02.05.2013 Views

Verloor gewig - Stanger Christian Centre

Verloor gewig - Stanger Christian Centre

Verloor gewig - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Verloor gewig

Volgens God se Instruksies

1

Oorgewig is sonde!

Byna vyftig persent van die Bediening tot die eer van die Here vanuit die Christelike

Sentrum op Stanger, word gedoen d.m.v korrespondensie. Ons ontvang daagliks van tagtig tot ‘n

honderd briewe van kosbare mense dwarsoor die Republiek, S.W.A., Zimbabwe en selfs oorsee

met lewensprobleme wat hulle nie kan hanteer nie. Daar is siekes, daar is diegene met huweliks

probleme, met kinderprobleme, met finansiële probleme, drank verslaafdes, delm verslaafdes,

seksuele afwykendes. Dan is daar ook onderandere die talle wat gewigsprobleme het, en dis

spesifiek met hierdie mensies in gedagte wat ons hierdie boek saamgestel het. Alhoewel ons dit

met vrymoedigheid ook in die hand van iemand sal plaas SONDER GEWIGSPROBLEME, want

ons glo dat wat jy hier gaan lees vir jou geestelik gaan verryk en vir jou gaan wys hoe jy God se

Woord prakties ook in jou lewe kan gaan toepas.

As jy dan nou een van daardie mense is wat oorgewig is, en jy is al desperaat in jou

pogings om gewig te verloor, dan wil ek begin deur vir jou te vra: WAT IS JOU MOTIEF IN DIE

HELE SAAK, M.A.W. WAAROM WIL JY MAER WORD? Daar is seker baie verskillende

antwoorde op hierdie vraag: miskien is jy jonk en wil ook graag ‘n vietse lyfie hê soos jou maats

en gewild wees by die teenoorgestelde geslag. Miskien is dit om jou man te vrede te stel – hy

verdien immers ‘n slanke vrou op wie hy kan trots wees. Miskien is jy al ouer en het besef hoe

gevaarlik oorgewig vir jou gesondheid is en dat dit jou lewe met jare verkort. Miskien wil jy dalk

graag net beter lyk.

Dan is die GOEIE NUUS van Jesus Christus nog steeds waar vir JOU, ook VANDAG,

want Hy het jou lief! Jy is vir Hom kosbaar en waardevol en Hy verlang net die beste vir jou.

Lees 3 Joh 2:

Geliefde, ek wens dat dit met JOU in ALLES goed mag gaan en dat jy gesond is,

soos dit met jou siel goed gaan.

Dit is God wat hier praat uit Sy Woord uit, en Hy begeer dat dit met JOU in ALLES mag

goed gaan: ook met jou GEWIG! Hoor wat sê God verder, ook vir JOU:

Want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se

hart onverdeeld op Hom gerig is (2 Kron. 16:9).

Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan. Ek wil raad

gee, my oog sal op jou wees (Ps. 32:8).

God se Woord is die Lewensbron waaruit en waardeur elke ware Kind van God leef. God

se Woord bied ‘n oplossing vir elke probleem. God se Woord is vol wonderlike beloftes vir

elkeen van Sy Kinders wat Hy begeer om waar te maak in hulle lewens, maar ELKE BELOFTE

HET ‘n VOORWAARDE! Doen jy die een, doen God vir jou die ander! Lees dus weer 2 Kron.

16:9 soos hier bo aangehaal. Vir wie soek die Here om KRAGTIG te steun? Diegene wie se hart

ONVERDEELD OP HOM GERIG IS.

Sien jy die voorwaarde? Dis baie belangrik dat jy dit deeglik sal verstaan, want die LEES

van hierdie boekie, selfs die REAGEER op hierdie boekie, gaan nie vir jou help, as jou hart nie

ONVERDEELD OP HOM GERIG is nie! Daarom wil ek voorstel dat jy, voordat jy hier verder

lees, eers na hfst. 12 van hierdie boekie sal blaai, en daarvan ‘n deeglike studie sal maak, en dan

hier kom verder lees.

As jy geheel en al toegewy is aan God en dit jou hartsbegeerte is om Hom te plesier, vir

Hom te lewe en vir Hom te eet, dan is Hy gereed om jou te steun. As jy moeg is vir diëte en

eindelose ander skemas om gewig te verloor, en jy werklik begeer om jou liggaam, sowel as jou

siel en jou gees in lyn te bring met God se Wil, gaan ons nou lekker saam gesels met ‘n VASTE

VERTROUE dat jy ook ‘n OORWINNAAR gaan wees oor OOREET.

Om slank te wees is eintlik maar ‘n by­produk van ‘n Oorwinnaarslewe, want die ware

oorwinning is oor self en self­bevrediging.

Om te veel te eet affekteer nie net jou liggaam nie – dis op ‘n intrike wyse vermeng met

jou emosies. Sielkundiges sê oorgewig is ‘n teken van ‘n wanaangepaste persoonlikheid. Ooreet

is gewoonlik die reaksie op gevoelens van onvermoë, terneergedruktheid, vrees, woede,

eensaamheid, jaloesie, en talle ander. Voedsel word ‘n soort van ‘n troos middel. Op hulle beurt

het al hierdie emosies hulle oorsprong by Satan, want hy is die dief wat God se Skepping en

Kinders wil aftakel en vernietig. (Joh. 10:10).

In reaksie op hierdie negatiewe emosies eet jy, en om kos net vryelik en gedurig in te

neem is tot jou nadeel – nie net van jou liggaam nie, maar ook van jou siel. Nou is dit so dat vet

mense aanvaarbaar geword het in die samelewing, en ook in geestelike kringe. As daar bv. ‘n

persoon met ‘n drankprobleem of ‘n dwelmprobleem in julle kerk of Bybelgroepie sou kom, sou

julle vir hom bid en hom probeer help met raad en bystand. Maar die VET persoon, word as

normaal beskou.

Is vetsug normaal in God se oë? Om te ooreet is ‘n gedwonge daad – jy moet dit doen!

Jesus het aan die kruis gesterf sodat mense nie langer die slagoffers hoef te wees van gedwonge

dade nie! Vetsug is dus ‘n sonde! Die onbeheersde LUS na kos is soos enige ander onbeheersde

vleeslike LUS (bv. seks) ‘n sonde. En soos enige sonde wat die Heilige Gees by jou aanhangig

maak, moet jy daarmee breek, anders is jy ONGEHOORSAAM.

2

Onder Nuwe Bestuur

Die sleutel tot ‘n dinamiese lewe, tot ‘n OORWINAARSLEWE lê in

GEHOORSAAMHEID. Een van die vrug van die Heilige Gees in die Kind van God se lewe is

selfbeheersing (Gal 5:22). Hiertoe is ons slegs in staat as ons toelaat dat die Heilige Gees ons lei

in elke area van ons lewe.

Is jy nou bereid dat die Heilige Gees ook jou eetgewoontes oorneem? As jy hierop “Ja”,

antwoord wag daar op jou ‘n groot OORWINNING. Onthou, jou mate van sukses hang af van jou

mate van gehoorsaamheid aan die Here.

‘n Mens bestaan uit ‘n liggaam, ‘n siel en ‘n gees, en jou gees behoort die heersende mag

in jou lewe te wees – jou menslike gees, oorweldig en bekragtig deur die Heilige Gees van God,

is dan in gedurige kontak met God. Jy sal Sy stem hoor, Sy Woord verstaan, aan Hom in ALLES

gehoorsaam wees. As jou liggaam in beheer is, of jou siel, is jy buite God se wil. Jou siel bestaan

uit jou intellek (verstand), emosies en wil. As jou emosies jou lewe oorheers, is jy heeltemal

kwesbaar. As jou intellek jou oorheers, is jy sonder die wysheid van God. As jou wil jou lewe

oorheers, is jy maar bra hardkoppig van geaardheid.

Jy moet dus seker maak dat die Heilige Gees van God die leiding en beheersing van jou

lewe oor neem, en jy moet ‘n kwaliteit besluit neem dat jy aan Hom gaan gehoorsaam wees tot in

die fynste detail. Gaan lees in Deut. 29:9, 10, 12, 13, en Deut 30:11, 14, 15, 17, 18, nog van God

se beloftes vir jou as jy aan Hom gehoorsaam is. Hy belowe dat Hy jou sal seën as jy na Hom

luister en Sy gebooie onderhou. (Miskien sal een van Sy gebooie ‘n sterk innerlike stem wees wat

vir jou sal sê: “Moenie daardie appeltert eet nie!” wanneer jy by die partytjie kom). Jy verbeur Sy

belofte van seën deur aan Hom ongehoorsaam te wees.

Dink aan jou slanke liggaam as die beloofde land – jy kan daar ingaan op grond van jou

gehoorsaamheid. Lees ook Deut 30:19 en 20: God belowe vir jou LEWE as jy na Sy stem luister

– dis JOU KEUSE.

Laat hierdie vir jou ‘n saak van groot erns wees – maak ‘n VERBOND met God. Wy

jouself opnuut aan Hom en neem Hom op Sy woord.

Vroeër het ons gepraat oor MOTIEWE VIR VERSLANKING – op hierdie stadium

behoort jou hoogste motief te wees om Hom te behaag.

Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom

welbehaaglik te wees (2 Kor 5:9).

God is bewus daarvan dat ons dikwels bymotiewe het.

Want baie – van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê – wandel

as vyande van die kruis van Christus. Hulle einde is die verderf, hulle GOD IS DIE BUIK

en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge (Filip. 3:18&19).

As jy daardie hele hoofstuk lees sal jy sien hoe God mense veroordeel – hy noem hulle

selfs vyande van die kruis – wat hulle eie buik verafgod. En hoe doen ‘n mens dit? Deur te veel te

eet!

Maar hoor hierdie lieflike belofte:

Verlustig jou in die Here; dan sal hy jou gee die begeertes van jou hart (Ps. 37:4).

Jy mag redeneer dat jy vry is om na hartelus te eet Nee, ware vryheid lê in selfbeheersing

(Gal 5:22). Wanneer jy in beheer is van jou lewe, is jy vry.

Jy moet kos gebruik. Kos moenie jou gebruik nie.

Jy moet kilojoules gebruik. Kilojoules moet jou nie gebruik nie.

Jy is in beheer van wat in jou liggaam ingaan.

Jy is vry van vraatsug en ooreet.

Jy is dan baie gesonder, energieker en in beheer van jou lewe!

Jy verslind nou nie onbeheersd alle kos nie

Jy draai nou na God vir jou behoeftes en om jou begeertes te vervul.

Sodra jou motiewe nou suiwer is in jou hart, sal jy na die uiterlike veranderinge begin

waarneem.

Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae

(Filip. 2:13).

God wil Sy perfekte wil uitwerk in jou en in jou lewe. Hy wil Sy doel met jou bereik. Jy

kan verslank en die gewig bereik wat God wil hê jy moet hê. Sy motief is nie om jou te straf deur

kos van jou te weerhou nie. Hy seën jou en wys jou op liefdevolle manier hoe om te wandel in die

krag van Sy Heilige Gees.

Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan

wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie

julle skyn soos ligte in die wêreld (Filip. 2:14 en 15).

Dis jy daardie – ‘n lig in die wêreld van ooreet en vraatsug!

Daar is niks mee verkeerd om aantreklik en mooi te wil wees nie – enige iets wat met ons

Hemelse Vader te make het behoort aantreklik en mooi te wees. Let egter weereens op jou

motiewe. As jy aantreklik en mooi wil wees om jou buurvrou se man af te rokkel, is jy nie meer

in God se Wil nie en kan jy nie Sy hulp verwag nie! As selfsug en ydelheid jou beweegredes tot

verslanking is, word die Here se werk verhinder.

God het ons ons liggaam gegee om te versorg en te bewaar want daarin woon Sy Heilige

Gees.

Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

(1 Kor. 3:16)

Om jou liggaam, as Sy Tempel, te versorg met mooi klere en juwele en grimering en

haarstyle is beslis goed te keur, maar hierdie dinge kan nie die aftakelende gewoonte van

OOREET verberg nie. Jou tempel moet dus ook versorg word met regte eetgewoontes.

Die beste wyse om vas te stel hoeveel jy moet weeg om mooi en gesond te wees, is om

daaroor te bid en God te vra hoeveel Hy wil hê jy moet weeg. Dit mag vir jou vreemd klink, want

miskien het jy nog nooit geleer om Sy stem te hoor nie – en daar is baie mense wat deurgaan as

Kinders van God en nie eers hulle Vader se stem ken nie!

Vra Hom met vrymoedigheid en Hy sal jou diep in jou gees antwoord. En as jy redelik

seker is jy het gehoor, bid daaroor. Bid ook saam met ‘n gebedsvriendin, verkieslik een wat ook

besig is om te verslank. Jou moeder of jou man is nie altyd hier die regte gebedsmaat nie, want

jou moeder het jou altyd lief, al lyk jy hoe, en jou man mag vir jou prontuit sê jy is laf oor al die

verslankery want hoe meer daar van jou is, hoe meer is daar om voor lief te wees! Dwase

praatjies!

As die Here dan vir jou gesê het hoeveel kg. Hy wil hê dat jy moet weeg, vra Hom

hoeveel kilojoules Hy wil hê jy moet eet per dag.

Laat ons weer besin oor hoe God met jou sal praat – miskien ‘n innerlike oortuiging,

miskien ‘n helder gedagte of woord gevorm in jou eie mond, miskien ‘n duidelike Woord uit die

Bybel – maar God SAL DUIDELIK praat, en JY SAL WEET WANNEER DIT SY STEM IS!

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die

vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en

volmaakte wil van God is (Rom 12:1).

Ondersoek die woord wat jy gekry het deur dit met jou gebedsvriende te deel en versigtig

te vergelyk met die kennis wat jy het oor gesonde voeding en jou eie gesondheidstoestand.

Bid weer daaroor totdat jy absoluut seker is. Wees soos die jong Samuel van wie ons lees in 1

Sam 3:1 tot 18 – laat jou uitroep wees: “Spreek Here, U diensmaagd luister!” As die Here met jou

begin praat en jy begin gehoorsaam wees, sal jy soos ‘n nuwe mens begin voel en ook so begin

optree.

As jy dink God sê vir jou om op ‘n onlogiese dieët van, sê nou maar, pomelos en eiers vir

‘n sekere tydperk te gaan (of ‘n ander dergelike ongesonde skema) BID TOG WEER! God se weë

is nie vol grille nie – hulle is ewig en wys! Jy kan vir ‘n maand lank gras eet en baie gewig

verloor, maar ook jou maag permanent beskadig. Dis nie God se wyse van leiding nie. Hy wil

geen deel van jou beskadig nie. Hy wil jou pragtig maak en versier met Sy Heilige Gees.

As jy nie siek is of op ‘n spesiale dieët is vir gesondheidsdoeleindes nie, kan jy ‘n dieët

volg wat NET VIR JOU beplan is in die hemelse kombuis. Daarom gaan ek nie vir jou voorskryf

hoeveel kilojoules jy moet inneem, of wat jy op jou bord moet plaas, elke maaltyd nie. JY moet

self daardie instruksies by jou Hemelse Here kry. Hy is die een wat jou liggaam gemaak het, en

Hy is die Een wat daarin saam met jou wil woon. Hy het jou meer lief as enige ander persoon op

hierdie hele aarde en stel meer belang in jou gewig as enige iemand anders wat jy ken. Laat Hy

met jou praat en voor sê elke bietjie wat jy moet eet.

As jou dokter vir jou ‘n spesiale dieët voorgeskryf het vir jou gesondheid, of as jy

spesiale medisyne neem, moet dit nie verander sonder om dit eers met jou dokter te bespreek nie.

Gaan gerus ook maar jou lengte en gewigsverhouding , en die hoeveelheid kilojoules wat

jy daarvoor moet inneem per dag, op ‘n gebalanseerde mediese kaart na (Sien bl. 55 van hierdie

boek). Jy sal vind dat die voorskrifte wat God vir jou persoonlik gegee het, goed hiermee

vergelyk.

3

Dissipline

Jou dae van diëte is nou vergoed verby. Jy begin nou om ‘n nuwe eetwyse en ‘n nuwe

lewenswyse aan te leer. Ek raai nie ‘n persoon aan om op ‘n sekere dieët te gaan met ‘n

vasgestelde hoeveelheid kilojoules en vasgestelde soorte kos nie, want elkeen van ons se liggame

is anders, en ons leer nie meer hoe om te dieët nie, maar hoe om te eet. Elkeen van ons is ‘n

individu, uniek en belangrik vir die Here. Hy het jou liggaam lief en het dit perfek gemaak

volgens Sy perfekte mate en patroon. Daarom is dit belangrik dat JY self met Hom sal

onderhandel oor jou kilojoul inname en regte gewig.

Die energie wat in kos beskikbaar is, is kilojoules. Hulle voorsien vir ons die energie om

asem te haal, ons voedsel te verteer en ons liggaamshitte te behou, sodat ons liggaam normaal kan

funksioneer. Soos ons ouer word verminder hierdie stofwisseling in ons liggame en het ons

minder kilojoules nodig. Jy het dus genoeg kilojoules nodig om jou liggaam te laat funksioneer en

om vir jou die nodige energie vir spieraktiwiteite te voorsien.

Orige, onnodige kilojoules – energie wat nie opgebruik word nie – word gestoor in die

vorm van VET. Daarom kan fisies bedrywige mense meer eet as die persoon wat minder aktief is.

Daarom is dit ook uiters belangrik dat ons sal navraag doen en uitvind oor verskillende

voedselsoorte se kilojoutelling en ons nie aan die neus laat rondlei deur sogenaamde

gesondheidsvoedsel nie

Dankie Here, dat U my leer om gedissiplineerd te wees. Dankie Here, vir kilojoules.

Dankie Here, dat ek nou nie meer ‘n slaaf is van kilojoules soos voorheen nie. Ek gebruik

kilojoules nou tot my voordeel. Ek kies om van U die krag te ontvang wat ek nodig het om

getrou te wees in hierdie verbond wat ek met U gesluit het i.v.m. gewigsverlies. Dankie

Here, dat ek ‘n Oorwinnaar is in U. Ek sal U Woord lees onder leiding van U Heilige Gees.

Ek sal aanteken wat U vir my sê en deur U krag en ondersteuning daarby hou. Ek sal

hierdie nuwe eetgewoontes vinnig aanleer en NOOIT weer afleer nie! Ek is ‘n Oorwinnaar

omdat U ‘n Oorwinnaar is! In die Naam van Jesus!

4

Watter Kos

Daar is baie groentes, en ander kossoorte, wat meer kilojoules benodig om hulle te

verbrand, as wat daar kilojoules in die voedsel is. Seldery gebruik ongeveer 25 kilojoules om een

koppie vol wat gekook is, of twee rou stingels te verteer, terwyl die seldery self net 10 kilojoules

bevat. Ander groente en vrugte met ‘n dergelike werking is appels, groenbone, kool, wortels,

blomkool, kersies, komkommers, pomelo’s, druiwe, suurlemoene, blaarslaai, sampioene, uie,

lemoene, granate, aarbeie, tamaties, radyse, waatlemoene.

‘n Mens se liggaam moet protiëne inkry. Protiëne is volop in vleis, vis, witvleis, eiers,

laevet kaas, yogurt. Ander protiën voedsels is boontjies, lensies, neute, volgraan graankosse en

brood. Gaan egter gedurig op jou kilojoul telkaart na watter protiën voedsels het min kilojoules

vir watter grootte porsies. Drie verstandige etes vir ‘n dag sou bestaan uit:

ONTBYT: Eiers/kaas/vis of maer vleis

Volgraan brood of graankos

Vars Vrugte

MIDDAGETE: Slaai

Kaas/eiers/vis

Vleis

Vars vrugte en Yoghurt

AANDETE: Vis/maer vleis/kaas/yoghurt

Gestoomde groente

Slaai

Vrugte

Om kruideniersware te gaan koop is nogal ‘n moeilike saak as ‘n mens probeer verslank.

Maar jy weet nou dat oorwinning in God se Woord lê, daarom moet jy dit ook dan gebruik.

Maak beklee julle met die Here Jesus Christus en maak geen voorsorg vir die vlees

om sy begeerlikhede te bevredig nie (Rom 13:14).

Skryf hierdie woorde boaan jou inkopie lys, en sommer langs die kante ook sodat elke

keer as jy na die lysie kyk, jy hierdie woorde sal sien: MAAK GEEN VOORSORG VIR DIE

VLEES NIE. Daar is krag in God se Woord, sê dit dus sommer oor en oor. En as jy op hierdie

wyse gewapen by daardie supermark rondloop, gaan dit moeilik wees om ‘n pakkie sjokolade van

die rak af te haal!

Nog ‘n belangrike wenk is om te gaan kos koop NADAT jy geëet het – nie met ‘n honger

maag nie. Loop sommer vinnig verby die bakkery afdeling en maak reguit vir die rakke vol

heerlike vars groente en vrugte en die yskas met kaas en yoghurt en eiers. Geniet jou tydjie hier

en koop baie hiervan! Maar dis miskien nou juis ook vir jou ‘n probleem, want jou gesin eet nie

juis hierdie soort kos nie!

Onthou, jy was ook eers in hierdie bootjie en jy het hulle geleer om vetmaak, ongesonde

kosse te eet! Jy sal hierdie saak voor jou Vader moet gaan bely en Hom vra om jou te help om

hulle stadig maar seker te speen van hierdie verkeerde kosse waarmee jy hulle altyd gevoer het,

en vir hulle net sulke lekker disse voor te sit van die gesonde voedsel waarop jy jouself nou

trakteer.

Sodra jy ‘n geleentheid kry, gaan ook maar jou koskas deur en LEES wat op die

houertjies en blikkies staan. Vandag se kitskosse is gelaai met preserveer middels en chemiese

stowwe – beslis gelaai met kilojoules, suiker is ook volop en die adverteerders gee dit allerhande

ander name sodat ons nie moest skrik nie!

Geraffineerde suiker is nie aan te beveel vir ‘n gesonde liggaam nie. Dit maak vet en dit

laat jou tande verrot. Jy mag miskien dink dat jy nie te veel suiker inneem nie, maar as jy nou

deur jou koskas en yskas gegaan het en die etikette daarop gelees het, sal jy miskien anders dink.

Want jy sal sien daar is suiker in die tamatiesous, mayonnaise, sop, jellie, ingemaakte vrugte,

graankosse, en baie ander eetware. Soms word dit as koolhidrate gewys – dis suiker! (Dextrose)

Druiwesuiker is ‘n chemiese suiker gemaak van stysel. (Fuctose) Vrugte suiker – is vrugte suiker.

(Maltose) Moutsuiker – is moutsuiker. (Lactose) Melksuiker – is melk suiker. (Sucrose)

Rietsuiker – is geraffineerde suiker. Glucose word gevind in vrugte en groente. Hierdie glukose is

‘n essensiële element in die menslike bloedstroom. Moet dit nie verwar met rietsuiker waarvan

gaskoeldranke en lekkergoed vol is nie!

Die ideale situasie sal seker wees dat jy nou stadigaan ook begin ontslae raak van kos wat

op jou rakke staan wat gelaai is met kilojoules, en hulle vervang met kossoorte wat gesond en ‘n

lae kilojoul telling het. Solank hierdie ongesonde kosse in jou huis is, skep jy net vir jouself

onnodige struikelblokke. Vul jou rakke en yskas met kossoorte wat jy kan eet, en as jy dan tog vir

jou gesin moet koop wat jy kies om nie te eet nie, plaas dit dan daar waar jy dit nie kan sien nie.

As jy baie lief was vir koekies en lekkergoed, bêre dit nou liewer waar jy dit nie kan sien nie.

Dan is daar daardie oorbly stukkies en aflekkies wat almal gevul is met kilojoules. Die

hard gebraaide stukkie van die beesvleis, die versiersuiker wat jou kleinding van sy koek afgekrap

het, die grondboontjiebotter – mes aflek, die witsous en kaas kastrol uiteet!

Nee wat, jy is mos nou onder die nuwe bestuur van die Heilige Gees en het jou liggaam

heeltemal onder beheer. Jy MAAK GEEN VOORSORG VIR DIE VLEES EN SY

BEGEERLIKHEDE nie. Hou dus op met hierdie slegte gewoonte van afeet en uiteet en weerstaan

die suiwel as hy jou in hierdie rigting wil verlei. (Jak 4:7) Jy is nou aan God onderworpe!

Jou dae van kitsdiëte en middels om jou eetlus te onderdruk, is verby. Jy wil nou die Here

behaag deur te verslank en hom te verheerlik in jou liggaam. Jy het ‘n verbond met jou Hemelse

Vader aangegaan, en jy is nie langer ‘n slaaf van KOS nie!

Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie

weer onder die juk van diensbaarheid bring nie (Gal 5:1).

‘n Slaaf moet alles doen wat sy meester hom beveel. Nou kan die gebraaide aartappels

maar ronddans op die skottel en jou naam roep as hulle wil, want jy luister nou na die

aanmoedigende, verstandige Stem van die Here. Jy kan nou verby die roomyswinkel en

koekwinkel loop sonder om te MOET ingaan – jy is besig om te OORWIN! Jy kan nou snags

wakker word en ‘n lekker glas water drink, en rustig verder slaap. Jy MOES vroeër altyd ‘n sny

brood en appelkooskonfyt geëet het in die nag! Nou word jy gesond, slank en pragtig tot die eer

van God!

Voortdurende GEHOORSAAMHEID bly steeds ‘n sleutelwoord en ‘n sleutelaksie.

Herhaal die volgende sommer elke nou en dan:

Wees gehoorsaam!

Ek is gehoorsaam.

Ek is gehoorsaam aan die Here.

Ek kies om aan die Here gehoorsaam te wees.

Gehoorsaamheid is nie ‘n straf nie.

Gehoorsaamheid is ‘n seën.

Ek sal aan die Here gehoorsaam wees.

Ek sal nie my liggaam besoedel nie (Dan.1:8).

Ongehoorsaamheid besoedel.

As jy vind dat jy wel ONGEHOORSAAM is en jy meer kilojoules eet as wat die Here vir

jou gesê het, vra die Here om jou te help! Hy is by jou en altyd gereed om jou te help. En moenie

die handdoek ingooi nie! Maak nie saak hoeveel keer jy struikel nie, staan weer op en begin weer.

God het jou lief en het nog nooit met jou moed opgegee nie!

Omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal

voleindig tot op die dag van Jesus Christus (Filip. 1:6).

5

‘n Afgod

Dis tog só waar dat ENIGE IETS waarin ‘n mens hom oormatig verlustig, vir hom ‘n afgod word,

en so kan dit ook met kos wees. Jy hoef ook nie noodwendig daarvan te eet om jou daarin te

verlustig nie maar jy kan dit aanraak, voel, hanteer en voorberei en op daardie wyse jouself daarin

verlustig. Of na die T.V. advertensies oor kos kyk, of in tydskrifte na kleurprente staar en jou

mond water en jou hele wese roep uit: Ek wil dit eet! Hoe heerlik! ‘n Voedselsoort gelaai met

suiker en chemikale word dan soms selfs beskryf as hemels! Wat ‘n belediging vir die hemel!

Hemelse voedsel is gesond en opbouend!

Miskien is hierdie nuwe pad wat jy aangepak het aan Jesus se Hand om gewig te verloor

vir jou baie moeilik, maar jy volhard! Jy besoedel nie jou liggaam met die verkeerde voedsel nie.

Jy bid elke dag en skryf jou dagboek vol teksies. Jy hou by die hoeveelheid kilojoules wat God

vir jou aangewys het. Jy het alle onnodige en ongesonde kosse uit jou huis verwyder. Jy hou vas,

maar jy kom een ding kort: VREUGDE. Elke etenstyd gaan jy deur ‘n toets. Jy sien hoe jou

familie en vriende vryelik eet – hulle is maer en jy is nog vet. Dis dan wanneer ‘n mens nog meer

geneig is om jou in kos te verlustig op die maniere wat ek nou net genoem het.

VERLUSTIG JOU IN DIE HERE (Ps. 37:4).

Hy moet ons vreugde, ons lus wees – nie kos, of enige iets anders nie. Jou begeerte moet

dus wees om Hom te behaag. Jou begeerte moet dus wees om Hom te dien met jou liggaam, siel

en gees.

Verlustig jou in die Here, dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Moenie jou in ongesonde kosse verlustig, al eet jy dit nie! God spreek teen lus in jou hart

– Hy sê as jy dit net daar vertroetel, is dit só goed of jy het die daad gepleeg (Matt 5:28). Vra

egter vir God om jou ook hiermee te help – vra Hom om jou aptyt vir ongesonde voedsel weg te

neem en dit te vervang met gedagtes en kennis van gesonde kos en voeding. As jy volkome aan

Hom oorgegee is, gee Hy vir jou die begeertes van jou hart!

Is dit jou begeerte om slank te wees? Doen jy dus alles in jou vermoë om met God saam

te werk, sodat Hy jou die begeerte van jou hart kan gee? Verlustig jou in die Here en wees 100

per sent gehoorsaam aan Hom. Satan probeer jou mislei en van jou vreugde beroof deur voor te

stel dat swak voedsel, heerlik is. Hy beinvloed die vlees om onsuiwere kos te eet en te dink dit is

lekker. God gee, herstel, hef op, bou op, versterk en seën. Satan vernietig, maak dood, vermoor,

lieg en mislei. God is geheel en al waarheid en liefde. Satan het geen waarheid of liefde in hom

nie.

Nog ‘n praktiese ding wat jy kan doen, is om elke begin van ‘n nuwe week in jou

notaboekie te skryf wat jou begeerte is vir daardie week i.v.m. jou verslanking. As jy begeer om

daardie week 2 kg. te verloor. Skryf daar: Here, dis my begeerte om hierdie week 2 kg. te verloor.

Vra Hom dan om jou te wys hoe jy met Hom kan saamwerk om hierdie begeerte van jou te

vervul. Onthou, die voorwaarde is: VERLUSTIG jouself in die Here … Bring meer tyd met Hom

en Sy Woord deur. Sing lofkoortjies tot Sy eer. Speel lofkoortjies op jou bandspeler of CD. Dank

en loof Hom gedurig! Vertel vir ander wat Hy vir jou beteken, veral in jou nuwe lesse van reg eet.

God vergoed ons nie met n hoë kilojoul telling sjokoladekoek nie! Hy vergoed ons deur

meer krag in Sy Heilige Gees te gee. Krag om versoekings te weerstaan, krag om ook ons

medemens by te staan.

Verander jou tafelgebed. Miskien bid jy al vir jare die rympie van: Seën Vader wat ons

eet. Laat ons nimmer U vergeet, en die oomblik wat jy jou oë oopmaak verlustig jy jou so in die

kos, dat jy alles vergeet, insluitend vir Hom! Bid liewers soos volg: Here, seën asb. hierdie kos.

Laat my aptyt asb. in lyn kom met my behoeftes en nie met my lus nie. – en maak seker dat jy

bedoel wat jy bid!

Wanneer jy soms terneergedruk voel, beur ‘n lekker bakkie roomys jou op? Die

onderliggende begeerte hier is om vir lyding te vergoed. Die roomys is hierdie vergoeding. Dit

kan baie vorme aanneem: Koekies, toebroodjies, droeë vrugte, fudge – solank dit iets is waarvan

jy hou.

As jy ‘n normale gesonde persoon is met ‘n onversadigbare hunkering na soetigheid, is

dit miskien omdat daar ‘n ander te kort in jou gestel is. Jy het dalk energie nodig. Suiker verhoog

die bloedsuiker gehalte in die liggaam en party mense kry baie meer energie hiervan. Maar dis ‘n

tydelike oplossing, en netnou moet jy al weer ‘n klomp suiker eet.

Sommige Christene is permanent moeg. As jy vra hoe dit gaan, kry jy ‘n sug vir ‘n

antwoord! As ons hard werk sal ons moeg wees en om soms moeg te wees is heeltemal natuurlik.

Maar ‘n gedurige moegheid, het ‘n ander oorsprong. Hier is ‘n paar satan georienteerde

denkpatrone wat jou kan moeg maak: bekommernis, senuweeagtigheid, vrees en angs. Vir hierdie

probleem moet jy ook weer die oplossing in werking stel, nl. die Woord van God.

Jy moet egter jouself vul met God se Woord, jy moet deurweek word met God se Woord.

Wanneer jy nie baie tyd met die Woord deurbring nie, ontvang jy nie jou kwota krag en

lewensblyheid nie. Jou gees en siel word nie gevoed uit die Ware Bron van energie nie. Miskien

dink jy dis na koffie of suiker wat jou verlange is, intussen het jy meer nodig, nl. die krag van

God. Maak dus eers seker wat jou ware behoefte is en moet dit nie bevredig met ongesonde

voedsel wat net ‘n tydelike oplossing is nie.

Kos is nie ‘n vriend nie. Die mense wat kos adverteer het net een doel voor oë: om geld,

jou geld, te kry. As jy meer tyd deurbring om te eet en kos voor te berei as met Jesus, het jy die

verkeerde vriend gekies. As jy eet waar jy ookal gaan en wanneer jy ookal gaan, het jy die

verkeerde maat. Jesus is die getrouste Vriend wat jy kan hê – Hy bemin jou met Sy hele hart:

Kos het jou nie lief nie. Liefde en kos het niks met mekaar te doen nie. Alhoewel ons

altyd fees vier met kos, is kos nie liefde nie. Mense verteenwoordig liefde. As jy lief is vir kos,

omdat dit jou geliefd laat voel soos toe jy klein was en jou moeder jou gevoer het – onthou, dit is

jou moeder wat jy behoort lief te hê, nie die kos nie! Jou hart en gedagtes moet op mense wees. Jy

moet mense liefhê.

Kos maak jou nie gelukkig nie. God is jou vreugde. Kos is iets om te eet met oorleg en

toewyding aan die Here sodat jou liggaaam, wat Hy vir jou gegee het om te versorg, gesond kan

bly.

Jy gebruik kos, dit gebruik jou nie. Jy kan vir ‘n koekie sê: “EK wil jou nie in my

liggaam hê nie, alhoewel jy baie lekker sal smaak. Jy is niks werd vir hierdie liggaam nie. Ek wil

jou nie hê nie.” Maar vir ‘n lekker sappige appel sê jy: “Jy sal goed wees vir my liggaam. Jy sal

ook baie lekker smaak. Ek wil jou graag eet.”

Om geheel en al te vas vir ‘n dag of ‘n paar dae as ‘n wyse om gewig te verloor, kan ek

nie aanbeveel nie. Dit kan selfs lei tot die siekte anorexia nervosa wat al mense se dood gekos

het. Gesels liewer met jou mediese dokter hieroor. Daar is egter ‘n vas waarvan die Bybel skryf

wat ek graag wil aanbeveel: Een maal ‘n maand moet jy op ‘n dertig daelank vas gaan. Dan vas jy

van murmureer, kla, foutvind, en kritiseer en begin om God te prys ten spyte van alle

omstandighede. God bewoon mos die lofsange van Sy volk (Ps. 22) en hoe voller jy van Hom is,

hoe minder plek sal daar wees vir enige iets anders! Lees Jes 58.

6

Gee Liefde!

Gewoonlik wil ‘n persoon wat oorgewig is baie slanker wees as wat hy behoort te wees.

‘n Vrou wat nou 110 kg weeg droom daarvan om eendag 40 kg te weeg. Die gedagte aan hierdie

byna onbereikbare doelwit is só uitputtend vir haar dat sy maar nog ‘n keer na die yskas gaan om

iets te kry om te eet om haar senuwees te kalmeer! Miskien is God se ideale gewig vir haar 65 kg,

wat ook baie ver van 110 kg is, maar nie heeltemal so ver as 40 kg nie. So, wees verstandig en

realisties, anders gaan die onmoontlike vir jou moedeloos maak.

Kom ons beskou ‘n paar voedselsoorte en drankies op ‘n verstandige wyse. Koffie en tee

en ook koeldrankies kan gerus vervang word met heerlike, gesonde vrugtesappe. Helder, suiwer

water les ‘n mens se dors nog die heel beste – probeer meer daarvan! Mense dink soms dat dit

beter is om tee te drink as koffie; kommersiële tee bevat dieselfde kafeine as koffie – neem maar

so min as moontlik van albei! Sjokolade en kakoa bevat kafeïne van die kakao – boontjie.

Kruietee is aangenaam en meer gesond.

Tussen maaltye eet aan versnapperinge (snacks) is onnodig, selfs al is dit ‘n rou wortel of

‘n appel wat jy eet. Onthou, jy is in beheer van die situasie! Olie is belangrik vir jou dieët. Olie

sal waterbehouding in jou weefsels voorkom en sal ook verslanking aanhelp deur jou liggaam te

help om suiker tot verwerk en te laat verander teen ‘n veel laer tempo. Die olie in jou

voedselinname sal jou hunkering na soetigheid verminder en hongerpyne stil, want dit veroorsaak

dat kos langer in jou maag bly.

Ons het vroeër gepraat oor suiker en dat ‘n mens werklik beter af is sonder dit, as met dit.

Hoe jonger kinders is, hoe makliker kan jy dit uit hulle eetgewoontes verwyder, sodat hulle dit

later van die hand sal wys indien hulle dit vryelik aangebied word. Lae bloedsuiker of te veel

suiker het die volgende gevolge op die mens se liggaam: oorgewig, swak geheue, nagmerries,

bednatmaak, geirriteerdheid, ook hiperaktiwiteit by kinders. Laat dit dus liewer uit jou en jou

gesin se kos en jy sal verandering in jou gesin ondervind. Die menslike liggaam het geen

noodsaaklike behoefte aan rietsuiker nie. Kom dan liewer daarsonder klaar! Selfs bruin suiker is

nie aanbevelingswaadig nie. Gebruik liewer heuning.

Ek het gelees dat ‘n persoon skryf dat vet mense so is omdat hulle nog nie ‘n grootmense

smaak ontwikkel het nie, maar nog eet soos kinders. En dit was vir my interessant om te sien hoe

waar dit in die praktyk is, want vet mense eet graag springmielies, worsbroodjies, fudge,

hamburgers, roomys, lekkergoed – alles dinge wat kinders graag eet! Wanneer jy opgegroei het,

behoort jy ook ‘n volwasse persoon se smaak te hê. ‘n lewat gewysigde maar toepaslike

weergawe van 1 Kor 13:11 sal dan lees: Toe ek ‘n kind was,het ek geëet soos ‘n kind … maar

nou dat ek ‘n man is, het ek die eetgewoontes van ‘’n kind afgelê. Groei op tot die eet en

geniet van gesonde, voedsame kos!

Om kos te meet is ook ‘n goeie gewoonte en jy hoef nie noodwendig met ‘n skaal en ‘n

maatbeker rond te loop nie. Leer net aan hoe ‘n halwe koppie van iets lyk, of hoe lyk 2g of 5g.

Om dit aan te leer sal jy ten minste drie weke moet gebruik maak van ‘n skaal en maatbeker, en

teen daardie tyd sal jy weet hoe ‘n sekere hoeveelheid van ‘n voedsel soort lyk. Meet of weeg

daarna net so nou en dan iets om seker te maak jou skattings is nog akkuraat!

Soos ek voorheen gesê het, is lewensvreugde baie belangrik, en ‘n mens kan alles doen

met vreugde, ook eet. GENIET DIT OM TE EET! Om te eet is nie ‘n sonde nie! Vraatsug is

sonde! Ongehoorsaamheid is sonde! Om te geniet wat God jou gee, seën Hom. Dis een van die

redes waarom ons Hom dank vir ons daaglikse brood. Hy gee vir ons kos om ons liggame te seën,

en ons behoort te geniet wat Hy ons gee. Vir die persoon wat oorgewig is, is die genot van

voedsel soos ‘n afgod. DIT is sonde! Maar as jy nou oppad is na ‘n slanke, gesonde liggaam

volgens God se voorskrifte, is eet nie langer ‘n sonde nie – dis die versorging van jou liggaam.

God leer jou hierdeur om gehoorsaam en om gedissiplineerd te wees, sodat jy nog meer die beeld

van Christus kan uitstraal.

Hier volg nou ‘n riglyn vir ‘n gesonde dieet. Maak seker dat jy van elke voedsel soort eet

sodat jou liggaam daagliks die nodige vitamine, minerale en protiëne inkry. Jy is verantwoordelik

aan die Here vir wat jy eet en hoeveel jy elke dag eet. Jy verander die voedsel uit die verskillende

groepe om in te pas by jou kilojou toelating per dag soos die Here aan jou wys. Moenie probeer

kul deur die een voedselgroep weg te laat om meer van die ander voedselgroep te eet nie – jy kul

in werklikheid jouself want jou liggaam het al die verskeidenheid voedsels nodig. Jy is ‘n

verantwoordelike persoon met baie selfbeheersing – eet gebalanseerd!

Ontbyt: ‘n Vrug met ‘n hoë Vit. C gehalte.

‘n Protiën voedsel:

stukkie kaas

gekookte of ingelegde vis

‘n eier

‘n koppie afgeroomde melk

volgraan brood of ontbytgraan

Koffie of tee

Middagete: ‘n Prtoiën voedsel:

Vis, hoender of maer vleis

Stukkie kaas

1 eier

2 gelykvol eetlepels grondboontjie

botter

volgraan brood

groente, rou of gekook

vrugte

koffie of tee

Aandete: ‘n Protiën voedsel:

Vis, hoender en maer vleis

Groente, rou of gestoom

(een aartappel moet ingesluit wees)

vrugte

koffie of tee

Sorg dat jy elke dag `n hoeveelheid vet of olie by jou kos insluit en onthou om jou

kilojoules te tel! Vra jou dokter of apteker vir ‘n betroubare kilojou tellingkaart en GEBRUIK

DIT ELKE DAG (Sien bl. 56).

Nou ja, ek glo dat as jy al tot hier gelees het en miskien al selfs begin het om jou lewe en

eetgewoontes op God se leus te skoei, sal daar sekerlik al gevolge daarvan in jou lewe te bespeur

wees, en ek glo jy is opgewonde daaroor. Dan sal jy dit ook wil deel met jou vriende, maar

miskien was jy al só dikwels voorheen besig met ‘n maerword projek, dat hulle nie werklik

belangstel om jou storie te hoor nie – hulle is eintlik hoogs verveeld daarmee.

En al is JY in vervoering oor die heerlike vars wortels wat jy nou só baie van mag eet en

oor die halwe kg. wat jy die afgelope week verloor het, is dit vir jou toehoorder bra kleurloos. Dit

is egter só dat ‘n persoon wat aanhoudend praat oor sy dieet ‘n vervelige mens is!

Daarom is my raad aan jou: bly stil. JY is besig om te verander: jy word slank, jy word

elke dag mooier. Mense kan net na jou kyk en hulle kan sien jy is vry van die bindinge van

oorgewig en ongesonde eetgewoontes.

Jou vriende sal ook nie net jou gewigsverlies waarneem nie, maar ook dat jy ‘n

gelukkiger mens is! Dit is omdat ‘n persoon wat lewe in gehoorsaamheid aan God, ‘n gelukkige

mens is, hy is ‘n OORWINNAAR! (Rom 8:37) Daar is geen beter plek om te wees as binne God

se Wil nie.

Jy het tog van die begin af geweet dat jou oorgewig probleem, eintlik ‘n geestelike

probleem is. Dis soms moeilik vir ‘n mens om dit te erken. Wees dus van nou af versigtig hoe jy

teenoor ander mense se eetgewoontes optree veral diegene wat oorgewig is – hulle het ook eintlik

‘n geestelike probleem. Wees simpatiek. Wees genadig – Jesus is.

Jesus is nie ongeskik, liefdeloos en aftakelend teenoor vet mense nie. Hy sê Kom na MY

toe, almal wat vermoeid en belas is …. Hy veroordeel hulle nie en keer nie Sy rug op diegene

wat verkeerd eet nie. Hy sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe.

Om korrek te eet, om gesonde voedsel te eet moet nie jou belangrikste getuienis word nie

– die belangrikste wat enige Kind van God het om te sê en aan ander soekendes te vertel, is van

Christus, Sy kruisiging, Sy opstanding en Sy Wederkoms. Hy het gekom om ons vry te maak en

ons moet nie dat hierdie saak, nl. die aanslag van verkeerd eet en die gevolge daarvan op

menselewens, ons terneerdruk nie. Praat egter oor Jesus, lei mense (veral die wat oorgewig is!)

na Jesus. Dit is jou roeping en belangrikste boodskap.

Liefde is prakties, dit doen iets. Tree teerhartig op. Moedig ander aan, bring tyd met hulle

deur en vertel hulle van Jesus. Hulle liggame is net só belangrik soos joune, veral voor God. Hoe

meer jy uitroep: Verslank! Hoe eerder sal daar rebellie in mense harte wees. 1 Kor. 3:16: Weet

julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? Laat daardie

Heilige Gees met teerheid en meegevoel deur jou praat met ander mense.

Om gewig te verloor en jou eetgewoontes te verander tot die eer van God gee vir jou ‘n

hart vol meegevoel teenoor ander. Dit maak jou nie vol kritiek, oordeel en beskuldigings nie.

Want die hele wet word vervul in een Woord, nl. JY MOET JOU NAASTE

LIEFHE SOOS JOUSELF (Gal. 5:14).

Dit is hoe Jy nou is – vol liefde en meegvoel

Jy is nou vry, en hierdie vryheid gaan nie nou deur jou vlees gebruik word nie.

Jy het ander en jouself lief. Jy dien nou ander deur die kwaliteite wat jy aangeleer het

deur tyd met God deur te bring. Jy soek geleentheid om liefdevol en behulpsaam teenoor ander te

wees.

Jy is ‘n persoon vol krag en meegevoel. Jy tree in liefde op onder leiding van die Heilige

Gees. Jy gee vir ander mense om en vind nie gedurige fout nie, veral nie met hulle wat nog nie

geleer het om reg te eet nie. Wees simpatiek en bid vir hulle en vir leiding hoe om hulle te

benader. Jy bely gedurig dat JY ‘N OORWINNAAR IS!

7

Liggamsoefeninge

Dit is só dat oorgewig mense gewoonlik nie baie aktief is nie, en hoe minder hulle doen,

hoe vetter word hulle, hoe ongelukkiger is hulle, hoe meer eet hulle, hoe minder doen hulle, hoe

vetter word hulle …. Ag, dis voorwaar ‘n bose kringloop! Dis maklik om te begryp waarom vet

mense nie van oefening hou nie – dis ‘n groot taak om so ‘n klomp gewig rond te dra! ‘n Vet

mens word baie gouer moeg as ‘n maer mens. Hy het minder stamina en weerstand teen

uitputting. ‘n Vet mens verbrand meer kilojoules om dieselfde oefening te verrig as die maer

mens, want hy gebruik meer energie om sy groot liggaam te beweeg. Daarom verloor mense wat

baie oorgewig is vinniger gewig as die wat minder oorgewig is.

Jou liggaam is vol spiere en omdat hulle geskep is om te funksioneer, seën jy hulle deur

hulle gereeld te gebruik. Jy hoef nie noodwendig elke dag lang afstande te draf of in die

gimnasium te gaan oefen nie, maar só vyf­minute se vrystaanoefeninge daagliks, sal jou baie

goed laat voel. Net ‘n paar maal die tone raak, arms swaai, bene opskop, middellyf rol, en jou

spierstelsel sal fiks word!

Moenie dit oordoen nie, want oorgewig mense word baie ontmoedig, eerder as

geinspireer deur fisiese oefeninge. Weereens is jou Hemelse Vader die Een wat jou die beste

leiding hier kan gee – raadpleeg Hom! Dalk is ‘n halfuur vinnige stap elke dag, die ding vir jou.

Of fietsry. Of om aan te sluit by ‘n gim of ‘n tennisklub. God die Heilige Gees is ‘n baie

bekwame Raadgewer! Hy het jou liggaam lief en help jou om dit goed te versorg.

God het alles goed gemaak – ook die mens se liggaam het God met oorleg en

kunsvaardigheid gemaak. Hy het egter ‘n goeie balans van eet, oefening en rus voorgeskryf om

dit mooi en gesond te hou. Daar bestaan ‘n wanbegrip by mense dat fisiese oefening die eetlus

aanwakker. Dis nie so nie! Oefening wat jy geniet en op ‘n gereelde basis doen, neem eerder die

plek in van ontydige etery wat meegebring word deur verveeldheid en spanning.

Hou alles matig en goed gebalanseerd. As jou winkel binne loop afstand van jou

woonplek is, loop liewers van nou af daarheen om jou inkopies te doen as om met die motor te ry.

Selfs as ‘n vriendin jou oornooi vir ‘n koppie tee – stap liewer daarheen, en wanneer jy die tee

drink (en miskien ‘n beskuitjie daarby eet!) is die kilojoules alreeds verbrand deur die oefening

wat jy gehad het! Klim liewer die trappies (of die helfte daarvan as jy baie hoog is in die gebou)

op na jou woonstel, as om met die hysbak te ry.

Moenie sê: “Ek kan nie pluimbal speel nie, daarom is dit uit vir oefening.” Óf: “Ek kan

nie swem nie, daarom bly ek maar liewer weg van die swembad.” Onthou, JY IS IN BEHEER

VAN JOU LEWE, SKEP DAAROM VIR JOU NUWE OMSTANDIGHEDE! Leer pluimbal

speel, leer swem! Miskien sal jy sukkel aan die begin, maar wees verseker dis net die begin – dis

tydelik – want soos jy meer oefening kry sal jy bekwamer word, maar ook omdat jy elke keer

slanker is as jy gaan oefen!

As dit ‘n duur storie is om by sportklubs of gimnsiums aan te sluit, vra die Here om jou te

help om liewer dit te doen wat kosteloos is. Om te stap, vinnig en ywerig, met diep asemhaling is

uiters effektief en genotvol ook, want jy kan na al die mooi huise en tuine kyk of miskien selfs

vinnig loer na die nuwe wintermodes in die winkelvensters in jou verbystap – dit hang af van jou

omgewing. Die goue reël is: GEREELD.

As jou posbus by die hek is, draf daarheen om die pos uit te haal, i.p.v. om te loop.

Wanneer jy moet wag vir die ketel om te kook of vir jou badwater om in te loop, swaai jou arms

flink heen en weer. Konsentreer daarop om jou maag in te trek elke maal wanneer dit jou byval.

Jy sien, jy hoef nie noodwendig ‘n sportman of ‘n atleet te wees, om ‘n slanke, gesonde

liggaam te hê nie. In die klein takies kan jy spiere los maak, asemhaling oefen – kilojoules weg

brand. Soos jy van die oorgewig ontslae raak, sal jy meer oefening makliker hanteer en dit sal jou

help om jou korrekte gewig te behou. Bly egter voortdurende in kontak met die Heilige Gees oor

hierdie saak.

‘n Mens se liggaam gaar vet op om spiere wat die minste gebruik word. Jou hele liggaam

ontvang die verspreiding van vet selle, maar hulle is gewoonlik die swaarste om die middellyf,

sitvlak, heupe, bobene en maag omdat hierdie dele min oefening kry.

Wanneer spiere saamgetrek word met enige aard van oefening word sure afgeskei deur

die spiere. Hierdie sure verbrand vet weefsels om die spiere wat geoefen word. Eet bevorder nie

die afskeiding van hierdie vet verbrandings sure nie. Sommige voedsel soorte bevat wel hierdie

sure maar slegs oefeninge bring dit in werking.

Soos die sure nou die vetselle verbrand, word jou spiere sterker en stewiger. ‘n Gebrek

aan oefening veroorsaak die teenoorgestelde. Swak en sagte spiere funksioneer oneffektief en laat

jou baie ouer lyk as wat jy is. Jou gesigspiere sak met te veel gewig en jou longe en ribbekas en

skouers sak af en vorentoe s.g.v swak spiere. Net ‘n dieet alleen kan nie hierdie dinge regstel nie.

Oefeninge elimineer gifstowwe in die liggaam wat noodwendig daarin opgeneem word

deur die jare se misbruik deur dit onder andere, verkeerd te voed, of deur rookgewoontes. Ons

asem ook onwillekeurig gifstowwe in vanuit die besoedelde lug om ons. Wanneer jy sweet word

baie van hierdie gifstof uitgewerp. ‘n Goeie oefenprogram met konsentrasie op jou middellyf en

maag area, sal sterk uitwendige sowel as inwendige spiere ontwikkel wat die liggaam se

afvalstowwe gouer en meer effektief sal uitwerp.

Oefeninge vermeerder en verbeter bloed sirkulasie.

Oefeninge verbeter selfs jou gemoedstoestand. ‘n Goeie oefenprogram is ‘n baie gesonder

en aangenamer wyse om van frustasies en spanning ontslae te raak as om kalmeermiddels te

neem.

Baie oorgewig mense dink dat as hulle hard werk, kry hulle genoeg oefening – dis nie

heeltemal korrek nie, want kyk maar hoeveel huisvrouens werk en tog is hulle heeltemal

oorgewig. Dis omdat hulle take nie die areas oefen waar hulle dit die meeste nodig het nie!

Oefeninge kan beskryf word as ‘n aktiwiteit wat spesifiek en hoofsaaklik vir die voordeel

van die liggaam gedoen word. Dis spierbewegings wat daarop gemik is om die gesondheid te

verbeter, uithouvermoë te verleng, krag te ontwikkel, spiere deeglik te laat funksioneer, gewig te

verloor en die liggaam sommer in die algemeen op te knap.

Oefeninge moet op ‘n gereelde basis gedoen word om effektief te wees, op ‘n ongereelde

basis kan dit selfs gevaarlik wees. ‘n Potjie tennis oor die naweek, of ‘n muurbalwedstryd

eenmaal ‘n maand lei net tot ongemaklike spierstyfheid juis weens die leeglê van hierdie spiere

die res van die tyd. Ek het gelees van ‘n middeljarige man wat dood neergeval het toe hy saam

met ‘n vriend gaan draf het – dit maak nie draf en oefening gevaarlik nie, maar dit kan gevaarlik

word as ons te veel verwag en vereis van ons liggame wat vir weke nie oefening kry nie!

Slegs as oefening op ‘n gereelde basis gedoen word sal dit spiere verstyf, fiksheid

meebring en bloedvloei na en van die hart bevorder.

Laat jou oefeninge progressief wees, m.a.w. begin geleidelik, veral as jy baie oorgewig

is. Probeer om egter week na week ‘n bietjie meer te doen, want soos jou liggaam gewoond word

aan ‘n sekere hoeveelheid van energie produksie, hou dit op om te verbeter. Daarom moet jy meer

doen om weer meer energie vry te stel. VASBYT! Is ook hier die sleutelgedagte – dis wanneer jy

nie meer lus het vir die oefeninge nie, wat jy moet aangaan, want dis net DAN wanneer jy sal

begin resultate sien!

Hoe dit ookal sy, as jy alleen jou oefeninge in jou badkamer of slaapkamer doen, probeer

gerus ‘n kaset of plaat met lofkoortjies speel terwyl jy daarmee besig is – dit sal sommer die hele

atmosfeer verander! Voor jy jou kan kry is jy besig om te dans voor die Here soos Dawid van

ouds – wat ‘n liefdlike ondervinding!

8

Vasstaan!

Soos jou gewig afneem kom die wonderlike belonings, en enige persoon wat oorgewig

was en toe verslank het, sal vir jou van hierdie groot oomblikke kan vertel. Die dag toe sy slank

genoeg was om ‘n mooi noupassende rokkie te kon aantrek en goed lyk, i.p.v. die tentrokke wat

sy altyd moes dra om die vetrolle te verberg. Sy wou nooit haar jas uittrek in die winter nie, want

dit het darem tog in ‘n mate die vet verberg! Dan was daar die dag toe sy weer goed kon lyk in

swemklere en met soveel vreugde saam met haar gesin in die branders kon baljaar, nadat sy vir

jare altyd ‘n nat kombers was, en die handdoeke opgepas het terwyl haar man en kinders alleen

moes swem! Sy kon tog nie waag om met haar liggaam swemklere aantrek nie!

Hulle wat vet was en maer geword het se ondervindinge varieer, maar die groot

gemeenskaplike ondervinding is OORWINNING in hulle almal se lewens. Een vertel dat haar

grootste triomf was nie dat sy gewig verloor het nie, maar dat sy oorwin het oor self en haar eie

selfsugtige begeertes. Sy het van ander mense en van God geluk geeis –ander moes haar gelukkig

maak. Wanneer sy nie haar sin kon kry nie, het sy kwaad geword – sy was feitlik voortdurend

omgekrap. En wanneer sy omgekrap was het sy geëet en net vetter geword!

Iemand anders getuig weer dat as ‘n vet mens, sy altyd aggressief en luidrugtig was – sy

moes altyd iets doen, iets bereik, mense se aandag trek en liefde wen en erkening kry. Nou as ‘n

slanke mens, besef sy ook hoe haar hele gesindheid verander het. Sy het selfrespek en innerlike

vrede. Sy skryf dit toe aan die splinternuwe verhouding wat tussen haar en God ontwikkel het,

tydens haar verslankingsproses.

Daar is die geval van die vroutjie vir wie die Here laat besef het dat haar eetsug net die

gevolg was van haar rebellie teen God se wil vir haar lewe. Sy wou haar eie kop volg en sy was

aan die verloorkant, want ‘n mens verloor altyd as jy ongehoorsaam is. OORWINNING LE IN

GEHOORSAAMHEID. En jy moet kies om gehoorsaam te wees, al voel jy nie só nie. Wanneer jy

ongehoorsaam wil wees en iets eet wat jy weet nie volgens God se Wil vir jou gesonde liggaam is

nie, moet jy kies om gehoorsaam te wees! Dan reinig God nie net jou liggaam nie, maar ook jou

siel en jou lewe.

Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle

nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie (Gal. 5:1).

Enige vorm van ooreet is ‘n binding, soos ‘n ketting wat om jou gedraai is. Jy is

vasgevang soos ‘n dier in ‘n hok wat nie vrylik kan beweeg nie. Vraatsug is die slawedrywer. Jy

is ‘n slaaf van die emosies wat jou dryf om te veel te eet. Miskien is dit terneergedruktheid of

selfbejammering of humeurigheid wat jou laat vlug na kos – daardie emosies dryf jou..

Jy dink miskien: My man het my tog nie lief nie. Niemand gee vir my om nie. Ek is só

eensaam.

Hierdie gedagtes vang jou, bind jou en jy kan nie los kom nie. Kos gaan by jou mond in

en die vetrolle kom. Gou staan jou maag verder uit as jou bors, en gou kan jy nie meer jou bene

bymekaar hou as jy sit nie. Jy kan nêrens meer gemaklik sit nie, en kan nie meer die

veiligheidsgordel van die motorsitplek vas kry nie. Alles vererger net, en jy is vasgevang.

Maar dank God vir die dag wat jy vir Satan gesê het: tot hiertoe en nie verder nie! Dank

God vir die dag wat jy vir Hom gesê het: Here, ek gee my lewe en my liggaam oor aan U

leiding. Toe het jy losgeruk van die kettings, en jy is vry, want dis waarvoor jou Verlosser, Jesus

Christus aan die Kruis gesterf het, om ons VRY TE MAAK van enige kettings. Loof die Here, en

noudat jy VRY IS, moet jy sorg dat jy VRY BLY

Want wat sal dit help om lieflik slank te word, en dan maar weer, stadig maar seker, vir

Satan plek te gee en weer vasgedraai word in die kettings. Nee, jy gaan daardie OORWINNING

handhaaf omdat jy in Christus Jesus is.

Onthou jy die teksie wat ek daar in hfst. 1 aangehaal het uit 2 Kron. 16:9? Dit lui só:

Want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene KRAGTIG TE STEUN

wie se hart ONVERDEELD OP HOM gerig is.

Jy sal vind dat solank jou hart onverdeeld op die Here gerig is, om Hom te dien en Hom

te behaag met jou hele lewe, sal jy slank en mooi en gesond bly. Maar sodra jou hart verdeeld

raak en Satan weer sekere dele begin oorneem sal die vetrolle weer kom. Die netjiese modieuse

rokkies sal maar weer moet vervang word met losrokke en oorjasse en die hart sal weer swaarder

pomp, die asemhaling sal korter word, die are in die bene sal uitswel ……

Jy kan self al te maklik bepaal of jou hart onverdeeld op die Here is: gaan lees wat is die

vrug van die Heilige Gees in Gal 5:22:

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,

vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

As die vrug in jou lewe liefdeloosheid, terneergedruktheid, omgekraptheid, ongeduld,

humeurigheid, onbetroubaarheid, afjakkerigheid, en gebrek aan selfbeheersing is, kan jy verseker

wees dat jou gemoedstoestand nie meer onder beheer van die Heilige Gees is nie!

Weer staan jy voor die KEUSE: rig jou hart en lewe weer ONVERDEELD op Hom, of

maak die rem los op die afdraande pad van neerlaag en oorgewig.

Maar ek glo dat jy hoe langer hoe VASTER op hierdie pad saam met Jesus gaan wandel,

want dit sal elke dag vir jou aangenamer en meer belonend word. Wanneer jy by die punt gekom

het dat jou gewig ooreenstem met die gewig wat God oorspronklik vir jou persoonlik gegee het

om te bereik deur korrekte eetgewoontes, oefening en toewyding aan Hom, kan jy nou ‘n ander

program begin volg om daardie perfekte gewig (en lewenswandel!) te handhaaf. Deur jou gewig

te handhaaf laat jy God toe om jou optrede en begeertes te beheer. Moet dit nie onder SY beheer

uit verwyder nie!

Van nou af is dit nie meer nodig om só akkuraat ELKE DAG kilojoules te tel nie (Ek glo

jy het dit tot nou toe gedoen en elke dag in jou notaboekie aangeteken, anders sou jy nie tot by

hierdie punt verslank het nie!) Jy is nou ook by die geestelike vlak van gehoorsaamheid waar God

jou wil hê en nou is dit net nodig om TWEE DAE per week jou kilojoules te tel en aan te teken en

te sorg dat jy binne die hoeveelheid bly wat God vir jou aanbeveel het. As jy aan God oorgegewe

bly, sal jy vind dat jy op die ander dae selfs minder sal eet as op die twee dae wat jy kilojoules tel,

want Hy sal jou lei.

As jy vind dat jy die saak beter kan hanteer deur voort te gaan om elke dag kilojoules te

tel, doen dit gerus maar probeer om te begin met EEN DAG waarop jy nie tel nie, dan gaan jy

geleidelik aan tot TWEE DAE en so meer. Dis net om jou stadig aan los te maak van die

telgewoonte want jy het nou selfbeheersing d.m.v. Goddelike beheer van jou lewe.

Ek glo dat jy op hierdie stadium ook sal weet wat die regte, gesonde voedsel is om te eet,

want God en Sy Woord het jou mos oor die weke, miskien al maande, geleer en afgerig sodat jy

nou KAN VASSTAAN … EN NIE WEER ONDER DIE JUK VAN DIENSBAARHEID

KOM NIE! (Gal 5:1) Jy is nou gewoond daaraan om NEE te sê vir vleeslike luste en JA vir die

leiding van God se Heilige Gees. God vertrou jou en jy vertrou Hom, en jy vertrou jouself. God

het jou tot hier gebring en nou wil Hy jou verder leer, want die wandel met Hom is nooit stagnant

nie – jy groei al die tyd. Enige iets wat nie groei nie, is dood!

Soos in die verlede gaan jy nog elke dag jou afsonderingstyd met Hom hou en met Hom

gesels en Sy raad vra. Vra Hom dus wat jy daardie dag behoort te eet. Die drie belangrike vrae is:

1) Mag ek eet?

2) Mag ek ………….eet? (Noem die kossoorte)

3) Hoeveel mag ek eet?

Jy sal nou meer as ooit moet ingestel wees om die Hemelse Vader se stem te herken,

want Satan sal ook probeer om jou nuwe vryheid uit te buit. Sê nou maar jy sit in die kafee en

daar oorkant glinster die goue korste van die vleispasteie in die warmoond. Nou vra jy: Mag ek

daardie pastei eet? I.p.v. God se stem te hoor wat sekerlik vir jou sou sê: My Kind, jy weet mos

dis nie gesonde kos nie en dit bevat ongeveer 800 Kilojoules, luister jy nou net na jou maag en jou

lus, en troos jouself met die gedagte: Ag, ek is tog honger en ek het nie meer nodig om sou

nougeset kilojoules te tel nie.

Dis heeltemal ‘n verkeerde redenasie! Jy moet steeds VASSTAAN, en ongesonde,

vetmaak voedsel bly steeds Roomys, lekkergoed, hamburgers, koek – al hierdie ongesonde kosse

is nie genotjies nie – hulle is VYANDE! Put jou genot uit gesonde, lewegewende voedsel wat

jou liggaam opbou en vertroetel.

Aan die begin het ek jou ook aangeraai om ‘n dagboek (dalk deel van jou notaboek) te

hou waar jy daagliks aanteken wat God vir jou leer uit Sy Woord, en ook hoe jou gesindhede en

emosies elke dag is. Hou hiermee vol, selfs met groter nougesetheid en detail. Dit is nodig dat jy

ten volle beheer oor jouself het – jou begeertes, gedagtes, ideale, emosies en reaksies. Jy het

gekonsentreer en hard gewerk om te kon kom waar jy nou is. Moenie nou laat slap lê nie!

Jy kan hierop voortbou. Skryf jou begeerte neer om jou huidige gewig te handhaaf. Skryf

neer wat jy gaan doen om dit só te hou. Kyk nou na ander areas in jou lewe waar verandering

nodig is. Kom ons neem ‘n praktiese voorbeeld. Jy vind jy skreeu dikwels op die kinders en jy

weet dis nie tot die eer van die Here nie. Nou gaan jy soos volg optree om hierdie gewoonte onder

die knie te kry! Bid elke dag vir elkeen afsonderlik en kry ‘n Skrifteks wat jy oor elkeen gaan

spreek elke keer wanneer jy gedurende die dag aan hulle dink – dan dink jy God se gedagtes oor

hulle en dis altyd positief en opbouend. Verder gaan jy probeer om vroeër te gaan slaap, sodat jy

goeie rus en energie het om hulle by te staan, na hulle te luister, maar hulle tog ferm te hanteer.

So het jy nou ‘n begeerte en ‘n reaksie uitgewerk, en dit aangeteken in jou dagboek. Jy

het dit met die Here gedeel en nou volg net goeie resultate, want jy hanteer jou sake volgens God

se voorskrifte. Só kan jy alle fasette van jou lewe hanteer en jy leer nie net jouself ken d.m.v. jou

dagboek nie, maar jou afhanklikheid van en liefde vir jou Here neem daagliks toe, want Hy lei jou

van oorwinning tot oorwinning!

BLY AFHANKLIK van Hom. Maak ‘n lys van die soorte eetgoed wat jou terug wil trek

in diensbaarheid aan hulle en vermy hulle – hulle kan vir jou niks goeds inhou nie! Al voedsel

wat jy verdien is dit wat jou liggaam en jou siel seën: goeie, voedsame kos wat jou liggaam uiters

suksesvol sal laat funksioneer. Jy verdien net die beste, want jy is ‘n baie spesiale Kind van God.

Jy het hard gewerk om jou lieflike liggaam te verkry, nadat dit só verrinneweer was deur

ongesonde eetgewoontes. Jy verdien net die beste!

Loof die Here in die Naam van Jesus vir jou nuwe vryheid en lewe. Sê hardop:

Ek is nie meer diensbaar aan humerigheid, senuweeagtigheid, bekommernis,

frustasie en verveeldheid nie.

Ek eet nie meer om my self te troos nie

Ek eet volgens die Woord van God – om God te vereer met my liggaam.

9

Die Finale Oorwinning

Kyk vir ‘n oomblik na jouself. Jy het nou ‘n nuwe liggaam. Jy is slank en mooi vir Jesus.

Jou liggaam is jou pragtige nuwe woning en jy het hard gewerk om dit so te kry. Wanneer storms

en verleiding nou oor jou pad kom, wat gaan jy maak? Gaan jy die deure en vensters van jou hart

en gedagtes oop maak sodat die wind en reën dit kan verniel? Gaan jy maar toe gee aan

versoekings wat vernietig?

Nee wat, ek glo nie jy sal nie. Jy sal dit beskerm en seker maak dis stewig en in staat om

storms te weerstaan. Jy sal dit goed versorg en in stand hou, want jy het baie sorg en aandag

daaraan bestee. Jy het die duurste en kosbaarste belegging wat daar is! As jou huis vernietig

word, is dit nie nodig dat jy sal sterf nie. Jy sal bly voortleef alhoewel jy ‘n ander blyplek sal

moet soek. Maar dit is nie waar van jou liggaam nie. As jou liggaam vernietig is, waarheen sal jy

gaan? Dis skokkend om te sien hoeveel mense meer aandag gee aan hulle woonhuise as aan hulle

liggame!

God het ook ‘n belegging in jou.

Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in

veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle

wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit (Luk. 11:21 en 22).

Jy kan jou ideale gewig handhaaf vir ewig, solank jy permanent jou mond en jou aptyt

bewaak. Jy kan nie vir ‘n oomblik verslap en dink omdat jy nou slank is jy maar jou wapentuig

links kan laat lê nie. Jy is vir ewig in hierdie stryd. Teen hierdie tyd is jy al ‘n soldaat met baie

ondervinding wat ander ook kan lei tot die oorwinning wat jy behaal het.

Jy wil dalk uitroep: maar wanneer hou dit alles op? Dis uitputtend om gedurig op my

hoede te wees as daar eetgoed naby is!

Geliefde, dis nooit uitputtend om in die leër van god te wees nie. Jy raak nooit moeg of

moedeloos in die stryd van die Here nie, want Hy is altyd reg langs jou in die voorste gevegslinie.

In Hom is ons en lewe ons. Moet dus nie glo dat om altyd te waak teen versoekings vir jou sal

moeg maak nie. Dit stimuleer jou eerder! Kom ons lees Gal. 6:9: En laat ons nie moeg word om

goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Sê nou vir jouself: Self, moet nie moeg word om goed te doen nie. Jy was tot dusver

uitstekend, so moet nie nou moed opgee nie. Jou regte tyd is hier. Self, moenie nou, van alle tye,

uitgeput raak nie. Jy het dit gemaak! Jou liggaam is onderdanig aan God! Jy was gehoorsaam, jy

het jouself verloën, jy het vleeslike luste geweier. Nou het jy ‘n nuwe pragtige liggaam waarin jy

die Here mee kan eer. Self, prys nou vir God vir die wysheid om vas te staan en bly op jou hoede!

Onthou, die ou self sal al te graag jou wysheid aan die slaap wil sus net die oomblik

wanneer jy dit nodig het. Net twee koekies sal geen skade doen nie – ag toe nou, vat maar nog

enetjie! Dis die ou self se stem. Ignoreer dit, weerstaan dit – jy waardeer jou wysheid en jou

integriteit. Jy is ‘n nuwe pragtige mens. Jy is nie meer die prooi van koekies nie – jou smaak is

nou vir beter dinge. Laat die vet mense maar koekies eet. EET JY DIE WOORD VAN GOD en

BID VIR DIE VET MENSE.

Die Woord sê vir ons in Ef. 6 dat ons die volle wapenrusting van God moet aantrek. Let

wel, jy met die slanke lyf, daar staan die VOLLE wapenrusting van God – alles. Bedek jou self

geheel en al. Satan se skemas is om jou weer vet te kry, jou oorwinning te steel, jou ongelukkig te

maak. Hy haat God en hy haat jou. Hy wil alles wat God verheerlik laat skipbreuk ly. Hy sal jou

graag heeltemal wil vernietig. Hy wil hê jy moet God vloek en hy haat dit dat jy nie meer vet en

lelik is nie. Hy verafsku dit dat jy nou van jouself hou. Jy het ‘n gedugte en ‘n verwoede vyand!

Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie. Maar teen die owerhede, teen

die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in

die lug (Ef 6:12).

Jou stryd is nie teen die vetkoek of die roompoffertjie nie – hulle skreeu nie vir jou EET!

EET! Nie. Nee, dis die magte en bose geeste van duisternis – dis hulle wat jou aanval. Daarom

het jy die volle wapenrusting van God nodig.

Jy trek die volle wapenrusting aan deur heeltemal eerlik met die Here te wees. Wees in

gedurige kontak met Hom. Staan dan vas, jou lendene met die waarheid omgord (vers 14).

Bind jouself toe en vas met die waarheid. Hy is die waarheid.

Praat altyd met Hom – bid sonder ophou. Beoefen jou gebedstaal (Ef. 6:18). Jy sal slegs

‘n gebedstaal hê as jy met die Heilige Gees vervul is. (Bestel vanaf die Christelike Sentrum die

volgende hulpmiddels as jy nog nie vervul is met die Heilige Gees en nie ‘n gebedstaal het nie.

Hulle sal hierdie dinge vir jou verduidelik en help om dit te bekom. Boek: Ondervind die Heilige

Gees, Dr van Zyl en Kasetband: God die Heilige Gees, Dr van Zyl. Ons adres is: Posbus 232,

Ballito, 4420).

Loof die Here voortdurend. Hou jou neus in die Bybel. Luister wanneer Hy met jou praat.

Wees baie getrou met die hou van die stilte­tye.

…. Met die borswapen van geregtigheid aan (vers 14). Dis die geestelike skild oor jou

hart. Dis uit jou hart waar jou emosies, gewete, begeertes en drome voortspruit. Onthou, jy het

reeds geleer om korrek te eet, jy leer dit nie nou eers aan nie! Al hou Satan vir jou die

aantreklikste disse voor, jy is geoefen om korrek te kan kies!

En as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede (Vers 15).

Jy val nie meer rond nie, jy is lankal nie meer verwar nie. Jy wandel nou volgens die

Gees. Jy het wysheid en kan die regte keuses maak. Jy is ‘n deelgenoot aan Sy goddelike natuur.

Jy het die vleeslike luste gekruisig. Jy wandel in die Gees en aan jou voete het jy die Waarheid

van die Woord van God! Hallelujah!

…….. neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose

sal kan uitblus(Vers 16).

Elke dag wanneer jy tot die Here bid oor jou aptyt en eetgewoontes, beoefen jy geloof.

God is lief vir jou geloof, want sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag! (Heb. 11:6)

Wanneer jy Hom vertrou om jou te help met jou probleem van ooreet, beoefen jy geloof dat Hy

jou waarlik sal help.

Onthou, wanneer jy iets kan sien of voel waarvoor jy gevra het, het jy nie meer geloof

nodig nie. Geloof is ‘n VASTE VERTROUE op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge

wat ons NIE SIEN NIE …. (Heb. 11:1). Wanneer jy sien en voel jy is slank, het jy nie meer

geloof daarvoor nodig nie – dit het gemanifesteer. (Bestel ons boekie Geloof soos ‘n Mosterdsaad

Dr J. van Zyl, vanaf die Christelike Sentrum. Dit sal geloof en die werking daarvan aan jou

verduidelik as jy dit nie mooi bergyp nie. Ons adres is: Posbus 232, Ballito, 4420).

En neem die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God –

(Vers 17).

Deurweek jouself met die Woord van die Here. Dit sal jou bewaar teen Satan en jouself.

Die swaard van die Gees sal elke leuen en set teen jou om jou weer vet te kry, ontbloot en

stukkend kap.

Hier volg nou ‘n gebed wat jy gereeld kan bid, die hele gebed of dele daarvan. Dis

saamgestel uit Skriftekse en dit sal jou opbou en bystaan in jou stryd, want wanneer jy die woord

hanteer gebruik jy die TWEESNYDENDE SWAARD (Heb. 4:12). Daar is ook die lieflike teks in

Jer. 1:12: Want Ek is wakker oor my Woord om dit te volbring. Wanneer God se Woord oor

omstandighede gespreek word, kom Hy met Sy krag en Hy verander daardie omstandighede sodat

dit ooreenstem met Sy Woord. Laat hierdie WOORD VAN GOD dus volop wees in jou lewe!

Onthou egter, die nie towerwoorde nie – jy moet GLO WAT JY SE!

Hemelse Vader, toe ek U Woorde gevind het, het ek hulle opgeëet, en U Woord was vir

my vreugde en vrolikheid in my hart; want U Naam is oor my uitgeroep, Here God van die

leërskare (Jer. 15:16).

Vader, daar staan geskrywe in U Woord dat as ek met my mond bely dat Jesus die Here is

en met my hart glo dat U hom uit die dode opgewek het, ek gered sal word. Vader, ek is U kind

en bely dat Jesus Christus Here is van my gees, siel en liggaam. Ek kroon Hom Here oor elke

situasie in my lewe. Daarom is ek tot alles in staat deur Jesus wat my krag gee.

Vader, ek het ‘n ernstige besluit geneem, nl. om my aptyt/eetlus aan U oor te gee. Ek kies

liewer Jesus as die begeertes van my vlees. Ek beveel my liggaam om in lyn te kom met U

Woord. Ek eet slegs soveel as wat voldoende is vir my. Ek eet en is versadig. Wanneer ek sit om

te eet, let ek deeglik op wat voor my is om te eet. Ek gee my nie oor aan die lus vir snoepery en

ongesonde kos nie. Soos ‘n bokser, kasty ek my liggaam – hanteer dit rof en dissiplineer dit met

harde werk – en maak dit diensbaar. Ek bring my liggaam in onderwerping aan my gees – die

innerlike mens, die ware ek, want alle dinge is nie opbouend nie of nuttig vir my om te doen nie

alhoewel geoorloof. Ek sal nie die slaaf van enige iets word nie of onder die mag van enige iets

kom nie. My liggaam behoort aan U. Ek wy my liggaam aan U toe as ‘n lewende offer, geheilig

en aan U ‘n welgevallige offer en plaas al my ledemate en fakulteite tot U beskikking. Ek gee

myself en my liggaamsdele aan U, sodat hulle kan dien as werktuie van geregtigheid. Ek is

verenig met U en word een Gees met U.

My liggaam is die tempel, die woonplek, van die Heilige Gees. EK het U Gees ontvang

as ‘n gawe van U Vader. Ek behoort nie aan myself nie. Ek is duurgekoop deur U wat Self die

prys betaal het. Daarom bring ek aan U hulde en eer d.m.v. my liggaam.

En daarom dissiplineer ek myself en maak die vleeslike begeertes, aptyte en wêreldse

drange in my liggaam dood. Ek probeer om in alle gevalle ‘n rein (vleklose, blaamlose) gewete te

hê, vry van oortreding teenoor U Vader, en teenoor iets of enige iemand wat U plek in my hart

kan inneem of enige vorm van substitusie van U kan veroorsaak, sodat dit die eerste plek in my

lewe kan inneem. Ek bring nie langer die res van my natuurlike lewe deur onder oorheersing van

my menslike aptyte en verlange nie, maar ek lewe vir wat U vir my wil! Ek waak en weier om

beswaard en terneergedruk te word deur die lighoofdigheid en hoofpyn en naarheid van ooreet,

dronkenskap, wêreldse sorge en laste, want daar is aan my gegee ‘n gees van krag en liefde en

selfbeheersing en gesonde verstand en dissipline.

Vader ek weerstaan versoeking in die Naam van Jesus. Ek verwerp geheel en al elke

hindernis, onnodige las deur hierdie vraatsug wat so ywerig (beslis en slu) aan my probeer

vasklou en my verwar, en ek loop met geduldige verdraagsaamheid en vaste, aktiewe

vasberadenheid die aangewese koers van die wedloop wat voor my gestel is, terwyl ek weg kyk

van alles wat my wil mislei en ek vestig my oë op Jesus, die Leidsman en Voleinder van my

geloof. Christus, die gesalfde, sal verheerlik word en glorie en lof kry deur my liggaam en sal met

vrymoedigheid verhoog word in my persoon. Dankie Vader, in Jesus se Naam! Halleluja!

10

Vitamine uit die Woord

Hier volg nou ‘n hele aantal Skriftekse wat ek spesiaal uitgesoek het sodat dit jou kan

opbou en aanmoedig. Soek hulle op in jou Bybel, merk hulle met ‘n spesiale kleur potlood, en

lees hulle dikwels, veral in die begin dae van jou nuwe wandel met Jesus. Mediteer oor hierdie

tekse, en indien moontlik, leer sommige van hulle van buite. Hulle sal jou inspireer en

aanmoedig.

KRAGTIGE BELOFTES:

1. Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou. (1 Thes. 5:24).

2. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end

uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom (Filip. 1:6).

3. Want dit is God wat in julle werk. Hy maak julle gewillig en bekwaam om sy heilige

plan uit te voer (Filip.2:13).

4. Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie maar die Gees wat van

God kom, en daardeur weet ons wat God ons uit genade geskenk het (1 Kor. 2:12).

5. Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,

goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet

niks nie (Gal 5:22).

6. Die koninkryk van God is nie ‘n saak van eet en drink nie, maar van geregtigheid, vrede

en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee (Rom., 14:17).

7. Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God

nie, want vir God is alles moontlik” (Mark. 10:27).

8. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry

(Joh. 15:7).

9. Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd (Ps. 145:15).

10. Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer

honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie (Joh. 6:35).

11. Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ‘n Mens leef nie net van brood nie maar

van elke woord wat uit die mond van God kom” (Matt. 4:4).

12. Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog

oor jou hou (Ps. 32:8).

13. U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U (Jes.

26:3).

14. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet (Rom.

8:37).

GENADIGE BELOFTES:

1. Waarlik, een dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die

drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God (Ps. 84:11).

2. Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses

gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom (Joh. 1:16 – 17).

3. Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed

ons op om die goddelose leef wyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met

selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe (Titus 2:11 –

12).

4. Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin

geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Die wat hulle

aan hierdie gebruik gehou het, het niks daarby gebaat nie (Heb. 13:9).

5. En as dit uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie (Rom.

11:6).

6. Die sonde moet nie meer oor julle baas wees nie, want julle staan nie onder die wet nie,

maar onder die genade (Rom. 6:14).

7. Aan elkeen van ons is ‘n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes

uitgedeel het (Ef. 4:7).

8. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking

wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag

van Christus my beskutting kan wees (2 Kor. 12:9).

9. En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens

teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges,

maar aan die nederiges gee Hy genade” (1 Pet. 5:5).

10. Sorg daarteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en

Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid!

Amen (2 Pet. 3:18).

11. Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan

hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade” (Jak. 4:6).

12. Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus het (2 Tim. 2:1).

13. Het ek dan nou julle vyand geword deurdat ek die waarheid aan julle voorhou? (Heb.

4:16)

14. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die

Heilige Gees sal met julle almal wees (2 Kor. 13:13).

AANMOEDIGENDE BELOFTES

1. Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het

gekom (2 Kor. 5:17).

2. Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee (Ps. 138:3).

3. Daar staan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God (1 Kor. 1:19).

4. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie.

Moet nie die werk van u hande laat vaar nie (Ps. 138:8).

5. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4)

6. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak (Spreuke 3:6).

7. En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees

nie en wees nie verskrik nie, want die Here God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou

nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die Here

voltooi het (1 Kron. 28:20).

8. Dan is my pad vorentoe gelyk en sal ek die Here prys in die samekoms van die gemeente

(Ps. 26:12).

9. Want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die

oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof (1 Joh. 5:4).

10. Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God

kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos (Jes 35:4).

11. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Filip. 4:13).

12. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus (1

Kor. 15:57).

13. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op

die bestemde tyd ook die oes insamel (Gal. 6:9).

14. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wee

nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir die wat daardeur gevorm is, ‘n vrug

van vrede en geregtigheid (Heb. 12:11).

WEERSTANDS – BELOFTES

1. Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan

versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in

vettigheid verlustig (Jes. 55:2).

2. Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie

vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God

die Vader het Hom die mag daartoe verleen (Joh. 6:27).

3. Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die

dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op

die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie (Kol. 3:1 – 2).

4. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare

dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig (2 Kor. 4:18).

5. Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die

Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:

julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggame verheerlik (1

Kor. 6:19 – 20).

6. En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God:

Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die

wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige

wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan

sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat voor Hom goed en aanvaarbaar

en volmaak is (Rom. 12:1 – 2).

7. Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het,

sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan die wat Hom

liefhet. Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek nie,

want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar ‘n mens word

verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep (Jak. 1:12 – 14).

8. Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is

getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking

kom, sal hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan (1 Kor. 10:13).

9. Omdat Hy self versoek is en gely het, kan hy die help wat versoek word (Heb. 2:18).

10. Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die valse profete klaar oorwin omdat Hy

wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is (1Joh. 4:4).

11. Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug (Jak.

4:7).

12. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.

Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand

(Jes. 41:10).

13. Ten slotte nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag (Ef. 6:10).

VRUGBARE BELOFTES:

1. En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en ‘n driedubbele lyn word

nie gou verbreek nie (Prediker 4:12).

2. Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en

daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie

in my Naam saam is, daar is Ek by hulle (Matt. 18:19 & 20).

3. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde

gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde (1 Joh. 1:7).

4. Aan God die Vader van ons Here Jesus Christus kom al die lof toe! Hy is die Vader wat

Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid vertroos. In elke moeilikheid

vertroos Hy ons. Daarom kan ons ook weer ander vertroos wat in allerlei moeilikhede

verkeer. Ons kan hulle vertroos met dieselfde vertroosting waarmee God ons vertroos (2

Kor. 1:3 & 4).

5. Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat

niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie (Heb. 3:13).

6. Dra mekaar se laste, en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus (Gal.

6:2).

7. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.

Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking (Jak. 5:16).

8. Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van die

wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie: elkeen van ons moet aan ons

naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou (Rom. 15:1

& 2).

9. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van ander (Filip.

2:4).

10. Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is

ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en elkeen afsonderlik lede van mekaar

(Rom. 12:4 & 5).

11. Ek gee julle ‘n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle

mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is

(Joh. 13:34 & 35).

12. Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig (1 Pet.

3:8).

13. Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! (Ps. 133:1)

14. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons

moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie,

maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle

die oordeelsdag sien nader kom (Heb. 10:24 & 25).

11

Tabelle

Hieronder volg ‘n tabel wat goedgunstiglik deur ‘n hospitaal matrone vir ons saamgestel is van

hoeveel kilojoules daagliks opgeneem behoort te word deur dames en mans volgens hulle

aktiwiteite. Die inname van meer, sal geleidelik lei tot oorgewig, en die inname van minder tot

gewigsverlies. As minder geneem word moet die kwantiteit voedsel nie verminder nie, maar die

kwaliteit (in kilojoule hoeveelheid) maar daar moet tog gelet word dat gebalanseerde

voedselsoorte geëet word, sodat die liggaam al die nodige protiëne, vitamine, kolidrate en olie

inkry.

Dames Mans

Onaktief 5000 kilojoules 6200 kilojoules

1200 kalorieë 1500 kalorieë

Aktief, normaal 6200 kilojoules 7600 kilojoules

1500 kalorieë 1800 kalorieë

Baie aktief 7600 kilojoules 8400 kilojoules

1800 kalorieë 2000 kalorieë

Super aktief 8400 kilojoules 9200 kilojoules

2000 kalorieë 2200 kalorieë

Kort Table van Kiljoules

Suiwel en Soortegelyk Produkte

Kilojoue

Kaas: Cheddar 30g 500

Suurmelk 30g 109

Room 30g 134

Soetmelk 30g 466

Melk: (Volroom) 250ml 685

(afgeroom) 250ml 320

Eier (een) 55g 378

Botter 10g 302

Room 10g 147

Kookolie 15ml 370

Groentevet 10g 370

Margarien 10g 302

Mayonnaiese 15ml 370

Varkvet 10g 378

Franse Slaaisous 15nl 165

Gedroogte Vrugte

Dadels 30g 344

Perskes 30g 332

Pruime 30g 323

Rosyntjies 30g 365

Vars Vrugte

Koejawel 170g 428

Lemoen 170g 256

Mango 170g 315

Papaja 170g 189

Pomelo 170g 139

Pynappel 170g 193

Appelkoos 170g 340

Perskes 170g 210

Appel (saam met skil) 170g 382

Avokado 170g 895

Druiwe 170g 424

Piesang 170g 281

Vrugtesap

Lemoen 170ml 349

Pynappel 170ml 428

Pomelo 170ml 311

Tamatie 170ml 147

Appelkoos 170ml 454

Appel 170ml 365

Druiwe 170ml 525

Gekookte Groente

Soetpatat 115g 550

Wortels 80g 143

Groenboontjies 80g 76

Groenertjies 90g 256

Pampoen 115g 160

Spinasie 100g 97

Aartapples 115g 315

Beet 95g 126

Rape 85g 84

Lemoenpampoentjies 115g 67

Blomkool 66g 59

Brood & Smeermiddels

Brood: Bruin (1 sny/40g) 412

Wit (1 sny/40g) 424

Volkoring (1 sny/40g) 424

Margarien 10g 302

Heuning 5g 63

Konfyt/marmalade 5g 59

Koek

(een porsie)

Dadelbrood 50g 664

Karringmelkbeskuit 30g 550

Koeksister 40g 575

Sjokoladekoek met versiersel 50g 1352

Vrugtekoek met versiersel 50g 777

Vetkoek 80g 1142

Lekkergoed

Fudge 30g 517

Karamel 30g 517

Melksjokolade 30g 651

Stroop 5g 55

Suiker (wit 5g 80

Ander

Grondboontjies 30g 735

Grondboontjiebotter 15g 365

Sardyntjies 115g 773

Rou Kool 50g 50

Groenperpers 75g 71

Tamatie 150g 139

Groenmielies 75g 286

Uie 115g 139

HOE OM WEERGEBORE TE WORD

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!