02.05.2013 Views

beeld en kommunikasie - Bybel-Media

beeld en kommunikasie - Bybel-Media

beeld en kommunikasie - Bybel-Media

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

6.1 Inleiding

Hoofstuk 6: Gevolgtrekkings en

aanbevelings

Sonder om die detail van die vorige hoofstukke hier te herhaal word ‘n aantal algemene

gevolgtrekkings uit die data gemaak op basis van die probleemvrae wat in Hoofstuk 1 gestel is, die

vrae waaroor ook met die opdraggewer ooreengekom is. Die hoofstuk volg die struktuur van die

rubrieke waaronder die probleemvrae ingedeel is.

6.2 Doelgroep

6.2.1 Wie is die Algemene Sinode se doelgroep?

Uiteraard is die doelgroep van die Algemene Sinode alle lidmate van die Kerk. Dit op sigself is

natuurlik ‘n probleem, want daaruit moet afgelei word dat die Sinode met ‘n tipiese

gediversifiseerde doelgroep te make het wat die wydste moontlike spektrum van mense insluit, o.a.

oor ouderdomsgroepe, die geslagte en geografiese verspreiding heen.

Wanneer al die data van die verskillende deelondersoeke sorgvuldig bestudeer word, ontstaan daar

wel ‘n indruk dat die kommunikasie van die kerk sterker gerig is op ‘n ietwat ouer doelgroep en dat

die jonger garde uitgesluit mag voel. Die Kerk sal hieraan aandag moet gee. Daar is byvoorbeeld ‘n

duidelike aanwyser dat daar ‘n sterker positiewe korrelasie bestaan tussen verhoogde ouderdom en

die lees van ‘n publikasie soos die Kerkbode. Daar is ook aanwysers, veral uit die

fokusgroepdiskussies, dat die Kerk fyner sal moet let op die jonger mense en hulle behoeftes.

6.2.2 Wat wil hierdie doelgroep weet?

Die doelgroep stel belang in inligting oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe. Die respondentegroep

het wel in hulle seleksie van onderwerpe in die vraelys laat sien dat daar wel bepaalde voorkeure is

en dat ‘n oorwig van inligting oor sommige, veral meer kontroversiële onderwerpe, nie noodwendig

in die smaak val nie.

In die fokusgroepondersoeke het daar ook duidelike aanwysers gekom rakende sake soos sekerheid

oor bepaalde sake en meer inligting oor suiwer geloofskwessies en die alledaagse geloofslewe.

6.2.3 Is die kommunikasie wat die doelgroep tans ontvang dit wat hulle wil hoor?

Watter boodskappe ontvang die lidmate en kry hulle alles wat hulle

veronderstel is om te kry?

Die resultate rakende die houdings oor hierdie kwessie kan ten beste as “versigtig positief”

beoordeel word. Dit is egter belangrik dat die Kerk na die detail van response kyk en rekening hou

met bepaalde punte van kritiek wat daaruit mag voortspruit. Van hierdie sake is reeds in vorige

hoofstukke geopper.

72

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!