beeld en kommunikasie - Bybel-Media
beeld en kommunikasie - Bybel-Media beeld en kommunikasie - Bybel-Media
Deur die oormatige gebruik van die verskynsel van nominalisering – die gebruik om eerder selfstandige naamwoorde te gebruik ipv werkwoorde – (daar word geskryf oor die verslawing aan drank i.p.v. oor mense wat aan drank verslaaf is) word die aksie van mense in die beriggewing beperk. Dit skep afstand tussen die Kerkbode en sy lesers. Dit lei tot die uitstraling van ʼn afstandige beeld. Hierdie meer saaklike perspektief lei daartoe dat die mens as’t ware uit die inhoud uitgeskryf word en dit gee aan die teks ‘n meer formele, afstandige karakter. Watter beeld straal hierdie publikasie dus uit wat betref die temas wat aangespreek word? Die Kerkbode is saakgerig, nie mensgerig nie. Die Kerkbode raak daarom te formeel en sy aanslag skep daarom ‘n groter afstand tussen skrywer en leser. Die saak is belangriker as die mense daaragter. Hierdie onpersoonlike beeld word vanselfsprekend nie deur al die artikels uitgestraal nie, maar dit sal die moeite loën om meer aandag daaraan te skenk en die beeld van die Kerkbode meer mensgerig en persoonlik en naby aan sy lesers te maak. 3.2.2.2 Struktuur Direk onder die naam van die koerant op die voorblad, is daar ʼn inligtingstrook bestaande uit vier omlynde blokke met hoogtepunte uit die koerant plus die bladsynommer, ʼn foto en ʼn byskrif wat hoop om lesers te motiveer om dit te lees (sien Figuur 3.7). Dit dien as die eerste toegangstruktuur waarmee die leser bekendgestel word met wat in die koerant te lees is. Dit kan hier ʼn inhoudsopgawe genoem word. Opskrifte dien ook as toegangselemente wat gebruik kan word om lesers se nuuskierigheid te prikkel en hulle sodoende motiveer om verder te lees. Die opskrifte weerspieël dieselfde temas soos hierbo in 3.2.1 uiteengesit. Daar word in enkele gevalle van woordspeling gebruikgemaak om lesers se aandag te trek byvoorbeeld Bybel vir Afrikaanse dowes i.p.v. Afrikaanse Bybel vir Dowes en Chameleon eerlik is sy (on)geloof (8 Februarie 2008) wat die koerant ʼn bietjie meer “menslik” maak. Die teksprikkels is meestal woordelikse aanhalings uit die teks in ʼn reghoekige gekleurde blokkie om die leser verder die teks in te lei. Die struktuur straal ʼn beeld van stemmigheid uit, ʼn beeld wat nie uitspattig of ongewoon is nie. Die gereelde rubrieke met hulle onderskeie logo’s skep ʼn gevoel van vertroudheid, van iets wat dieselfde bly. 3.2.2.3 Styl In samehang met ʼn meer saakgerigte perspektief op die temas waaroor daar geskryf word, word ʼn meer saakgerigte styl gebruik. Hoe manifesteer hierdie perspektief in ʼn teks? Bladsye 4 en 5 van die Kerkbode van 25 Januarie 2008 (Figuur 3.8) verskaf goeie voorbeelde van saakgerigte tekste. Enkele voorbeelde word aangehaal met ʼn voorbeeld van ʼn meer mensgerigte styl telkens tussen hakies ná die aanhaling aangebied. Die NG gemeentes Fauresmith (Vrystaat) en Flaurana (Noord-Transvaal) het hierdie uitreikgeleentheid verlede jaar vir die derde agtereenvolgende vakansie op Ipopeng en Frayville op Fauresmith aangebied. (Die lidmate van die NG gemeentes Fauresmith (Vrystaat) en Flaurana (Noord-Transvaal) het verlede jaar vir die derde agtereenvolgende vakansie deelgeneem aan hierdie uitreikgeleentheid wat hulle aangebied het vir jong kinders op Ipopeng en Frayville op Fauresmith.) 30
Wat is anders, wat het verander in die teks tussen hakies? Ménse voer die aksie uit. Die kínders vir wie dit gedoen word, word ingebring in die prentjie. Dit word dus meer mensgerig, en dit verklein die afstand tussen skrywer en leser. Baie van die tekste het verder ʼn onpersoonlike styl wat ook vervreemdend op die lesers kan inwerk. Waaraan sien die leser dit in die teks? Dit is ʼn feit dat die mens nou in ʼn antroposentriese wêreld leef. Dit word in antroposentriese taalgebruik weerspieël. Die voornaamwoord ons in sy inklusiewe vorm en die deiktiese voornaamwoorde jy, ek of julle maak tekste meer antroposentries en daarom meer persoonlik. ʼn Onpersoonlike styl laat lesers onbetrokke voel en skep afstand tussen die leser en die instansie nl. die NG Kerk, wie se koerant dit is. Dit straal ʼn afstandige beeld uit. Neem as voorbeeld ʼn berig wat verskyn het in die Kerkbode van 25 Januarie 2008 (sien Figuur 3.8) met die opskrif NG Gemeente Cathcart vier 100ste verjaardag. Dit lok niemand uit om verder te lees nie, terwyl ʼn opskrif soos NG Gemeente Cathcart bereik mylpaal die mense in die berig inskryf. Dit bring ʼn menslike element by, want die uitdrukking (om ‘n bereik mylpaal te bereik) word net ten opsigte van mense gebruik. In hierdie opskrif word daar inhoudelik ook ʼn uitsteltegniek gebruik om die leser se aandag te trek en hom te prikkel en verder die teks in te lok. Vergelyk die sinne en Oudleraars en –lidmate van die gemeente het die geleentheid bygewoon (skrywer) en Oudleraars en –lidmate van die gemeente het moeite gedoen om die feestelike geleentheid by te woon (navorsers). Die emotiewe en menslike wat gesuggereer word deur die toevoeging van die onderstreepte gedeeltes deur die navorsers, maak van die sin meer as ʼn blote oordrag van feite. Dit bring ook ʼn relasionele boodskap na die tafel wat die leser intrek en meer betrokke laat voel. 3.2.2.4 Grafika Die grafika in hierdie publikasie is in pas met die inhoud. Dit kom nie verbeeldingryk oor nie. Dit gee die sleutelinligting en het dus grootliks ʼn referensiële boodskap. Vertroudheid met die koerant en interesse in die onderwerpe en inligting is die enigste lokmiddels. Kleurgebruik en fonte is tradioneel en konserwatief. Die fonte wat gebruik word vir opskrifte is eenselwig en die lokteks kom telkens in eenderse, vierkantige blokkies voor. Die gevoelswaarde van letters, spasie en kleur word gebruik word om ʼn publikasie ʼn bepaalde beeld te gee. Die beeld wat die koerant uitstraal m.b.t. die grafika wat ingespan is, is konserwatief, ernstig en stemmig. 3.2.3 Vrydagnuus Die Vrydagnuus, die NG Kerk se elektroniese nuusbrief, verskyn weekliks op die Kerk se intersinodale webwerf en word behartig deur die Sentrum vir Kommunikasie, wat verantwoordelik is vir die elektroniese kommunikasie na die gemeentes en ook tussen sinodale strukture. Hierdie nuusbrief word ook weekliks gestuur na die VGK-Kaapland-sinode se gemeentes en predikante, en ook na belangstellendes nasionaal en internasionaal. 31
- Page 2 and 3: BEELD EN KOMMUNIKASIE ’n Verslag
- Page 4 and 5: Hoofstuk 5: Fokusgroepondersoeke ..
- Page 6 and 7: misdaad te hanteer nie. Hy bepleit
- Page 8 and 9: Taakgroep vir Kommunikasie en Media
- Page 10 and 11: 1.4.3 Fokusgroeponderhoude Ten eind
- Page 12 and 13: In hierdie model word al die elemen
- Page 14 and 15: • Ekspressiewe boodskap. Die deel
- Page 16 and 17: 3.1 Inleiding Hoofstuk 3: Dokumenta
- Page 18 and 19: Ewigheid is ʼn groter prys - Oscar
- Page 20 and 21: Figuur 3.1 ’n Lesersvriendelike i
- Page 22 and 23: ‘n Ander superstruktuur wat nie i
- Page 24 and 25: in die hoek links bo sodat tieners
- Page 26 and 27: 3.2.1.3 Styl Die volgende element w
- Page 28 and 29: opdragte gegee. Voorbeelde van patr
- Page 30 and 31: Figuur 3.7 Voorblad van die Kerkbod
- Page 32 and 33: Die Eenjaarbybel ... deur Wil Voslo
- Page 36 and 37: 3.2.3.1 Inhoud Die Vrydagnuus versk
- Page 38 and 39: Dag aan alle gemeentes, Hallo Leser
- Page 40 and 41: Die skrywer slaag daarin om die les
- Page 42 and 43: 4.1.2 Vraelysformaat Met die proble
- Page 44 and 45: Vraag 5 (opleiding) Die histogram i
- Page 46 and 47: Heelwat minder lesers het ʼn oordee
- Page 48 and 49: Respondente in al drie bogenoemde g
- Page 50 and 51: C1 - Ek dink die Kerk maak voorsien
- Page 52 and 53: hoë mate van neutraliteit. Rondom
- Page 54 and 55: C18 - Soms verwar die inligting wat
- Page 56 and 57: C5 - Die geskrewe kommunikasie het
- Page 58 and 59: C26 - Ek voel my altyd tuis in die
- Page 60 and 61: C41 - As ek kan kies, lees ek liewe
- Page 62 and 63: Vraag 5 Hier is die keuse weer bedu
- Page 64 and 65: Hoofstuk 5: Fokusgroepondersoeke 5.
- Page 66 and 67: Figuur 5.4: Ouderdomme van deelneme
- Page 68 and 69: 5.4.1.2 Inligtingverspreiding na le
- Page 70 and 71: weet van die uitreike wat in stedel
- Page 72 and 73: wat verskeie kere en deur verskille
- Page 74 and 75: 5.4.4 Houding Die houding wat lidma
- Page 76 and 77: 6.1 Inleiding Hoofstuk 6: Gevolgtre
- Page 78 and 79: 6.3.4 Is die standpuntinname van di
- Page 80 and 81: Respondente het aangedui dat die te
- Page 82 and 83: Bronnelys Bromley, D.B. (2000), “
Deur die oormatige gebruik van die verskynsel van nominalisering – die gebruik om eerder

selfstandige naamwoorde te gebruik ipv werkwoorde – (daar word geskryf oor die verslawing aan

drank i.p.v. oor mense wat aan drank verslaaf is) word die aksie van mense in die beriggewing

beperk. Dit skep afstand tussen die Kerkbode en sy lesers. Dit lei tot die uitstraling van ʼn afstandige

beeld. Hierdie meer saaklike perspektief lei daartoe dat die mens as’t ware uit die inhoud uitgeskryf

word en dit gee aan die teks ‘n meer formele, afstandige karakter.

Watter beeld straal hierdie publikasie dus uit wat betref die temas wat aangespreek word? Die

Kerkbode is saakgerig, nie mensgerig nie. Die Kerkbode raak daarom te formeel en sy aanslag skep

daarom ‘n groter afstand tussen skrywer en leser. Die saak is belangriker as die mense daaragter.

Hierdie onpersoonlike beeld word vanselfsprekend nie deur al die artikels uitgestraal nie, maar dit

sal die moeite loën om meer aandag daaraan te skenk en die beeld van die Kerkbode meer

mensgerig en persoonlik en naby aan sy lesers te maak.

3.2.2.2 Struktuur

Direk onder die naam van die koerant op die voorblad, is daar ʼn inligtingstrook bestaande uit vier

omlynde blokke met hoogtepunte uit die koerant plus die bladsynommer, ʼn foto en ʼn byskrif wat

hoop om lesers te motiveer om dit te lees (sien Figuur 3.7). Dit dien as die eerste toegangstruktuur

waarmee die leser bekendgestel word met wat in die koerant te lees is. Dit kan hier ʼn

inhoudsopgawe genoem word.

Opskrifte dien ook as toegangselemente wat gebruik kan word om lesers se nuuskierigheid te prikkel

en hulle sodoende motiveer om verder te lees. Die opskrifte weerspieël dieselfde temas soos hierbo

in 3.2.1 uiteengesit. Daar word in enkele gevalle van woordspeling gebruikgemaak om lesers se

aandag te trek byvoorbeeld Bybel vir Afrikaanse dowes i.p.v. Afrikaanse Bybel vir Dowes en

Chameleon eerlik is sy (on)geloof (8 Februarie 2008) wat die koerant ʼn bietjie meer “menslik” maak.

Die teksprikkels is meestal woordelikse aanhalings uit die teks in ʼn reghoekige gekleurde blokkie om

die leser verder die teks in te lei.

Die struktuur straal ʼn beeld van stemmigheid uit, ʼn beeld wat nie uitspattig of ongewoon is nie. Die

gereelde rubrieke met hulle onderskeie logo’s skep ʼn gevoel van vertroudheid, van iets wat dieselfde

bly.

3.2.2.3 Styl

In samehang met ʼn meer saakgerigte perspektief op die temas waaroor daar geskryf word, word ʼn

meer saakgerigte styl gebruik. Hoe manifesteer hierdie perspektief in ʼn teks?

Bladsye 4 en 5 van die Kerkbode van 25 Januarie 2008 (Figuur 3.8) verskaf goeie voorbeelde van

saakgerigte tekste. Enkele voorbeelde word aangehaal met ʼn voorbeeld van ʼn meer mensgerigte styl

telkens tussen hakies ná die aanhaling aangebied.

Die NG gemeentes Fauresmith (Vrystaat) en Flaurana (Noord-Transvaal) het hierdie

uitreikgeleentheid verlede jaar vir die derde agtereenvolgende vakansie op Ipopeng en Frayville op

Fauresmith aangebied. (Die lidmate van die NG gemeentes Fauresmith (Vrystaat) en Flaurana

(Noord-Transvaal) het verlede jaar vir die derde agtereenvolgende vakansie deelgeneem aan hierdie

uitreikgeleentheid wat hulle aangebied het vir jong kinders op Ipopeng en Frayville op Fauresmith.)

30