02.05.2013 Views

HOOFSTUK 2 KIES, SING, SPEEL EN LEI VAN ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 2 KIES, SING, SPEEL EN LEI VAN ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 2 KIES, SING, SPEEL EN LEI VAN ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bladsy 1

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

HOOFSTUK 2

KIES, SING, SPEEL EN LEI VAN LOFSANGE

(Openb 4:8 AOV) En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en

hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig,

heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! (Openb 4:9 AOV)

En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op

die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, (Openb 4:10 AOV) val die vier en twintig

ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe,

en werp hulle krone voor die troon en sê: (Openb 4:11 AOV) U is waardig, o Here, om te

ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan

hulle en is hulle geskape. Ons korporatiewe lofsange “prefigures” ons ewige lofsange voor die

troon van God. Wat ons as musiekspan Sondag na Sondag doen, verander werklik lewens en

maak waarlik ‘n verskil wanneer ons dit in Gees en in Waarheid doen. As die liggaam van

JESUS is ons geroep tot die hoogste standaard om God te eer en die standaard wat ons handhaaf

word onder andere weerspieël deur ons lofsange.

Ons is geroep om oomblikke te skep waar mense ingesluit voel, eerstens omdat hulle die radikale

liefde onder mekaar op die platform ervaar en tweedens omdat hierdie liefde God se uitnodiging

aan elkeen bied om deel te wees van Sy liggaam. Die mense op die platform kan die gehoor of

tuis, gemaklik en welkom of ongemaklik laat voel. Daarom is dit belangrik dat ons die hoogste

standaard sal handhaaf wat die versoeningswerk van JESUS nie net verstaanbaar sal maak nie,

maar die geleentheid deur ons lofsange sal skep dat mense daardie versoeningswerk deelagtig

kan word.

1. DIE KIES VAN LIEDE

Besprekingsvrae in die Groep

Watter effek moet die liede wat die groep sing, op die gehoor en die geestelike atmosfeer hê?

Hoe beinvloed die geetelike volwassenheid van die groep die tipe liede wat gekies gaan

word?

Hoe beïnvloed die gesindheid waarmee die liede gesing word die gehoor en geestelike

atmosfeer?

1.1 Hou in Gedagte dat Lofsange ‘n Wapen is

(Psa 149:6 AOV) Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ‘n tweesnydende swaard in

hulle hand; (Psa 149:7 AOV) om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die

volke; (Psa 149:8 AOV) om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met

ysterboeie; (Psa 149:9 AOV) om ‘n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ‘n Eer

is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja! Lofsange maak die wat in gevangenis is vry en

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 1

Bladsy 2

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

verbreek die werke van die vyand soos die heerlikheid van God in ons lof deurbreek.

Moenie ‘n lied kies net omdat dit mooi is nie, kies ‘n lofsang wat die waarheid en krag van

God sal vrystel.

1.2 Lofsange maak die evangelie ‘n realiteit

(Luk 4:18 AOV) Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die

evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te

genees; (Luk 4:19 AOV) om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel

van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die

Here aan te kondig.

1.3 Lofsange verander mense se gesindhede

(Jes 61:3 AOV) om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad

vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle

genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy

verheerliking. Lofsange is ‘n gewaad wat ons kan aantrek of ons los dit om te hang in die

kas. Jy kies om God te prys en dit is iets wat elke persoon vir hulself moet doen. Die

musiekspan kan dit nie vir die gemeente doen nie en die musiekspan moet self eers daardie

gewaad aantrek. Ek onthou een aand wat ek op my bed gesit het en net begin herhaal het “I

praise You Jesus”, oor en oor en oor tot in my gees ‘n oplewing gekom het en ek die

vrymakende krag van God ervaar het. Jesaja 61:1-3 is ‘n sterk boodskap van dit wat God in

ons harte en lewens wil doen. God wil ‘n goeie welstand, vervulling, vreugde en vergifnis in

ons lewens bring, sodat ons dit kan uitstraal, baie dit sien, vrees en die HERE vertrou.

Wanneer ons JESUS prys lig die gees van wanhoop en treurigheid en word dit vervang met

‘n gees van blydskap, vrede, vertroosting en opgewondenheid.

1.4 Lofsange verhoog ons energievlakke

(Jes 40:27 AOV) Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die

HERE verborge, en my reg gaan by my God verby? (Jes 40:28 AOV) Weet jy dit nie? Of

het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die

aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. (Jes

40:29 AOV) Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte

het nie. (Jes 40:31 AOV) maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; Wanneer ons op

die Here wag, fokus ons op Hom en nie op ons omstandighede en swakhede nie. Ons fokus

op dit waartoe Hy instaat is, Sy perfektheid en ons erken dat ons in en op Hom alleen vertrou.

Lofsange tot God verfris jou gedagtes, emosies en liggaam. Soos jy fokus op JESUS en Hom

met alles in jou besing, sal jy gou vergeet van alles in en om jou en net ervaar hoe die Gees

van God oorneem, jou verkwik en vernuwe.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 2

Bladsy 3

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

1.5 Lofsange verskerp ons geestelike insig

(Job 22:26 AOV) Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God

ophef. Wanneer ons God loof en prys is ons meer ingestel om te hoor wat Hy sê en wat Sy

wil is. Dit verskerp ons geestelike perspektief en word ons meer sensitief vir die geestelike

realm. Dit verskuif ons fokus vanaf pyn na vreugde, mislukking na hoop, fout na vergifnis.

1.6 Faktore wat die kies van goeie kwaliteit lofsange beïnvloed

(1Kron 9:33 AOT) En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die

kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig. Goeie

kwaliteit lofsange word beinvloed:

a) Deur Toewyding: Die kwaliteit van ons liede en die rykheid waarmee lofsange gesing

en gespeel word, hang nie net af van ons musikale vaardigheid en ingesteldheid nie, maar

veral van ons private intimiteit tyd met JESUS, persoonlike integriteit met ander,

publieke verbintenis tot die koninkryksaktiwiteite en suiwer motiewe.

b) Deur Getrouheid: Die kwaliteit liede wat ons gaan kies gaan in baie opsigte bepaal word

deur waar ons onsself bevind in ons verhouding met JESUS. Ons moet die geklank van

die HERE ken (Psalm 89:15) alvorens ons kan verwag dat ons musiek ‘n goeie geklank

in die geheel gaan voortbring. Goeie klanke in enige musiekspan word eerstens gevorm

deur elke individu wat ‘n heilige lewe voor God leef, eerlik in al hul weë wandel en

verantwoordbaar teenoor God en hul medemens is. Ons getrouheid is ‘n manifistasie van

ons hart en getrouheid is om kommunikasie met God en ons medemens lewend te hou.

c) Deur Uitnemendheid: Ons moet vir Hom die beste gee op watter vlak ookal van

geestelike groei en musikale vaardigheid ons onsself bevind. Jou uitnemendheid sal wees

soos ‘n rippel effek oor die see, wat golwe uitstuur, wat lewens aanraak op wyses wat jy

nog nooit gesien het nie.

d) Deur Moeite: Moenie net die eerste beste liede vat en dit leer, omdat jy daarvan hou of

omdat al die kerke dit sing nie. Spandeer tyd in cd-winkels en luister tot jy musiek vind

wat die vensters van die hemele oopmaak, wat eenvoudig en maklik is om te leer, maar

ook geesvervuld is en mense “troonkamer” ervaringe sal laat geniet, want dit is waar ons

verander word.

1.7 Ons liede moet mense se fokus in lyn met God se Woord en die Vaderhart bring

(2 Kor 5:20 AOV) Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons

vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Die meeste mense het

‘n gejaagde lewe en baie maak nie tyd vir God nie. Wanneer hulle dus op ‘n Sondag in ‘n

kerk stap kan hulle nie onmiddelik op God fokus nie, want hulle kom vanuit daardie gejaagde

lewensstyl. Sondae moet ‘n tyd wees waar die siel stil kan word en ons musiek tot gevolg sal

hê dat mense die waarheid omtrent God op ‘n dieper vlak sal beleef.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 3

Bladsy 4

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

a) Sing liede wat geleentheid skep vir ‘n “turning point”: Dienste moet ‘n tyd wees waar

mense hulle siele ondersoek en die ware toestand van hulle harte sien, sodat hulle gedryf

sal word om ‘n verandering te maak.

b) Sing liede wat harte verander: God se besigheid is om harte te verander en nie om te

“entertain” nie. Ons musiek moet mense laat “connect” met hulle diepliggende

gevoelens, emosies en soeke na God.

c) ‘n Goeie lied sluit aspekte in van wie God en JESUS is, op so ‘n wyse dat almal dit

verstaan en daarop kan reageer. Waak teen liede wat net ‘n uitlvoeisel van emosies en

gedagtes is. Liede moet God verhoog bo die menslike ervaring.

Vra jouself die vraag: hoe baie het jou keuse van liede die mense ingelig omtrent die

tydlose waarhede van die persoon en natuur van God? Sy geregtigheid, genade,

barmhartigheid, mag en liefde.

Verklaar jou liede temas van die Christelike geloof soos die heerlikheid van God,

liefde, heiligheid, die kruis, genade, die koninkryk van God.

Het die liede die mense bedien tot op die punt van hulle behoefte? Byvoorbeeld

belydenis van sonde ens.

Kies liede wat mense help om terug te “express” aan God wat Hy verlang om van

ons te hoor.

Doen Bybelstudie van die liede wat gesing word en dra dit oor aan die musiekspan en

gemeente vir dieper betekenis en openbaring wanneer dit gesing word.

2. RIGLYNE VIR DIE KIES VAN LIEDE

Besprekingsvrae in die Groep

Watter liede wat jul in die kerk sing is jou gunsteling en van watter hou jy glad nie en

hoekom?

Noem liede wat in die gemeente werk en nie werk nie? Gee redes (Die lied is te vinnig, te

stadig, te hoog, te laag, te moeilik, mense verstaan nie die boodskap nie, te veel engels, te

veel Afrikaans, ens.)

Skep jul liede geleenthede vir die mense om met God te ontmoet? Hoe en hoekom?

2.1 Die moeilikheidsgraad van die liede wat jy inbring hang af van die vaardigheid van die span

asook die geestelike volwassenheid. Gebruik liede en “arrangements” wat toepaslik is vir die

vlak van vaardigheid van jou musiekgroep en sit “effort” in om te ontwikkel.

a) Kies liede wat bekend is aan die mense, wat werk vir die gehoor en wat maklik is om

saam te sing. Byvoorbeeld drie liede wat baie bekend is, twee redelik bekend en bring

net een onbekende lied in tydens ‘n diens.

b) Meng maklike liede met meer gekompliseerde liede tydens dienste. Moenie al die

liede op jou lys gekompliseerd maak nie, maar laat die mense soms ontspan en ‘n

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 4

Bladsy 5

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

maklike lied geniet. Onthou dat dit makliker is vir jou om ‘n song te “own” as wat dit vir

die gemeente is. So sing baie liede wat bekend en maklik is.

c) Wanneer jy in ‘n gemeente is wat tot nou geen nuwe liede geleer het nie, sal jy met

maklike en kort liede moet begin en soos die mense in dit groei kan jy die

moeilikheidsgraad verhoog. As ‘n lied nie werk nie, skrap hom.

d) “Arrange” jou liede so dat dit saamvloei in ritmes, sleutels en tema.

Probeer soms om van die een lied na die volgende te gaan sonder ‘n musikale breek.

Jy kan na die sing van ‘n lied aanhou met maklike musikale akkoord progressies en

terwyl die sangers God spontaan loof begin met die inleiding van die volgende lied.

Moenie bang wees om ‘n stil tyd van refleksie te hê voor ‘n volgende lied nie.

Oefen die inleidings en oorskakelings tydens oefentye, sodat almal gemaklik en

vertroud met dit is. Maak die oorskakelings “smooth” en kort moontlik.

2.2 Liede moet eenvoudig wees, die hart penetreer en fokus bring.

2.3 Die seisoen waarin die gemeente is gaan bepaal watter liede gesing sal word. Sommige liede

het ‘n lang lewensduurte, terwyl ander liede net vir ‘n seisoen in die gemeente gesing word.

Sommige liede sal jy dalk vir ‘n wyle feitlik elke diens sing en ander nie.

2.4 Verskillende bedieninge sing verskillende tipe liedere. Kinderkerk en jeugbedieninge

gaan soms liede sing wat nie in hoofdienste gesing gaan word nie en andersom. Respekteer

ouderdoms- en kultuurverskille en pas aan. Moenie jou smaak en wil op ‘n generasie probeer

afdwing nie, maar leef dit uit in die geleenthede wat vir jou generasie geskep word. Die doel

is dat mense met God moet ontmoet, so gebruik liede wat jy weet daardie generasie gaan

help om deur te breek in die gees.

2.5 Enige lied moet ons aandag dadelik vestig op die waarheid omtrent die God wie ons

aanbid en nie op die styl en musikale kunste nie. Vestig die fokus van jou kreatiwiteit op

God en nie jou styl of hoe goed jy speel of sing nie. Hoe kan die waarhede van God

uitgedruk en na vore kom in hierdie lied deur jou musikale vaardigheid?

2.6 Hou in gedagte dat jou doel nie is om so vinnig moontlik deur die liede te werk nie,

maar om mense die geleentheid te bied om JESUS te “embrace”. Daar moet nie deur

liede gejaag word om dit net te sing en klaar te kry, sodat die volgende lied gesing kan word

nie. Daardie lied moet in mense se harte tot lewe kom en die realiteit van wat gesing word

moet diep by mense insink.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 5

Bladsy 6

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

2.7 Sleutels waarin liede gesing word

a) Soms kan jy liede kies waarvan almal in dieselfde sleutel gesing word. Dit maak dit

makliker ten opsigte van die oorskakeling van die een lied na die ander lied. Maar dit

kan ook eentonig word en die liede op jou lys beperk.

b) Om egter konstant die sleutels van een lied na ‘n ander te verander kan ook die negatiewe

effek hê op ‘n sagte vloei en almal bietjie “unsettled” laat voel.

c) Die meeste ervare leiers poog om ‘n balans te hou ten opsigte van die verandering van

sleutels waarop liede gesing word. Jy kan byvoorbeeld in ‘n lied oorgaan na die

volgende sleutel om dinamika te bou en sodoende dan gereed te wees vir ‘n volgende lied

wat in daardie sleutel is.

d) Jy kan ‘n lied in dieselfde sleutel bly sing en oorgaan na die volgende lied in daardie

selfde sleutel, maar dan met die tweede of derde keer wat jy die volgende lied sing die

sleutel verander na ‘n hoër sleutel wat ook die lied meer dinamies sal maak.

Die volgende Toonaard en Akkoord Sirkel help baie om te weet watter sleutels om ‘n

volgende volg, sodat die liede wat gekies word musikaal in mekaar sal vloei.

a) Wanneer jy regs-om die sirkel beweeg, dan kan jy elke tweede sleutel gebruik. So as jy

‘n lied in D gesing het, kan die volgende lied se sleutel of in D of in E wees.

b) Wanneer jy links-om beweeg kan jy elke volgende sleutel gebruik. Byvoorbeeld, as jy so

pas ‘n lied in G gesing het kan jy volgende C sing en na hom F.

c) Jy kan byvoorbeeld ‘n lied in C sing en die volgende in D en die een daarna in G.

MOLLE (flats) C KRUISE (sharps)

F G

D

Bb A

E

Eb B

F#

Ab

C#

Db

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 6

Bladsy 7

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

2.8 Transponering van liede. Transponering is om die lied van een sleutel na ‘n hoër of laer

sleutel te verander. Wanneer ‘n lied te hoog of laag is om te sing, word die sleutel verander

sodat almal gemaklik saam kan sing. As ‘n lied byvoorbeeld in C gesing word en jy wil dit

transponeer na E dan skryf jy C se sleutels wat volg uit en onder dit E se sleutes. Nou

vervang jy elke sleutel wat in die lied verskyn wat jy bo geskryf het, met die sleutel wat net

onder hom is in die blokkie.

C C# D D# E F F#

Db Eb

Gb

E F F# G G# A A#

Gb Ab Bb

Die tabel hieronder sal jou help in al die sleutels.

G G# A A# B C

Ab Bb

B C C# D D# E

Db Eb

C C# D D# E F F# G G# A A# B C

Db Eb

Gb Ab Bb

C# D D# E F F# G G# A A# B C C#

Db Eb

Gb Ab Bb

Db

D D# E F F# G G# A A# B C C# D

Eb

Gb Ab Bb

Db

D# E F F# G G# A A# B C C# D D#

Eb

Gb Ab Bb

Db Eb

E F F# G G# A A# B C C# D D# E

Gb Ab Bb

Db Eb

F F# G G# A A# B C C# D D# E F

Gb Ab Bb

Db Eb

F# G G# A A# B C C# D D# E F F#

Gb Ab Bb

Db Eb

Gb

G G# A A# B C C# D D# E F F# G

Ab Bb

Db Eb

Gb

G# A A# B C C# D D# E F F# G G#

Ab Bb

Db Eb

Gb Ab

A A# B C C# D D# E F F# G G# A

Bb

Db Eb

Gb Ab

A# B C C# D D# E F F# G G# A A#

Bb

Db Eb

Gb Ab Bb

B C C# D D# E F F# G G# A A# B

Db Eb

Gb Ab Bb

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 7

Bladsy 8

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

3. DIE SING EN SPEEL VAN LIEDE

3.1 Die leer en sing van nuwe liede

a) Kom voorbereid na die oefeninge. Bring jou instrument, bladmusiek, Bybel, pen,

“highlighter”, notaboek, alles wat jy sal nodig hê, saam.

b) Kom met ‘n verwagting, oop gemoed, bereid om te leer en te onderwerp aan mekaar.

c) Weerstaan die versoeking om oor te neem, jou eie ding te doen of eie wil af te dwing.

d) Luister en lees die musiek versigtig en duidelik en maak dan voorstelle indien enige, met

dien verstande dat die finale sê by die leier lê. Moenie verwarring en verdeeldheid

veroorsaak tussen die groepslede oor hoe ‘n lied gesing moet word nie.

e) Indien die ritme moeilik is, klap die ritme met jou hande saam tot jy vertroud is daarmee

en dan begin jy die woorde sing.

f) Merk jou papier by dele waar asemhaling moeilik is en waar jy meer ondersteuning nodig

het.

g) Nie almal spreek woorde dieselfde nie. Oefen jou konsonante artikulasie. Of dit hard of

sag moet wees. Is die lirieke “breathy”, warm, helder, aggresief?

h) Beplan wanneer in die lied geharmoniseer moet word. Oefen die frasering van sinne, die

akkuuraatheid van saamsing en die “blend”.

i) Indien nodig “record” die lied by die oefeninge, sodat jy al die dele kan onthou en by die

huis kan oefen. Om op jou eie by die huis te oefen sal vrug lewer.

3.2 Sing en speel duidelik

a) Sangers moet hul woorde duidelik uitspreek.

b) Sangleiers moet nie mompel oor die mikrofone of die mikrofoon wegneem van hul mond

of binnemonds praat wanneer hulle oorgaan in spontane lofsange nie. Laat die gemeente

jou spontane lofsange hoor, sodat hulle dit kan beaam en hulle daardeur gelei, geleer en

gemotiveer word om hulle eie spontane lofsange tot God te sing. Dit bring ook ‘n

eenheid in die gees wanneer die hele gemeente gesamentlik in lofsange oorgaan. Waar

daar eenheid is, gebied die HERE sy seën.

c) Gee definitiewe leiding deur wat jy sê of sing, vir almal om te hoor.

3.3 Die rol van die klank

a) Klank kan ‘n diens maak of breek. Persone wat die klank en multi-media doen met die

woorde is net so belangrik soos die sangers en musikante. Hulle is netsoveel deel van die

groep. Daarom oefen hulle saam met die res van die groep en kom ook vroeër in op

Sondae om te help dat die klank en platvorm gereed is vir die diens.

b) Klank is nie ‘n passiewe bediening nie. Dit dit is soms nodig om konstant deur die diens

verstellings te maak, sodat dit nie te hard of te sag is nie.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 8

Bladsy 9

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

c) Wanneer iemand ‘n profetiese lied sing moet die klankman dit optel, sodat hy die klank

sodoende kan stel dat almal dit hoor.

d) Die projeksie van almal se stemme is nie dieselfde nie. Sommiges is baie hard en ander

sag. Wanneer iemand na vore kom om ‘n Woord te gee moet die klankman wakker wees

en onmiddellik die mikrofoon identifiseer en dit harder of sagter stel, soos nodig.

3.4 Speel die regte ritmes en tempo

Die verkeerde ritme en tempo kan die effektiwiteit van ‘n lied vernietig. Weet wat jou doel

is in die span. Is dit om ritme te gee of die lied in te kleur? Deur saam met al die musikante

en sangers te oefen, sal die regte ritme en tempo deur almal gesnap word.

a) Die basspeler werk saam met die “kick drum” en hulle verskaf ‘n fondasie voor hulle

kreatief begin raak. Die drommers lei eintlik die hele groep in ‘n vaste ritme en die

ritme van die dromme sal die fondasie en vloei van die hele lied bepaal. Wanneer die

dromme en baskitaar hul ritme vasgelê het, kan hul kreatiwiteit gebruik om dinamika in

die lied te bou en kan die res van die groep ontspan en net invul waar nodig.

b) Elektriese kitare moet dit nie oordoen nie. Hulle moet die regte klank met die regte

tekstuur en ritme vir die lied vind sonder om dit te oordoen.

c) “Synthesisors” moet eenvoudig gespeel word, genoeg spasie gelaat word.

d) Stop ‘n lied en begin weer as die tempo baie verkeerd is. Dit gaan groter frustrasie bring

om aan te hou in die verkeerde ritme te speel. Moet nooit die blaam op ander plaas vir ‘n

verkeerde tempo nie. Stop net eenvoudig en verduidelik aan die gemeente ons gaan weer

begin. Jy wil nie hê dat jou spanlede in konstante vrees moet leef, omdat hulle bang is jy

blameer hulle elke keer vir wanneer iets verkeerd loop nie.

e) Indien nodig, oefen met ‘n metronoom, sodat die groep kan leer om hulle ritme te hou

tydens die sing van liede. Moenie liede onnodig trek nie. Dit maak dat die lied sy impak

verloor.

f) Maak seker almal weet waar hulle moet inval en dat sangers nie te vinnig by party sinne

inval nie.

3.5 Oefen die oorskakeling van een lied na ‘n volgende

Wanneer ons verlang om van ons lofsange oor te gaan tot geestelike liedere, sing ons nie

eenvoudig net die een lied na die ander nie. Liede moet musikaal oorskakel van die een na

die volgende en in die tussenposes moet die sangers interaksie behou met mekaar en

met God. Ons moet reageer op die liede wat ons tot God sing.

a) Soms kom daar ‘n spontane handeklap vanuit opgewondenheid oor die waarheid wat

sopas gesing is.

b) Ander kere begin die musieke dadelik met ‘n nuwe lied wat ‘n wonderlike ritme het en

almal hou ritme met handeklap en kyk die gehoor versekerd en bevestigend van God se

liefde in die oë.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 9

Bladsy 10

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

c) Daar is kere wat lede spontaan oorgaan in talesang of in spontane lofsange.

d) Ander kere raak musikante en sangers stil en ervaar God se teenwoordigheid.

e) Dan is daar sommige liede wat oorgaan in oorlogvoering en waar demoniese magte

gebind word wat besig is om mense se lewens te vernietig.

f) Dalk lê die HERE dit op jou hart na ‘n aanbiddingstyd in die gees om ‘n psalm voor te

lees, terwyl die musieke speel.

g) Wanneer daar van een lied oorgegaan word na ‘n volgende waarvan die ritme en tempo

verskil kan daar byvoorbeeld na die eerste lied spontaan gelofprys word en dan kan die

instrumente die nuwe ritme en tempo begin gee en almal val in en begin die nuwe lied

sing. Of die lied kan stadig begin word en op ‘n sekere stadium kom die dromme in en

val almal by die vinnige ritme in. Ander kere kan daar net eenvoudig totaal gestop word

en ‘n inleiding gespeel word vir die volgende lied.

h) Spreek of sing die woorde van die volgende lied of waarheen jy volgende wil beweeg

selfs in dieselfde lied, dan weet die hele groep waarheen om te beweeg. Oefen tydens

oefeninge moontlike wyses hoe die lied afgesluit kan word en die hele groep moet die

persoon wat lyding gee dan volg in watter afsluiting hy op besluit tydens dienste.

i) Die persoon wat leiding neem hetsy musikaal of wat sing moet baie sterk leiding

vroegtydig gee, waarheen volgende beweeg word in die lied of na die volgende lied,

sodat die res van die groep nie onseker is en dalk onnodig foute maak wat hul in ‘n

verleentheid bring, omdat die leier se tekens nie vroeg en duidelik genoeg was nie.

j) Oefen as groep saam om in akkoorde te vloei en musiekaal op te bou en dan weer sagter

te gaan, en soms net stil te word net met gesproke gebede.

Die oorskakeling van een lied na ‘n volgende is nie noodwendig iets wat altyd geoefen of

geleer kan word nie. Daar is kere wat dit moontlik is dat die gemeente in spontane lofprys

gaan en in die lofprysing begin die musikante met ‘n geoefende inleiding, maar tog kom die

oorskakeling van een lied na ‘n volgende makliker wanneer die hele groep die geklank van

die HERE ken. Dit kom deur ingestem en een te wees met die HEILIGE GEES, Sy stem

te hoor en te gehoorsaam deur te sing dit wat Hy in jou binneste plaas om te sing, uit te roep,

te bid na een lied en of daar begin moet word met die volgende en of die vorige een weer

herhaal moet word.

3.6 Die gebruik van gebare taal

a) Elke groep het hul eie tekens wat hul gebruik om te wys dat die lied nou stop, die ritme

verander, die koortjie herhaal word, terug na die vers toe gegaan word, harder of sagter

gespeel word of dit kan ook met die stem gekommunikeer word deur dit te sê of te sing.

b) Maak seker dat die hele groep, klankman en multi-media operateur jou tekens verstaan en

almal dit volg regdeur die diens. Die leier se tekens moet baie duidelik wees en die

musikante moet “alert” wees vir “transition points”.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 10

Bladsy 11

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

3.7 Leer om na mekaar te luister en mekaar te verstaan

a) Wanneer iemand verkeerd speel of sing is daar geen rede om frustreerd of gespanne te

raak nie. Vloei met die fout en wys dan dadelik waarheen volgende gegaan moet word.

b) Wanneer mense doelbewus verkeerd speel en sing om jou gesag te ondermyn en hul eie

wil af te dwing, moet hierdie mense aangespreek word en indien nodig van die span

afgehaal word vir ‘n tyd, maar dit gebeur dat mense soms foute maak.

c) Sien ook soms die humor in die situasie en geniet mekaar se menswees. Vra verskoning

vir jou foute, waar nodig, en gaan aan. Almal in die musiekgroep maak van tyd tot tyd

foute. Die leier ingesluit.

3.8 Wanneer sluip onnodige foute in?

Dit is die een eienskap van die mens wat uitstaan bo die van God: Ons maak foute. Erken

dit en gaan aan. Geen oë wat gerol word vir die een wat die fout maak, beskuldigings of

frustrasie nie. Ons is mens, dit gebeur. Maar onnodige foute wat vermy kon geword het,

kom in wanneer:

a) Die groep en leier nie geestelik voorbereid is vir die diens nie, en dit net doen vanuit ‘n

roetine aktiwiteit en nie as ‘n verwagting dat God gaan werk nie.

b) Wanneer die groep nie saam oefen en mekaar leer ken in hulle talente en in JESUS nie.

c) Wanneer daar voor ‘n diens gejaag word om die platform en voorbereiding in tyd reg te

kry.

d) Wanneer daar te lank gesing word in ‘n dooie atmosfeer met geen werking van die

HEILIGE GEES nie.

e) Wanneer te veel nuwe liede in een diens gesing word.

f) Wanneer die groep die liede nie goed genoeg ken nie.

g) Wanneer die sangleier nie geestelike ingestem is om te weet waarheen om volgende te

gaan na die sing van ‘n lied of hoeveel keer om ‘n lied te sing nie. Dit kom deur oefening

en die leiding van die HEILIGE GEES wat jou sal “prompt” wanneer Hy besig is om ‘n

werk in harte te doen, terwyl die lied gesing word. Wanneer Hy ‘n sekere waarheid by

die mense wil tuisbring sal sekere sinne dalk herhaal word en Hy sal dit instinktief, op die

oomblik in jou hart plaas en dan moet jy dit doen.

h) Wanneer die groepslede swak geklee is en aandag op hulself wil vestig eerder as op God.

i) Te veel mense op die platform is waarvan die helfte net daar is om te “entertain” en geen

verhouding met JESUS het nie.

j) Wanneer die klank te sag of onduidelik is en die gemeente nie kan hoor wat die sangers

sing nie of wanneer die klank te hard is en mense se aandag aftrek.

3.9 Wees gemaklik en ontspanne

a) Stap flink en regop na die platvorm met die gesindheid van ons is opgewonde en gefokus

nou om God te prys saam met sy gunsgenote en ons geliefdes.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 11

Bladsy 12

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

b) Elkeen moet doelgerig met ‘n glimlag en gemaklikheid na sy instrument of mikrofoon

stap, dit dadelik neem en gereed staan om te begin.

c) Wees spontaan, vriendelik, gemaklik, normaal en geniet wat jy doen. Sodra mense

slordig voorkom en voetsleeps na vore gaan, skep dit ‘n negatiewe beeld by die

gemeente. Die gemeente het nodig om julle passie en opgewondenheid te sien. Dit is

aansteeklik!

d) Elke persoon op die platvorm moet goed versorg, netjies wees en lekker ruik!

e) Die spanlede op die platvorm moet warmte uitstraal en “inviting” wees dat mense in die

gehoor deel sal voel van hulle. Wees ontspanne, glimlag en weerspieël ware entoesiasme.

Hoe meer los en ontspanne die groep is, hoe meer los en vry die gemeente. Die gehoor

moet daarna uitsien met verwagting om saam met die musiekspan te sing.

f) ‘n Ontspanne en gemaklike atmosfeer sal heers wanneer daar vergewensgesindheid en

oop kommunikasie onder mekaar is, wanneer spanlede mekaar vertrou, opbou en

ondersteun, en wanneer almal vertroud is met liede wat bedien word, wanneer die

kommunikasie tydens die diens doeltreffend is met betrekking tot wanneer om te stop,

wanneer om oor te skakel na ‘n volgende lied, en wanneer die span ‘n kompassie en

liefde het vir die mense wie hulle bedien.

g) Leer ook om die oomblik te herken waarin jy is hetsy dit uitbundig, stil en sag of

oorlogvoering is. Leef jouself uit in die oomblik waarin jy is en geniet dit ten volle.

Bespreek hierdie oomblikke tydens oefentye, sodat almal kan leer om dit te identifiseer,

reg daarop te reageer en saam te vloei in die gees.

h) Die belangrikse van die sangdiens is dat mense met God sal ontmoet en dat God Sy

Vaderhart aan die mense sal openbaar. Lofsange gaan nie oor die groep se behoeftes nie,

maar oor God. Wanneer die span nie sekuur in JESUS is nie, en erkenning by die

gemeente soek vir hulle goeie spel en sang word die aandag van God geneem en op die

mens geplaas.

4. DIE LEI VAN LIEDE

4.1 Die leer van nuwe liede aan die gemeente

(Deu 31:19 AOT) Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van

Israel; lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My ‘n getuie teen die kinders van Israel kan

wees. (Psa 33:3 AOV) Sing vir Hom ‘n nuwe lied, speel met volle oorgawe, jubel dit uit!

(Psa 98:1 AOV) ‘n Psalm. Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige

dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin.

a) Maak seker dat die hele span die lied goed ken en dit gemaklik sing.

b) Sing die liede 2-3 weke agtermekaar voor die diens en integreer dit daarna in die diens.

Sommige nuwe liede sal ‘n gemeente dadelik vat, staan en saamsing, terwyl ander liede

tyd neem om te leer.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 12

Bladsy 13

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

c) Wanneer dit in die diens geintegreer word, plaas dit saam met maklike liede wat die

gemeente goed ken.

d) Maak ‘n punt daarvan om die liede te memoriseer. Dit maak dit makliker om te vloei en

om die mense met selfvertroue te lei.

e) Soos gemeentes geestelik groei, het die mense ‘n behoefte na nuwe liede om sodoende op

‘n nuwe wyse hul liefde teenoor God uit te druk. Dit help dat mense nie in ‘n groef en

tradisie verval nie en bring varsheid en entoesiasme in lofsange.

f) Om liede te skryf is ook ‘n bediening, maar nie dié bediening nie. Bedieninge en gawes

word alles ontvang vanaf God deur Sy Gees en is nie vir persoonlike belang of

verheerliking nie, maar tot opbouing van die liggaam (Rom 12; 1 Kor 12) in JESUS.

4.2 Die begeleiding van liede

Musiek is ‘n baie magtige vorm van uitdrukking. Dit kommunikeer nie net gedagtes en idees

nie, maar ook emosies en gevoelens. Musiek kan ons opgewek laat voel en lus om te dans,

of dit kan tot gevolg hê dat daar selfs ‘n traan in ons oog kom. Dit is moeilik om mense te lei

wanneer daar nie vaste ritme en geïnspireerde “improvisational keybordspelers” is nie.

a) Ontwikkeling begin by die huis te oefen. Musikante gaan groei en ontwikkel in hul

talente en lofsange, wanneer hulle tuis tyd uiteensit om God te loof op hul instrumente of

met hul stemme. Deur liede tuis oor en oor te sing en te speel help dat elkeen meer

vertroud met die lied word en makliker kan vloei in die Gees. Streef daarna om die speel

van jou instrument ‘n tweede natuur te maak. Dit gaan ook help dat jy meer vrylik kan

vloei tydens lofsange.

b) Maak weekliks klein musikale stappe deur oefening en vir ekstra klasse te gaan.

Daar is nie tyd om musikante en sangers by oefeninge te leer hoe om hul instrumente te

bemeester of hoe om te sing nie. Inisiatief moet van hulle kant geneem word om dit in

hulle eie tyd te doen. Luister ook soveel moontlik “praise and worship” cd’s. Sing saam

en bespeel jou instrument op dit sodat jou aanvoeling tot lofsange kan groei. Gaan vir

ekstra sangklasse om te help om die beheer en projeksie van jou stem te verbeter.

c) Leidende instrument kan wissel met liede en verskil van groep tot groep. Die

leidende instrument hang af van wat in die gemeente beskikbaar is en ook selfs van die

tipe lied. Sommige gemeentes het net kitare ander net klaviere en ander gemeentes baie

meer. Soms lei ‘n viool ‘n sagte lied. Hang af van die oomblik. Wees buigbaar.

d) Instrumente speel nie net die lied nie, maar begelei ook die spontane lof: Na ‘n

lofsang kan die simbale saam met die stemme juig en dan sagter gaan. Tydens

oorlogsvoeringliede kan die dromme meer aggressief speel of as daar profeties gesing

word op die ritme van die lied wat sopas voltooi is hou die dromme en baskitaar aan om

die ritme te speel tot alle musiek versag. Soms speel net die klavier tydens spontane lof.

e) Wanneer daar meer as een van dieselfde musiekinstrument op die platform is, het jy

die keuse om die musiekspan in groepe te verdeel, sodat elkeen ‘n geleentheid kry om te

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 13

Bladsy 14

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

speel. Sou hulle wel gesamentlik speel moet hulle mekaar komplimenteer en vermy om

identies dieselfde te speel om chaos te vermy. Een kitaar kan hoër op die nek speel as die

ander en hulle moet leer om verskillende klanke te gebruik byvoorbeeld by die koortjie

om dinamika in te bring en die lied op te bou.

4.3 Bou dinamika in elke lied

a) As almal elke liede op die top van hulle stemme sing en met dieselfde spoed en volume

speel, gaan dit klink asof die hele groep op ‘n adrenalien”rush” is en gaan dit nie impak

in mense se harte maak nie.

b) Musiek en sang moet asemhaal, bou en na ‘n klimaks beweeg. Die klimaks kan hard of

sag wees. Musiek en sang moet “tension” hê en dan weer “release”. Soms is dit sag en

ander keer word dit geleidelik harder, soms vinnig en ander kere stadig.

c) ‘n Lied wat sopas vinnig gesing is vol energie kan na spontane lofprysing weer gesing

word, maar stadig om klem te lê op dit wat die koortjie byvoorbeeld sê en so inbeweeg na

geestelike liedere.

d) Gebruik jou kreatiwiteit. Begin sommige liede met net die klavier of met die dromme en

baskitaar alleen. Laat alle instrumente byvoorbeeld by ‘n koortjie ophou en net die

dromme speel.

e) Moet egter nie met elke liedjie dieselfde doen nie. Kyk na die boodskap wat die lied het

en besluit waar wil jul sterk klem lê en waar wil jul saggies wees en mense geleentheid

gee om te reflekteer op dit wat hulle sopas gesing het.

f) Werk uit in die liede wanneer daar ‘n solosang gaan wees, of wanneer daar sterk

harmonie moet deurkom. Daar is tye wanneer die Gees dit lei dat jy terugstaan van die

mikrofoon en God net aanbid.

g) Motiveer mense om te reageer wanneer God gepraat het deur ‘n profesie. Wees sensitief

vir die rigting waarin die Heilige Gees die diens wil stuur. As Hy jou nie stuur nie, moet

nie gaan nie.

h) Wat jy speel is net so belangrik as dit wat jy nie speel nie. Soms kan daar ‘n langer

spasie gelaat word tussen ‘n versie en koortjie wat dinamika bou en klem plaas. Ons stop

soms heeltemal aan die einde van ‘n vers en hou ‘n paar sekondes “pause” en val almal

met die dromme en res van instrument weer in by die koortjie. Dinamika en variteit kan

soms, deur net een instrument te verander, ingebring word.

4.4 Die sing en bedien van liede

a) Hou gesonde oogkontak met mense as ‘n motivering dat hulle saam met jou bewus sal

word van God se teenwoordig. Dit help jou ook om te sien wat die Heilige Gees besig is

om te doen in die gehoor. Moenie mense “downstair” nie.

b) Wees ontspanne, entoesiasties en gefokus. Moenie dat jou gedagtes afdwaal nie. Jou

fokus is God en om Hom alleen te verheerlik.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 14

Bladsy 15

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

c) Ken die oomblik waarin jy is. Weet wanneer dit tyd is om te sing en te spring en luid te

juig en wanneer die Gees sag is en jy fluister in aanbidding.

d) Sing duidelik en met selfvertroue. Dit kom met oefening en wanneer mens vertroud is

met die liede en met mekaar as spanlede.

4.5 Beplanning versus Spontaniteit

Sommige mense glo dat ‘n sangdiens nie voor die tyd beplan kan word nie, omdat dit die

werking van die Heilige Gees manipuleer en Hom nie geleentheid gee om te werk nie. Maar

dit is juis deur beplanning, voorbereiding, liede te oefen, liede te deurdink en deurbid, dat

spanning van die groep afgehaal word, verwagtinge van wat God wil doen geskep word en

almal makliker vloei, die aanbiddingstyd geniet en meer kan konsentreer om sensitief te wees

vir die ”prompting” van die Heilige Gees.

In elke diens moet daar geleentheid geskep word waar mense se lewens verander word.

Oomblikke wat mense na trane bring en waar mense diep geaffekteer word waar die

meerderheid van mense nie kan ontken dat iets bonatuurliks gebeur het nie. Daar is menslike

en geestelike dimensies nodig om sulke oomblikke te skep. Ons deel is om te beplan,

materiaal bymekaar te maak, te skep, die beste vloei vir die dienste te ontwerp, te oefen

vir die moontlike oomblikke wat saak maak, en ruimte te maak vir die wat bywoon om

te reageer. Dit begin met die kwaliteit van materiaal en liede wat gelewer word en die

geestelike diepte van elke spanlid.

a) Dienste word koud, “over-produced” en verloor salwing wanneer alles presies gaan soos

dit beplan is en geen ruimte gegee word vir verandering of vir die Gees om te werk nie.

Daar moet ‘n balans wees tussen beplanning en spontaniteit.

b) Mense moet die liede verstaan wat gesing word en in hulle eie lewe kan toepas. Liede

wat pyn en “struggles” erken, maar ook die antwoord gee in God.

c) Soms sal die predikant na vore kom en iets doen wat nooit beplan was nie as ‘n

“prompting” van die Heilige Gees. Hy sal byvoorbeeld ‘n uitnodiging maak en vir siekes

bid of vir mense bid wat JESUS wil aanneem of vir die doping met die Heilige Gees.

Dalk herhaal hy ‘n lied wat julle gesing het. Moet nie aanstoot neem nie, vloei saam met

die predikant sodat die Gees ‘n volkome werk kan doen.

5. VERWAGTINGE TYDENS DIENSTE

5.1 Voorbereiding direk voor ‘n diens/optrede

Meeste van die tyd kry ons net een geleentheid per week om ‘n radikale impak in mense

se lewens te maak. Ons onderskat baie keer daardie een diens se impak. Sou hierdie

diens gaan om wie doen wat en wie word gesien en wie nie, verloor ons heeltemal uit met die

doel van ons samekomste en sal daar geen lewe wees nie. Sal die diens net eksterne

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 15

Bladsy 16

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

godsdienstige aktiwiteite wees en moralistiese eksterne fokus en sal geveinsdheid en

skynheiligheid die orde van die dag wees.

Elke diens is ‘n geleentheid vir God om mense aan te raak, hulle siele tot ruste te bring

en ‘n uitdaging te skep om uit hul gemaksone te klim en ‘n radikale stap van geloof te

neem om so op te eindig om wonderlik deur God gebruik te word. Waar daar in ‘n

musiekspan nie geloof is nie, is daar geen krag, geen vreugde, geen intimiteit met God en

geen bonatuurlike wonderwerke en geen beloning nie. Net leë godsdienstige aktwitieite met

moralistiese reëls en dooie werke. Ons kan programme in die kerk hê, maar as daar nie

geloof in God is om in en deur ons te werk en in die gehoor se harte te werk nie, is daar nie

lewe nie, nie vrede nie en ook nie blydskap nie. Waar daar geloof is gebeur daar

onverklaarbare dinge.

a) Die hele span moet vroegtydig by die kerk wees om ‘n klanktoets te doen en alle

onsekerhede uit te pluis en saam te bid, sodat almal ontspanne en gemaklik kan wees.

b) Hoe die diens ookal begin, hetsy met verwelkoming, gebed, skriflesing, ‘n lied, die neem

van offerandes, aankondigings en dan lofsange, dit moet altyd met doelgerigheid gedoen

word met die “sense” van ons weet waarheen ons oppad is.

5.2 Die geestelike vloei en rigting van dienste

Elke element van die diens moet invloei in die volgende element. Daar moet ‘n konstante

vloei van emosie en energie wees. Dit sal eintlik goed wees om Sondag se dienste te beplan.

Dit is so maklik dat dienste in ‘n roetine vasval van 3 vinnige liedjies, afkondigings, lofsange

en almal weet al as hulle kerk toe kom, is dit hoe dinge gaan gebeur. Probeer soveel

moontlik voorspelbaarheid en patrone vermy wat veroorsaak dat al die bywoners op

“autopilot” oorgaan.

Lofsange in dienste kan baie vinnig in ‘n roetine verval. In party dienste is die musiekgroep

“full throttle” van die begin af en lyk dit asof almal die oggend “red bull” gedrink het.

Ander dienste weer voel dit asof almal op “tranquilisers” is. Gee aandag aan tempos,

variasie van instrumente, die oorskakeling van een lied na ‘n ander, vanaf lofsange na

woordbediening. Eksperimenteer tydens oefentye, om die regte toenadering te kry.

5.3 Elkeen op die platvorm moet ten volle “engage” wees

Die potensiaal vir kosbare oomblikke tydens ons dienste bestaan soos ons na God luister, ons

gawes ontwikkel, bid en saam beplan en dan God die geleentheid gee om die bonatuurlike

vry te stel. Soms word die musiek afgeskeep en al die aandag aan die boodskap gewy of

andersom. Soms is die predikant nie betrokke tydens lofsange nie en die musiekgroep se

aandag nie daar tydens die woordbediening nie. Die diens en boodskap sal sterker wees as

almal saamwerk om ‘n gemeenskaplike doel gedurende die diens te bereik.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 16

Bladsy 17

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

Om almal as deel van een span te sien, sal help om ‘n groter impak te lewer op die diens.

Almal wat betrokke is, sal beter kan dien as hulle vooraf in kennis gestel word van wat gaan

gebeur, byvoorbeeld: doopdiens, nagmaal, babas toewyding ens. Gaan die naweek in met ‘n

plan, maar onthou om gereed te wees om ook die onverwagte te verwag en daarby aan te

pas. Hou ook miskien ‘n addisionele musieklêer byderhand met liede in vir onverwagte

oomblikke.

5.4 Verwag en wees voorbereid op die onverwagte

(Gal 5:22 AOV) Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,

vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Ons kom altyd met

‘n plan en ‘n program na ons dienste toe, maar baie keer verloop dinge nie volgens plan nie.

‘n “Volunteer” is siek of een van die mikrofone werk nie. Die predikant vra skielik dat julle

liedjies moet sing wat nie geoefen is nie. Jy kan kies om paniekerig te raak, kwaad te word

vir almal om jou, om alle selfbeheersing te verloor of jy kan elke onverwagte oomblik sien as

‘n geleentheid vir bediening en te onderskei hoe God sou wou gehad het jy moet reageer.

Moenie te styf vashou aan jou welvoorbereide program vir Sondag nie. Wees bereid om

veranderinge te maak. God gebruik sulke situasies om ons gesindheid te toets. Die vrug wat

gaan uitkom in hierdie oomblikke gaan jou ware hart weerspieël, hetsy jy jou eie wil probeer

afdwing en of jy oop is vir die werking van die Heilige Gees onder enige omstandighede.

Hetsy jy in beheer wil wees en of jy toelaat dat God beheer oorneem. Dit is juis sulke

geleenthede wat God wil gebruik om sy heerlikheid deur jou te laat straal tot opbouing van

ander, geleenthede waar jy nie in beheer is nie.

5.5 Tydens uitnodigings

a) Wees sensitief vir die leiding van die HEILIGE GEES en bespreek vooraf wat die

bedienaar van die Woord verwag van die musiekspan. Soms moet daar sagte liede

gespeel word wanneer ‘n uitnodiging gemaak word. Soms word daar gebid vir die

doping met die HEILIGE GEES en word daar aanvanklik met sagte lofsange begin maar

groei dit in dinamika en opgewektheid soos die vreugde van die HERE die huis vul.

b) Wees sensitief vir die oomblik waarin jy is, hetsy intersessie, oorgawe, profesie,

oorlogvoering ensovoorts. Bedien in die gees en fasiliteer ‘n ontmoeting met God deur

jou liede vir die mense wie bedien word.

c) Hou altyd die predikant dop vir wanneer hy iets wil sê, sodat jy kan weet om op te hou

sing en sagter te speel. Bedien so in sang en musiek tot die bedieningstyd klaar is en daar

vir die laaste persoon gebid word. Daar kan wel feesvieringsliedere daarna gesing word

om God te dank vir wat Hy gedoen het en om net te juig in Hom en Sy kragdadige werke.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 17

Bladsy 18

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

6. DIE SANGLEIER

Vir baie jongmense wat ‘n kerk soek het die sangleier of “worship leaders” ‘n belangriker faktor

begin word as predikante. In die verlede was sangleiers baie beperk met liede, maar vandag is

daar geweldig invloed deur die media. Met nuwe musiek op die mark is ervaringe wat mense

met God het vars en word baie jongmense geïnspireer om hul musikale gawes in die kerk aan te

wend. Sangleiers kan egter versoek word om hulle werk te baseer op wêreldse modelle en

kan die gemeente ‘n onbybelse begrip omtrent lofsange ontwikkel as die sangleier nie reg

lei en leer nie.

6.1 As sangleier moet jou eerste passie vir die Evangelie van JESUS wees

(1Kor 15:3 AOT) Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang

het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; (1Kor 15:4 AOT) en dat

Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; (1Kor 15:5

AOT) en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf. (1Kor 15:6 AOT) Daarna

het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog

lewe, maar sommige al ontslaap het. (1Kor 15:7 AOT) Daarna het Hy verskyn aan

Jakobus; daarna aan al die apostels; (1Kor 15:8 AOT) en laaste van almal het Hy

verskyn ook aan my as die ontydig geborene.

a) Die sangleier moet ‘n passie hê om siele wat verlore gaan by JESUS uit te bring.

b) Die sangleier moet ‘n passie hê om die wie teruggeval het, weer terug in ‘n regte

verhouding met God te bring vanuit liefde en nie vanuit veroordeling nie.

c) Die sangleier moet verder ‘n passie hê dat mense (beide die gehoor en die musiekspan)

met God sal ontmoet en vernuwe sal word, dat hul sal verdiep in hul verhouding met

JESUS.

d) Dus moet die sangleier ‘n basiese kennis en begrip van die Woord van God hê en

konstant groei in sy kennis omtrent God en om sy talent reg aan te wend. (2 Tim 3:16-17)

e) Sangleiers het meer autoriteit wanneer hulle lewensstyl ooreenstem met die liede wat hul

sing. Wanneer die kerk ‘n nuwe sangleier op die platform sien en hulle weet dat daardie

persoon is ‘n “go getter” vir die koninkryk van God en groei sien in sy verhouding met

God, sal die gemeente hierdie persoon makliker volg.

6.2 Hoe trek mens effektief mense in om saam God te loof?

(Jes 29:13 AOT) En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en

My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ‘n

aangeleerde mensegebod is.

a) As sangleier kom jy reeds ‘n geruime tyd voor die dienste by die kerk om te bid, saam

met die span te “rehearse”.

b) In hierdie tyd word die klank finaal ingestel vir die diens en seker gemaak dat alle

instrumente ingestel is en die platform skoon en netjies is vir die diens.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 18

Bladsy 19

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

c) Daar word deur die program van die korporatiewe sang gegaan, sodat almal rustig is en

weet wat om te verwag, terwyl hulle ook die onverwagte verwag wanneer die Heilige

Gees dit op jou hart lê om ‘n lied uit te sny of ‘n ander een in te sit.

d) Voor ‘n diens is die fokus van die hele span by die bogenoemde en hardloop elkeen nie

sy eie rigting en kom op die nippertjie daar aan nie.

e) Elke spanlid moet weet dat ‘n uur voor die diens is hulle volle aandag op gebed,

“rehearsal” en lofsange en kan hulle dus nie ook voor die diens ander bedieninge uitleef

of selfs help met nagmaal bedien of altaarwerk nie. Hulle plek is op die platvorm.

6.3 Die Mees Effektiefste Sangleier

(1 Kor 9:25 AOT) En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle

nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Die mees

effektiefste sangleiers is die wie geleer het om te lei sonder om die vermoeë om God self te

loof, op te gee. Dit is lofsangers wat nie vasgevang is in die wêreld se standaard van

“perform” en “entertain” nie, maar wat werk vir ‘n onverwelklike krans wat ons eendag van

God sal ontvang.

a) Dra lofsange in so ‘n wyse oor dat dit direk na die hart van God gaan.

b) Doen geestelike en musikale voorbereiding reg sodat klein dingetjies nie jou aandag

onnodig aftrek tydens dienste nie.

c) Wees God-gesentreërd tydens oefeninge en dienste. Lofsange is ‘n uitnodiging tot God

en nie net ‘n stel verklarings oor Hom nie.

d) Daar sal altyd gemengde gevoelens en self-fokus wees, omdat elke persoon wil goed lyk

en goed oorkom, maar ons kies elkeen self wat ons dryf is en ons beheer. Daarom is dit

belangrik om stil te raak voor die HERE voor jy sy volk in lofsange lei en seker te maak

jou fokus is reg.

e) Jou fokus moet nie wees om alles reg en volgens plan te doen nie. Jou fokus is dat die

volk met God ontmoet. Moenie deur die liede jaag nie.

f) Gee ander opkomende sangleiers geleentheid om ‘n lied alleen te sing of te lei, terwyl jy

die leemtes invul en hul so te leer en vrymoedigheid te gee om hul gawes uit te leef.

6.4 Help mense wat dienste bywoon om rustig te raak en op God te fokus

Meeste van die gemeentelede koop nie die tyd uit om hulle harte voor te berei voor ‘n diens

nie en is besig met hul eie gedagtes en “issues”. Ons moet mense help om rustig en kalm te

raak en om hulle aandag te draai na die HERE. Daar is verskeie maniere hoe dit gedoen kan

word en dit gaan verskil, afhangend van die seisoen en kultuur van die gemeente.

a) Begin 10-15 minute voor die diens met lofsange. Mense raak rustig selfs terwyl hul

sittend in ‘n rustige atmosfeer van sange kan saamsing. Stadig maar seker begin hulle

fokus op God en word hul aandag afgetrek van enige “hindrances”.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 19

Bladsy 20

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

b) Jy kan daarna dan die mense in gebed lei en in jou gebed vra: “Vader ons is vandag hier

om met U te ontmoet. Dankie dat U alle hindernisse uit die pad ruim en ons doel is om U

ter harte te aanbid”. Laat die mense dan stil raak en moedig hul aan om self in ‘n

gebedstyd te gaan, terwyl jy die laaste aanbiddingslied sing voor die diens.

c) Jy kan dat die groep saggies speel, terwyl jy ‘n psalm uit die Woord van die HERE lees

om die gemeente te roep tot lofprysing

d) ‘n Viool, kitaar of klavier kan ‘n instrumentele gedeelte doen waartydens die gemeente

kan reflekteer.

e) Begin dienste verskillend. Lees soms ‘n Skrifgedeelte, open met gebed of gesamentlike

gebed. Wanneer die sangdiens begin kan selfs gedeel word: “Ek kyk na die liede wat

gekies is om vanoggend te sing en glo dat God net aan ons wil openbaar dat sy genade

vir ons genoeg is. Soms waar jy voel jy kan nie meer nie, sê God vanoggend: Ek is met

jou tot aan die voleinding van die dae en sal jou nie begewe of verlaat nie. Roep my aan

en Ek sal jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge. Kom ons reik uit na God

vanoggend. Waar jy ookal in jou lewe Sy genade nodig het, dat tydens vanoggend se

sangdiens wil God Homself aan jou openbaar in daardie behoefte van jou.” Sodra jy die

tema oorgedra het, kan jy gebed doen terwyl die musikante begin speel en na gebed

onmiddelik die eerste lied begin sing. Moet egter nie jou intree-rede oordoen of te lank

uitrek nie. Hou dit kort, treffend en kragtig, net genoeg om die mense se behoefte om na

God uit te reik te stimuleer.

7. DIE SANGLEIER SE GESINDHEID EN INGESTELHEID

7.1 Voorkom dat die lei van sange ‘n roetine aktwiteit word

(Num 14:24 AOT) Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard

het om My te volg—hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit

in besit neem. (Rom 12:11 AOT) wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien

die Here; Vir die meeste mense is sange lei aanvanklik opwindend en uitdagend tot die

vrese oorwin is en dan word dit net ‘n roetine aktiwteit. Jou passie moet gevoed word deur

jou verhouding met JESUS. Dit word ook gevoed deur jou kreatiwiteit te stimuleer deur na

teaters te gaan, musiekoptredes ensovoorts.

7.2 Moenie gefrustreerd word wanneer daar gebrek aan deelname is nie

Besprekingsvrae vir die Groep

Hoe kan ‘n gesindheid van veroordeling teenoor die gemeente, die musiekspan se impak

neutraliseer?

Namate nuwe besoekers en lidmate geleentheid gegee word om in te skakel en meer

“secure” te voel in die gemeente, en te groei in hul verhouding met JESUS en hul

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 20

Bladsy 21

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

medemens, sal hulle veiliger voel om oop te maak en te aanbid tydens die sangdiens.

Sommige mense neem nie deel nie, want hulle weet nie hoe nie. Ander het sonde in hul lewe

of het nog nooit tot bekering gekom nie. Sommige mense se verhoudinge is verkeerd met

hul medemens en ander is verkoud in hul geloof en het nie ‘n begeerte om God te loof nie.

Wees bewus hiervan en moet nooit die gehoor kritiseer, omdat hulle nie wil deelneem nie.

Leer hulle en spreek die behoeftes en leemtes aan deur die inspraak en Gees van die HERE.

Neem elke diens ‘n ander aspek van God of hoe om Hom te loof en prys en leer hulle deur ‘n

kort gedagtes by hul te laat voor jul met die lofsange begin, sodat hulle daarin kan groei.

Skep ‘n begeerte by die mense om in die teenwoordigheid van God te gaan. Skep by hul

verwagting vir die manifesterende teenwoordigheid van God in hul midde.

7.3 Leef jou gawes met uitnemendheid uit

Besprekingsvrae vir die Groep

Dra die hele groep die verantwoordelikheid om die platform netjies te hou, of kom dit

neer op die leier?

a) Uitnemendheid is nie om die beste te hê nie, maar om die beste te doen met dit wat

jy het. (Kol 3:23 AOV) En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here

en nie vir mense nie. Baie mense bereik nie sukses in hulle bedieninge nie, want hulle

wil net eenvoudig nie so hard daaraan werk nie.

b) Uitnemendheid vereer God en inspireër mense: Ons moet die hoogste standaard

moontlik handhaaf in elke deel van die bediening wat God aan ons toevertrou het:

oefentye, persoonlike voorbereiding, verhoudinge, optel van rommel waar ons bedien,

skoonhou van platform, netheid van ons kleredrag en sing van liede. In die

musiekbediening moet ons aan die res van die gemeente modelleer wat die regte ding is

om te doen, sodat dit later ‘n wyse van lewe sal word by die res van die gemeente. Ons

lewer ‘n baie groot impak ten opsigte van hoe dinge gedoen word en die kultuur wat ons

vestig in die gemeente.

c) Uitnemendheid versus perfeksionisme: Uitnemendheid gebeur wanneer ons

“godliness” en emosionele gesondheid najaag. Uitnemendheid is nie gelyk aan

perfeksionisme nie. Perfeksionisme maak nie ruimte vir foute nie.

Perfeksionisme bring ‘n gevoel van moedeloosheid met elke fout en depressie met die

gevoel dat mens nie opleef na standaarde nie.

Uitnemendheid weet: “ek het die beste gedoen met wat ek het en wie ek is en met

God en daar het ‘n fout of twee ingesluip, maar prys die HERE, dit bevestig weer die

feit dat ek net mens is”.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 21

Bladsy 22

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

Perfeksionisme vereis te veel van die mens en sal tot uitbranding lui en gebeur

wanneer mense te veel fokus op bediening of ‘n spesifieke taak en nie balans het in

hul verhouding met God, hul gesin en medemens nie.

7.4 Leef jou gawes uit met uitnemendheid

(1Pe 5:6 AOT) Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan

verhoog op die regte tyd. Alle oë moet gefokus bly op die Outeur en Voleiendiger van ons

geloof. “Entertainment” en “performance” gedrewe mense sal diens na diens hul eie

vaardighede ten toon stel, maar daar sal geen krag en impak wees nie.

a) Nederigheid word nooit verkry deur dit te soek nie. Inteendeel hoe meer mens

nederigheid soek hoe moeiliker word dit om te verkry. Nederigheid is ook nie om swak,

stil, somber, self-“depreciating” vloerlap van ‘n persoon te wees nie. Nederigheid

beteken ook nie dat ons van geen waarde, “inadequate” of onbelangrik is nie. Ons kan

nie nederig en selfgefokus wees op dieselfde tyd nie. Nederigheid vind plaas wanneer

jou fokus op JESUS is.

b) Nederigheid is om die waarheid omtrent jouself in die gesig te staar. Om jou beperkinge

te aanvaar en te bely. Om die gawes te erken wat God jou gegee het en dit te ontwikkel

en aan te wend tot die uitbreiding van Sy koninkryk.

c) ‘n Nederige persoon is iemand wat alles kan gee en hulself kan wees op die platform,

sonder om skaam te wees of terug te hou as gevolg van kompetisie of vrees dat ons nie so

goed soos die persoon langs ons gaan wees nie. Dit is ‘n persoon wat sy talente in

oorgawe uitleef omdat dit is wie God hom gemaak het om te wees, met die wete God het

hom geseën met die talent en hy is “thrilled” om dit te kan gebruik om die koninkryk van

God uit te brei. Dit beteken om te erken dat dit is nie alles oor my nie.

7.5 Fasiliteer die vrystelling van gawes, gebede en reaksies van mense

a) Wees vertroud met die prosedures wat gevolg moet word wanneer iemand ‘n profetiese

woord of skrif het wat hulle wil deel gedurende korporatiewe lofsange.

b) Fasilitering van gawes wat werk en gebede en reaksies van mense begin met ‘n

gesindheid van om die sangdiens te bou om God wat mense se behoeftes wil ontmoet,

eerder as ‘n warm nuwe “song”.

c) Spandeer tyd in gebed met God dat Hy aan jou sal openbaar die behoeftes van die mense

en die rigting wat jou bediening moet neem.

d) Wanneer jy ervaar dat die gemeente stil moet raak en wag op die HERE of in spontane

lofsange moet oorgaan, moenie net stilbly en van die mikrofoon wegbeweeg nie,

kommunikeer met die gemeente dit wat God in jou hart wys en doen dit dan self.

Sou dit spontane lofsange wees, beoefen dit oor die mikrofoon dat jy die kan lei wat nog

nie met dit vertroud is nie, tot jy voel die HERE wys jou om weg te beweeg. Dit sal die

hele gemeente help om te verstaan wat besig is om te gebeur en deel te neem.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 22

Bladsy 23

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 2: Kies, Sing, Speel en Lei van Lofsange

e) Om besoekers te help om te verstaan wat gebeur, kan ‘n paar “pointers” op die bulletin

gedruk word wat verduidelik wat mag gebeur gedurende die diens in die algemeen. Kort

stukkies oor hande klap, ophef van hande, profetiese sang met Skrifgedeeltes sal helpvol

wees.

7.6 Behou kommunikasie en oogkontak met die presiderende Leraar

(Amo 3:3 AOT) Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het? Onthou dat

die predikant het die prerogatief om enige tyd tydens die sange in te kom en die diens verder

te neem soos die Gees van die Here op sy hart lê. Sou jy aanstoot neem daardeur, het jy

nodig om die eie-ek te laat sterf. Deur goeie verhoudinge met die presiderende leraar te bou

en hom altyd te respekteer en in ag te neem bo jou eie agenda, sal God Sy seën op jou

bediening laat uitstort. Daar is regtig ‘n seën en beskerming in vir jou wanneer jy jou aan

gesag onderwerp, al is hulle verkeerd. God sal wel op Sy tyd met hulle harte deel as jy net

aanhou gehoorsaam en die regte gesindheid handhaaf.

7.7 Lei en leer in liefde

Veral wanneer jy voel alles loop verkeerd. Ons vergeet so maklik hoe “powerfull” ons

dienste kan wees en al die vrug wat ons dra en gawes wat ons uitleef sal van geen nut wees as

dit sonder liefde gedoen word nie. Ons moet leer om met genade saam met God te werk in

die veranderinge wat Hy in ons eie harte wil bring en dan in die harte van die mense wie ons

bedien. Ons moet die liefde wat God in ons harte bewerkstellig laat oorvloei na ons familie,

span en gemeente. Die grootste gawe wat jy kan gee is nie jou talent nie, maar liefde.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!