesus gekruisig het en die Christene vervolg het nie. Hy het

met groot vrymoedigheid getuig en met nuwe insig vertel hoe die

profesieë van die Ou Testament in vervulling gegaan het. Die skaam

Petrus het nou met krag duisende mense na God toe gelei.

3. Hoe kan ons meer plek vir die Heilige Gees maak in:

Ons persoonlike lewe?

Ons moet bewustelike ‘n besluit neem om die Heilige Gees toe te laat en

die reg te gee om ons lewe te beheer. Hiermee saam moet ons ook

voortdurend deur kies teen ons sondige geaardheid en ons selfsugtige

ou natuur. Ons lewe moet steeds deur die Gees van God beheers word.

Daarom moet ons baie sensitief wees vir die influistering van die Gees en

onmiddellik doen wat die Heilige Gees van ons vra. In ons gebedslewe

moet ons ook tyd maak en onsself oopstel vir die werking van die Heilige

Gees. Daarom moet ons leer om meer waagmoed aan die dag te lê en

in die geloof te begin doen wat die Heilige Gees op ons hart lê.

Die selgroep?

Ons moet spesifiek oop wees en die Heilige Gees uitnooi om die

omgeegroep te lei. Ons moet ‘n sensitiwiteit ontwikkel vir wendinge wat

die Heilige Gees in die verloop van ‘n omgeegroep wil bring. Ons moet

ook tyd maak om stil te wees en te wag op die leiding van die Gees. Ons

moet ook oop wees om onmiddellik te gehoorsaam as die Heilige Gees

iets op ons hart lê. So moet daar plek wees vir liefde, gasvryheid, lering,

profetiese woorde, genesing, voorbidding, ens. in die omgeegroep. As

die Gees van God in beheer is van ‘n omgeegroep, sal elke aand se

program anders lyk. Daar sal ook ‘n groot eensgesindheid heers en die

liefde van God sal die kenmerk wees van so ‘n groep.

Bladsy | 29

Die eredienste?

Ons moet leer om stil te word en voor die erediens tyd te maak om ons

oop te stel vir die werking van die Heilige Gees. Dit moet reeds die

vorige dag begin en in die week as ons spesifiek voorbidding doen vir

ons kerkbesoek. So moet ons ook biddend erediens toe kom en in die

kerk ook tyd maak om te bid en die Gees van God te vra om in ons harte

te werk. As ons lofprysing en aanbidding doen moet ons oorgegee wees

aan die Heilige Gees wat ons wil lei tot groter meelewing en gemeenskap

met God. Selfs in die prediking moet ons oop wees dat die Heilige Gees

vir ons kan vorm, verander en kan wys wat God vir ons lewe wil hê. Ons

moet leer om die Heilige Gees se stem te herken en onmiddellik te

gehoorsaam. Daar moet ook geleentheid wees vir mense wat ‘n Woord

ontvang het om die Woord, nadat dit getoets is, aan die gemeente

bekend gemaak kan word. Die beplanning van ‘n erediens moet ook in

absolute afhanklikheid van die Gees van God plaasvind. Die musiek en

verloop van die diens moet ook geleenthede skep waar mense stil kan

word en die Gees kan kans gee om in hulle te werk.

Ons werk?

As ‘n mens werk toe gaan moet jy jou hart instel om ‘n kanaal vir die

Heilige Gees te wees, sodat jy onder leiding van die Gees van God jou

werk sal doen. Wy jou kantoor toe aan God en maak dit ‘n werk en

woonplek van die lewende God. Moenie toelaat dat daar enige plek vir

sonde en die bose in jou kantoor is nie. Laat die Gees toe om ‘n

atmosfeer van liefde en vriendelikheid te werk. Wees goedgesind en

gaaf teenoor alle mense wat oor jou pad kom. Laat die Gees toe om vir

jou die vrug van geduld en lankmoedigheid te gee. Hierdie gawes het

ons juis nodig wanneer daar moeilike situasies en persone oor ons pad

kom. Laat die Gees ook toe om vir jou te lei in elke besluit en in elke

gesprek wat jy het. Maak tye van stilte waar jy net opnuut fokus op God

en jou oopstel vir die Heilige Gees en vir sy leiding.

My bediening?

Wees oop dat die Heilige Gees jou kan lei en jou kan wys waar en hoe

God jou wil gebruik. Elkeen van ons het ‘n plek in God se geestelike

liggaam op aarde. Hy rus ons ook deur sy Gees toe met gawes en

bekwaamhede om vir mense tot seën te wees. Die Heilige Gees help

ons om nie selfsugtig te lewe nie, maar ander se nood en behoeftes raak

te sien en na hulle uit te reik in diensbaarheid. Die Heilige Gees se vrug

is ook getrouheid, sodat ons nie laks en lui sal raak en ons bediening

verwaarloos nie. Die Heilige Gees lei ons ook na nuwe dinge toe en wys

Bladsy | 30

vir ons waar God ons op ‘n nuwe manier wil gebruik, om vir mense te

help.

My stiltetyd?

Ons moet ook in ons stiltetyd, tyd maak om ons eers in te stel op God en

ons oop te stel vir die werking van sy Heilige Gees. Die Heilige Gees

moet ons lei in ons gebedslewe, asook in ons Bybelstudie. Dit is die

Gees van God wat ons oë oopmaak om God se waarhede te verstaan en

prakties in ons lewe toe te pas. In ons gebedslewe wil die Heilige Gees

ons lei na Bybelse waarhede, insigte oor God en opdragte oor mense.

So wil die Gees van God ook vir ons opdragte kom gee en ons lei na

spesifieke waarhede in God se Woord.

4. Wat leer Galasiërs 5:16-18 vir ons oor die lewe van ‘n Christen?

‘n Christen moet weet dat die Gees van God in sy binneste woon. Die

gevaar is egter dat ons ou natuur weer die beheer van ons lewe kan

oorneem en dat die Gees in ons lewe eenkant geskuif word. Daarom

moet ons bly kies teen sondige begeertes en teen die keuses van ons

sondige natuur. Ons moet aan die anderkant ook volhardend bly kies

om deur die Gees van God gelei te word. Ons moet weet daar is ‘n

geestelike stryd in ons binneste. Die Gees van God is in stryd met ons

sondige natuur en ons sondige natuur wil telkens ons lewe se beheer

oorneem, daarom moet ons sorg dat ons steeds net doen wat die Gees

van God vir ons sê. Ons moet nie toelaat dat ons ou natuur weer oorvat

nie, want dan gaan ons die wil van God mis in ons lewe.

5. Hoe kan ‘n mens weet of ‘n mens vervul is met die Heilige Gees?

Dit is moontlik dat ‘n mens die Heilige Gees in jou lewe kan hê, van jou

wedergeboorte af, maar dan nog steeds die Heilige Gees weerstaan en

keer om vryelik in jou te werk. Dis ook moontlik om die Heilige Gees

ongehoorsaam te wees en nie te doen wat die Gees van God van jou

vra nie. ‘n Mens kan ook weer sonde in jou lewe toelaat en so die Gees

van God wat Heilig is bedroef. As ‘n mens egter weet dat jy gehoorsaam

was aan God se opdrag in Ef. 5:18 dan kan jy weet dat die Gees van

God jou sal vervul. As ons die Heilige Gees vra en toelaat om ons te

vervul, sal Hy dit doen. As ons die Gees van God gevra het om ons

lewe te beheer, moet ons in die geloof aanvaar dat Hy dit gedoen het

(Gal. 3:14). Ons moenie eers wag tot ons iets ervaar, of beleef, voordat

ons glo dat die Heilige Gees ons vervul het nie. God se begeerte is dat

Bladsy | 31

ons met die Gees vervul moet wees. As ons die Heilige Gees vra en

toelaat om ons te beheer, sal Hy dit doen.

STUDIE 7

GAWES VAN DIE GEES

1. Hoe het die lewens van die apostels verander nadat hulle op

Pinksterdag met die Heilige Gees vervul is? Hand. 5:12-20

2. Lees 1 Korintiërs 12:1-11

Waaraan gaan ‘n Geesvervulde mens herken word? (v1-3)

Waarom gee die Gees genadegawes? (v4-7)

Vir wie gee die Gees gawes? (v11)

Verduidelik wat elke gawe behels. (v8-10)

a. Openbaring (iets weet)

Wysheid

Kennis

Onderskeiding

b. Kragte (iets doen)

Geloof

Wonders

Genesing

c. Inspirasie (iets sê)

Profesie

Tale

Uitleg

3. Gee vir elkeen in die groep geleentheid om te vertel watter van

die gawes hulle al leer ken het.

Bladsy | 32

4. Gee geleentheid vir die volgende...

Bid en vra die Heilige Gees om sy gawes in en deur ons te laat

werk.

Gee tyd vir stilte en wag op die werking van die Heilige Gees.

Deel enige indruk, woord, teks, prentjie of gedagte wat spontaan

opgekom het. Doen die opdrag, wat by jou opgekom het, nadat

jy dit met die groep getoets en bevestig het.

Gee by elke omgeegroepbyeenkoms geleentheid vir die werking

van die Heilige Gees en sy gawes.

5. Vir huisgodsdiens en gevorderde studie

1 Korintiërs 14:1-19 Gawes moet geestelik opbou

1 Korintiërs 14:26-40 Riglyne vir gawefunksionering

1 Timoteus 4:6-16 Moenie jou gawes verwaarloos

Romeine 12:3-8 Nog gawes

Handelinge 4:24-31 Gebed vir gawes

ANTWOORDE

1. Hoe het die lewens van die apostels verander nadat hulle op

Pinksterdag met die Heilige Gees vervul is? Hand. 5:12-20

Hulle het ervaar hoe die Heilige Gees deur hulle werk en tekens en

wonders doen (:12). Hulle het ‘n begeerte gehad om as gelowiges

gereeld saam te kom (:12). Daar was ‘n goedgesindheid, ‘n ontsag en

respek by die mense vir die Christene gewees (:13). Die gelowiges het

ervaar hoe daar steeds meer en meer mense bygekom het, by hulle

getalle (:14). Die Apostels het gereeld beleef hoe mense wat siek was,

gesond geraak het en mense wat onder bose geeste gely het, vry gekom

het (:15-16). Hulle het vervolging ervaar maar ook God se troue sorg,

verlossing en uitkoms (:18-19). Hulle het steeds onbevrees met krag bly

getuig (:20).

Bladsy | 33

2. Lees 1 Korintiërs 12:1-11

Waaraan gaan ‘n Geesvervulde mens herken word? (:1-3)

‘n Geesvervulde mens sal onbeskaamd getuig en sê dat Jesus die Here

is. Hy sal ook nie onkundig wees oor die gawes van die Gees nie, maar

daaroor as ervarings in sy eie lewe kan praat.

Waarom gee die Gees genadegawes? (:4-7)

God gee die genadegawes aan ons sodat ons mekaar kan bedien en

geestelik kan opbou. Die gawes van die Gees is kragtige werkinge van

God deur ons om ander mense geestelik te help. Die gawes van die

Gees is in die eerste plek nie vir ons eie voordeel nie, maar ter wille van

ander. Die gawes is genadegeskenke uit die hemel wat ons ontvang, om

nie vir onsself te hou nie, maar deur te gee aan ander wat daardeur baat

gaan vind.

Vir wie gee die Gees gawes? (:11)

Alle Christene het nie altyd die ervaring dat dieselfde gawes deur elkeen

funksioneer nie. Tog gee die Gees aan elke gelowige gawes soos wat

dit nodig is. God soek daarom gehoorsame gelowiges wat Hom vertrou

en bereid is om die genadegawe wat Hy vir hulle gee aan iemand te

gaan uitdeel.

Verduidelik wat elke gawe behels (:8-10)

a. Openbaring (iets weet)

Wysheid

Die Gees kom gee ‘n goddelike insig oor die oplossing vir ‘n bepaalde

probleem. Toe die vyande vir Jesus wou aankla of by die Joodse

Raad of by die Romeinse regering, het hulle ‘n strik vir Hom gestel

deur met ‘n meisie wat buitehuwelikse seks gehad het na Hom toe te

kom. Hy het ‘n woord van wysheid ontvang deur te sê dat die een wat

nie sonde het nie, die eerste klip moet gooi (Joh. 8:1-12). Die besluit

om 7 diakens te kies om die Griekssprekende weduwees te versorg,

was ook so ‘n woord van wysheid (Hand. 6:1-4).

Bladsy | 34

Kennis

Dit is feite wat die Gees aan my openbaar wat ekself nie geken het

nie, soos Jesus by die put kennis gekry het van die vrou se 6 mans

(Joh 4:18). Petrus oor Ananias se leuen oor die verkoopprys (Hand

5:3). So bring die Gees ‘n bepaalde insig, ‘n teks, ‘n naam of ‘n vraag

spontaan in jou binneste.

Onderskeiding

Dis ‘n openbaring wat God kom gee om te wys of iets uit God of uit

Satan is. Satan vermom hom as ‘n engel van die lig (2 Kor. 6:17).

Jesus sien deur Petrus en bestraf die satan agter hom (Matt. 16:23).

Jesus herken ook ‘n vashouplek van die bose van 18 jaar gelede by ‘n

siek vrou (Luk. 13:10-17). So raak ons soms bewus van iets wat boos

is in ‘n bepaalde plek, ‘n atmosfeer, ‘n boek of ‘n film ensovoorts.

b. Kragte (iets doen)

Geloof

Daar is verskillende soorte geloof bv. historiese geloof wat bloot

kennis van historiese feite is. So iemand glo bv. in Jan van Riebeeck,

Paul Kruger en Jesus, maar dit verander niks in sy lewe nie (Jak.

2:19). Dan is daar saligmakende geloof waar ek glo aan Jesus en my

lewe dan aan Hom oorgee (Joh. 1:12). Die gawe van geloof is ‘n

bonatuurlike oortuiging van wat God wil doen en ‘n sleutel wat

wonderwerke oopsluit. Paulus het byvoorbeeld geglo dat God hulle

veilig aan land sal bring by Malta, en daarom het hy gesê dat hulle die

vrag en die reddingsboot oorboord moet gooi. Dit was ‘n geloofstap

wat gelei het tot almal se redding (Hand. 27:25). Lidmate glo God kan

R100 miljoen gee vir die nuwe kerk.

Wonders

Die gawe van geloof werk ten nouste saam met die doen van

wonderwerke. Al die wonderwerke gaan gepaard met die gawe van

geloof. So byvoorbeeld verander Jesus water in wyn; Hy vermeerder

die brode en die vissies; Hy wek mense uit die dood op en bring

genesing. Dit is bonatuurlike werkinge wat nie fisies verklaar kan

word nie. Petrus het ook geleer dat solank hy sy oë op Jesus hou,

Bladsy | 35

kan hy op die water loop. As hy sy geloofsoog van Jesus wegneem

en na die golwe kyk, het hy begin sink.

Genesing

Daar is iets soos natuurlike genesing ook in die Bybel, waar daar

sprake was van ‘n vyekoek, wyn en oogsalf, wat as medikasie gebruik

is. Daar is egter ook bonatuurlike genesing, waar God siekes aanraak

en die genesing onmiddellik begin of realiseer. Jesus verklaar dat die

vervulling van die profetiese woord van Jesaja in Jes. 53:5-6 vervul is

in Hom (Matt. 8:16-17). Deur Jesus se wonde het daar genesing

gekom. Daarom het die kerk ook ‘n opdrag in Jak. 5:14-16 om die

Here vir die genesing van siekes te vertrou. God kan ook sonder

medikasie ingryp en mense bonatuurlik laat gesond word.

c. Inspirasie (iets sê)

Profesie

Dit is nie toekomsvoorspellings of preke nie, maar ‘n spesifieke

boodskap van God om iemand op te bou, te bemoedig en te vertroos

(1 Kor. 14:3). Dit moet beoordeel en bevestig word (1 Tess. 5:20).

Timoteus het vasgehou aan ‘n profesie by sy handoplegging by die

ouderlinge (1 Tim. 4:14). Petrus het ‘n profetiese woord gehad dat hy

oud sou word voor hy sou sterf en dit het hom deur gevare en moeilike

tye gedra (Joh. 21:18-19). Ons het ‘n opdrag om ons veral toe te lê

daarop om te profeteer (1 Kor. 14:1). Daarom moet ons leer om vir

mekaar te bid en oop te wees vir enige indruk of gedagte wat ons dan

in geloof moet uitspreek teenoor daardie persoon.

Tale

Dit was een van Paulus se sterkste gawes (1 Kor. 14:18) en dit

moenie verhinder word nie (1 Kor. 14:39). Dit is onverstaanbare

woorde wat die Heilige Gees deur jou direk tot God sê. Dis ‘n

engeltaal (1 Kor. 13:1). As dit in jou binnekamer funksioneer as ‘n

gebedstaal is dit om jou geestelik op te bou. Jy kan enige tyd en

enige plek so met God praat en hierdie vreemde woorde uitspreek en

weet dat die Gees deur jou tot God bid.

Bladsy | 36

Uitleg

As hierdie tale hardop in ‘n byeenkoms uitgespreek word, moet dit

uitgelê word. Daar moet sekerheid wees dat daar iemand is wat die

betekenis van hierdie woorde sal ontvang en dit dan verklaar. So ‘n

uitleg van tale is nie ‘n woordelikse vertaling nie, maar gee die

boodskap weer soos ‘n profetiese woord.

STUDIE 8

WEES SOOS JESUS

Gee vir elkeen in die groep geleentheid om kortliks te deel wat die

afgelope agt weke in sy/haar lewe verander het om meer soos Jesus te

word.

1. Lees Romeine 8:28-30.

Wat is God se doel met elke persoon wat Hy red?

Wat beteken dit om gelykvormig te wees aan die beeld van die Seun?

Hoe verander en vorm God ons na Jesus se beeld?

2. Hoe belangrik is dit om soos Jesus te wees? 1 Johannes 2:6

3. Noem 5 uitstaande kenmerke van Jesus se lewe.

4. Wat beteken dit prakties om Jesus se voorbeeld na te volg?

Efesiërs 5:1-5

5. Wat is die geheim om al meer soos Jesus te word?

6. Gee geleentheid vir die volgende...

Laat elkeen 2 of 3 dinge in hulle lewe noem wat hulle graag wil hê

moet verander.

Bid twee-twee saam hieroor.

Bladsy | 37

Maak jou oë toe, dink ‘n oomblik na oor wie Jesus is, wat Hy doen en

gedoen het. Almal kniel neer en begin in stilte Jesus dank en loof vir wie

Hy is en wat Hy doen. Moet niks vra voor jy nie al jou lof aan Hom

gebring het nie. Sluit jou gebed af met hierdie een sin wat jy in absolute

geloof bid: “Jesus, maak my meer soos U.” Wat ons binne die wil van

God vra, sal Hy doen – vertrou Hom dat Hy jou meer soos Jesus sal

maak.

7. Vir huisgodsdiens en gevorderde studie

Esegiël 33:7-16 Help mekaar om heilig te word

Psalm 25:6-21 Kom los van die sonde

1 Petrus 3:8-12 Hoe lyk Jesus se lewe?

1 Petrus 4:1-11 Christus se lewe in die praktyk

1 Tessalonisense 4:3-8 Heiligmaking is God se wil

ANTWOORDE

1. Lees Romeine 8:28-30

Wat is God se doel met elke persoon wat Hy red?

God red ons hier op aarde om sy beelddraers en verteenwoordigers te

wees. Die wêreld sal nie van God weet behalwe deur die volgelinge van

God nie. God red ons nie om net hemel toe te gaan nie, maar om op

aarde te bly en mense na Christus toe te lei. Om dit effektief te kan

doen, moet ons gelykvormig aan die beeld van Jesus wees. Ons lewe

op aarde moet ‘n pad van heiligmaking behels waar ons al meer en meer

verander om soos Jesus te lyk. Ons moet soos Jesus se familie lyk en

lewe. Ons hier op aarde is God se ambassadeurs, wat sy amptelike

klere dra en die wêreld bewus moet maak van die heerlikheid van die

hemel.

Wat beteken dit om gelykvormig te wees aan die beeld van die

Seun?

Om gelykvormig te wees aan Jesus se beeld beteken om soos Hy te lyk.

Ons moet sy karaktereienskappe in ons lewe weerspieël. Vlgs. Gal.

5:22 is hierdie eienskappe die kenmerke van ‘n voorbeeldige lewe. Ons

Bladsy | 38

lewe moet met die hemelse blydskap en die nederigheid van Jesus

gekenmerk word. Ons moet in moeilike omstandighede soos Hy met

selfbeheersing, lankmoedigheid en geduld kan reageer. Ons moet soos

Jesus lewe en optree en sy liefde hier op aarde uitlewe. Mense moet

sien dat ons bereid is om op te offer en soos Jesus onsself te gee. Hy

was bereid om alles vir die redding van mense te doen. So moet ons

ook met dieselfde passie, toewyding en ywer, om mense by God se

verlossing uit te bring, gekenmerk word. So sal die wêreld in God se

verteenwoordigers kan sien hoe God is.

Hoe verander en vorm God ons na Jesus se beeld?

God werk in ons as sy kinders en verander ons om al meer en meer te

word soos wat Hy wil hê ons moet wees. God kom woon deur sy Heilige

Gees in ons en lei ons dan op die pad van heiligmaking. Hy kom wys

wat is sondig, verkeerd en selfsugtig in ons lewe en help ons dan om te

verander. God is die Pottebakker wat ons soos klei tussen sy vingers

druk en vorm, om ‘n bruikbare kruik te word wat die water van die lewe

kan dra. Daarom is die vorming nie altyd maklik en lekker nie, maar seer

en swaar. Tog werk hierdie swaar tye en beproewinge ten goede mee

omdat dit ons verander om ewigheidswaarde te verkry. God verander

ons ook deur sy Woord, want deur die waarhede van die Woord word

ons onderrig, geleer wat reg en verkeerd is en gehelp om die regte

lewenswyse te kweek. Deur die Woord leer God ons ook hoe om

mekaar toe te rus, te help om reg te lewe en vir ander tot seën te wees

(2 Tim. 3:16-17).

2. Hoe belangrik is dit om soos Jesus te wees?

1 Johannes 2:6

Dit is ‘n opdrag vir elke gelowige om te verander en meer en meer soos

Jesus te word. Ons behoort nie dieselfde te bly en nog die sonde en

onselfsugtige ou natuur te adverteer nie. Ons moet draers van die Nuwe

Lewe word en mense moet dit in ons kan sien en ervaar. As Jesus in

ons is, moet ons Hom gehoorsaam en na Hom luister. As ons ons lewe

vir Hom gee, moet ons Hom stiptelik bly navolg. As ons agter Jesus aan

volg, stap ons ‘n pad van vorming en verandering, en moet ons steeds ‘n

leerbare gees hê en ook bereid wees dat Hy ons na sy beeld kan vorm.

Bladsy | 39

3. Noem 5 uitstaande kenmerke van Jesus se lewe.

Hy het ‘n toegewyde gebedslewe gehad. Dit was vir Hom ‘n

prioriteit om Homself af te sonder en met sy Vader in gemeenskap

te wees. Sy lewe is nie net gekenmerk deur skares wat Hom

omring het nie, maar ook deur alleentye waar Hy in stilte saam met

God verkeer het.

Alhoewel Jesus die Koning van Konings was, is sy lewe gekenmerk

deur nederigheid. Hy het nooit belangrik probeer wees of Homself

bo mense aangestel nie. Hy het altyd met ‘n sagmoedige gees,

selfs by die eenvoudigste mense en die grootste sondaars, gaan

buig om hulle op te help.

Sy lewe is gekenmerk deur die onverskrokke verkondiging van

die waarheid. Sonder aansiens des persoons het Hy die

waarhede van die Ewige Lewe verkondig en nie teruggedeins vir

die teenkanting wat Hy gekry het nie. Hy het, ten spyte van wat die

konsekwensies kon wees, die leuen ontmasker en die waarheid

verkondig, sodat mense die nuwe lewe kon ontvang. Uiteindelik

sou Hy sterwe ter wille van die reddingsboodskap wat Hy teenoor

die tradisionalisme van sy tyd verkondig het.

Deur alles is sy lewe deur die liefde gekenmerk. Hy was bekend

vir sy ontferming oor, en sy uitreik na mense. Hy was bereid om ter

wille van ander, alles te gee, te ontbeer en op te offer. Ter wille

van die redding en heil van mense, was Hy selfs bereid om te

sterwe. Sy lewe is gekenmerk deur liefdesdiens aan mense.

Gehoorsaamheid. Dit het Hy aan sy dissipels geleer en dit was

ook die kenmerk van sy lewe, om aan die Vader gehoorsaam te

wees al kos dit wat. Jesus het eintlik net een vrees gehad en dit

was om buite die wil van sy Vader te beweeg, daarom was Hy

bereid om sy Vader tot die dood toe aan die kruis te gehoorsaam.

4. Wat beteken dit prakties om Jesus se voorbeeld na te volg?

Efesiërs 5: 1-5

Om Jesus se voorbeeld na te volg beteken om in liefde te lewe,

soos wat Hy hier op aarde geleef het. Ons moet met dieselfde

liefde as Hy liefhê, en bereid wees om ons lewe as offergawe te

gee. Dié kenmerk van Christus se liefde is, dat dit nie ‘n goedkoop

Bladsy | 40

liefde is nie, maar ‘n liefde wat opoffer en bereid is om in die

praktyk, alles vir ander te doen. Om Jesus na te volg beteken ook

om vir sonde te vlug en vir geen onsedelikheid in enige vorm, plek

te gee nie. Daar is ook geen ander God nie as Jesus, vir wie ons

lewe, en daarom is daar nie plek vir gierigheid, of vir die mag van

Mammon in ons lewe nie. Om Jesus na te volg, beteken dat ons

met ‘n skoon hart sal lewe, dat dit wat uit ons hart oorloop net

liefde, vrede en blydskap sal wees. Daarom behoort growwe,

ligsinnige, of vuil praatjies nie by volgelinge van Jesus nie.

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor. Daarom hoort

geen liefdeloosheid, woede, haat, vergelding, of enige onreinheid in

‘n volgeling van Jesus se hart te wees nie.

5. Wat is die geheim om al meer soos Jesus te word?

Die geheim is om steeds te bly kies teen jou sondige natuur, en die

Heilige Gees toe te laat om jou lewe al meer en meer te beheer en

te vervul. In die mate wat die Heilige Gees ons lewe vervul, sal die

eienskappe en die beeld van Jesus al meer in ons sigbaar word.

Daarom is dit belangrik om nie net jou hart vir die Here te gee en te

begin om Hom na te volg nie, maar die belangrikste is om te

volhard, om steeds elke dag in elke omstandigheid en beproewing

gehoorsaam aan Jesus te bly, en die stem van die Heilige Gees te

bly gehoorsaam. In die boek van Larry Julian naamlik “God is my

CEO” verduidelik hy hoedat alles in ‘n gemeente begin verander

het toe die leiers die beheer van hulle lewe, hulle bediening en

hulle besigheid, volkome aan God oorgegee het. As ons lewe aan

God behoort, moet ons Hom gehoorsaam. Daarom moet ons

onmiddellik doen wat Hy van ons vra.

Bladsy | 41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!