beeld en kommunikasie - Bybel-Media

beeld en kommunikasie - Bybel-Media beeld en kommunikasie - Bybel-Media

02.05.2013 Views

4.1.2 Vraelysformaat Met die probleemvrae (sien 1.3) as basis, is die vraelys soos volg opgestel: a. Inleiding en verduideliking b. Afdeling A bestaan uit: Persoonlike inligting, naamlik vyf profielvrae waarvan geslag, ligging van gemeente en ouderdom as veranderlikes in die studie dien. c. Afdeling B bestaan uit: Twee vrae wat handel oor aktuele onderwerpe soos verskaf deur die Kerk (op versoek van die Taalsentrum is daar ʼn lys brandende kwessies van die Kerk ontvang wat ook deel van die ondersoek moet wees). Dit sluit in misdaad, geweld, die burgerlike verbintenisse-wetsontwerp, die Gay-verslag, die verslag rakende die Bediening van Bevryding (die kwessie of daar ʼn duiwel is of nie), die Sexpo, Zimbabwe, Xenofobie, kerkeenheid, Skrifgesag, godsdiens in skole en die belydenis van Belhar. Sewe vrae oor die leesgewoontes van die proefpersone wat betref spesifieke publikasies (LIG, Kerkbode en die Vrydagnuus) van die Kerk soos voorgestel deur die ATKM. Vier houdingsvrae oor bg. publikasies en ʼn vraag oor die gebruik van die Internet. d. Afdeling C bestaan uit: 51 geskaalde houdingsvrae met oop vrae by die volgende vrae: 1, 4, 5, 6, 18, 23, 25, 26, 30 en 39. Die oop vrae is op versoek van die kliënt ingevoeg om die lidmaat die geleentheid tot redes of voorstelle te gee. e. Afdeling D bestaan uit: 5 vrae bestaande uit aangehaalde teksgedeeltes gepaar met ʼn manipulasie van daardie spesifieke aangehaalde teksgedeeltes. Die vrae is gemotiveerde-keuse-vrae, d.w.s. die proefpersoon moet aandui watter teksgedeelte hy/sy verkies en daarby ‘n motivering vir die keuse verskaf. • Vraag 1 uit ʼn nuusbrief gedateer 30 Julie 2007 uit die kantoor van die Algemene Sinode die b die gemanipuleerde gedeelte; • Vraag 2 uit Vrydagnuus van April 2008 met a die gemanipuleerde gedeelte; • Vraag 3 uit die die Kerkbode van 25 Januarie 2008 met b die gemanipuleerde gedeelte; • Vraag 4 uit die Kerkbode van 8 Februarie 2008 met a die gemanipuleerde gedeelte; • Vraag 5 uit die Kerkbode van 25 Januarie2008 met b die gemanipuleerde gedeelte. By elke vraag is daar ‘n oop vraag waar die respondent ‘n rede vir sy keuse moes gee. Die manipulasies toets formaliteit, gelaaide woorde, gebruik van inklusiewe ons, meer motiverende styl, inagneming van teikenmark. 38

f. Ten slotte bestaan uit: ʼn oop vraag met invulspasie waarin die respondent geleentheid vir kommentaar op die kerk se geskrewe kommunikasie. 4.1.3 Pre-toetsing Die verstaanbaarheid en invulbaarheid van die vraelys is gepretoets met vyf persone. Uit hierdie pretoets het daar wel bepaalde verfynings van die vraelys gevolg. 4.1.4 Verwerking van die data Die data op die vraelyste (Bylae A) is ingevoer in ʼn statistiekprogram en verwerk deur ʼn statistikus, prof Martin Kidd (Sentrum vir Statistiese Analise, Universiteit Stellenbosch). 4.2 Resultate Die vraelys (Bylae A) bestaan uit Afdelings A, B, C en D. Die figure tussen hakies verwys dus na die figure in Bylae C. 4.2.1 Afdeling A: Profielvrae Vraag 1 (platteland of stad) Van die 217 lidmate wat die vraelys voltooi het, kom 56 (26%) van die platteland af en 161 (74%) uit die stad. Dit is dus ʼn ongelyke verspreiding soos die histogram (Figuur 1.1) weerspieël. Vraag 2 (lidmaatskap) Hierdie vraag het die lesers verwar, aangesien sommige lesers die vraag verstaan het as sou dit verwys na die lengte van hulle dooplidmaatskap en ander gedink het dit verwys na lidmaatskap vanaf die datum wat hulle aangeneem en voorgestel is. Die vraag word dus buite rekening gelaat aangesien die resultate deur hierdie verwarring verwring is (sien Figuur 1.2). Vraag 3 (geslag) Van die 217 respondente was 102 (47%) manlik en 114 (53%) vroulik terwyl een respondent die vraag nie beantwoord het nie. Dit is baie naby aan ʼn gelyke verspreiding (volgens Figuur 1.3), met ander woorde feitlik ʼn gelyke getal mans en vrouens het die vraelyste voltooi. Vraag 4 (ouderdom) 16% (34) van die respondente is tussen 18 – 25 jaar oud, 14% (30) tussen 26 – 35, 34% (73) tussen 36 – 50 en 37% (80) tussen 51 – 75 jaar oud. Honderd drie en vyftig (71%) van die respondente is dus bo die ouderdom 36 terwyl 30% tussen 18 en 35 jaar oud is. Die ongelyke verspreiding van respondente (Figuur 1.4) toon ʼn baie hoër verteenwoordiging van proefpersone ouer 35. 39

f. Ten slotte bestaan uit:

ʼn oop vraag met invulspasie waarin die respondent geleentheid vir kommentaar op die kerk se

geskrewe kommunikasie.

4.1.3 Pre-toetsing

Die verstaanbaarheid en invulbaarheid van die vraelys is gepretoets met vyf persone. Uit hierdie pretoets

het daar wel bepaalde verfynings van die vraelys gevolg.

4.1.4 Verwerking van die data

Die data op die vraelyste (Bylae A) is ingevoer in ʼn statistiekprogram en verwerk deur ʼn statistikus,

prof Martin Kidd (Sentrum vir Statistiese Analise, Universiteit Stellenbosch).

4.2 Resultate

Die vraelys (Bylae A) bestaan uit Afdelings A, B, C en D. Die figure tussen hakies verwys dus na die

figure in Bylae C.

4.2.1 Afdeling A: Profielvrae

Vraag 1 (platteland of stad)

Van die 217 lidmate wat die vraelys voltooi het, kom 56 (26%) van die platteland af en 161 (74%) uit

die stad. Dit is dus ʼn ongelyke verspreiding soos die histogram (Figuur 1.1) weerspieël.

Vraag 2 (lidmaatskap)

Hierdie vraag het die lesers verwar, aangesien sommige lesers die vraag verstaan het as sou dit

verwys na die lengte van hulle dooplidmaatskap en ander gedink het dit verwys na lidmaatskap

vanaf die datum wat hulle aangeneem en voorgestel is. Die vraag word dus buite rekening gelaat

aangesien die resultate deur hierdie verwarring verwring is (sien Figuur 1.2).

Vraag 3 (geslag)

Van die 217 respondente was 102 (47%) manlik en 114 (53%) vroulik terwyl een respondent die

vraag nie beantwoord het nie. Dit is baie naby aan ʼn gelyke verspreiding (volgens Figuur 1.3), met

ander woorde feitlik ʼn gelyke getal mans en vrouens het die vraelyste voltooi.

Vraag 4 (ouderdom)

16% (34) van die respondente is tussen 18 – 25 jaar oud, 14% (30) tussen 26 – 35, 34% (73) tussen 36

– 50 en 37% (80) tussen 51 – 75 jaar oud. Honderd drie en vyftig (71%) van die respondente is dus bo

die ouderdom 36 terwyl 30% tussen 18 en 35 jaar oud is. Die ongelyke verspreiding van respondente

(Figuur 1.4) toon ʼn baie hoër verteenwoordiging van proefpersone ouer 35.

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!