beeld en kommunikasie - Bybel-Media

beeld en kommunikasie - Bybel-Media beeld en kommunikasie - Bybel-Media

02.05.2013 Views

Die skrywer slaag daarin om die leser betrokke te laat voel ten spyte van die feit dat daar meer skrywers as net hy geskryf het aan hierdie nuusbrief. Van die skrywers gebruik die formele aanspreekvorm u en formele, moeilike woorde soos transendente, goddelike ingrepe, ..gekeurde, hoogstaande akademiese artikels.., maar dit is in die minderheid. Die lewendige styl word dwarsdeur die teks volgehou met die afwisselende sinslengtes, die oordra van inligting deur middel van vrae en ’n mensgerigte aanslag. 3.2.3.4 Grafika Dieselfde fonttipes word konsekwent op die verskillende inligtingsvlakke gebruik om verwarring by die leser uit te skakel. Die nommeringstelsel is duidelik en gebruikersvriendelik. Duidelike paragrawe met genoeg wit op elke blad, maak die inligting toeganklik en vergemaklik gebruik van die webwerf. Dit is ʼn goedgeordende, toeganklike elektroniese netwerk sonder pretensie, wat goeie kommunikasie in die hand werk. Die beeld wat die Vrydagnuus uitstraal is byderwets, mens-vriendelik, geskryf vanuit ʼn mensgerigte perspektief gemik op effektiewe kommunikasie en die oordrag van belangrike inligting. 3.3 ’n Oorsigtelike beeld Uit hierdie analise kom die volgende oorsigtelike beeld na vore: a) Die referensiële lading in die publikasies is baie sterk. Daar word ‘n verskeidenheid onderwerpe aangepak wat ten doel het om lidmate behoorlik inligting te hou oor aktuele sake in die Kerk. In talle van die tekste word daar wel ‘n sterker argumentatiewe aanslag gevind, en veral as verskillende bydraes (veral in die Kerkbode) teenoor mekaar opgeweeg word, kan die argumentatiewe karakter van verskillende diskoerse dui op onsekerheid met betrekking tot standpuntinname rondom aktuele sake. b) Die Kerk kan in sy publikasies meer moeite doen om ‘n sterker ekspressiewe boodskap uit te straal, d.w.s. om meer klem te lê op die kommunikasie van ‘n eie positiewe beeld. Selfs in die meer byderwetse publikasies kom tekste nog te saaklik oor en kom die Kerk se beeld nie sterk genoeg na vore nie, of word die geleentheid om ‘n positiewe beeld uit te straal nie na behore benut nie. c) Tekste is heel dikwels ook nie lesergerig genoeg nie. Deur hulle saaklikheid word die menslike laag in die teks verswak en verbeur talle tekste die geleentheid om ‘n sterker relasionele boodskap uit te dra, d.w.s. ‘n boodskap wat die verhouding tussen Kerk en lidmaat sterker profileer – die boodskap wat sê “Ek sien jou, ek begryp jou kwellinge en ek het iets vir jou te sê wat dalk vir jou van waarde mag wees.” d) Daar kan meer aandag bestee word aan die wisselwerking tussen teks en beeld. Uit die analise van die tekste blyk dit duidelik dat die Kerk al baie gevorder het op die pad van effektiewe lesergerigte kommunikasie, maar dit laat ook sien dat daar nog ruimte vir verbetering is. Die potensiële probleme wat dan uitgewys word, kan later in verband gebring word met probleme wat deur die vraelysondersoek en die fokusgroepondersoek na vore tree. 36

Hoofstuk 4: Vraelysondersoek en -resultate 4.1 Opset van die ondersoek 4.1.1 Respondente en prosedure Hierdie ondersoek is ingebed in ʼn navorsingsopdrag wat die Taalsentrum van ʼn kliënt, die Algemene Sinode van die NG Kerk ontvang het. Uit die gesprekke wat met die opdraggewer gevoer is, is daar onder andere besluit op ‘n vraelysondersoek as onderdeel van die groter ondersoek. Die vraelysondersoek is o.a. geïnformeer deur gesprekke wat die navorsingspan met die Algemene Taakgroep vir Kommunikasie en Media (ATKM) gevoer het. Omdat so ʼn ondersoek ʼn sensitiewe saak wat betref die funksionering van ʼn kerk is, is die gemeentes deur die Kerk self geïdentifiseer en deur die Kerk genader oor deelname aan die ondersoek. Die kantoorbestuurder van die Sentrum vir Kommunikasie van die Kerk het 4 plattelandse en 4 stedelike gemeentes geïdentifiseer vir hierdie projek. Aangesien gemeentes nie homogene entiteite is nie, is daar op die volgende keuses besluit met redes soos aangedui: Plattelands Beaufort-Wes en Sutherland: Diep-plattelands Caledon: Plattelands in Suid-Kaap, maar tog nader aan die metropolitaanse gebied Prince Alfred Hamlet: Plattelands, maar geposisioneer tussen bg. twee uiterstes Stedelik Tamboerskloof: Middestad La Rochelle en Oostersee (Parow): Tradisioneel voorstedelik Durbanville-Moedergemeente: Makro-gemeente; vernuwend en energiek; akkommoderend ten opsigte van die tradisionele sowel as nuwe bedieningsbehoeftes; diverse bedieningsbestuur. Elke gemeente het tien manlike en tien vroulike respondente uit vier ouderdomsgroepe (18-25; 26- 35; 36-50 en 51-75) genader, ’n totaal van 80 respondente uit elke gemeente. Daar is ’n totaal van 640 vraelyste aan agt gemeentes in Wes-Kaap gestuur. Daar is ʼn brief ingesluit wat presiese opdragte bevat het van hoe die vraelyste ingevul moes word. Die gemeentes het 4 weke gehad om die lyste in te vul. Dit is per vooruitbetaalde koerier by die onderskeie gemeentes afgelewer en opgehaal. Die Taalsentrum het 217 vraelyste terugontvang. Die volgende aantal vraelyste is uit die onderskeie gemeentes terugontvang uit ’n moontlike 80 lyste elk: La Rochelle (76), Oostersee (48), Prins Alfred Hamlet (26), Tamboerskloof (21), Durbanville (16), Sutherland (12), Caledon (10) en Beaufort-Wes (8). By ontvangs het die Taalsentrum die voltooide, genommerde vraelyste per gemeente aan die navorsers verskaf wat dit op ʼn Excel-lêer voorberei deur prof Kidd, ingevoer. Daarna is dit deur prof Kidd verwerk soos bespreek gedurende drie onderhoude. 37

Die skrywer slaag daarin om die leser betrokke te laat voel ten spyte van die feit dat daar meer

skrywers as net hy geskryf het aan hierdie nuusbrief. Van die skrywers gebruik die formele

aanspreekvorm u en formele, moeilike woorde soos transendente, goddelike ingrepe, ..gekeurde,

hoogstaande akademiese artikels.., maar dit is in die minderheid.

Die lewendige styl word dwarsdeur die teks volgehou met die afwisselende sinslengtes, die oordra

van inligting deur middel van vrae en ’n mensgerigte aanslag.

3.2.3.4 Grafika

Dieselfde fonttipes word konsekwent op die verskillende inligtingsvlakke gebruik om verwarring by

die leser uit te skakel. Die nommeringstelsel is duidelik en gebruikersvriendelik. Duidelike paragrawe

met genoeg wit op elke blad, maak die inligting toeganklik en vergemaklik gebruik van die webwerf.

Dit is ʼn goedgeordende, toeganklike elektroniese netwerk sonder pretensie, wat goeie

kommunikasie in die hand werk.

Die beeld wat die Vrydagnuus uitstraal is byderwets, mens-vriendelik, geskryf vanuit ʼn mensgerigte

perspektief gemik op effektiewe kommunikasie en die oordrag van belangrike inligting.

3.3 ’n Oorsigtelike beeld

Uit hierdie analise kom die volgende oorsigtelike beeld na vore:

a) Die referensiële lading in die publikasies is baie sterk. Daar word ‘n verskeidenheid

onderwerpe aangepak wat ten doel het om lidmate behoorlik inligting te hou oor aktuele

sake in die Kerk. In talle van die tekste word daar wel ‘n sterker argumentatiewe aanslag

gevind, en veral as verskillende bydraes (veral in die Kerkbode) teenoor mekaar opgeweeg

word, kan die argumentatiewe karakter van verskillende diskoerse dui op onsekerheid met

betrekking tot standpuntinname rondom aktuele sake.

b) Die Kerk kan in sy publikasies meer moeite doen om ‘n sterker ekspressiewe boodskap uit te

straal, d.w.s. om meer klem te lê op die kommunikasie van ‘n eie positiewe beeld. Selfs in

die meer byderwetse publikasies kom tekste nog te saaklik oor en kom die Kerk se beeld nie

sterk genoeg na vore nie, of word die geleentheid om ‘n positiewe beeld uit te straal nie na

behore benut nie.

c) Tekste is heel dikwels ook nie lesergerig genoeg nie. Deur hulle saaklikheid word die

menslike laag in die teks verswak en verbeur talle tekste die geleentheid om ‘n sterker

relasionele boodskap uit te dra, d.w.s. ‘n boodskap wat die verhouding tussen Kerk en

lidmaat sterker profileer – die boodskap wat sê “Ek sien jou, ek begryp jou kwellinge en ek

het iets vir jou te sê wat dalk vir jou van waarde mag wees.”

d) Daar kan meer aandag bestee word aan die wisselwerking tussen teks en beeld.

Uit die analise van die tekste blyk dit duidelik dat die Kerk al baie gevorder het op die pad van

effektiewe lesergerigte kommunikasie, maar dit laat ook sien dat daar nog ruimte vir verbetering is.

Die potensiële probleme wat dan uitgewys word, kan later in verband gebring word met probleme

wat deur die vraelysondersoek en die fokusgroepondersoek na vore tree.

36

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!