02.05.2013 Views

1 - HTS John Vorster

1 - HTS John Vorster

1 - HTS John Vorster

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL

John Vorster

Geregistreer as >n niewinsgewende organisasie

REG NO: 023-864-NPO E-POS adresse:

Posbus 31714 info@htsjv.co.za

Meyerstraat 1072 finansies@htsjv.co.za

TOTIUSDAL, 0134 jeugleiding@htsjv.co.za

Rietfontein adjunkhoof@htsjv.co.za

Tel : (012) 332 1760/1/2 hoof@htsjv.co.za

Fax : (012) 332 3700 Webblad www.htsjv.co.za

086 693 5121

OUEROMSENDBRIEF 1 VAN 2013

Geagte Ouers/Voogde

9 Januarie 2013

Baie welkom terug aan almal na die afgelope vakansie en feestyd. Mag 2013 vir u

persoonlik, u gesin en die skool ‘n voorspoedige jaar wees waarin ons weer die

genade van die Here sal ervaar.

Ons verwelkom ook in besonder nuwe ouers en leerders in graad agt asook die in

ander grade. Tweehonderd graad agts begin vandag hul hoërskoolonderrig by ons.

Ook ‘n woord van welkom aan die personeel, veral nuwe personeellede. Hulle is

Mnr. Coenie van Niekerk (IGO), me. Vasti van Wyk (Kuns en Kultuur), en mnr.

Christo Pretorius (IGO).

Ons is dankbaar dat die skool die nuwe jaar kan begin met ‘n volledige en

uitstekende personeelkorps.

1. MATRIEKUITSLAE

Die matriekuitslae was, soos in die verlede, weereens uitstekend. Die slaagsyfer

van 99 % vergelyk goed met die ander skole in die distrik. Baie geluk aan die

personeel en leerders.

Ons toppresteerder was Marnus Ferreira met 9 A’s. Heinrich Joubert en Ilana Swart

met 7 A’s elk het ook uitstekend presteer. Heinrich Joubert, Ilana Swart en Leandri

Swanepoel het ook ’n toekenning van die LUR van Onderwys vir Gauteng

ontvang omdat hulle onder die top vyf presteerders van alle Tegniese Skole in

Gauteng was.

Baie sterkte aan vanjaar se matrieks en die personeel wat hulle moet onderrig.

2. KONTRAKDOKUMENT

Dié dokument word ook vandag vir bestudering en ondertekening aan u

gestuur. Sake wat onder andere hierin aangespreek word, is algemene sake,

asook spesifieke sake rakende toelatingvereistes, skoolgeld, vrywaring,

skoolreëls en die gedragskode van die skool. Die ondertekende dokument

moet in sy geheel nie later nie as Maandag, 14 Januarie 2013, terug wees by u

kind se voogonderwyser.

3. FINANSIES EN SKOOLGELD

Verlede jaar het die ouers weereens meer as 93% van die begrote skoolgeld

betaal ten spyte daarvan dat ons in moeilike ekonomiese tye leef. Baie dankie

daarvoor! Dit getuig van die ouers se positiewe gesindheid teenoor die skool

en dat die skool se fooie bekostigbaar is.

Die ouers van die skool het verlede jaar tydens die algemene ouervergadering

die skoolgeld vir 2013 op R9 900 vasgestel. Die goedgekeurde begroting vir

2013 is in die kantoor beskikbaar vir ouers wat nie die jaarlikse algemene

ouervergadering bygewoon het nie.

Die wyses van betaling word in die kontrakdokument in Bylaag B, uiteengesit.

‘n Registrasiefooi van R500.00 per gesin, wat ingesluit is by die skoolgeld,

moet teen Donderdag, 31 Januarie 2013 betaal wees. Die skool se

bankbesonderhede word verskaf indien u verkies om die skoolgeld elektronies

te betaal. Onthou om u kind se verwysingsnommer by elektroniese betalings

te meld.

Die skool se bankbesonderhede is as volg : ABSA

Ben Swartstraat

Tak nr : 334645

Rek nr : 0090750569

Daar is ook kredietkaartfasiliteite beskikbaar in die finansiële kantoor vir u

gerief.

Indien u enige navraag het, kan u mev. Ilza van Rensburg of mnr. Eddie

Vigoureux kontak.

4. GEDRAG

Goeie, gesonde dissipline is een van die talle redes waarom u u kind na HTS John

Vorster stuur.

Een voorwaarde vir goeie dissipline is EENVORMIGHEID met betrekking tot

voorkoms en drag. U sal daarom verstaan dat ek geen afwykings van die

eenvormige en neergelegde riglyne kan toelaat nie. Hierdie riglyne is opgestel en

aanvaar deur die leerders, ouers en personeel. Indien u kind vandag ‘n geel of rooi

vorm ontvang het oor voorkoms of drag, versoek ek u dringend om die sake reg te

stel. Indien u kind se voorkoms korrek is, wil ek hom/haar en uself bedank dat hy/sy

die eerste dag soos ‘n ware JV lyk. Wees verseker dat ons trots op ons voorkoms

en drag is en dat leerders wat vir ons ‘n verleentheid is of nie wil inpas nie en

daardeur die dissipline wil ondermyn, nie welkom sal wees nie.

Leerders wat nie wil inskakel nie, sal met kennisgewing huis toe gestuur word. As u

die saak nie kan of wil regstel nie, moet u vir hom/haar ‘n skool vind wat dit sal

aanvaar dat die leerder voorskryf wat hy/sy wil dra en hoe hy/sy wil lyk.

Dieselfde beginsel sal geld vir gedragsafwykings buite die normale patroon.

Ongelukkig het ‘n aantal seuns verlede jaar hul skoollidmaatskap as gevolg van

bogenoemde sake verbeur. Moenie dat dit vanjaar met u kind gebeur nie.

5. SPORT EN ANDER BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Behalwe goeie akademiese werk en gesonde dissipline, is HTS John Vorster ook

bekend as ‘n kompeterende en suksesvolle skool in alle buitemuurse aktiwiteite.

‘n Voorvereiste is dat soveel moontlik leerders betrokke moet wees. Maak seker

dat u kind deelneem en nie in die bondel wegraak nie. Ons het elke leerder se talent

en positiewe gesindheid nodig.

Ons begin alreeds hierdie week met atletiekoefeninge waaraan almal kan deelneem.

Volgende Vrydag, 18 Januarie, vind alreeds ‘n eerste atletiekbyeenkoms plaas.

Ander sportsoorte wat ook dadelik ‘n aanvang neem, is swem, krieket en eersdaags

ook rugby en tennis. Vergelyk die aangehegte datumlys vir u beplanning. Daar is

ook verskeie kulturele en vakverwante buitemuurse aktiwiteite waarby u kind

betrokke kan raak.

6. UITREIKING VAN NUWE VOORRAAD

Enige leerder (gr. 9 – 12) wat nog uitstaande items van verlede jaar het en dit

nie teen Vrydag 11 Januarie terugbesorg het nie, se skoolgeldrekening sal met

die bedrag gedebiteer word om die onkostes te dek. Rapporte en ander

dokumente van verlede jaar wat nog nie afgehaal is nie, kan by die

graadhoofde van 2012 gekry word. Boeke wat verlore is, moet vergoed word

teen R130 per boek.

7. PARKERING OP SKOOLTERREIN

Slegs leerders wat oor wettige bestuurderslisensies beskik, sal toegelaat word

om hulle voertuie op die afgebakende terrein te parkeer. Ter wille van die

veiligheid van al die leerders mag geen leerder sonder ’n wettige

bestuurslisensie ’n voertuig op die skoolterrein bestuur nie. Ons vra dat u ons

asseblief in hierdie saak sal ondersteun.

8. AANMELDINGSVERSLAE EN AFWESIGHEIDSUITDRUKKE

Elke leerder ontvang maandeliks ’n aanmeldingsverslag waarop al die

positiewe asook negatiewe aanmeldings van die betrokke leerder getoon word.

Maak asseblief seker dat u hierdie verslag gereeld met u kind bespreek. Daar

sal ook tweeweekliks ’n uitdruk van elke leerder se afwesighede aan elke

leerder gegee word. Kontroleer asseblief hierdie afwesighede met u kind. Dit is

belangrik dat leerders elke dag by die skool sal wees om goeie akademiese

resultate te behaal. Volg dit asseblief op indien u nié hierdie verslae ontvang

het nie.

9. MAKRO-WONDERBOOM

Makro-Wonderboom is een van die skool se hoof borge. U kan by HTS John

Vorster, me. King / mnr. Vigoureux, ’n aansoekvorm kry, om aansoek te doen

vir ’n Makrokaart wat direk aan die skool se naam gekoppel is. Met alle

aankope wat u as indiwidu of vir u besigheid, met dié kaart by die instansie

doen, ontvang die skool ’n sekere persentasie rabat (rebate), wat die

Beheerliggaam en die skoolbestuur weer vir die skool se skoolfonds kan

aanwend. Ons wil ’n versoek tot u rig om ons ook met dié projek te

ondersteun. Vir verdere navrae kan u mnr. Vigoureux skakel.

10. BELANGRIKE DATUMS – EERSTE KWARTAAL

Vrydag 11 Januarie - Gr.8 – Atletiek en Swemgala

Vrydag 18 Januarie - Atletiek : Centurion (weg)

Maandag 21 Januarie - Prysuitdeling Gr.8 (2012)

Dinsdag 22 Januarie - Prysuitdeling Gr. 9 (2012)

Woensdag 23 Januarie - Prysuitdeling Gr.10 (2012)

Donderdag 24 Januarie - Prysuitdeling Gr.11 en 12 (2012)

Vrydag 25 Januarie - Atletiek : Rustenburg (weg)

Vrydag 1 Februarie - Atletiek : Mootbyeenkoms by Oos-Moot

Vrydag 8 Februarie - Atletiek : Sutherland (weg)

Donderdag 14 Februarie - Swem Interskole-gala

Vrydag 15 Februarie - Atletiek : Die Wilgers (weg)

Maandag 18 Februarie - Toetsreeks begin

Vrydag 1 Maart - Atletiek Interhoër LC

Maandag 4 Maart - Rugbyproewe begin

Saterdag 9 Maart - Rugbyproewe

Saterdag 16 Maart - Rugby vs Pretoria Boys High (weg)

Woensdag 20 Maart - Skole sluit

Elke leerder ontvang ook Maandag ’n kwartaalprogram met al die belangrike

datums.

Voltooi asseblief die aangehegte skeurstrokie en stuur dit terug aan die skool.

Enige navrae kan aan my, die skoolbestuur of die beheerliggaam gerig word.

Ons sien met opgewondenheid uit na die nuwe skooljaar met al sy nuwe uitdagings.

Met die ondersteuning van die personeel, leerders en ouers asook genade van Bo,

sal HTS John Vorster net van krag tot krag gaan.

Sterkte en voorspoed vir 2013.

JV-Groete

J.C. STEINMANN

HOOF

-Skeurstrokie-

Hiermee neem ek, ouer/voog van ………………………………………………… in

gr. ……/……. kennis van omsendbrief 1 van 2013.

OUER/VOOG Datum

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!